Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Reference’ Category

Vier opwindende nuwe kinderboeke van LAPA-uitgewers

Hoe cool is dit?

Hoe cool is dit?Hoe cool is dit? bekyk allerlei verstommende wetenskaplike idees en ontdekkings van naderby. Dit ondersoek die coolste uitvindings en natuurlike verskynsels, van elektroniese ink en robotspeelgoed en iets so eenvoudig soos borrels.

Vind uit hoe die strepies in tandepaste gesit word, verken die wonder van organiese chemie in ’n kougomborrel, en vergaap jou aan die ongelooflike geometriese patrone van sneeuvlokkies en kristalle.

Perfek vir enigiemand wat nuuskierig en verwonderd is oor ons wêreld en al die cool goed daarin!
 

Pret met ponies

Pret met poniesIs jy mal oor ponies? Dan is hierdie die perfekte boek vir jou! Pret met ponies is ’n praktiese volkleurgids vir jong ponieliefhebbers – maak nie saak of jy tans leer ry, wil uitvind hoe om jou ponie te versorg, of net graag oor ponies wil lees nie. Jong perdeliefhebbers sal dol wees oor die pragtige volkleurfoto’s en eenvoudige, maklik verstaanbare teks. Vind meer uit oor die verskillende skou-items waaraan jy met jou ponie kan deelneem, ontdek fantastiese oefeninge wat jy saam met jou ponie kan doen, en leer ponie- en perderasse van regoor die wêreld ken.
 

Prinses Pêrel en die koninkryk onder die see

Prinses Pêrel en die koninkryk onder die seePêrel is ’n doodgewone meisie – maar sy het ’n buitengewone geheim. Sy is ’n regte seeprinses! Pêrel duik na die bodem van die oseaan en verander in ’n pragtige prinses. So begin ’n skitterende avontuur om die hekke van die Koninkryk onder die See oop te maak. Die perfekte geskenk vir jong prinsesse!

Met opwip-dele en flappies.
 

Bella blaas borrels

Bella blaas borrelsKen jy dalk vir Bella? Bella blaas graag borrels bo-op die dak van die groot gebou waar sy woon en soms baljaar die wind saam met haar. Bella blaas een borrel, Bella blaas twee borrels. Bella blaas nog ’n borrel en nog ’n borrel. Bella blaas ’n hele stroom borrels! Die wind tel die borrels op. Hy draai dit en swaai dit en waai dit ver, ver weg … na almal wat ’n tikkie betowering nodig het.
 
 
 
 
Boekbesonderhede


» read article

Nuut: Die avontuurgids van Suid-Afrika deur Jacques Marais

Die avontuurgids van Suid-AfrikaThe Adventure Guide of South AfricaDie avontuurgids van Suid-Afrika is jou handleiding tot al die sport- en ontspanningsopsies wat net buite jou nege-tot-vyf landskap op jou wag. Die boek dek verskillende grade van ekstreem-aktiwiteite en die keuse van watter aktiwiteit hang van elke individuele deelnemer af – die een ou se klim is die ander se hartaanval. Met meer as ’n 1000 avonture behoort jy vir ’n ruk lank vasgenael binne die blaaie van dié avontuurgids te bly.

Bergfietsry, veldwedlope, rotsklim, kanovaart, grotverkenning, valskermspring, mikrovlieg, rekspring, brugswaai, bakkie-ski, bergklim, wildvang, perdry-safaris – die lys is oneindig. Die avontuurgids van Suid-Afrika is gebruikersvriendelik met ’n alfabetiese indeling volgens provinsies en streke en bevat al die inligting oor die nuutste avonture.

Die boek is ook in Engels beskikbaar as The Adventure Guide to South Africa.

Oor die outeur

Jacques Marais is ‘n fotograaf en skrywer wat bydraes lewer tot ‘n wye verskeidenheid avontuur-, reis- en buitelug-tydskrifte, insluitende Runners World, Bicycling, Discovery Magazine, Time Out en Men’s Health. ‘n Aantal boeke oor ekstreme sport het ook al uit sy pen verskyn.

Boekbesonderhede


» read article

Prof Erik Holm, skrywer van Goggagids, bied bosskool-naweek aan

GoggagidsDie bekende entomoloog, en Projek Aardwolf-aanbieder, Prof Erik Holm, is die leermeester by die eerste Rooitrok Bosskool-naweek wat van 9 tot 11 Desember 2011 plaasvind.

Kom kamp saam anderkant Brits, en kry die unieke kans om die veld deur die Prof se oë te leer ken.

Kuier saam met die Projek Aardwolf-span vir ‘n wonderlike interessante naweek!

Program

Vrydagaand, 9 Desember – Braai & kuier
Saterdagoggend, 10 Desember – Lapa-lesing oor insekte van die veld
Saterdagmiddag, 10 Desember – Velduitstappie saam met die Prof
Saterdagaand, 10 Desember – Braai & kuier
Sondagoggend, 11 Desember – Tweede velduitstappie met die Prof

Besonderhede van die bosskool-naweek:

  • Datum: Vrydag, 9 Desember tot Saterdag, 10 Desember 2011
  • Plek: Wildsplaas buite Brits
  • Koste: R1500 per persoon
    (Bring jou eie tent, kos en drinkgoed. En as jy nie lus het vir kamp nie, is daar basiese chalets te huur.)

  • RSVP: info@rooitrok.com

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Rooitrok.com


» read article

Nuwe gesondheidsgids: 1000 Kure vir meer as 200 kwale deur Victor S Sierpina

1000 kure vir meer as 200 kwaleTans is daar ’n wye verskeidenheid konvensionele en alternatiewe behandelings beskikbaar, maar wat vir een persoon goed is, is nie altyd goed vir ’n ander persoon nie. 1000 Kure vir meer as 200 kwale bring alles binne jou bereik en stel jou in staat om ’n middel te kies wat jou die beste pas.

Dit is ’n waardevolle geïntegreerde mediese hulpmiddel wat aktuele keuses maklik en vinnig verskaf. Meer as 200 kwale is volgens kenmerke gegroepeer: (byvoorbeeld: toestande wat die vel en hare affekteer of dié kwale wat noodhulp nodig het) en is vir elke groep alfabeties gelys. Vir elke toestand is daar ’n diagnose.

Die algemeenste simptome en die doel van die behandeling word duidelik uiteengesit. Geneesmiddels uit vyf verskillende gesondheidsvelde word dan gegee – konvensionele medisyne, tradisionele Chinese medisyne, naturopatie (natuurgenesing), homeopatie en kruiekennis. Dit stel jou in staat om die benaderings tot dieselfde toestand te vergelyk en die toepaslikste geneesmiddel te kies.

Die afdelings is as volg:

  • Vel en hare
  • Oë en mond
  • Oor, neus en keel
  • Spysverteringstelsel en urieneweg
  • Respiratoriesestelsel en sirkulasie
  • Pyne en kwale
  • Persoonlike kwale
  • Verstand en gemoed
  • Noodhulp

Oor die outeur

Victor S Sierpina is ‘n dokter en kenner van familiegesondheid, wat holistiese en alternatiewe terapieë in behandeling inkorporeer. Hy is die skrywer van boeke soos The Healthy Gut Workbook.

Boekbesonderhede


» read article

Videos: Prof Erik Holm wys hoe om indringerplante natuurlik onder beheer te bring

GoggagidsIn die mees onlangse episode van Projek Aardwolf op KykNET, het insektekenner prof Erik Holm, skrywer van Goggagids, na indringerplante gekyk en vasgestel watter insekte en dies meer gebruik kan word om te keer dat dié plante ‘n gebied heeltemal oorneem.

Volgens Holm floreer uitheemse plante omdat hulle van hul natuurlike vyande (die peste en plae wat hul getalle in toom hou) verwyders is. In die episode getiteld “Die vyande van my vyande” wys Holm hoe die verspreiding van indringerplante hok geslaan word deur hul vyande uit hul lande van herkoms in te voer.

YouTube Preview Image YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Videos: Prof Erik Holm vang ‘n hele klomp goggas

GoggagidsProf Erik Holm, insektekenner en skrywer van die boek Goggagids, is deel van die Projek Aardwolf-span wat elke Sondag op KykNET omgewingsake ondersoek. Hy is egter self so ‘n interessante karakter dat die vervaardigers van die program ‘n episode net aan die professor gewy het.

Holm nooi kykers in dié episode onder meer in sy metaalwerkswinkel in, maar sy grootste talent lê in die opspoor en identifisering van goggas. In die videos hieronder vang hy ‘n wurm, skerpioene en kewers. Hy wys hoe ‘n bepaalde kewer maak asof hy dood is en ‘n spesifieke skerpioen kan gloei:

YouTube Preview Image YouTube Preview Image
  • Nog Projek Aardwolf-videos is op Rooitrok.com beskikbaar, mits jy registreer en inteken

Boekbesonderhede


» read article

Video: Erik Holm demonstreer ‘n band-afblaser (en wapen!)

GoggagidsProf Erik Holm is nie net ‘n kenner van insekte nie – hy is blykbaar ook op hoogte van die nuutste tegnologiese ontwikkelings vir jou 4×4. In ‘n video van rooitrok.com stel hy ‘n nuwe toestel bekend waarmee jy akkuraat ‘n bietjie lug uit jou bande kan laat. Holm wys ook sommer hoe ‘n mens die toestel as ‘n wapen kan inspan!

Kyk die video hieronder:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Videos: Prof Erik Holm, skrywer van Goggagids, is terug in Projek Aardwolf

Goggagids‘n Nuwe reeks van Projek Aardwolf, die “omgewingsprogram cum reisprogram” op kykNET, het Sondagaand begin. Prof Erik Holm, insektekenner en skrywer van Goggagids, is deel van die Projek Aardwolf-span en ons kan dus uitsien na nog insiggewende videos oor alles wat kruip en krioel (Die tweede video wat ons hier plaas is een waarin Holm ‘n interessante, dog gevaarlike, spinnekop uitwys).

Om weer op hoogte te kom met die span en wat hulle doen, kyk die video van die vorige reeks se laaste episode hieronder. Holm rus lekker in ‘n hangmat en bespreek ‘n raaiselagtige eier en ‘n video van baardskeerders se paringsproses word as een van die top kykerbydraes van die reeks bekroon:

In hierdie eksklusiewe video, wat nie deel van die reeks gevorm het nie, wys Holm ‘n klein spinnekoppie uit wat glo baie skade kan aanrig as hy bedreig voel:

Kyk nog videos:

Boekbesonderhede


» read article

Erik Holm oor plasebo- en nosebo-effekte en toordery

GoggagidsDaar is al vele kere bewys dat mense wat glo dat hulle sekere medisyne neem, van hul kwale herstel, selfs al is dit eintlik gips- of suikerpille.

Prof Erik Holm skryf egter in Beeld dat die teenoorgestelde van hierdie “plasebo-effek”, die sogenaamde “nosebo-effek”, ook werk. Suggestie kan aangewend word om pyn en selfs totale fisiologiese aftakeling te bewerkstelling.

Dus, sê Holm, kan ‘n mens werklik “getoor” word: mits jy vermoed dat dit aan die gebeur is.

Een van die verskynsels waarmee die wetenskap die minste raad het, is die sogenaamde plasebo-effek.

Dit is nou byvoorbeeld wanneer jy ’n pasiënt gips- of suikerpille gee en hy word drasties beter.

En ook nie noodwendig eens pille nie. As jy hom of haar kan laat glo dat daar iets positiefs gedoen is (seën toegewens, bose geeste uitgedryf – enigiets), dan tree daar ’n fisiologies meetbare effek in.

Boekbesonderhede


» read article

Video: Prof Erik Holm besoek ‘n termietnes

GoggagidsInsektekenner Prof Erik Holm, skrywer van Goggagids, het 20 jaar gelede die bedrywighede in ‘n termietnes afgeneem. Op ‘n episode van die KykNET-program Projek Aardwolf gaan hy op soek na “daardie generasie se termiete”, waarvan die neste nou al 20 jaar oud is. Hy vind ook ‘n kakkerlakkie langs die pad.

Boekbesonderhede


» read article