Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Sport’ Category

Pale toe! met Wim van der Berg: Neusie verby vir OP Kings

Hou by die BlouTrue to the BlueWim van der Berg is ‘n gesoute sportskrywer en uitvoerende redakteur van die Blou Bulle se amptelike aanhangerstydskrif, Blou. Sy boek oor die geskiedenis van 75 jaar van die Blou Bulle Rugbyunie, Hou by die Blou, het onlangs by LAPA verskyn.

Van der Berg skryf gereeld vir Maroela Media se Pale toe!-afdeling waar hy die jongste rugbynuus uitlê en die naweek se uitslae deel. In sy jongste artikel bespreek hy die vyf spanne wat tans “om die vier plekke in die kwarteindstryd van die Vodacombekerreeks spook” en noem dat dit “neusie verby” is vir die OP Kings. Lees sy artikel:

In die Noord-afdeling, oor die jare die afdeling met die meeste diepte, is daar nog vyf spanne wat om die vier plekke in die kwarteindstryd van die Vodacombekerreeks spook.

Die Goue Leeus is toe, en nie heeltemal onverwags nie, in die taai stryd op Kimberley 33-18 deur Griekwas getroef en skuif af vyfde plek toe.

Met rustyd was die skrif aan die muur. Met `n agterstand van 6-24 het die Goue Leeus toe effens wakker geskrik, albei hul drieë gedruk en die tweede helfte “gewen”.

Dit was seker die uitsoek-wedstryd van die naweek, soos verwag is. Griekwas se heelagter, Gouws Prinsloo, se skopwerk was in die kol en hy het 18 punte aangeteken.

Boekbesonderhede


» read article

Bekendstelling van Hou by die Blou deur Wim van den Berg by Loftus Versveld

Uitnodiging: Bekendstelling van Hou by die Blou

 
Hou by die Blou: 75 Jaar van die Blou Bulle RugbyunieTrue to the BlueJy word vriendelik genooi na die bekendstelling van Hou by die Blou: 75 Jaar van die Blou Bulle Rugbyunie en True to the Blue: 75 years of the Blue Bulls Rugby Union deur Wim van den Berg.

Die geleentheid vind plaas op Woensdag 27 November by die Bulle se tuisgrond in Pretoria en begin om 18:00 vir 18:30.

Sien jou daar!

Besonderhede

Boekbesonderhede


» read article

Vier 75 jaar van die Blou Bulle met Wim van den Berg se Hou by die Blou

Hou by die BlouTrue to the BlueLAPA Uitgewers gee met trots Hou by die Blou: 75 Jaar van die Blou Bulle Rugbyunie uit:

Die Blou Bulle Rugbyunie en sy spanne het oor die eerste 75 jaar sedert die afstigting van die Transvaalse Rugbyvoetbalunie in 1938 gevestig as leier op die veld en in die raadsale. Die Bulls franchise het in dié voetspore gevolg en is die enigste Suid-Afrikaanse span wat die Superrugbykompetisie gewen het – en het die sommer drie keer reggekry!

Hou by die Blou is die verhaal van die besonderse 75 jaar, met sy vreugde en frustrasies. Die boek, wat goed geïllustreer is en heelwat statistiek bevat, beskryf die vroeë rugbydae in Pretoria.

Dis die verhaal van legendes op die vel wat grotes soos Victor Matfield, Naas Botha, Frik du Preez en Bryan Habana insluit; van die administrateurs; van die prestasies van mense soos die president Fritz Eloff en afrigters Buurman van Zyl, Heyneke Meyer, John Williams en Frans Ludeke, en van die personeel en komitees wat onbaatsugtig gewerk het en die toeskouers wat hulle span deur dik en dun bygestaan het.

Hierdie is die amptelike 75 jaar verjaarsdagvieringboek wat deur die Unie onderskryf word.

Ook beskikbaar in Engels as True to the Blue

Oor die outeur

Wim van der Berg is die besturende redakteur van BLOU, die amptelike tydskrif van die Bulls en die Blou Bulle. Hy is ’n deurwinterde skrywer wat seders 1969 vele bydraes tot koerante en tydskrifte gemaak het en baie ure op Loftus Versfeld deurgebring het waar hy legendes van klubs, provinsies en internasionale spanne sien speel het.

Hou by die Blou is Wim se sewende rugbyboek en sy derde oor Noord-Transvaal-/Blou Bulle-rugby. Hy is ’n rugbyman in murg en been wat tot op 57 gespeel het; was ’n senior klubskeidsregter, het klubrugby op eersteliga-vlak afgerig; het op verskeie klubkomitees gedien, en was bestuurder en afrigter van provinsiale sewesspanne.

Book details


» read article

Win a Copy of 75 Blue Bull Legends Plus a Commemorative Bulls Jersey

75 Blue Bull Legends75 Blou Bul LegendesThe Yellow Cap blog, Blue Bulls, Puma and Lapa are offering one lucky person the chance to win a copy of 75 Blue Bull Legends by Wim van der Berg and Gerhard Burger, in English or Afrikaans, as well as a commemorative Bulls 75th Year Anniversary replica kit jersey.

To enter and stand a chance of winning, simply fill in your details on The Yellow Cap website and answer this question:

Who is the most recently signed player at the Bulls to be regarded a Bulls Legend as found in the book 75 Blue Bull Legends / Blou Bul Legendes?

Book details


» read article

A Must-have for Fans: Wim van der Berg’s 75 Blue Bull Legends

75 Blou Bul Legendes75 Blue Bull LegendsA legend is a player who is admired and revered by all, even beyond the boundaries of provincialism. Northern Transvaal and the Blue Bulls have produced some of the world’s greatest rugby legends.

One name that you will remember is Frik du Preez, the lock who could drop, place and score. Tactical kicks are synonym to Naas Botha, he can even brag in a howling wind and driving rain so true to Port Elizabeth. Joost van der Westhuizen brought a new dimension to scrum-half play by becoming more than merely a link or a tactical kicker. And Victor Matfield who ruled the line-outs of the rugby world are only a few who are included in this remarkable book.

In this book the careers and achievements of 75 legends of Northern Transvaal, Blue Bulls and Bulls players over the first 75 years of the union’s independence since 1938 are discussed.

About the author

Wim van der Berg is the editor in chief of Blou, the official magazine for the Bulls and the Blue Bulls. He is a well-known sport writer and author and has contributed to many publications during the past 40 years. Van der Berg played rugby up until the age of 57, was a senior club referee, coached on first league level, served on the committees of various clubs and was also manager and coach for various sevens rugby teams.

Van der Berg has published a wide variety of books: 150 Years of South African Rugby and The Extraordinary Book of South African Rugby (both available in Afrikaans); as well as Great Moments in Currie Cup History. Together with Gerhard Burger he co-wrote Blue Bulls: 70 Years of Glory (also in Afrikaans) and A Lions Tale.

Book details


» read article

Nuut: Die avontuurgids van Suid-Afrika deur Jacques Marais

Die avontuurgids van Suid-AfrikaThe Adventure Guide of South AfricaDie avontuurgids van Suid-Afrika is jou handleiding tot al die sport- en ontspanningsopsies wat net buite jou nege-tot-vyf landskap op jou wag. Die boek dek verskillende grade van ekstreem-aktiwiteite en die keuse van watter aktiwiteit hang van elke individuele deelnemer af – die een ou se klim is die ander se hartaanval. Met meer as ’n 1000 avonture behoort jy vir ’n ruk lank vasgenael binne die blaaie van dié avontuurgids te bly.

Bergfietsry, veldwedlope, rotsklim, kanovaart, grotverkenning, valskermspring, mikrovlieg, rekspring, brugswaai, bakkie-ski, bergklim, wildvang, perdry-safaris – die lys is oneindig. Die avontuurgids van Suid-Afrika is gebruikersvriendelik met ’n alfabetiese indeling volgens provinsies en streke en bevat al die inligting oor die nuutste avonture.

Die boek is ook in Engels beskikbaar as The Adventure Guide to South Africa.

Oor die outeur

Jacques Marais is ‘n fotograaf en skrywer wat bydraes lewer tot ‘n wye verskeidenheid avontuur-, reis- en buitelug-tydskrifte, insluitende Runners World, Bicycling, Discovery Magazine, Time Out en Men’s Health. ‘n Aantal boeke oor ekstreme sport het ook al uit sy pen verskyn.

Boekbesonderhede


» read article

Wynand Claassen gaan boeke by Bargain Books in I’Langa Mall teken

Uitnodiging - Bekendstelling van Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks

Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugby toksKom ontmoet Wynand Claassen, voormalige Springbokrugby-kaptein, en laat hy jou eksemplaar van sy outobiografie, Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks, teken.

Claassen sal Saterdag, 3 Maart 2012, om 11vm by Bargain Books in I’Langa Mall, Nelspruit wees.

Sien jou daar!

Besonderhede van die geleentheid

  • Datum: Saterdag, 03 Maart 2012
  • Tyd: 11:00vm
  • Plek: Bargain Books, I’Langa Mall,
    H/v Bitterbessie- en Flamboyantstraat op die N4,
    Nelspruit | Padkaart
  • RSVP: Bargain Books, 013 742 2375

Boekbesonderhede


» read article

Video: Wynand Claassen wys sy rugbymuseum en gesels oor Kaalvoetklong tot rugbytoks

Wynand ClaassenWynand Claassen se eie rugbymuseum op sy erf, wat al sy rugbyskatte huisves, het baie gehelp met die skryf van sy biografie, Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks. Claassen het ook gereeld vriende gebel om hom te help om al die ou stories te onthou.

Pieter Koen, van die KykNET-program Kwêla, het by Claassen gaan kuier om meer te wete te kom oor dié boek, wat as ‘n nostalgiese reis deur Claassen se jeug tot by die begin van sy professionele rugbyloopbaan op universiteit beskryf word. Kyk die video:

Boekbesonderhede


» read article

Toks van der Linde gesels met Wynand Claassen by die bekendstelling van Kaalvoetklong tot rugbytoks

Toks van der Linde en Wynand Claassen

Wynand ClaassenWynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks is ‘n nostalgiese terugblik op dié oud-Springbok-kaptein se kinderdae en universiteitsloopbaan, toe hy professionele rugby begin speel het. Claassen se droom om ‘n Springbok te word, loop soos ‘n goue draad deur hierdie lewensverhaal.

Só het Claassen gisteraand aan mede-oud-Springbok-rugbyspeler Toks van der Linde gesê by die bekendstelling van sy biografie by die Tyger Waterfront in Kaapstad. Ná verversings op die stoep wat op die Tygermeer uitkyk, het die gaste in Lapa-uitgewers se kantore reggeskuif om na Claassen se staaltjies te luister.

Claassen het oudergewoonte sy ronde brilletjie, in navolging van John Lennon, aangehad. (Dié bril dra Claassen glo omdat Lennon so ‘n groot individualis en denker was, maar nou “nie meer self so ‘n brilletjie kan dra nie”!)

“Enigeen kan hom vereenselwig met drome en die strewe om dit te bewaarheid,” het Claassen soos ‘n wafferse filosofiese Lennon gesê. Daarom glo hy dat Kaalvoetklong tot rugbytoks byval sal vind. Sy droom om in die groen-en-goud uit te draf het begin toe sy pa hom die eerste keer Ellispark toe geneem het om te kyk hoe die Springbokke speel. “In daardie jare was daar nog nie televisie nie en ‘n mens het altyd gehoor van die Springbokke se spel, maar dit was ‘n belewenis om dit self te kan sien.”

Claassen onthou nog hoe hy in std. 5 Doc Craven se handtekening op Coetzenburg gekry het. Dit het ook ‘n groot impak op hom gemaak en hy het amper ‘n Matie geword. Uiteindelik was hy egter ‘n trotse Tukkie, wat groot sports gehad het saam met sy koshuismaat en mede-rugbyspeler Tommie du Plessis. “Jy kan in die boek lees van al die goed wat ons op universiteit aangevang het!”

In die boek beskryf Claassen die gevoel van trots toe hy die eerste keer die trui van die Noord-Transvaalse rugbyspan oor sy kop getrek het. Maar daar was ook baie teenkanting van sy professore oor sy professionele rugbyloopbaan wat kwansuis met sy studies in Argitektuur ingemeng het. Die geleentheid om in die vroeë 80′s vir die Springbokke uit te draf, het alles egter die moeite werd gemaak.

Hierdie biografie verskil van Claassen se vorige een, More than just rugby, wat in 1985 verskyn het, aangesien Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks ‘n intiemer blik op die “mens agter die rugbyspeler” bied. Dit eindig by sy ervaringe as jong professionele rugbyspeler is sy 20′s. “Want die res is eintlik algemene geskiedenis,” sê Claassen, “of is reeds in die vorige boek vertel”.

Maar Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks is nie net Claassen se verhaal nie. Persoonlike vertellinge oor ander rugbyspelers van sy tyd is ook by die boek ingewerk. “Met die skryf van hierdie boek het ek gevoel asof ek drie of vier lewens geleef het, want ek het saam met al die rugbypêlle al die stories herleef.” Dit is al hierdie lekker stories wat Claassen nou met lesers in sy biografie deel.

* * * * * * * *

Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling getwiet met #livebooks:


Toks v d Linde gaan met Wynand Claassen in gesprek tree oor sy biografie #livebooks http://t.co/62pkKPRyTue Jan 31 16:53:53 via Twitter for BlackBerry®


Toks vra vir Wynand hoekom hy die ronde brilletjie dra. Hy se dis soos John Lennon s’n – ‘n denker en ‘anders’ #livebooksTue Jan 31 16:56:18 via Twitter for iPad


Wynand se die titel kom van kinderdae toe alles kaalvoet gedoen het tot droom van rugbyspeel waar geword het. #livebooksTue Jan 31 16:57:57 via Twitter for iPad


Claassen: die droom kom van die eerste keer wat hy die Springbokke op Ellispark gesien het.Daardie dae was daar nog nie TV nie. #livebooksTue Jan 31 16:59:31 via Twitter for iPad


Claassen was losskakel tot std 5. In std 6 word in slotposisie geplaas. Bruin skrumpet met tennis shoe shine wit gemaak #livebooksTue Jan 31 17:01:21 via Twitter for iPad


By Tukkies het Claassen agsteman geword en gebly. Hy is ‘n baie trotse Tukkie. #livebooksTue Jan 31 17:02:25 via Twitter for iPad


Claassen vertel in die boek van al die dinge wat hulle aangevang het vanaf laerskool. #livebooksTue Jan 31 17:12:51 via Twitter for iPad


Claassen se eerste rugbywedstryd in laerskool en 1ste ‘kys’ is ook in Kaalvoetklong tot Rugbytoks #livebooksTue Jan 31 17:14:28 via Twitter for iPad


Grootgeword met Noord- Transvaal en Natal rugby. Groot oomblik om Noord-Transvaal trui aan te trek #livebooksTue Jan 31 17:09:35 via Twitter for iPad


Claassen: Enige mens kan vereenselwig met drome en die strewe om dit te bewaarheid. Dis hoekom mense bv Huisgenoot lees. #livebooksTue Jan 31 17:21:24 via Twitter for iPad


Op daardie noot kom die gesprek tot ‘n einde. Claassen gaan nou boeke teken. #livebooksTue Jan 31 17:23:53 via Twitter for iPad

* * * * * * * *

Facebook galery

Boekbesonderhede


» read article

Bekendstelling van Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks by Tyger Waterfront

Uitnodiging: Wynand Claassen - Kaalvoetklong tot rugbytoks

Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugby toksLapa-uitgewers nooi jou uit na die bekendstelling van Wynand Claassen se biografie, Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks op 31 Januarie 2012, by Lapa se kantore by die Tyger Waterfront.

Claassen sal met Toks van der Linde in gesprek tree oor die dae to rugby nog rugby was.

Moet dit nie misloop nie!

Besonderhede van die bekendstelling

  • Datum: Dinsdag, 31 Januarie 2012
  • Tyd: 6:00nm vir 6:30nm
  • Plek: Lapa-uitgewers se kantore,
    Cascades 1, Winkel 1,
    Tyger Waterfront,
    Carl Cronjerylaan,
    Bellville | Padkaart
  • Gasspreker: Toks van der Linde
  • Verversings: Verversings sal bedien word
  • RSVP: Marieta Nel,
    mnel@lapa.co.za, 021 914 0936

Boekbesonderhede


» read article