Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Poetry’ Category

Sterkykers deur Jaco Jacobs: Vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners

SterkykersSterkykers, ’n heerlike bundel verse vir tieners saamgestel deur Jaco Jacobs, is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Skryf ’n liefdesbrief.
Bemeester die kuns van hande vashou.
Vuisstamp die lewe voluit.
Lag soos die mense in advertensies.
Raak onsigbaar.
Twiet vir iemand ’n vers.

Hierdie bundel vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners bou voort op die suksesvolle Toulopers. Bekende digters en skrywers soos Koos Kombuis, Ronelda S Kamfer, Nathan Trantraal, Annie Klopper, Fanie Viljoen, Izak de Vries en Jacobs span kragte saam met opwindende nuwelinge soos Deon Meiring (hoofsanger van die groep Glaskas), Solette Swanepoel, Donnay Torr en Danie du Toit (sanger en liedjieskrywer van die groep Spoegwolf) in ’n opwindende digbundel wat spesiaal saamgestel is om hedendaagse jongmense se leefwêreld te weerspieël.

Oor die samesteller

Jaco Jacobs is op Carnarvon in die Karoo gebore. Sy eerste boek, Troetelgedrog, het in 2001 by LAPA verskyn, en sedertdien het meer as honderd boeke vir kleuters, kinders en tieners uit sy pen verskyn. Sy boeke is onder meer bekroon met die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en 19 ATKV-Kinderboektoekennings. Talle van sy boeke word met groot sukses by skole voorgeskryf, en in 2014 is ’n rolprentweergawe van sy gewilde tienerboek Suurlemoen! landwyd vrygestel. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, twee honde, Pippie en Binki, en ’n baie stoute kantoorkat genaamd Lego wat sy bes probeer om Jaco uit die werk te hou. Besoek gerus sy webtuiste.

Boekbesonderhede


» read article

Dink twee maal voor jy ’n skrywer vra om “gou” vir jou ’n versie te stuur – Jaco Jacobs

“Nou hier begin ek lelik op my tande kners.”

Só skryf Jaco Jacobs oor die verwaande versoeke wat hy so dikwels van mense kry, spesifiek wanneer kunswedstryd-ouers wil hoor of hy nie gou dié of dáái versie vir hom wil stuur nie.

Wurms met tamatiesousMy boetie dink hy is Batman en ander rympiesOp die punt van my tong: 80 lawwe tongknopersIn ‘n bloginskrywing verduidelik die gewilde kinderboekouteur waarom dit hom pla, en gee selfs ‘n wiskundige uiteensetting van hoeveel hy op die ou end per versie verdien om sy punt tuis te bring. Jacobs verduidelik ook waarom dit effens onbedagsaam is om hom te vra om spesiaal vir jou spruitjie ‘n rympie te skryf en doen ‘n beroep op mense om “GROOT asseblief” eerder sy boeke “te koop as om dit bloot te laat afrol”.

Let wel: Jacobs is nie kwaad oor die feit dat lesers, of hul ouers, hom kontak nie. Hy vra maar net dat jy twee maal dink voor jy ‘n skrywer kontak en hom, en sy uitgewer, per ongeluk-aspris deur die gesig klap. As vredesoffer vir sy streng brief deel hy ook ‘n prettige versie uit sy jongste rympieboek – Op die punt van my tong: 80 lawwe tongknopers – oor ‘n kromknyperkrap.

Lees die artikel:

Waarom ek nie vir jou ’n rympie kan (of gaan) e-pos nie

Dis eisteddfod-seisoen.

Ek weet elke jaar wanneer dit kunswedstryd-tyd is, want skielik begin die e-posse instroom.

’n Paar desperate ma’s, pa’s, onderwysers of drama-onnies wil dikwels weet of ek nie asseblief voorstelle vir gepaste prosastukke of gedigte het nie. Ek weet hoe ’n tameletjie dit is om geskikte materiaal in die hande te kry – iets wat hopelik die beoordelaars gaan beïndruk, maar wat darem ook vir ’n kind pret gaan wees om voor te dra – daarom probeer ek altyd my bes om ’n paar voorstelle te maak, hoewel ek nie regtig ’n kenner is en weet presies wat van die deelnemers vereis word nie.

Boekbesonderhede


» read article

“Ek doen net wat ek doen” – Valiant Swart oor Die Mystic Boer, Afrikaans en sy weersin vir politiek

Trouens en terloopsToorwoorde roep myValiant Swart het verlede maand opgetree by die Wolf-musiekfees in Bloemfontein. Vicus Bürger en Charles Smith het met hom gesels het oor politiek, musiek, Afrikaans en waar die songs vandaan kom.

Die skrywer van Trouens en terloops en Toorwoorde roep my het verduidelik waarom hy so kwaad was toe die Miljoen stemme vir Steve-veldtog hom sonder sy toestemming deel van die Facebook-groep gemaak het: “Ek wil nie aan enigeen van hul groepies behoort nie, want hulle is almal ’n klomp f*cknuts. Politicians – 99,999% van hulle is ’n klomp f*kk*n scumbags …”

Swart het staaltjies gedeel van sy vriendskap met Koos Kombuis, sy vroeë pogings om in ‘n kantoor te werk en die mite dat hy deel was by die Voëlvry-beweging. Hy het gesê dat hy nog nooit oor politiek geskryf het nie: “Ek het geskryf oor seks, drugs en rock & roll, oor die langpad en die liefde en sulke dinge.”

Op die vraag, “Wie is die Mystic Boer?” het Swart gesê: “Ek verkies dat dit vir my ook ’n mystery bly – die songs en waar hulle vandaan kom.”

Lees die artikel:

Valiant se bierbottel is leeg, maar hy antwoord ’n laaste paar vrae vriendelik.

Hy sê sy werk is nie altyd maklik nie, maar hy is steeds versot op wat hy doen.

“Om daar te staan met ’n kitaar en te sing en mense te vermaak – dit is die lekkerste ding in die wêreld.”

Hoewel hy al die druk daarvan ervaar het om die hele tyd aan te pas soos wat gewilde musiek verander, het hy eindelik agtergekom hy hoef nie “die wiel te herontwerp” nie.

“Ek doen net wat ek doen.”

En hy is nog lank nie klaar nie, Valiant sê hy is steeds op soek na Die Mystic Boer.

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Hans du Plessis lees “Psalm 121” en gesels oor sy navorsing oor Griekwa-Afrikaans

Karos orie dyneInnie skylte vannie JirreSo kry ons Afrikaans

 
Ilse Salzwedel het onlangs met Hans du Plessis, Christo van Rensburg en Bernard Odendaal gesels oor die verskillende dialekte in Afrikaanse digkuns.

Du Plessis het “Psalm 121” voorgelees en vertel hoe hy en Van Rensburg in die tagtigerjare saamgewerk het aan ’n uitgebreide navorsingsprojek oor die Afrikaans van die Griekwas.

Die skrywer van Innie skylte vannie Jirre en Karos orie dyne gesels oor die direkte navorsing wat hulle gedoen het in Douglas in Griekwaland-Wes. “Jy gaan sit met ’n bandmasjien tussen die mense, of met ’n stemvanger soos wat hulle dit noem, en dan gesels jy en dan neem jy op,” sê hy. “Jy is dan natuurlik ook besig met ’n taalkundige analise van die grammatika van die dialek.”

Luister na die potgooi:

Boekbesonderhede


» read article

LAPA-skrywers by die US Woordfees 2015

Die jaarlikse US Woordfees is om die draai, met ’n opwindende program wat alles insluit van boekgesprekke tot kosdemonstrasies en aktiwiteite vir die jongspan. Vanjaar se tema is “Sestien Onse” en die fees vind plaas vanaf 6 tot 15 Maart 2015.

LAPA Uitgewers word weereens goed verteenwoordig deur onder meer Fanie Viljoen, Chanette Paul, Martin Steyn, Madelein Rust, Niël Stemmet, Gerrit Rautenbach en Riana Scheepers.

Jeugboekskrywers Christien Neser, Alet Steenkamp and Nerine Ahlers sal oor hul boeke vir jong volwassenes gesels. Vir ’n gesprek oor die liefde is daar niemand beter op die program as Kristel Loots, Bernette Bergentuin en Sophia Kapp nie.

Meer besonderhede oor LAPA se skrywers wat by die Woordfees gaan optree:

Slym en die towertapytPleisters vir die dooiesPlons101 KleinkoekiesDonker spoor
Die 13de kaartSout + peperSoene, sonroom en seestromeFranse vlegsel
Vallei van melk en heuningEwebeeldMooiloopDie ander vrouStiletto's van staalDriehoekToorwoorde roep my

 

Graad 3: Slym en die Towertapyt – Fanie Viljoen​
Datum: Maandag, 9 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
Fanie Viljoen stel die wêreld se eerste wurm wat in paddakonsert gesing het aan lesers voor. Hy vertel ook alles oor Slym se avonture met die gogga-sirkus, die beker van geluk en die towertapyt. Die WOW leerders word ook touwys gemaak oor hoe om Slym se storie te illustreer.

Nettie Cilliers: 101 Kleinkoekies (kosdemonstrasie)
Datum: Maandag, 9 Maart
Tyd: 10:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Moenie koekies koop nie! Laat Nettie Cilliers jou eerder wys hoe. Met haar humoristiese aanslag sal sy praktiese wenke met jou deel oor hoe om outydse gunstelinge én die nuutste happies te bak vir wanneer die kinders of kleinkinders kom kuier. Dit laat Ma en Ouma se huis spesiaal ruik, na botter en vanielje, wat kinders lewenslank sal onthou. Susanna Jooste gesels met Nettie terwyl sy bak.

Die sielkunde van die krimi, met Martin Steyn en Madelein Rust​
Datum: Maandag, 9 Maart
Tyd: 14:00
Plek: Erfurthuis
Koste: R40
Martin Steyn (Donker spoor) en Madelein Rust (Die 13de kaart), beide skrywers van krimiboeke, albei met ‘n sielkunde agtergrond, ontleed die genre saam met ‘n derde sielkundige, ST Potgieter, wat krimi’s lees. Martin en Madelein se boeke ondersoek die donker binneste van die psige. Hoe ervaar die skrywers dit en waarom fassineer dit hulle so?

Grade 4-5: Plons – Fanie Viljoen
Datum: Dinsdag, 10 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
In ‘n opwindende program vertel Fanie Viljoen WOW leerders hoe die lewe wat skrywers lei kan lyk. Hy deel ook sy skryfwenke en wys vir leerders die lokprent van sy nuutste boek: die heerlik humoristiese storie vir jong lesers, Plons.

Erfeniskos met Niël Stemmet: Sout + peper ​​(kosdemonstrasie)
Datum: Dinsdag, 10 Maart
Tyd: 10:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Renate Coetzee gesels met Niël Stemmet oor erfeniskos. Sy boek, Sout + peper, is gebaseer op sy nostalgiese kos- en reisblog. Daarin vertel hy stories en verwys na resepte wat in die volksmond oorvertel en aangegee is, van grootmoeder na moeder, van moeder na dogter (of seun). Kom luister, kyk af en proe saam.

Grade 6-7: Soene, sonroom en seestrome – Alet Steenkamp and Nerine Ahlers
Datum: Woensdag, 11 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
Soene, sonroom en seestrome is die sewende titel in Nerine Ahlers en Alet Steenkamp se gewilde SSS-reeks. Hulle vertel die WOW leerders hoe opwindend dit is om saam te skryf. Want dan druk mens mekaar verder as wat jy as individu sou dink of waag.

Fanie Viljoen: Pleisters vir die dooies
Datum: Woensdag, 11 Maart
Tyd: 14:00
Plek: Boektent
Koste: R50
Fanie Viljoen se jong volwasse roman, Pleisters vir die dooies, is skokkend – maar word deur ouers en leerkragte geloof vir die eerlike uitbeelding van die donker kant in jongmense. Toe volg sy boek Uit, oor homoseksualiteit. In hierdie multimedia-aanbieding gesels Fanie met Nanette van Rooyen oor tienerskryfwerk en dinge waaroor sommige ouers liefs nie wil praat nie. Nie vir kinders jonger as 12 jaar nie.

Grade 8 – 10: Franse vlegsel – Christien Neser
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
Die spraak- en leesterapeut Christien Neser kom demonstreer hoe die lekkerte van lees aan jou vingerpunte lê en bring ‘n handvol redes om te lees. Sy stel ook die nuutste boek in die Elle-reeks aan leerders voor.

Francois Ferreira: Koskaskos (kosdemonstrasie)
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 10:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Francois Ferreira het vir FW de Klerk én Nelson Mandela gekook. Tans besit hy ‘n kosskool en is hy gereeld ‘n gas op TV en radio. In ‘n lekker kosdemonstrasie met resepte uit Koskas-kos leer hy jou hoe om smake te kombineer sodat alledaagse, eenvoudige kos vorentoe smaak. Riana Scheepers lei die gesprek.

Chanette Paul: Ewebeeld
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 15:00
Plek: Erfurthuis
Koste: R40
Chanette Paul gesels met Izak de Vries oor die mitologie sowel as Freudiaanse en Jungiaanse aspekte in haar werk. Deur diep uit die mitiese argetipes te tap, kyk Ewebeeld hoe ‘n geweld-dadige samelewing vrouwees tot verskrikking kan verwring.

Mooiloop-kuier
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 17:30
Plek: De Vette Mossel
Koste: R220
Mooiloop: Mooiste reisstories is al beskryf as kortverhale in ‘n aandpak, met stapstewels. Gerrit Rautenbach, Nanette van Rooyen, Riana Scheepers en Naomi Bruwer gesels oor reis, lewenslesse en plekke van die hart. Dié drie is puik storievertellers en die liefde vir die plekke wat hulle ontdek, slaan deur.

Storievuur met Johan Bakkes, Marida Fitzpatrick, Chanette Paul, Kerneels Breytenbach en Valiant Swart
Datum: Vrydag, 13 Maart
Tyd: 17:30
Plek: De Vette Mossel
Koste: R220
Johan Bakkes se Storievuur-kuiers is elke keer baie gewild en stampvol. Kom kuier weer lekker saam met hom om die kospotte en kuiervure. Hy ruil stories uit met Marida Fitzpatrick, Chanette Paul en Kerneels Breytenbach.

Rondomskrik deur Rachelle Greef
Datum: Vrydag, 13 Maart, Saterdag, 14 Maart en Sondag, 15 Maart
Tyd: 20:30, 10:00, 11:00
Plek: KykNET Hoërskool Stellenbosch
Koste: R120
Die bekroonde storie van hoop, humor en tragiek is tegelykertyd ‘n liefdesbrief aan die onderwys, ‘n aanklag oor hoe ons ons kinders faal en ‘n soeke na hoop in ‘n oënskynlik hopelose situasie. Die droom-rolverdeling vertel die storie van Antjie Fortuin: 14 jaar oud, arm en desperaat, wat vir Jamien Jacobs ontmoet: daai onderwyseres wat ons almal onthou – wat skel, raas, dissiplineer, maar uiteindelik omgee. En net toe dit lyk asof Antjie se vlieg-tuig byna byna in die lug is, toe gebeur daardie Vrydagaand en ‘n kombinasie van wegkyk, verwaarlosing en onmenslikheid laat alles verander.

O, die liefde!
Datum: Saterdag, 14 Maart
Tyd: 11:00
Plek: Boektent
Koste: R50
Marida Fitzpatrick hoor by die skrywers Kristel Loots (Die ander vrou), Bernette Bergentuin (Stiletto’s van staal) en Sophia Kapp (Driehoek) hoekom dit so lekker én moeilik is om lesers gelukkig te hou. Hulle gesels ook oor sterk vroue, moeilike liefdesdriehoeke en die donker kant van ‘n liefdesverhaal – plus wenke oor hoe om die regte man te vang. Berei jou voor vir ‘n groot gelag (en dalk ‘n traantjie of twee).

Boekbesonderhede


» read article

Rene Bohnen vertaal Lawrence Ferlinghetti en Andrei Voznesensky se Goya-gedigte

In die niks al omIn die niks al om-skrywer Rene Bohnen het onlangs ‘n “vertalingsbevlieging” gekry na ‘n deeglike “Google sessie”. Sy skryf, “Google is ʼn bietjie soos boomklim. Voetjie op hierdie tak, voetjie op daardie tak. Effe regs, effe hoër, dan weer effe links. Binnekort sit jy op ‘n onbeplande plek met ʼn uitsig. Meestal weet jy nie mooi hoe jy daar gekom het nie.”

Bohnen deel twee vertalings wat sy na hierdie bevlieging gedoen het – die eerste van ‘In Goya’s greatest scenes we seem to see’ deur Lawrence Ferlinghetti, die tweede van Andrei Voznesensky se gedig ‘I am Goya’.

Lees haar Versindaba-artikel, waar sy wonder of sy dié digters se woorde in Afrikaans kon vasvang en ook haar weergawes van hul verse deel:

Google is ʼn bietjie soos boomklim. Voetjie op hierdie tak, voetjie op daardie tak. Effe regs, effe hoër, dan weer effe links. Binnekort sit jy op ‘n onbeplande plek met ʼn uitsig. Meestal weet jy nie mooi hoe jy daar gekom het nie. Of hoe om weer af te klim nie. Dan maar laat los en spring. Quit. Escape. Soiets.

Daar is ook maar verskillende maniere van laat los. Soms besef mens mos so vreeslik konkreet dat jy jou mees Suidelike gedigte skryf in ʼn moontlik sterwende taal. Partykeer dink ek so. Die bekende wete dat ek onbelangrik is en niks het om te verloor nie, I may as well lose face, laat my, vreemd aan my aard, iets impulsief doen. Soms.

So beland ek laasmaand by Lawrence Ferlinghetti. A Coney Island of the mind. Nie dat ek dit nog nooit gelees het nie, maar intussen het ek mos baie ouer geword. En Ferlinghetti is 95, daar in New York. Ek was nog nooit in New York nie. Die kanse lyk ook maar skraal tot zero. Nogtans, in April, resoneer woorde uit die ou gedigte hard en duidelik.

Boekbesonderhede


» read article

Nuwe versameling kleuterrympies deur Jaco Jacobs: Holderstebolder

HolderstebolderHolderstebolder: Rympies vir rakkers deur Jaco Jacobs verskyn vandeesmaand by LAPA-Uitgewers:

Hierdie bekoorlike rympiebundel is propvol lawwe, lawaaierige versies en avontuur-belaaide aksierympies; versies vir dagdroom en rympies vir slaaptyd. Perfek vir hardop voorlees en ure se rymende volkleurpret.

Oor die outeur

Jaco Jacobs het op Carnarvon grootgeword en woon deesdae in Bloemfontein. Daar het reeds talle kinder- en jeugboeke uit sy pen verskyn. Hy is reeds drie keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Sy boek, Suurlemoen, is ook deur die Suid-Afrikaanse been van IBBY (The International Board on Books for Young People) aangewys as ereboek in die kategorie Afrikaans. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous.

Boekbesonderhede


» read article

Jaco Jacobs deel vyf voorheen ongepubliseerde kinderrympies met lesers

Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaanteKinderboekskrywer Jaco Jacobs het onlangs vir vyf dae lank op sy blog elke dag een van sy voorheen ongepubliseerde kinderversies met sy lesers gedeel.

Dié versies het uitegeval met die saamstel van Jacobs se volgende twee bundels kinderversies wat volgende jaar verskyn. Sy vorige kinderrympiebundels, soos My boetie dink hy’s Batman en Wurms met tamatiesous, en sy bundel tienergedigte Toulopers, het groot aftrek gekry. Sy mees onlangse kinderboek is Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante.

Ek het onlangs die finale afrondingswerk gedoen aan twee nuwe bundels met kinderverse wat volgende jaar die lig sal sien. In die proses is daar altyd ’n paar versies wat nie die paal haal nie – soms omdat hulle nie goed genoeg is nie, en soms omdat hulle nie by die tema of raamwerk van die bundel inpas nie. Op my rekenaar is ’n hele dokument vol van hierdie rympies wat nog nooit hul staanplek iewers gekry het nie. Vir die volgende vyf dae gaan ek elke dag ’n voorheen ongepubliseerde rympie hier op my blog plaas. Lewer asseblief kommentaar en laat weet wat jy van elke rympie dink!

Hier is die eerste een …

Boekbesonderhede


» read article

Nuwe gedig deur René Bohnen: “Fraksioneel 9/11″

In die niks al om’n Nuwe gedig deur René Bohnen, getiteld “Fraksioneel 9/11″, het onlangs op Versindaba verskyn. Bohnen se jongste bundel, In die niks al om, is verlede jaar deur LAPA-uitgewers uitgegee. Lees hierdie nuwe gedig waarin Bohnen die tipografie kreatief aanwend:

kort voor lank is tien, elf

jaar

verby

na

[]

[] jy

[] daar

[] so

Boekbesonderhede


» read article

Anna Davel gesels oor haar en Jaco Jacobs se In die land van Kammalielie

In die land van KammalielieAnna Davel het dadelik gesien dat Jaco Jacobs se kindergedigte potensiaal het om ook gesing te word. Sy het in samewerking met LAPA-uitgewers en Jacobs van sy rympies getoonset om In die land van Kammalielie te skep. Naomi Meyer van LitNet het aan haar ’n paar vrae gevra:

Hallo Anna, dankie vir die geleentheid tot gesprek. Ek sien jy het kindergedigte en -rympies van Jaco Jacobs getoonset: In die land van kammalielie. Hoe het die projek oor jou pad gekom?

Lapa-uitgewers het my genader om die reeds bestaande en baie gewilde kinderverse van Jaco Jacobs deur te lees en te kyk watter tekste kan werk as toonsettings. Ek het sommer vinnig-vinnig gesien hoe lewendig sy gedigte is.

Besonderhede


» read article