Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Reviews’ Category

“Ek het nog baie stories in my kop” – Irma Joubert gesels oor Immer wes

Immer wes“Die titel dui op Hildegard wat telkens in ’n westelike rigting vlug, van Rusland na Oos-Pruise, na Berlyn en uiteindelik na die destydse Suidwes.”

Só het Irma Joubert die titel van haar jongste historiese roman, Immer wes, aan Elretha Britz beskryf. Hulle het gesels oor die verhaallyn, die volgende twee boeke in die oorlogtrilogie en die navorsing vir hierdie roman, “haar moeilikste boek nóg”.

“Ek het nog baie stories in my kop. Eers as dit opdroog en ek nie meer kan regop sit om te skryf nie, sal ek ophou,” het Joubert aan Britz vertel.

Lees die artikel:

Irma Joubert se nuutste boek, die eerste van ’n oorlogtrilogie, is nog nie eens in Suid-Afrika op die rakke nie maar die vertalings in Nederlands en Duits reeds afgehandel. Só suksesvol is dié Bloemfonteinse skrywer in die buiteland.

Immer Wes, wat volgende week in Afrikaans beskikbaar sal wees, behoort tuis ook opslae te maak. Dit speel gedeeltelik in Suidwes (Namibië) af waar Joubert intensiewe navorsing oor die naoorlogse omstandighede en omgewing gedoen het waar die hoofkarakter, Hildegard, haar bevind.

TolbosJoubert se voorlaaste boek heet Tolbos en vertel die besonderse verhaal van Katrien Neethling wat by opstande teen apartheid betrokke raak en Wladek Kowalski, ‘n Pool wat deel word van die betoging teen kommunisme – twee groot bewegings uit die tagtigerjare.

Lees Pawel Zajas se Nederlandse resensie van hierdie boeiende roman:

Tolbos is, na Tussen stasies, de tweede roman
van Irma Joubert, waarin de twintigste-eeuwse
Poolse en Zuid-Afrikaanse geschiedenislijnen
naast en door elkaar werden geschetst.
Deze historische parallellen zijn geenszins
opgedwongen. Politieke lotgevallen in beide
landen leken vooral in de tweede helft van de
twintigste eeuw verbluffend op elkaar

Boekbesonderhede


» read article

Madri Victor: Behoort ons meer informele resensies op sosiale platforms te plaas?

Stiletto's van staalDriehoek‘n Resensie van Bernette Bergenthuin se jongste boek, Stiletto’s van staal, deur AJ Opperman vir Beeld het groot vrae oor resensiekunde, en die kundigheid van die resensent, ontlok.

Madri Victor, ‘n kenner op die gebied van sogenaamde chick-lit, het ‘n artikel vir LitNet geskryf waarin sy nie net Bergenthuin se roman verdedig nie, maar ook belangrike vrae vra rondom die resensering van boeke. “Behoort ons meer informele resensies, veral van ontspanningsfiksie, op sosiale platforms te plaas? Of eerder: Behoort ons, wanneer dit by genrefiksie kom, eerder te luister na ingeligte, welbelese lede van byvoorbeeld Lekkerlees Boekrak as ’n resensent wat nie bekend is as kenner van die genre nie?” skryf Victor. Sy het haar vrae getoets deur ‘n interessante eksperiment met Sophia Kapp se boeke te doen.

Lees Victor se artikel om uit te vind wat haar kundige gevolgtrekking was:

Ek sou myself, uit die aard van my werk, as genrekundig beskou. Ek het baie navorsing oor chick-lit gedoen en werk gereeld aan liefdesromans en ander ontspanningsromans. Hoe verskillend sou die versameling idees van die Rakkers van my eie (kundige) oordeel wees?

Ek skryf vervolgens die volgende in Lekkerlees Boekrak: “Hi Rakkers, ek soek hulp vir ’n artikel. Wie van julle lees Sophia Kapp se boeke? Waarom hou julle van haar? Wil julle saampraat?” Dieselfde dag kry ek 18 reaksies. Net een Rakker sê dat sy nie van Kapp se werk hou nie, maar gun elkeen sy eie smaak.

Boekbesonderhede


» read article