Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Twitter’ Category

“Mense wat buitestanders is trek my aandag” – Fanie Viljoen by die bekendstelling van Prooi

 
ProoiFanie Viljoen het Donderdagoggend sy eerste roman vir volwassenes, Prooi, by ‘n Graffiti Zambezi Junction Koek en Boek-viering bekendgestel.

Prooi is ‘n sielkundige riller wat grootliks in ‘n sinistere nagklub, die Black Valentine, afspeel en handel oor drie uiteenlopende lewens wat onomkeerbaar verstrengel word. Ilse Salzwedel het die skrywer gepols oor sy hoofkarakters, sy begrip vir die seergemaakte tiener wat ‘n verwarde volwassene word, die hokgevegte in die boek en sy skryfproses.

Oor die idee dat skrywers ook buitestanders is, het Viljoen gesê: “Om ’n skrywer te wees moet jy so effens buite staan. Jy is die een wat alleen in ’n koffiewinkel sit en mense bestudeer.”

Romanzalesersblog het hoogtepunte van die gesprek en foto’s van die geleentheid op hul webtuiste gedeel.

Lees die artikel:

Dit blyk asof jy die seergemaakte tiener wat groot word as ’n verwarde volwasse goed verstaan.

Mense wat buitestanders is trek my aandag. Ek het onlangs ’n resensie gelees, waarvan ’n Duitse skrywer wat praat van die karakters met die vuil hande en ek skryf oor hierdie karakters.

Glo jy skrywers is ook buitestanders?

Ek het nie aanvanklik so gedink nie, maar nou dink ek dis waar. Om ’n skrywer te wees moet jy so effens buite staan. Jy is die een wat alleen in ’n koffiewinkel sit en mense bestudeer.

Loer na die kiekies:

 

 
Media24-joernalis AJ Opperman (@AJOpperman) het die geleentheid bygewoon het regstreeks getwiet:

 
Boekbesonderhede

Foto’s met dank aan Romanzalesersblog


» read article