Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Recipes’ Category

Nie vir Ma’s Nie is dié resepteboek vir pa en die telge

Met dié boek word ma’s tydelik uit die kombuis verban, want jou wederhelf en kinders is van plan om jou te bederf met heerlike kos wat hulle sonder hulp of te veel moeite kan voorberei.

Nie vir Ma’s Nie se resepte is maklik, beproef en het stap-vir-stap aanwysings wat enige groentjie gemaklik sal laat in die kombuis.

Die boek verskaf ook die nodige omskakelingstabelle en wenke en laat kinders toe om meer te leer oor die doel van kombuistoerusting. Buiten heerlike resepte, is daar ook ’n hele hoop wenke wat kosmaak sommer kinderspeletjies maak.

Komaan, pa! Jy en die telge kan!

Daar is heerlike idees vir ontbyte, ligte etes, voorgeregte, kitskos, aandetes, bykosse, braaidisse, nageregte, teetyd-versnaperinge en smulgoed vir smulpape.

 
 

Boekbesonderhede


» read article

Op soek na winterdisse? Probeer Francois Ferreira se gebakte tamatiehoender uit Koskaskos

KoskaskosCupboard Cuisine‘n Goed-aangevulde koskas is die lewensbloed van enige kombuis en verteenwoordig die noodsaaklike boustene van voedsame en watertand-lekker maaltye.

Koskaskos deur François Ferreira (in Engels beskikbaar as Cupboard Cuisine) bied heerlike resepte en idees vir bestanddele uit jou koskas, asook wenke oor die produkte wat in jou koskaste hoort.

Noudat die winter behoorlik nes geskrop het in ons land is almal op soek na heerlike warm winterdisse. Probeer Ferreira se resep vir gebakte tamatiehoender, ideaal vir die familietafel op ‘n koue aand:

Bestanddele

6 hoenderborsies
500 g pakkie gemengde botterskorsie- en patatblokkies
400 g bottel Napolitaanse sous
500 g pakkie snoeptamaties
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
’n handvol roketblare, vir garnering

Boekbesonderhede


» read article

Probeer Francois Ferreira se Koskaskos-resep vir boerewors-en-bloukaassoufflé

KoskaskosCupboard Cuisine“Met my boerewors-en-bloukaassoufflé vat ek ’n gewone item soos boerewors en omskep dit in iets baie besonders wat jou gaste definitief sal laat hunker na ’n tweede porsie.”

Só skryf François Ferreira oor ‘n resep uit sy nuwe kookboek, Koskaskos, wat hy onlangs met Netwerk24 gedeel het.

Ferreira se boek bevat vars en vindingryke idees vir die items wat algemeen in jou koskas verskyn.

Probeer sy resep vir boerewors-en-bloukaassoufflé:

Lewer 2 porsies

100 ml botter of margarien

100 ml koekmeel

200 ml groente- of hoender­aftreksel

50 ml room

100 g gaar boerewors, in klein stukkies gesny

60 g bloukaas, gekrummel

3 eiers, geskei

5 ml Dijonmosterd

10 ml vars tiemie of origanum

sout en varsgemaalde swart­peper na smaak

Boekbesonderhede


» read article

Try Francois Ferreira’s Delightfully Simple Recipe for Poached Pears

Cupboard CuisineKoskaskosThe Herald recently shared the recipe for Poached Pears from François Ferreira’s Cupboard Cuisine (also available in Afrikaans as Koskaskos).

Like other recipes in the book, the recipe for Poached Pears uses pantry staples as its basis. It does call for some fresh ingredients, but is very easy to prepare.

The recipe yields dessert servings for four.

Try it for yourself:

Ingredients

4 pears
1 litre white wine
4 cloves
250ml creamed cottage cheese
100g glacé cherries
60ml Bulgarian yoghurt

Book details


» read article

Probeer Hilda Lategan se resep vir herderspastei met baba-aartappels uit Lekker en gesond: Veselryk

Lekker en gesond: VeselrykMaroela Media het onlangs ‘n resep vir herderspastei met baba-aartappels gedeel uit Lekker en gesond: Veselryk deur Hilda Lategan.

Lategan is ‘n praktiserende dieetkundige in Pretoria en die skepper van die Lekker en gesond-reeks. Haar jongste kookboek, Uitpakkos, het pas by LAPA verskyn.

Die herderspastei-resep lewer ses porsies en kan bedien word met groenslaai of lemoenpampoentjies met ertjies gevul.

Probeer die resep:

Een porsie is gelykstaande aan: 3 laevetproteïene, 1 stysel en 1 groente.

Bestanddele:

500 g baba-aartappels, geskrop en met skil in 1 cm-skywe gesny
200 g eiervrug, met skil in blokkies gesny, 15 minute in soutwater geweek
10 ml kanola- of olyfolie
1 middelslag-ui, geskil en gekap
400 g maer gemaaalde bees- of volstruisvleis
1,25 ml elk kruienaeltjies en kaneel

Boekbesonderhede


» read article

Probeer Vickie de Beer se resep vir fantastiese vye-en-roosmaryn-koek

Rooi RoseBederf jou soettand dié Paasnaweek met Vickie de Beer se smullekker resep vir vye-en-roosmaryn-koek.

Die Rooi Rose-kosredakteur en samesteller van Rooi Rose: Versamelresepte vir elke seisoen beveel aan om verskillende grootte panne te gebruik om ‘n mooi toringkoek te bou.

Vir die roomkaasversiersel gebruik De Beer roomkaas, gesifte versiersuiker en vanielje-geursel.

Waarvoor wag jy? Probeer die heerlike resep:

• 400 g droë vye
• 400 ml kokende water
• 4 sakkies rooibostee
• 170 g sagte botter
• 210 g strooisuiker
• 4 eiers
• 300 g bruismeel
• 7 ml (1½ t) koeksoda
• 20 ml (2 e) roosmaryn, fyn gekap
• 20 ml (2 e) vinkelsaad, fyn gekap

Boekbesonderhede


» read article

Vier Pannekoekdag met ’n heerlike resep vir pannekoek met suurlemoensap

50 Beste uit Vrouekeur 1Beste uit Vrouekeur 2: 50 ResepteVandag vier ons Pannekoekdag en ter ere van hierdie spesiale geleentheid deel ons ’n resep vir pannekoek met suurlemoensap.

Vrouekeur het ’n tradisionele resep op hul webtuiste gedeel wat ongeveer 24 pannekoeke lewer.

Die tydskrif se kosredakteur Marlo Carstens is die samesteller van 50 Beste uit Vrouekeur 1 en Beste uit Vrouekeur 2: 50 Resepte wat twee maal per jaar verskyn. Hierdie reeks resepteboeke bevat beproefde, smullekker resepte wat deur die jaar in die tydskrif verskyn.

Probeer Vrouekeur se pannekoekresep:

Bestanddele

500 ml (2 k) water
250 ml (1 k) volroommelk
3 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) olie
625 ml (2½ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
3 ml sout

Kaneelsuiker

30 ml (2 e) fyn kaneel
250 ml (1 k) suiker

Boekbesonderhede


» read article

Probeer Vickie de Beer se maklike resep vir tuisgemaakte pasta

Rooi RoseDie Rooi Rose-kosredakteur Vickie de Beer het onlangs ’n resep op die tydskrif se webblad gedeel vir tuisgemaakte pasta.

Die samesteller van Rooi Rose: Versamelresepte vir elke seisoen skryf: “As jy eers aan jou eie, sygladde pasta gewoond is, sal jy swaar sluk aan die klaarbereide droë soort.”

De Beer stel voor dat jy die hele gesin inspan om te help knie en rol en deel slim bêre-wenke om die pasta vars te hou.

Probeer die pasta-resep:

Maklike pasta

500 g koekmeel
5 ml (1 t) sout
5 eiers
75 ml olyfolie + ekstra

1 Sif die meel en sout in ’n groot mengbak, of op ’n skoon werkvlak. Maak ’n holte in die meel, breek die eiers daarin en voeg die olyfolie by. Werk die eier met jou vingers bietjie vir bietjie by die meel in.
2 Voeg ekstra olie by indien nodig, en meng tot ’n stywerige deeg vorm.

Boekbesonderhede


» read article

Probeer Vickie de Beer se resep vir parmaham-en-papaja-stokkies

Rooi RoseIs jy op soek na ’n gesonde middagete wat jy sonder die gebruik van elektrisiteit kan voorberei? Vickie de Beer se parmaham-en-papaja-stokkies is nét die antwoord vir jou.

Die samesteller van Rooi Rose: Versamelresepte vir elke seisoen het dié resep op die Rooi Rose-webtuiste gedeel. Geniet smaaklike slaai op ’n stokkie met ’n olyfolie, balsemiekasyn en lemmetjiesap-sous.

Probeer die resep:

Genoeg vir 10 stokkies

1 groot papaja of spanspek, geskil en pitte uitgekrap
10 lappies parmaham
20 groot basiliekruidblare

Sous
Meng 75 ml olyfolie, 30 ml balsemiekasyn, 10 ml lemmetjiesap en 5 ml bruinsuiker. Geur met sout.

Boekbesonderhede


» read article

Probeer braaikoningin Hannetjie Joubert se heerlike resep vir sesam lamsrib

Só kook mensWil jy graag iemand beïndruk met ‘n lipleklekker ete? Probeer gerus braaikoningin Hannetjie Joubert se resep vir sesam lamsrib uit haar nuwe boek, Só kook mens. Dit is veral lekker as dit met knoffelbrood en slaai bedien word, sê die sjef.

Die eenvoudige marinade bevat bestanddele wat jy waarskynlik reeds in jou koskas het en die geroosterde sesamsade wat na die tyd oorgesprinkel word sorg vir ‘n besonderse smaak wat gaste sal laat vra vir nóg.

Probeer Joubert se resep:

Bestanddele

± 1,2 kg heel lamsrib

Geurmengsel

10 ml (2 t) fyn gemmer
10 ml (2 t) mosterdpoeier
10 ml (2 t) kerrie
10 ml (2 t) bruinsuiker
olie, botter of margarien
sout en varsgemaalde swartpeper

Boekbesonderhede


» read article