Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘South Africa’ Category

Selfies, seksklets & slimfone is die boek wat elke tiener (en hul ouers) móét lees

As ’n tiener in vandag se tegnoverslaafde wêreld van sosiale media en internet dink jy dalk jy is piekfyn en jy weet presies wat jy doen.

Tog: selfs JY weet nie van al die wetlike struikelblokke, verskuilde gevare en toekomstige implikasies van alles wat jy nou aanlyn doen, sien en plaas nie.

Selfies, seksklets en slimfone is die boek wat elke tiener (en hul ouers) móét lees.

Dit dek al die belangrike kwessies wat tieners in die digitale era in die gesig staar, insluitende kuberboelies, seksklets, verslawing, internetveiligheid, pornografie, angstigheid, depressie, veiligheid en reputasie.

Die boek is boonop spesifiek vir die Suid-Afrikaanse konteks geskryf.

Hierdie boek sal jou op ’n verstaanbare, interessante en selfs prettige manier help om ’n gelukkige, bevredigende en – belangrikste van alles – veilige lewe aanlyn te hê.
 
Emma Sadleir is Suid-Afrika se voorste kenner op die gebied van die wetlike aspekte rondom sosiale media. Sy is die stigter van die Digital Law Company, wat spesialiseer in die opvoeding van maatskappye, werknemers, skole, ouers, onderwysers en universiteite rakende die wetlike, dissiplinêre en reputasie-risiko’s van sosiale media. Emma is ook medeskrywer van die boek Don’t Film Yourself Having Sex and Other Legal Advice for the Age of Social Media.

Boekbesonderhede


» read article

Inskrywings is oop vir LAPA se 2019 jeugromankompetisie!

LAPA hou weer ’n jeugromankompetisie.

Hierdie gewilde kompetisie het al groot name getrek, soos Fanie Viljoen (Afkop), Marita van der Vyfer (Al wat ek weet), Jan Vermeulen (Asem), Nanette van Rooyen (Ek was hier) en Carina Diedericks-Hugo (Permanente ink). Nuwe stemme, soos Zelda Bezuidenhout (As mens geluk kon proe) is ook in hierdie kompetisie ontdek.

Die kompetisie se prysgeld beloop R50 000! Die eerste prys is R25 000, tweede is R15 000 en derde is R10 000. Selfs skrywers wat nie in die top drie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om deel te neem aan hierdie geleentheid om die stories, wat in jou kop wemel, die lig te laat sien.

Inskrywings sluit die 31ste Oktober 2019. Besoek www.lapa.co.za vir meer inligting.

Kompetisiereëls
* Die verhaal moet in Afrikaans geskryf wees, en gemik op lesers tussen 12 en 18 jaar oud. Die voorgeskrewe lengte is 30 000 tot 70 000 woorde.
* Alle inskrywings moet die deelnemer se oorspronklike, ongepubliseerde werk wees.
* Deelnemers gee aan LAPA die eerste opsie om enige van die inskrywings te publiseer. Geen ingeskrewe verhaal mag elders voorgelê word of wees vir moontlike publikasie nie. LAPA sal ná afloop van die kompetisie skriftelik met alle deelnemers in verbinding tree om te bevestig of hul verhale gepubliseer word al dan nie.
* Die prysgeld is as volg:
Eerste prys: R25 000
Tweede prys: R15 000
Derde prys: R10 000

* Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Indien die gehalte van die inskrywings nie na die beoordelaars en LAPA Uitgewers se mening voldoende is nie, word die reg voorbehou om geen pryse toe te ken nie.

* Die volgende inligting moet op die heel eerste bladsy van die voorlegging verskyn en enige inskrywing kan gediskwalifiseer word indien dit nie daarop verskyn nie:
• Die skrywer se naam en van
• Titel van die manuskrip
• Lengte (aantal woorde) van manuskrip
• E-posadres
• Telefoonnommer

*Indien daar onder skuilnaam geskryf word, moet die skrywer se volle naam en van ook op die heel eerste bladsy van die manuskrip aangebring word.

*Die deelnemer se naam, of skuilnaam, moet op die eerste bladsy verskyn, maar dit mag nêrens elders op die manuskrip verskyn nie. Sou dit iewers anders verskyn, kan die manuskrip summier gediskwalifiseer word.

* Inskrywings moet op genommerde A4-bladsye getik wees, slegs aan een kant van die bladsy, in dubbelspasiëring en in ’n maklik leesbare lettertipe (soos Arial of Times New Roman).
* Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Oktober 2019. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
* Wenners sal in Januarie 2020 bekendgemaak word.
* Werknemers van die ATKV en LAPA Uitgewers mag nie deelneem nie.
* LAPA Uitgewers aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlore manuskripte nie. Dit is altyd raadsaam om ’n afskrif van ’n manuskrip te hou.
* Deur in te skryf onderneem jy dat jy al die reëls gelees en aanvaar het.
* Inskrywings kan op drie maniere voorgelê word.

• Per e-pos: stuur dit aan kompetisie@lapa.co.za met JEUGROMANKOMPETISIE en jou manuskrip se naam as onderwerp.
• Per koerier: Stuur dit aan LAPA Uitgewers, Jeugromankompetisie, Bosmanstraat 380, Pretoria, 0002
• Die posdiens is uiters onbetroubaar en baie stadig, maar voorleggings kan ook gestuur word aan: LAPA Uitgewers, Jeugromankompetisie, Posbus 123, Pretoria, 0001

Boekbesonderhede

Afkop

Afkop deur Fanie Viljoen
EAN: 9780799372885
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

 
 
 
 
Al wat ek weet

Al wat ek weet deur Marita Van der Vyver
EAN: 9780799378993
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

 
 
 
 
Asem

Asem deur Jan Vermeulen
EAN: 9780799379037
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

 
 
 
 
Permanente ink

Permanente ink deur Carina Diedericks-Hugo
EAN: 9780799354836
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

 
 
 
 
As mens geluk kon proe

As mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout
EAN: 9780799389470
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!


» read article

Launch: Nasty Women Talk Back, edited by Joy Watson & Amanda Gouws (28 November)

The presidential campaign in the USA grabbed the global imagination. It also grabbed the feminist imagination, presenting the hope that if a woman could become the president of the USA, women throughout the world would finally break through the reinforced glass ceiling.

However, when it didn’t happen, the lost opportunity became the metaphorical kick in the feminist gut on a global scale.

Through the subsequent misogyny, vulgarity, lewd comments, the pussy grabbing video, and the threats of the erosion of feminist activism in the trenches, worldwide a deep mourning arose from the feminist community. It was the name calling of “nasty women” that really smarted. Initial feelings of anger gave rise to empowerment of women — those who talk back to patriarchy — to embrace the label of “nasty women”.

The idea for the collection was born, cradled and nurtured between friends who wanted to create a space for writing and thinking about the marches. The group of feminists who contributed to this collection used the marches and the posters inspired by the marches as a vehicle which galvanised women into action to put pen to paper and show fervour for ongoing feminist activism.

The nexus of this beautifully written and evocatively illustrated collection is telling narratives that link very personal stories with deeply political issues. These are the stories told by nasty women who are making the personal political, who are seeking to live their lives in ways that resist and challenge patriarchy.

Through their very intimate nature these are stories that speak to the creation of a different kind of social order, one based on equity, the promotion of human rights and social justice.

Join Joy Watson, Amanda Gouws and Zama Khanyile in conversation with our editor, Mila de Villiers, for a panel discussion on this essential book:

Event Details

  • Date: Wednesday, 28 November 2018
  • Time: 6:00 PM for 6:30 PM
  • Venue: Love Books, The Bamboo Lifestyle Centre, 53 Rustenburg Rd, Melville | Map
  • Guest Speaker: Mila de Villiers
  • RSVP: kate@lovebooks.co.za
     

    Book Details


» read article

Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Dié boek verklaar als!

Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands?

Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf?

Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans?

Wat is die invloed van townships op Afrikaans?

Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories.

Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard.

Die boeke is moontlik gemaak deur ’n ruim skenking van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en is ’n koproduksie tussen Malan Media en LAPA Uitgewers. Die boek word deur LAPA bemark en versprei.

Oor Van Rensburg se vorige boek, So kry ons Afrikaans, het Dr. Willa Boezak gesê: “Dit het my lewe verander. Dit het van my ’n taalaktivis gemaak.”

Prof. Christo van Rensburg is een van Suid-Afrika se bekendste linguiste. Hy was veral bekend vir sy werk op Afrikaans se dialekte. Hy het afgetree as ’n direkteur by die Eenheid van Taalvaardigheid aan die Universiteit van Pretoria.

Christo Van Rensburg is oorlede die aand toe hy aan die finale bladproewe gewerk het. Prof. Hans du Plessis het die projek verder bestuur namens die gesin.

Hierdie boek is dus ook ’n viering van Christo van Rensburg se bydrae tot Afrikaans. Dit is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans.

Boekbesonderhede


» read article

Peet Venter se nuwe riller ondersoek of daar perke is aan die wreedheid van mense wat glo hulle is verhewe bo die wet…

Is daar perke aan die wreedheid van mense wat glo hulle is verhewe bo die wet?

“’n Sedelose vrou is soos ’n diep waterkuil. ’n Verleidster is soos ’n put waaruit jy nie kan kom nie. Eers was daar een. Toe was daar twee. Nou is daar drie.”

Die stem wat laatnag met speur-adjudant Jaap Helberg, beter bekend as Boel, oor die foon praat, is skor en die elokusie dik soos iemand met ernstige laringitis en ’n verstopte neus.

Die moordenaar hou van raaiselspeletjies. Hy bel Helberg met die slagoffer se selfoon, vertel hom waar hy haar lyk kan kry en stuur vir hom ’n video van hoe sy vermoor word.

Hierdie is sy derde slagoffer. Volgens die moordenaar is die ander twee “in ’n verlate, stil en skemer plek. In donker water wat nooit son sien nie. Daar is ou masjiene, reuse-bloekombome en ’n groot swart kruis wat met die son kom en gaan.”

In sy ondersoek kom Helberg af op ’n sindikaat wat met diamante smokkel en hoewel die twee sake drasties verskil, is hulle op ’n manier geknoop. In die makabere klimaks waarop dit uitloop skiet iemand vir Boel.

Boekbesonderhede


» read article

SALA 2018: Jaco Jacobs het gewoon geen brieke nie – nog ’n toekenning!

Twee boeke van Jaco Jacobs is gisteraand bekroon by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings, beter bekend onder die Engelse akroniem SALA.

In die splinternuwe kategorie vir kinderboeke is drie boeke bekroon, twee van hulle deur Jaco Jacobs.

Die drie boeke wat gewen het, is die kinderrympiebundel Moenie hierdie boek eet nie!, deur Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers), die prenteboek Daar’s nie ’n krokodil in hierdie boek nie, deur Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) en die geskiedkundige roman There should have been five, deur Marilyn Honikman (Tafelberg Uitgewers).

Die skrywers deel die prysgeld in dié kategorie.

Jacobs sê die toekenning is vir hom ’n groot eer.

“Geletterdheid is regtig ’n groot knelpunt in ons land. Dit is belangriker as ooit dat ons kinders lief moet maak vir lees, en vir hulle goeie, toeganklike, eietydse leesstof moet bied. Ek is daarom regtig dankbaar dat die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings met dié nuwe kategorie erkenning gee aan die belangrike rol wat kinderboeke in ons samelewing én in ons letterkunde speel.”

Wat bekronings betref, was 2018 ’n groot jaar vir Jacobs. Hy het reeds vanjaar die Tienie Holloway-medalje (vir sy boek Grom!) en twee ATKV-Kinderboektoekennings gewen, en is pas vir Brittanje se oudste en mees prestigeryke kinderboektoekenning, die Carnegie-medalje, benoem vir die Engelse vertaling van ’n Goeie dag vir boomklim.

Die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings is gisteraand (6 November) tydens ’n spoggeleentheid in Pretoria oorhandig. Boeke in elf amptelike tale kom vir die toekennings in aanmerking.

Boekbesonderhede


» read article

Jaco Jacobs benoem vir Carnegie-medalje

LAPA Uitgewers kondig met trots aan dat die Engelse vertaling van Jaco Jacobs se bekroonde jeugroman ’n Goeie dag vir boomklim pas benoem is vir die Carnegie-medalje, Brittanje se oudste en mees prestigeryke literêre prys vir kinderboeke.

A Good Day for Climbing Trees is vroeër vanjaar deur Rock the Boat, ’n druknaam van Oneworld Publications, wêreldwyd gepubliseer. Italiaanse vertaalregte is ook intussen verkoop.

Die Carnegie-medalje word al sedert 1936 jaarliks deur die Chartered Institute of Library and Information Professionals (CILIP) toegeken. Vorige wenners sluit wêreldbekende skrywers soos C.S. Lewis, Neil Gaiman, Terry Pratchett, Sharon Creech en Philip Pullman in.

“In die kinderboekbedryf is die Carnegie-medalje een van die héél grotes,” sê Jaco. “Bloot om net daarvoor benoem te word, is vir my ’n byna ondenkbare groot eer. Ek kan nie genoeg dankie sê vir my uitgewer by LAPA en my oorsese uitgewer, Oneworld, wat so hard gewerk het om die boek die wêreld in te stuur nie.”

Miemie du Plessis, tans aan die stuur van produkontwikkeling by LAPA, is minder skalks. Háár opmerking aan kollegas was: “Ek het soos ’n tiener tekere gegaan wat die Beatles in lewende lywe gesien het toe ek die nuus gehoor het. Die Carnegie Medal is ENORM, net so Brits en enorm soos die Beatles.” Du Plessis was Jacobs se uitgewer toe die boek verskyn het.

’n Goeie dag vir boomklim is die verhaal van Marnus, ’n gefrustreerde middelkind, wat hom een Desembervakansie laat ompraat om saam met ’n meisie in ’n boom te klim om te probeer keer dat die plaaslike owerheid dit afsaag.

’n Goeie dag vir boomklim was in 2016 die wenner van die kykNET/Rapport-prys se filmkategorie, en was een van die wenners van die internasionale In Other Words-vertaalprojek. Filmregte vir die boek is sedertdien aan M-Net toegeken.

In Oktober vanjaar het nog een van Jaco se boeke, Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word, oorsee verskyn as A Good Night for Shooting Zombies.

Boekbesonderhede


» read article

Woef! Maak ’n kinderhart bly met hierdie fassinerende boek oor honde

Ontdek alles wat jy nog altyd oor honde wou weet, van verskillende rasse, eienskappe en versorging, tot fassinerende inligting oor hoe honde met ons en met ander honde kommunikeer.

Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van honde hou, of jy nou reeds ’n honde-eienaar is, of daarvan droom om jou eie hond te kry.

Leer wat honde met hul liggaamstaal wys, waarvan hulle droom wanneer hulle slaap, en wat hulle vir ons probeer sê. Kom beleef die wonderlike wêreld van honde met hierdie nuttige gids propvol fantastiese foto’s en skattige feite oor honde.

Vind uit hoe verskillende rasse se unieke eienskappe van mekaar verskil, leer hoe om jou beste vriend te versorg sodat sy stertswaai-gelukkig en gesond bly en verstom jou aan hierdie wonderlike diere se supersintuie en ratse toertjies.

Boekbesonderhede


» read article

Nasty Women Talk Back: these are the stories told by nasty women who are making the personal political while resisting and challenging the patriarchy

Women, womyn & womxn: Are they really nasty?

This collection contains humour and pathos; it an easy read, despite being academically grounded and completely relevant. Wonderful doodles at the start of each essay soften the page. This is a want-to-read book on an extremely important topic.

In South Africa the Fallist movement became an extremely important platform to discuss gender, while #MeToo has become a global phenomenon. Ashanti Kunene, a Fallist-leader, is one of the contributors.

Other essays include “Pussies are not for grabbing” (Joy Watson), “My arms are tired of holding this sign” (Amanda Gouws), “Oh, no you can’t go to heaven in a broke down car” (Anastasia Slamat), “I’m with her” (Zama Khanyile), “To Womb it may concern” (Christi van der Westhuizen), “Womb with a (very strong) view” (Helen Moffet) and “Diary of an Indian woman” (Aarti Narse); but there are many more – twenty eight in total.

The idea for the collection was born, cradled and nurtured between friends who wanted to create a space for writing and thinking about the women’s marches.

The group of feminists who contributed to this collection used the marches and the posters inspired by the marches as a vehicle which galvanised women into action to put pen to paper and show fervour for ongoing feminist activism.

The nexus of this beautifully written and evocatively illustrated collection is telling narratives that link very personal stories with deeply political issues.

These are the stories told by nasty women who are making the personal political, who are seeking to live their lives in ways that resist and challenge patriarchy.

Through their very intimate nature these are stories that speak to the creation of a different kind of social order, one based on equity, the promotion of human rights and social justice.

The presidential campaign in the USA grabbed the global imagination. It also grabbed the feminist imagination, presenting the hope that if a woman could become the president of the USA, women throughout the world would finally break through the reinforced glass ceiling.

However, when it didn’t happen, the lost opportunity became the metaphorical kick in the feminist gut on a global scale.

Through the subsequent misogyny, vulgarity, lewd comments, the pussy-grabbing video, and the threats of the erosion of feminist activism in the trenches, worldwide a deep mourning arose from the feminist community. It was the name calling of “nasty women” that really smarted. Initial feelings of anger gave rise to empowerment of women – those who talk back to patriarchy – to embrace the label of “nasty women”.

LAPA Publishers has signed an agreement with Imbali to help market these books.

Book details


» read article

Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers!

Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike, ware verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; leer ken ’n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck en skud poot met Just Nuisance, ’n hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories:

1. Seeman Just Nuisance
Het jy al gehoor van ’n hond wat lid van die vloot is? Of ’n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het.

2. Visvriende Big Red en Blackie
’n Ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse.

3. Jock van die Bosveld
Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het.

4. Die ysbeer en die kietsiekat
Die merkwaardige verhaal van ’n katjie wat op ’n dag in die ysbeerpoel by ’n dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlik bere gered is!

5. Gregory Peck die brilpikkewyn
Vind uit hoe ’n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee.

Boekbesonderhede


» read article