Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Short Stories’ Category

“Die letterkundesisteem is altyd besig om te broei” – Riana Scheepers (Video)

Die bekroonde Afrikaanse skrywer Riana Scheepers het in Augustus vanjaar ‘n kortverhaalwerkswinkel aangebied tydens die 2015 Suid-Afrikaanse Boekebeurs (SABF) in Johannesburg se middestad.

Vallei van melk en heuningSpoorvatDie stilte in myselfKatriena, vertel!

 
Netwerk24 se boekeredakteur, Jo Prins, het na die tyd met die skrywer gesels oor die stand van die kortverhaal.

“Poësie is ‘n love affair, jy raak waansinnig verlief. ‘n Kortverhaal is ‘n one night stand, vol gevaar en potensiaal, en ‘n roman is ‘n huwelik,” sê Scheepers.

Die skrywer sê dit is opvallend dat daar nie op die oomblik soveel kortverhaalbundels soos in die verlede verskyn het nie, maar sy is nie te bekommerd daaroor nie. “Die letterkundesisteem, en ek praat nou van die Afrikaanse letterkundesisteem, is altyd besig om te broei,” sê sy.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 

Scheepers het ook terugvoering gegee oor die skryfskool wat sy daardie oggend aangebied het, die effektiwiteit van slypskole in die algemeen en die vrae wat sy gekry het oor “roem en vertaling”.

“As jy skryf moet jy nie eens dink aan publikasie en aan rykdom en roem en vertaling nie,” sê sy. “As jy sulke goed vir my sê is jy nie rêrig vir my ‘n skrywer nie. Vir my is die epitomie van ‘n skrywer daardie persoon wat voor sy rekenaar sit en betrokke raak by dit wat hy skep.”

“Ek het nie ‘n skryfskool gehad wat my gehelp het nie,” sê Scheepers. “Ek moes maar van ‘n kant af inbliksem … niemand het my geleer skryf nie.”

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 

Boekbesonderhede


» read article

Video: Gerrit Rautenbach, Nanette van Rooyen en Johan Bakkes gesels oor die reisverhale in Mooiloop

MooiloopEk was hierGerard Scholtz het vroeër vanjaar met Gerrit Rautenbach, Nanette van Rooyen en Johan Bakkes gesels oor Mooiloop: Mooiste reisstories.

Mooiloop is saamgestel deur Rautenbach, en Van Rooyen en Bakkes het bydraes gelewer tot die boek.

Mooiloop het lank geloop,” vertel Rautenbach aan Scholtz. “Dit is die resultaat van die tydskrif, Mooiloop, se beste stories wat ek saamgevoeg het.”

Van Rooyen en Bakkes vertel meer oor hul stories in die bundel en waar hulle hul inspirasie gevind het. Bakkes het onderneem om die “verhaal van die verlore stad van die Kalahari” te vertel.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Wenner van Kuier, LAPA en PEN Afrikaans se kortverhaalkompetisie aangekondig

Joanne Alexander en Japie Gouws

 
Joanna Alexander se kortverhaal “Meester” is gister tydens ‘n spesiale mediafunksie in Kaapstad aangekondig as die wenner van LAPA en Kuier se kortverhaalkompetisie.

Hierdie kompetisie is geloods om nuwe stemme uit die bruin gemeenskap te ontdek en ontwikkel. Cliffordene Norton, projekleier by LAPA, het met die aankondiging meer vertel oor dié inisiatief:

Cliffordene Norton

Die kompetisie het die eerste keer verskyn in Kuier in die 28e Januarie se uitgawe en dit het gehardloop tot 31 Maart.

Die eerste maand, Januarie, het ons slegs drie stories ontvang en ek het so bietjie bekommerd geraak om die minste te sê. Februarie het ons 16 kortverhale ontvang, en nogsteeds was ek bekommerd. En toe ek 17 Maart my inbox oopmaak is daar 80 kortverhale en teen die einde van die kompetisie, op 31 Maart, het ons 263 inskrywings gehad.

Die doel agter die kompetisie was om nuwe stemme te ontwikkel. Unieke stemme, maar ook bruin stemme. Want soos ons sê, ons soek stories daar buite wat vir my – ek is ‘n bruin coloured persoon – wat ek sal wil lees in my éie taal, waarmee ék kan saamleef. Waar ek as leser die karakter, die taal en omgewing kan herken.

Dit was vir my ‘n baie goeie projek, na aan my hart.

Die tema vir die kompetisie was “Uit die hart”, geïnspireer deur Kuier se agterbladrubriek “Wat die hart van vol is”. Die skrywers moes ’n verhaal van 1 000 tot 1 500 woorde inskryf.

Saam met Norton het Raylentia Simmons (assistentredakteur by Kuier), Bettina Wyngaard (die skrywer van Vuilspel en ’n lid van PEN Afrikaans), Diana Ferrus (die skrywer van Ons Komvandaan) en Shirmoney Rhode (digter en blogger by LitNet) as beoordelaars ingespring en begin lees.

Met ‘n geswoeg en gesweet, en beskaafde bakleiery, is die totaal van al die inskrywings tot slegs 15 verkort.

Die top 15 lyk soos volg:

Alida Walker (‘n Prys om te betaal)
Karel von Waltsleben (Waakengel)
Antoinette Venter (’n Mossie soos Emma)
Lucreshia Pietersen (Juliana Alias Lanatjie)
Rita Swanepoel (Nuwejaar)
Adele van Zyl (Gebottelde duiwel)
Ilisna Nel (Uit die oog)
Bernice Saulse (Fooitog)
Miriam Telanie (‘n Nuwe dag, ‘n nuwe droom)
Magdalena Wardle (Mishandeling)
Salvia E Ockhuis (Vloksman)
Terence Mesias(Moedertjie)
Joanna Alexander (Meester)
Theltom Masimila (Net tot na die einde)
Tienie Holtzhausen (Pap en runners)

Al hierdie skrywers word gevolgelik genooi om ‘n slypskool by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) by te woon, wat deur Anastasia de Vries (UWK), Diana Ferrus (die Afrikaanse Skrywersvereniging) en Annemarie Swartz (UWK) aangebied sal word.

Uit die top 15 is Alexander se verhaal gekies as die wenverhaal. Sy ontvang R5 000 en haar storie word in die laaste Julie-uitgawe van Kuier gepubliseer. Die ander finaliste ontvang elk R1 000.

Lees ook:

 

* * * * * * *

 

Facebook galery

LAPA het op 2 Julie die wenner van die Kuier-kortverhaalkompetisie aangekondig en ook Chanette Paul se Lekkerlitprys aan…

Posted by Lapa Uitgewers on Thursday, 2 July 2015

 
Helené Prinsloo (@helenayp) het regstreeks vanaf die aankondiging getwiet:


 


» read article

“Jan Scholtz het my laat kyk na skryf as ’n goeie, eerlike ambag” – Paul C Venter

Die Rebellie van Sloet SteenkampIn die mond van die wolfDie geval van die Sadistiese Swembad Sloet alleen

 
Paul C Venter – outeur van verskeie LAPA-boeke, onder meer In die mond van die wolf waarop die gewilde kykNET-reeks Vlug na Egipte gegrond is – het onlangs hulde gebring aan die ontslape Jan Scholtz.

Die bekende en bekroonde filmmaker (76) is hierdie week oorlede na ‘n stryd met longontsteking. Hy was een van die baanbrekers van die Afrikaanse filmbedryf en agter die stuur van verskeie uiters gewilde reekse.

Venter het ‘n lang pad met Scholtz gestap – meer as 40 jaar. “Jan het my vir die eerste keer laat kyk na skryf as ’n goeie, eerlike ambag eerder as ’n hoogheilige kuns,” skryf Venter.

Lees sy huldeblyk op LitNet:

Een ding onthou ek as bietjie buitengewoon omtrent ons vriendskap: hoewel ons albei later in ons lewens met die skryf en maak van TV-dramareekse geambag het, het ons nog steeds aanhou gesels oor boeke eerder as die televisiewerk wat ons toe gepleeg het. Ons was albei leesvrate. Ek kan lekker kuiers oor die boeke van John le Carré, Ross Macdonald, Donald E Westlake en John D Macdonald onthou, maar nie ’n enkele indringende gesprek oor televisie skryf nie. Mense wat ons destyds saam geken het, sal my nou natuurlik wil herinner aan die goedige gespot soms as die whisky gevloei het: Jan kon my die John “Lah-di-dah” Steinbeck van TV-drama noem en ek hom die Ena “Walk-and-talk” Murray van TV-drama. Maar die kere wanneer ek sukses met televisie behaal het, was hy altyd die eerste – en, kom ons wees maar eerlik, gewoonlik die enigste ander skrywer – wat my gelukgewens het, en ek het dieselfde terug gedoen. Ons was nie jaloers op mekaar se suksesse nie en kon mekaar troos oor die flops.

Boekbesonderhede


» read article

“Ek doen net wat ek doen” – Valiant Swart oor Die Mystic Boer, Afrikaans en sy weersin vir politiek

Trouens en terloopsToorwoorde roep myValiant Swart het verlede maand opgetree by die Wolf-musiekfees in Bloemfontein. Vicus Bürger en Charles Smith het met hom gesels het oor politiek, musiek, Afrikaans en waar die songs vandaan kom.

Die skrywer van Trouens en terloops en Toorwoorde roep my het verduidelik waarom hy so kwaad was toe die Miljoen stemme vir Steve-veldtog hom sonder sy toestemming deel van die Facebook-groep gemaak het: “Ek wil nie aan enigeen van hul groepies behoort nie, want hulle is almal ’n klomp f*cknuts. Politicians – 99,999% van hulle is ’n klomp f*kk*n scumbags …”

Swart het staaltjies gedeel van sy vriendskap met Koos Kombuis, sy vroeë pogings om in ‘n kantoor te werk en die mite dat hy deel was by die Voëlvry-beweging. Hy het gesê dat hy nog nooit oor politiek geskryf het nie: “Ek het geskryf oor seks, drugs en rock & roll, oor die langpad en die liefde en sulke dinge.”

Op die vraag, “Wie is die Mystic Boer?” het Swart gesê: “Ek verkies dat dit vir my ook ’n mystery bly – die songs en waar hulle vandaan kom.”

Lees die artikel:

Valiant se bierbottel is leeg, maar hy antwoord ’n laaste paar vrae vriendelik.

Hy sê sy werk is nie altyd maklik nie, maar hy is steeds versot op wat hy doen.

“Om daar te staan met ’n kitaar en te sing en mense te vermaak – dit is die lekkerste ding in die wêreld.”

Hoewel hy al die druk daarvan ervaar het om die hele tyd aan te pas soos wat gewilde musiek verander, het hy eindelik agtergekom hy hoef nie “die wiel te herontwerp” nie.

“Ek doen net wat ek doen.”

En hy is nog lank nie klaar nie, Valiant sê hy is steeds op soek na Die Mystic Boer.

Boekbesonderhede


» read article

“Wat is reis?” Beantwoord die vraag in 1 001 woorde en wen ’n bergfietstoer of ’n vyfster-ervaring

MooiloopLitNet nooi alle skrywers om aan ’n unieke reisskryfkompetisie deel te neem.

Gerrit Rautenbach, die samesteller van Mooiloop: Mooiste reisstories, is die gasredakteur van die kompetisie. Op die spel is ’n Groot Vyf-bergfietstoer van drie dae in die Mthimkhulu-gebied van die Groter Krugerwildtuin of twee nagte in die Coopmanhuijs-vyfsterhotel in Stellenbosch.

Om in aanmerking te kom vir die wonderlike reispryse, skryf presies 1 001 woorde oor enige reiservaring en stuur dit aan reis@litnet.co.za voor Dinsdag, 31 Maart.

Lees die artikel vir meer besonderhede, bepalings en voorwaardes:

Die uitdaging vir skrywers is om LitNet-lesers na enige bestemming op reis te neem en enigiets op die pad daarheen, of by die bestemming, te laat gebeur – van adrenalien of tragedie tot komedie. Of net stilsit en dink om dalk daarna so ietsie meer te verstaan van die lewe. Maar soos die 1 001 Arabiese Nagte het ook jy net 1 001 woorde om jou reis te laat begin, lyf te gee en volsirkel te laat eindig.

“Wat is reis?” sou ’n mens dalk wil vra.

Goeie vraag, want die konsep het so baie dimensies. Om te skryf oor iets soos jou vakansie verlede jaar wildtuin toe is die mees basiese vorm van reisskryf, maar jy kan verder gaan en ’n verbeeldingsvlug in jou storie onderneem.

Boekbesonderhede


» read article

Lees Chris Barnard se kortverhaal “Die agtuurtrein” uit Mooiloop: Mooiste reisstories

MooiloopLitNet het ‘n kortverhaal gedeel uit Mooiloop: Mooiste reisstories, saamgestel deur Gerrit Rautenbach.

“Hulle is eintlik deur omstandighede op mekaar afgedwing.” Só begin Chris Barnard se storie “Die agtuurtrein”, ‘n verhaal van amper-liefde en amper-reis.

Mooiloop: Mooiste reisstories bevat reisstories wat destyds in die tydskrif Mooiloop verskyn het, die Afrikaanse weergawe van die reistydskrif Getaway.

Lees Barnard se verhaal:

Hulle is eintlik deur omstandighede op mekaar afgedwing.

Hy moes weer soos altyd die Vrydagoggend met die trein in Kaap toe en hy was al seweuur op die stasie om seker te maak hy kry ’n kaartjie. Omdat dit betaaldag was, het hy die maand se reistydskrif by die kafee gaan koop om die naweek mee om te kry, en besluit om ’n koppie koffie te drink terwyl hy wag.

Drie skoonmakers was besig met vloere was en die tafels was op ’n hoop geskuif met die stoele bo-op. Maar die kelner het naby die deur vir hom ’n hoekie ingerig en sy koffie gaan haal.

Hy kon sien hoe die vrou weifel toe sy instap en besef hoe deurmekaar alles is, maar die kelner het haar geken en agter die plastiekgordyn uit geroep sy moet solank sit, hy bring haar tee. Dís hoe hulle aan dieselfde tafel beland het.

Boekbesonderhede


» read article

Video: Richard September vertel vir Renata Redelinghuys alles wat jy moet weet oor Rondomskrik

SpoorvatDie naaimasjienRachelle Greeff, outeur van Die naaimasjien en bydraer tot Spoorvat, se bekroonde toneelstuk Rondomskrik speel een van die dae by die US Woordfees.

Die teks neem die moord en verkragting van Anene Booysen as vertrekpunt in ‘n toneelstuk wat snaaks, hartseer en bo alles deernisvol en hoopvol is. Dit kyk na hoe ons mense ons kinders faal. En hoe om te sorg dat kinders nie net oorleef nie, maar vlerke kry.

Renata Redelinghuys, “‘n aktrise wat self al gesukkel het om te kies wat sy by kunstefeeste moet vat of los”, het met Richard September, een van die bekroonde akteurs in Greeff se toneelstuk, gesels om meer uit te vind oor Rondomskrik.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Paul C Venter gesels oor sy televisiereeks Vlug na Egipte, gebaseer op In die mond van die wolf

In die mond van die wolfRudolf Stehle het onlangs met Paul C Venter gesels oor sy nuwe televisiereeks, Vlug na Egipte, wat gebaseer is op sy boek In die mond van die wolf.

Die skrywer sê hy is verbaas oor kykers se reaksie op Facebook, tog is hy bly dat mense oor sy program gesels. “Dit beteken mense kyk, jy weet. Hulle stel belang,” sê hy.

Venter prys regisseur Human Stark se uitstekende interpretasie van In die mond van die wolf en gesels oor sy oorlede vrou Dalene Kotzé wat die verhale in die boek geïnspireer het.

Lees die artikel:

“Wat met my en my oorlede vrou gebeur het toe ons op Hanover aangekom het, het my geïnspireer om die boek te skryf en toe Stark Films by my aanklop vir ’n script, toe is daai wêreld in my kop en so was die boek die vonk vir die reeks.”

Maar die reeks gaan op heel ander paaie, sê Venter.

“Vlug na Egipte bied ’n kykie op ’n klein dorpie en omgewing in die Karoo waar mense hard probeer oorleef onder baie moeilike omstandighede, sowel sosiaal-polities as natuurgewys.”

Vlug na Egipte wys Dinsdae om 20:30 op kykNET. Dit speel af op ‘n tipiese Karoo-dorpie genaamd Breipaal en verbeeld die ingewikkelde aard van ‘n ontwrigte klein gemeenskap. Frank Opperman, Leandie du Randt, Clara Joubert, Ivan Zimmerman, Marion Holm, Rolanda Marais, Chris van Niekerk, Richard van der Westhuizen en nog vele ander bekende name kan in die rolverdeling gesien word.

Loer na die lokprent:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

LAPA-skrywers by die US Woordfees 2015

Die jaarlikse US Woordfees is om die draai, met ’n opwindende program wat alles insluit van boekgesprekke tot kosdemonstrasies en aktiwiteite vir die jongspan. Vanjaar se tema is “Sestien Onse” en die fees vind plaas vanaf 6 tot 15 Maart 2015.

LAPA Uitgewers word weereens goed verteenwoordig deur onder meer Fanie Viljoen, Chanette Paul, Martin Steyn, Madelein Rust, Niël Stemmet, Gerrit Rautenbach en Riana Scheepers.

Jeugboekskrywers Christien Neser, Alet Steenkamp and Nerine Ahlers sal oor hul boeke vir jong volwassenes gesels. Vir ’n gesprek oor die liefde is daar niemand beter op die program as Kristel Loots, Bernette Bergentuin en Sophia Kapp nie.

Meer besonderhede oor LAPA se skrywers wat by die Woordfees gaan optree:

Slym en die towertapytPleisters vir die dooiesPlons101 KleinkoekiesDonker spoor
Die 13de kaartSout + peperSoene, sonroom en seestromeFranse vlegsel
Vallei van melk en heuningEwebeeldMooiloopDie ander vrouStiletto's van staalDriehoekToorwoorde roep my

 

Graad 3: Slym en die Towertapyt – Fanie Viljoen​
Datum: Maandag, 9 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
Fanie Viljoen stel die wêreld se eerste wurm wat in paddakonsert gesing het aan lesers voor. Hy vertel ook alles oor Slym se avonture met die gogga-sirkus, die beker van geluk en die towertapyt. Die WOW leerders word ook touwys gemaak oor hoe om Slym se storie te illustreer.

Nettie Cilliers: 101 Kleinkoekies (kosdemonstrasie)
Datum: Maandag, 9 Maart
Tyd: 10:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Moenie koekies koop nie! Laat Nettie Cilliers jou eerder wys hoe. Met haar humoristiese aanslag sal sy praktiese wenke met jou deel oor hoe om outydse gunstelinge én die nuutste happies te bak vir wanneer die kinders of kleinkinders kom kuier. Dit laat Ma en Ouma se huis spesiaal ruik, na botter en vanielje, wat kinders lewenslank sal onthou. Susanna Jooste gesels met Nettie terwyl sy bak.

Die sielkunde van die krimi, met Martin Steyn en Madelein Rust​
Datum: Maandag, 9 Maart
Tyd: 14:00
Plek: Erfurthuis
Koste: R40
Martin Steyn (Donker spoor) en Madelein Rust (Die 13de kaart), beide skrywers van krimiboeke, albei met ‘n sielkunde agtergrond, ontleed die genre saam met ‘n derde sielkundige, ST Potgieter, wat krimi’s lees. Martin en Madelein se boeke ondersoek die donker binneste van die psige. Hoe ervaar die skrywers dit en waarom fassineer dit hulle so?

Grade 4-5: Plons – Fanie Viljoen
Datum: Dinsdag, 10 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
In ‘n opwindende program vertel Fanie Viljoen WOW leerders hoe die lewe wat skrywers lei kan lyk. Hy deel ook sy skryfwenke en wys vir leerders die lokprent van sy nuutste boek: die heerlik humoristiese storie vir jong lesers, Plons.

Erfeniskos met Niël Stemmet: Sout + peper ​​(kosdemonstrasie)
Datum: Dinsdag, 10 Maart
Tyd: 10:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Renate Coetzee gesels met Niël Stemmet oor erfeniskos. Sy boek, Sout + peper, is gebaseer op sy nostalgiese kos- en reisblog. Daarin vertel hy stories en verwys na resepte wat in die volksmond oorvertel en aangegee is, van grootmoeder na moeder, van moeder na dogter (of seun). Kom luister, kyk af en proe saam.

Grade 6-7: Soene, sonroom en seestrome – Alet Steenkamp and Nerine Ahlers
Datum: Woensdag, 11 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
Soene, sonroom en seestrome is die sewende titel in Nerine Ahlers en Alet Steenkamp se gewilde SSS-reeks. Hulle vertel die WOW leerders hoe opwindend dit is om saam te skryf. Want dan druk mens mekaar verder as wat jy as individu sou dink of waag.

Fanie Viljoen: Pleisters vir die dooies
Datum: Woensdag, 11 Maart
Tyd: 14:00
Plek: Boektent
Koste: R50
Fanie Viljoen se jong volwasse roman, Pleisters vir die dooies, is skokkend – maar word deur ouers en leerkragte geloof vir die eerlike uitbeelding van die donker kant in jongmense. Toe volg sy boek Uit, oor homoseksualiteit. In hierdie multimedia-aanbieding gesels Fanie met Nanette van Rooyen oor tienerskryfwerk en dinge waaroor sommige ouers liefs nie wil praat nie. Nie vir kinders jonger as 12 jaar nie.

Grade 8 – 10: Franse vlegsel – Christien Neser
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
Die spraak- en leesterapeut Christien Neser kom demonstreer hoe die lekkerte van lees aan jou vingerpunte lê en bring ‘n handvol redes om te lees. Sy stel ook die nuutste boek in die Elle-reeks aan leerders voor.

Francois Ferreira: Koskaskos (kosdemonstrasie)
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 10:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Francois Ferreira het vir FW de Klerk én Nelson Mandela gekook. Tans besit hy ‘n kosskool en is hy gereeld ‘n gas op TV en radio. In ‘n lekker kosdemonstrasie met resepte uit Koskas-kos leer hy jou hoe om smake te kombineer sodat alledaagse, eenvoudige kos vorentoe smaak. Riana Scheepers lei die gesprek.

Chanette Paul: Ewebeeld
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 15:00
Plek: Erfurthuis
Koste: R40
Chanette Paul gesels met Izak de Vries oor die mitologie sowel as Freudiaanse en Jungiaanse aspekte in haar werk. Deur diep uit die mitiese argetipes te tap, kyk Ewebeeld hoe ‘n geweld-dadige samelewing vrouwees tot verskrikking kan verwring.

Mooiloop-kuier
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 17:30
Plek: De Vette Mossel
Koste: R220
Mooiloop: Mooiste reisstories is al beskryf as kortverhale in ‘n aandpak, met stapstewels. Gerrit Rautenbach, Nanette van Rooyen, Riana Scheepers en Naomi Bruwer gesels oor reis, lewenslesse en plekke van die hart. Dié drie is puik storievertellers en die liefde vir die plekke wat hulle ontdek, slaan deur.

Storievuur met Johan Bakkes, Marida Fitzpatrick, Chanette Paul, Kerneels Breytenbach en Valiant Swart
Datum: Vrydag, 13 Maart
Tyd: 17:30
Plek: De Vette Mossel
Koste: R220
Johan Bakkes se Storievuur-kuiers is elke keer baie gewild en stampvol. Kom kuier weer lekker saam met hom om die kospotte en kuiervure. Hy ruil stories uit met Marida Fitzpatrick, Chanette Paul en Kerneels Breytenbach.

Rondomskrik deur Rachelle Greef
Datum: Vrydag, 13 Maart, Saterdag, 14 Maart en Sondag, 15 Maart
Tyd: 20:30, 10:00, 11:00
Plek: KykNET Hoërskool Stellenbosch
Koste: R120
Die bekroonde storie van hoop, humor en tragiek is tegelykertyd ‘n liefdesbrief aan die onderwys, ‘n aanklag oor hoe ons ons kinders faal en ‘n soeke na hoop in ‘n oënskynlik hopelose situasie. Die droom-rolverdeling vertel die storie van Antjie Fortuin: 14 jaar oud, arm en desperaat, wat vir Jamien Jacobs ontmoet: daai onderwyseres wat ons almal onthou – wat skel, raas, dissiplineer, maar uiteindelik omgee. En net toe dit lyk asof Antjie se vlieg-tuig byna byna in die lug is, toe gebeur daardie Vrydagaand en ‘n kombinasie van wegkyk, verwaarlosing en onmenslikheid laat alles verander.

O, die liefde!
Datum: Saterdag, 14 Maart
Tyd: 11:00
Plek: Boektent
Koste: R50
Marida Fitzpatrick hoor by die skrywers Kristel Loots (Die ander vrou), Bernette Bergentuin (Stiletto’s van staal) en Sophia Kapp (Driehoek) hoekom dit so lekker én moeilik is om lesers gelukkig te hou. Hulle gesels ook oor sterk vroue, moeilike liefdesdriehoeke en die donker kant van ‘n liefdesverhaal – plus wenke oor hoe om die regte man te vang. Berei jou voor vir ‘n groot gelag (en dalk ‘n traantjie of twee).

Boekbesonderhede


» read article