Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Video’ Category

Elsa Winckler gesels oor die magiese aard van liefdesverhale

 
Liefde sonder voorbehoudElsa Winckler, een van die land se voorste liefdesverhaalskrywers, se boek Liefde sonder voorbehoud was vanjaar een van die drie boeke op die kortlys vir die jaarlikse ATKV-Woordveertjie Prys vir Romanses:

Pierre se laaste snedige aanmerking teenoor haar het veroorsaak dat sy twee jaar lank glad nie in Suid-Afrika was nie, maar nou is Lynette terug om in ‘n advertensie vir ‘n winkelkleregroep te wees en sy sien hom weer. Sal hy hierdie keer verby haar beroep as model kan kyk of sal hy haar altyd net as ‘n mooi gesiggie sien?

Gerard Scholtz het die DEKATv-span bymekaar gehark en by Winckler gaan kuier in Bettiesbaai om uit te vind waarom die mark vir liefdesverhale, of romantiese fiksie, so gewild is. Hulle het onder meer gesels oor die gemiddelde leser van romantiese fiksie, die magiese aard van liefdesverhale en die elemente wat haar boeke so gewild maak.

“Ek dink dis die magiese aard van die liefdesverhaal, van romantiese fiksie, wat mense aangryp. Daar was reeds in die antieke tye liefdesverhale,” sê Winckler en vertel dat romantiese fiksie, soos ons dit vandag ken, inslag gevind het in die Middeleeue met die ontstaan van die troebadoers en “courtly love”.

Kyk na die video-onderhoud vir meer oor hierdie gewilde genre:

YouTube Preview Image

 

Boekbesonderhede


» read article

Video en potgooi: Alta Cloete gesels oor haar skryfloopbaan en nuwe boek, Opdrag van oorkant

Alta Cloete se jongste roman, Opdrag van oorkant, het onlangs by LAPA verskyn en vertel die verhaal van vier vrouens wat bymekaar gegooi word by die afsterwe van Afrikaanse skrywer Coenraad Beyers. In haar nuwe boek ondersoek Cloete die onregverdige mag wat ’n geliefde uit die dood oor die agtergeblewenes kan hê.

Opdrag van oorkantSeisoen van lig en donkerSeisoen van vervullingSeisoen van vergifnisSeisoen van genade

 
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met die skrywer gesels oor haar Opdrag van oorkant.

In die potgooi gesels Cloete oor die vier vrouens van verskillende rasse, generasies en agtergronde wat vanweë hul liefde vir die skrywer na sy dood onwillig byeen gebring word.

Jansen vra wat Cloete dink van Izak de Vries se opinie dat Opdrag van oorkant nie ‘n gewone liefdesverhaal is nie. Die skrywer sê daar is “baie liefde in sy verskillende vorms” in die boek teenwoordig, byvoorbeeld die liefde tussen ‘n ouer en kind en ook onwaarskynlike liefde tussen mense wat eens nie vriende wou wees nie.

Lees De Vries se artikel oor Opdrag van oorkant en luister na die potgooi:

Ten eerste is dit nie ’n liefdesverhaal nie. Wees gewaarsku. Hier is heelwat liefdesintriges in, maar as jy ’n boek soek oor daardie beeldskone man wat ’n reikhalsende vrou van haar voete afswiep in ’n stomende kus, hou verby.

 
Romanzalesersblog het met Cloete gesels oor die inspirasie vir haar nuwe verhaal, die beste raad oor skryf wat sy al ooit ontvang het en waarmee sy haar tans besig hou:

Wat was die inspirasie vir Opdrag van oorkant?

ʼn Internetberig oor iemand wat versoek het die vyf vroue met wie hy getroud was (nie almal tegelyk nie!) moet saam sy as iewers op ʼn spesiale plek strooi. Ek het onmiddellik gedink oor al die emosies wat in so ʼn groep sou heers. En ek het hulle dadelik in wit klere gesien.

Cloete het ook 18 lesse gedeel wat sy langs die skrywerspad geleer het, onder meer om jouself te ken en in jouself te glo. Haar raad vir aspirantskrywers by vanjaar se ATKV-Lenteskool was om elke geleentheid te benut en te leer hoe om kritiek en die vrees vir mislukking te hanteer.

Lees die artikel vir nog wenke:

4. Hou aan met skryf

5. Benut jou tyd optimaal

6. Stel realistiese doelwitte

7. Pasop vir negatiewe binne-gesprekke

8. Aanvaar die beperkinge en uitdagings van jou genre

Gerard Scholz het vroeër vanjaar by die skrywer gekuier om meer uit te vind oor die vele boeke wat al uit haar pen verskyn het, onder meer die Seisoen-reeks waarmee sy groot bewondering verwerf het.

Cloete vertel hoe sy 30 jaar terug ‘n klein tikmasjien gekoop het, “wat daardie tyd ‘n wonderwerk was”, waarop sy ‘n kortverhaal geskryf het wat die hele skryfpad vir haar oopgesluit het.

Die skrywer gesels verder oor die liefdesverhaalgenre, haar Facebook-gemeenskap Kom ons lees weer Afrikaans! en die vreugde wat sy daaruit put om stories op haar blog te skryf.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 

Boekbesonderhede


» read article

“Yesterday’s Victims are Today’s Criminals”: Carla van der Spuy Sums up Her Book Blood on Her Hands

Blood on Her HandsCarla van der Spuy spoke to SABC Digital News about her new book, Blood on Her Hands: Women Behind Bars.

In 2013, South Africa’s rate of female homicides was five times higher than that of the global rate. Van der Spuy visited four different women during her research, speaking to women who had committed murder as well as those sharing cells with women found guilty of murder.

The author says: “If I could sum up the book in a nutshell, I would say ‘yesterday’s victims are today’s criminals’.”

Watch the video:

YouTube Preview Image

Book details


» read article

Video: Gerrit Rautenbach, Nanette van Rooyen en Johan Bakkes gesels oor die reisverhale in Mooiloop

MooiloopEk was hierGerard Scholtz het vroeër vanjaar met Gerrit Rautenbach, Nanette van Rooyen en Johan Bakkes gesels oor Mooiloop: Mooiste reisstories.

Mooiloop is saamgestel deur Rautenbach, en Van Rooyen en Bakkes het bydraes gelewer tot die boek.

Mooiloop het lank geloop,” vertel Rautenbach aan Scholtz. “Dit is die resultaat van die tydskrif, Mooiloop, se beste stories wat ek saamgevoeg het.”

Van Rooyen en Bakkes vertel meer oor hul stories in die bundel en waar hulle hul inspirasie gevind het. Bakkes het onderneem om die “verhaal van die verlore stad van die Kalahari” te vertel.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article