Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Sport’ Category

Wynand Claassen gesels oor sy pad van kaalvoetklong tot rubytoks

Wynand ClaassenWynand Claassen het Antjie Krog se woorde ter harte geneem toe sy gesê het dat elke Suid-Afrikaanse familie hul geskiedenis op skrif moet stel. Só het hy sy outobiografie begin skryf.

In Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot Rugbytoks vertel hy hoe hy as kind gedroom het van die groen-en-goud en beskryf hy sy lewenspad todat hy uiteindelik kaptein van die Springbokke geword het. Hy hou niks terug nie en lê sy hele lewe bloot – selfs die “bietjie goed wat gebeur het wat nie lekker is om weer op te diep nie”. Phyllis Green het met hom oor sy outobiografie gesels:

Was daar ‘n gedeelte wat vir jou moeilik was om te skryf?

Ja, die deel van my lewe in Brecherstraat toe ek in die kommune gewoon het. Om oor die affairs en so te skryf. Ek kon dit nie regtig uitlos nie, want dit het gebeur. Daar was maar bietjie goed wat gebeur het wat nie lekker is om weer op te diep nie. Ek het toe ook die terugslag gehad met my beseerde been wat my lank uit rugby gehou het. En daai tyd was daar ook die teenkanting van my dosente oor my keuse om rugby te speel. Die een prof het geglo mens kan nie twee gode dien nie, ek sou moes kies tussen argitektuur en rugby. Ek was vasbeslote om my studies te voltooi terwyl ek rugby speel.

Boekbesonderhede


» read article

Nuut: Die Suid-Afrikaanse duikgids deur Al J Venter en John H Visser

Die Suid-Afrikaanse duikgidsDive South AfricaDie Suid-Afrikaanse duikgids (ook beskikbaar in Engels as Dive South Africa) dek die spektrum van duikbesienswaardighede vanaf Hermanus tot by die Wilde kus – selfs Mosambiek.

Hierdie boek is vir enigeen wat die see liefhet, veral diegene wat gefassineer is deur die wêreld onder die water.

Die boek sluit ook in, onder andere:

Interessanthede oor visse, walvisse, haaie en alle eienaardige seediere
Duikers en hulle ervarings
Duikbesienswaardighede sover as Mosambiek
Verskeidenheid volkleurfoto’s

Oor die outeur

Al J Venter is al vir ongeveer 40 jaar ’n oorlogskorrespondent hoofsaaklik vir Jane’s Information Group. Hy is gebore in Suid-Afrika en bevind homself nou in Londen. Hy het al verskeie boeke gepubliseer en dokumentêre films gemaak oor ’n wye veld van onderwerpe. Van sy vorige werke sluit in The Iraqi War Debrief: Why Saddam Hussein Was Toppled, War Dog: Fighting Other People’s Wars en Iran’s Nuclear Option: Tehran’s Quest for the Atom Bomb.

John Visser is werksaam as ‘n besigheidsintelligensiekonsultant in the IT industrie. Hy het ‘n Honneursgraad in Argeologie met spesialisering in Maritiem Argeologie. Hy was werksaam as argeologiese duiker vir Iziko Museums of Cape Town’s Maritime Archaeology Unit asook vir die SA Lotto geborgde Meermin Projek se soeke na die Nederlandse slaweskip, Meermin, in Struisbaai. Hy is ‘n entoesiastiese reisiger en wenner van die 2010 British Airways Horizons Tydskrif se reisigers skryfkompetisie wat gefokus het op sy reise deur Suid-Amerika.

Boekbesonderhede


» read article

Oud-Springbok-kaptein Wynand Claassen gesels oor sy outobiografie

Wynand ClaassenWynand Claassen, oud-Springbok-kaptein, het nie soos baie ander sportmanne van ‘n spookskrywer gebruik gemaak om sy biografie, Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks te skryf nie.

Hy het aan Elmari Rautenbach vertel dat hy begin het deur insidente wat in sy lewe uitstaan te lys. Tydens hierdie proses het hy eintlik meer en meer gebeure onthou. Verder het gesprekke met ou pelle (“om ‘n braaivleisvuur, oor ‘n paar wyne”) gehelp om sy geheue te verfris. “En toe het ek net begin skryf, self en manalleen op my rekenaar.”

Die voorblad – die modderige ou toks – skep ’n nostalgiese indruk. Is dit die idee agter die boek? En hoe verskil dit van jou 1985-outobiografie More Than Just Rugby?

More Than Just Rugby was net ’n rugbyboek. Dit het my rugbyloopbaan gedek, volledig berig oor onder meer die 1981-betogertoer na Nieu-Seeland, die Broeder-politiek in Suid-Afrikaanse rugby, hoe ek uit die keurkomitee geskop is weens my uitsprake, ensovoorts. Daar was bittermin oor my jeug, grootwordjare en varsitylewe, dus min stories agter die stories.
Hierdie boek is meer ’n soort jeugverhaal gedurende die 1960’s en ’70’s: ’n nostalgiese terugkyk na my grootwordjare op Middelburg, die koshuislewe, Tukkies … ons met lang hare en heavy rockmusiek. En die najaag van ’n jong man se droom. Dis die goue draad wat deur die boek loop.

Boekbesonderhede


» read article

Bekendstelling van Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks by Universiteit van Pretoria

Uitnodiging - Bekendstelling van Wynand Claassen

Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugby toksLapa-uitgewers nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van die oud-Springbok Wynand Claassen se outobiografie, Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks.

Claassen sal op Woensdag, 30 November 2011 om 6:30 nm by Coffee@Burgundy’s by die Universiteit van Pretoria wees.

Sluit by ons aan vir ‘n tikkie nostalgie.

Sien jou daar!

Besonderhede van die bekendstelling

Boekbesonderhede


» read article