Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Travel’ Category

Die versmorende effek van die huishoudelike alledaagse is die hoofbron van konflik in Elsa Hamersma se domestic noir roman, Die Mense Langsaan

Die Mense LangsaanChristine wil van Frikkie, haar man, ontslae raak. Moord maak meer sin as egskeiding, veral nadat hy baie geld op die Lotto wen wat hy nie met haar deel nie, maar dan trek daar ’n geskeide man met ’n volwasse dogter langs haar in. Wanneer Frikkie op ’n onverklaarbare wyse by die trap in die huis afval, is die speurders en Christine suspisieus oor haar nuwe buurman. Christine, nou die ryk weduwee, trou gou weer en trek saam met haar nuwe man na ’n veiligheidslandgoed.

’n Eertydse kollega van Christine, Zebith, is haar nuwe buurvrou. Mettertyd kom Christine agter dat die huis waarin sy en haar nuwe man bly, ’n bloedige geskiedenis het. Zebith ken die geskiedenis en was betrokke by die inwoners. Sy ly aan postraumatiese stres en wroeg omdat sy skuldig voel oor wat in die huis langs hare gebeur het. Saam met die skuldgevoel moet sy ook die pyn van haar gebroke hart hanteer.

Die twee buurvroue het albei die mans saam met wie hulle gewoon het, verloor en albei het skouers geskuur met gewelddadige dood. Daar kan tog nie nog onvoorsiene tragedies vir hulle voorlê nie?

*

Domestic noir: Elders het boeke soos The girl on the train, wat as domestic noir bekendstaan, opslae gemaak. Hamersma val ook in die kategorie. Die versmorende effek van die huishoudelike alledaagse is die hoofbron van konflik. Hamersma se boek het egter ’n unieke storie, reg vir die Suid-Afrikaanse mark.

Chanette Paul, LAPA Uitgewers se manuskripontwikkelaar, sê: “Dis altyd verblydend wanneer skrywers nuwe genres in Afrikaans aanpak. Die noir-genres, en spesifiek domestic noir, is deesdae baie gewild. Ek is dus bly Elsa het hierdie tendens op die proef gestel.”

Jeanette Ferreira, teksredakteur, sê: “Dit is die beste van Elsa se romans wat ek ooit gelees het. Die bisarheid, die droefheid, die sameloop van omstandighede het my so geboei dat ek nie die teks wou neersit nie. Well done!”

Boekbesonderhede


» read article

Dié tienerboek oor skape, die stil agterpaaie van die Karoo en selfontdekking uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die lewe, of jy nou 11 of 111 is

Hier is iets wat Luan van skape geleer het: Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie…

As straf moet Luan op ’n road trip gaan saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat ’n fotoboek oor windpompe wil publiseer. Straf? Ja, maar jy wil nie weet nie.

Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana eet nie vleis nie en sy mal is oor boeke. Lana is ook mal oor Luan. So, sonder dat sy dit weet, oortuig Lana vir Luan om ’n skaap te bevry van die kerkbasaar se veiling. Dis net, wel, hy betaal nie vir die skaap nie.

Dinge ruk hand uit: Die skaap raak bekend, die polisie kry snuf in die neus en… Lees maar self wat als op die Karoo se stil agterpaaie kan gebeur.

Danksy al dié drama, leer ken Luan vir die eerste keer sy ouma – daardie hardekwas-predikantsvrou wat al jare lank ’n baie diep geheim saam met haar ronddra.

Hy leer oor ook vir Lana beter ken. Sommer BAIE beter. Maar die belangrikste van als: Hy leer homself ken. Kort voor lank verander ’n vervelige rit deur die Karoo in ’n onvergeetlike avontuur.

Dié tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die lewe, of jy nou elf of 111 is.

Word dadelik deel van Depro Skaap se lewe! https://www.facebook.com/DeproSkaap

Sy is ook op Instagram: @deproskaap

Boekbesonderhede


» read article

Sewe kinderboeke om na uit te sien in Februarie!

Z is vir Zackie 9: Die dieretuin
Jaco Jacobs
Illustreerder: Alex van Houwelingen

7+

Vandag is ’n spesiale dag. Zackie se klas gaan dieretuin toe! Hulle kan nie wag om die leeus, olifante, apies en ander diere te sien nie. Maar Anton gaan ook saam. Anton is ’n boelie. Hy hou vreeslik baie van spog. En hy gaan sy bes probeer om almal se dag te bederf.

Z is vir Zackie 10: Die vreemde fossiel
Jaco Jacobs

Illustreerder: Alex van Houwelingen
7+

Zackie en Vincent is op soek na fossiele! Dalk is daar ’n T-rex in die tuin begrawe? Of ’n trikeratops in die parkie? Of ’n stegosourus op die sypaadjie! Almal dink hulle is laf. Daar is tog nie fossiele in Granaatstraat nie. Maar dan ontdek hulle iets fantasties!

Hoezit! Die wonderwêreld van perde en ponies
Jaco Jacobs & Fanie Viljoen

Wat is die verskil tussen ’n perd en ’n ponie? Watter soort perd kan meer as ’n klein motor weeg? Waarvoor word verskillende soorte perde regoor die wêreld gebruik? Hoe moet jy jou perd of ponie versorg? Ontdek die wonderlike wêreld van perde en ponies met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van perde en ponies kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met van die indrukwekkendste perderasse, vind uit wat alles by ’n ryskool gebeur, ontmoet perde se verlangse familie in die diereryk, en ontdek ’n paar asemrowende perderekords! Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis. Sedert Hoezit! se bestaan in boekvorm, is daar al meer as 51 700 kopieë van hierdie reeks verkoop.

Reënboogrant Maats: Omnibus 1
Maritha Snyman
9+

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou vir die eerste keer in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewens – tydens die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n dief wat straatnommers steel, tot ’n droomrol in ’n balletkonsert.

Hierdie omnibus bevat die eerste drie titels uit dié gewilde reeks: Skelmstreke en kattekwaad, Alleen tuis en Die balletkonsert.

Die Reënboogrant-boeke, waarvan die eerste in 1995 verskyn het, was uiters gewild. Reënboogrant is destyds as ’n “boeksepie” beskryf. LAPA is trots om dit weer aan jong lesers beskikbaar te stel.

Kattekwaad
Susan Ongansie
lllustreerder: Linki Lutz

3+

Susan Ongansie is ’n splinternuwe skrywer!

Mietsie en haar boetie, Maans, is twee katjies. Hulle hou daarvan om met hulle bal op die sagte gras te speel. Maar toe Mietsie aan die slaap raak, besluit Maans om oor die muur te spring en iemand te gaan soek wat met hom wil speel.

Mietsie word wakker en ontdek haar boetie is skoonveld! Toe sy hom gaan soek, kry sy vir Mors en Jors, die twee grys straatkatte wat hou van stry en baklei! Sal die twee straatkatte haar kan help om haar boetie te kry – en uit die pad van die gevaarlike straatbrakke te bly?

Susan Ongansie is ’n grondslagfase-onderwyseres wat op Beaufort-Wes gebore en getoë is. “Die aard van my werk bied ’n lekker geleentheid vir skryf, aangesien ek graag stories, liedjies en gediggies skryf wat vir my leerders relevant is. Ek geniet die genot op hul gesiggies.”

Linki Lutz het aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer met ’n cum laude vir haar prakties in Skone Kunste. Piet Grobler is haar peetpa, so sy wou van ’n vroeë ouderdom reeds ’n loopbaan as illustreerder volg.

Kom ons praat oor waar babas vandaan kom
Robie H. Harris
Illustreerder: Michael Emberley
7+

Hierdie deernisvolle boek fokus op belangrike dinge waaroor kinders wonder: babas, voortplanting, liggame, gene, grootword, liefde, gesondheid en nog baie meer. Die inligting word op ’n eenvoudige manier oorgedra met humoristiese kommentaar van ’n baie nuuskierige voëltjie en ’n teësinnig by wat sou verkies om eerder nie oor dié dinge te praat nie! Vrolike volkleurstrokiesprentillustrasies help om die teks nog meer toeganklik te maak.

Seksvoorligtingboeke vir jonger kinders is in groot aanvraag en hierdie titel is al vir 15 jaar in Amerika en Engeland ’n topverkoper.

Robie H. Harris is ’n bekroonde skrywer wat veral bekend is as skrywer van kinderboeke oor seksualiteit. Sy het jare se ondervinding as onderwyser en as die direkteur van ’n náskoolprogram vir jong kinders. Sy woon saam met haar man in Boston, VSA. Michael Emberley skryf en illustreer al meer as dertig jaar lank kinderboeke. Hy woon in Ierland.

Aksieheld Austin: Nag van grille
Skrywer en illustreerder: Fanie Viljoen
9+

Ligte, kamera, aksie!

Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!

Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by ’n ou fliekteater in die stad gehou word.
Die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, egter ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum – saam met ’n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip …

As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees!

Dié asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

Boekbesonderhede


» read article

Skryf nou in vir Lapa Uitgewers se Jeugromankompetisie 2017!


 
Is jy ‘n jeugroman-liefhebber? Droom jy al sedert jy 13 getref het daarvan om jou eie jeugroman te skryf?

Nou’s jou kans!

Inskrywings vir Lapa Uitgewers se Jeugromankompetisie is tans oop en daar’s prysgeld ter waarde van R50 000 op die spel.

Jeuk jou vingers reeds? Klik hier vir verdere besonderhede.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2017.
 

Asem

Book details

 
 

Uit

 
 

Pleisters vir die dooies

 
 

As ek val


» read article

Lees Chris Barnard se kortverhaal “Die agtuurtrein” uit Mooiloop: Mooiste reisstories

MooiloopLitNet het ‘n kortverhaal gedeel uit Mooiloop: Mooiste reisstories, saamgestel deur Gerrit Rautenbach.

“Hulle is eintlik deur omstandighede op mekaar afgedwing.” Só begin Chris Barnard se storie “Die agtuurtrein”, ‘n verhaal van amper-liefde en amper-reis.

Mooiloop: Mooiste reisstories bevat reisstories wat destyds in die tydskrif Mooiloop verskyn het, die Afrikaanse weergawe van die reistydskrif Getaway.

Lees Barnard se verhaal:

Hulle is eintlik deur omstandighede op mekaar afgedwing.

Hy moes weer soos altyd die Vrydagoggend met die trein in Kaap toe en hy was al seweuur op die stasie om seker te maak hy kry ’n kaartjie. Omdat dit betaaldag was, het hy die maand se reistydskrif by die kafee gaan koop om die naweek mee om te kry, en besluit om ’n koppie koffie te drink terwyl hy wag.

Drie skoonmakers was besig met vloere was en die tafels was op ’n hoop geskuif met die stoele bo-op. Maar die kelner het naby die deur vir hom ’n hoekie ingerig en sy koffie gaan haal.

Hy kon sien hoe die vrou weifel toe sy instap en besef hoe deurmekaar alles is, maar die kelner het haar geken en agter die plastiekgordyn uit geroep sy moet solank sit, hy bring haar tee. Dís hoe hulle aan dieselfde tafel beland het.

Boekbesonderhede


» read article

Neil Stemmet onthou sy tante se Nuwejaarsmakietie op die plaas en sy oupa se skaaprib

Niel Stemmet, outeur van die kookboek Sout + peper, het met die aanbreek van 2014 op sy blog nostalgies geraak oor die groot makietie wat sy tante Pikkie Hattingh elke jaar op Nuwejaar op die plaas Pinewoods gehou het.

Stemmet vertel hoe sy ouma onder die boom gesit en die familie gade geslaan het. Oor sy Oupa Thys se gebraaide skaaprib skryf hy dat dit die “lekkerste lekker” was: “Pikkie het dit ingevryf met sout, witpeper en koljander. Dan sny sy groot diamante daarin en dan braai Oupa Thys dit hoog bo die kole tot ‘n fees van tammeletjie.”

Hierdie verhaaltjie is ‘n uittreksel uit ‘n nuwe boek wat vanjaar uit Stemmet se pen (en kombuis!) verskyn:

My Ouma aan my ma Elise se kant, Miemie Hanekom was ‘n baie besonderse mens.

Sy was soos die ou mense sê – sout van die aarde. Sy kon vasvat, haar krimisrose was menshoog, sy kon die Onse Vader uithekel, sy kon inlê soos min en sy kon kook dat ‘n koolstoof bangraak vir nog ‘n kastrol. Ouma was nes ek lief vir eet, en sy het soos ek, agter die geil van die offerdier aangeëet.

Boekbesonderhede


» read article

Video: Adriaan Oosthuizen wys Briewe uit die Tankwa se stille Karoo

Briewe uit die Tankwa Bekende fotograaf Adriaan Oosthuizen en Leti Kleyn het saamgespan om met Briewe uit die Tankwa ‘n inligtinggids en pragboek oor die Tankwa-Karoo te skep. Oosthuizen het ook ‘n video geskiet as lusmaker vir die boek, waarin hy gesels oor die geskiedenis en aardrykskunde van die Tankwa, sowel as die mense en plantegroei wat endemies is tot die area.

Kort onderhoude met inwoners wys die hart van die Ceres-Karoo: “Dit is of jy hier nader aan jou God lewe,” sê Jan du Plessis. Piet Uys sê: “Een gemene deler wat almal hier wegneem is die stilte van die Karoo. Die natuur hier praat met ‘n mens.” Sheila van Rooi van die plaas Elandsvlei meen hulle is “‘n groepie mense wat eensgesind is teenoor mekaar”.

Oosthuizen nooi jou hartlik uit: “Kom saam op ‘n reis deur die landskap van stilte”.

Boekbesonderhede


» read article

Ontdek die Karoo met Briewe uit die Tankwa deur Leti Kleyn en foto’s deur Adriaan Oosthuizen

Briewe uit die Tankwa Leti Kleyn en Adriaan Oosthuizen se Briewe uit die Tankwa verskyn hierdie maand by LAPA-Uitgewers:

’n Koffietafelplesier, lekkerleesboek en ’n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet

Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar lê die Tankwa-Karoo. Maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy dié streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak; tussen Ceres en Calvinia.

Saam met Adriaan se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes.

Ook die Tankwa-Karoo se mense word aan die woord gestel en só word dit duidelik: Dié wêreld het ’n hart én ’n gatkant. Hier was oorlog, hier loop ’n spookwa, hier word begrafnis en basaar gehou en geboer en oorleef. Maar die inwoners word min, en of die inkommers en naweekboere dit gaan maak, moet mens maar sien.

Briewe uit die Tankwa is ’n sieraad én ’n lekkerleesboek. Dit bevat ook ’n gids vir diegene wat meer oor die Tankwa-Karoo wil lees, gaan kyk en oorbly.

Oor die outeur

Leti Kleyn is ’n dosent in Kreatiewe skryfkuns en Akademiese geletterdheid aan die Universiteit van Pretoria, maar is ook aktief in die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf. Sy het reeds heelwat artikels gepubliseer in akademiese publikasies, maar ook leefstylartikels vir koerante en tydskrifte soos Beeld en Rapport. Sy het in 2012 as samesteller opgetree saam met Riana Scheepers vir die publikasie Afrikaanse skryfgids, uitgegee deur Penguin.

Oor die fotograaf

Adriaan Oosthuizen is ’n fotograaf gebaseer in Kaapstad. Hy is oorspronklik opgelei as natuurbewaarder, maar het homself later as fotograaf bekwaam waar hy spesialiseer in mode, kos, dekor, portretstudies, kuns en natuur. Sy werk is opgeneem in Suid-Afrikaanse tydskrifte soos VISI, Sarie-kos, Taste Magazine ens. Hy ontvang ’n toonaangewende ‘Milk’ fotografie prys vanuit New-Zealand, asook ’n goue medalje in die Suid-Afrikaanse Fuji Pro Foto-toekennings vir Natuurfotografie. Sy werk is ook ingesluit in ’n uitstalling wat uitgestal is in Sydney, New York en Londen.

Boekbesonderhede


» read article

Video: Neil Stemmet wys hoe om marmelade te maak

Sout en peperNeil Stemmet hou van marmelade omdat jy dit kan bêre, en wannneer jy dit eet, vertel dit ‘n storie van die tyd toe jy dit gemaak het.

Op die kykNET-program Dagbreek het Stemmet gewys hoe om hierdie half-bitter, half-soet konfyt te maak. Hy vertel dat hy so ‘n “bietjie stout” is en dit graag op witbrood saam met ‘n koppie tee geniet.

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Video: Neil Stemmet deel sy resep vir heerlike skaapblad en roostergroente op Dagbreek

Sout en peperNeil Stemmet, skrywer van Sout en peper, is bekend as die “erfeniskosman”. Op die kykNET-program Dagbreek het Stemmet onlangs sy resep vir skaapblad en roostergroente gedeel.

Kyk die video waarin Stemmet vertel dat hy by ’n tannie geleer het om die skaapblad eers met mayonnaise in te vryf en dan met sout en peper te “seën”.

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article