Waarom haak mense se koppe uit? Sielsiek ondersoek vyf gevallestudies oor ware Suid-Afrikaanse geweldsmisdadigers
Waarom haak mense se koppe uit?
Chris Mahlangu, wat vir Eugene Terre’Blanche vermoor het, het hom nie net doodgeslaan nie, hy het hom letterlik aan stukke gekap met ’n staalpyp. Een jong man slaan ’n verpleegster met ’n stuk hout in die veld dood en haar kêrel tot in die hospitaal se waakeenheid. ’n Ander slaan beide sy aanneemouers bewusteloos met ’n krieketkolf en dan steek hy hulle meer as 20 keer elk in die bors met ’n mes, voor hy sy pa keelaf sny. ’n Manlike prostituut slaan sy vriend soveel keer met ’n knopkierie oor sy “onsedelike voorstelle” dat dié sterf aan ’n skedelbreuk. Waarom sal ’n heteroseksuele man wat by prostitute slaap ’n seun by winkelsentrum oplaai en met hom lol?
Vyf gevallestudies oor ware Suid-Afrikaanse geweldsmisdadigers, vertel deur ervare misdaadskrywer Carla van der Spuy en kliniese sielkundige Dr Henk Swanepoel.
Die boek bevat inligting oor persoonlikheidsversteurings, elke misdadiger se agtergrond, die dag van die misdaad, die hofsaak, Dr Swanepoel se onderhoude en bevindings tydens die verhoor, tot die opvolg tronkbesoek – van aangesig tot aangesig met die persoon.
Die boek is ook, oor ’n paar weke, in Engels beskikbaar as Disturbed.
Boekbesonderhede
- Sielsiek: Die psiges van SA se koelbloedigste kriminele deur Carla van der Spuy, Henk Swanepoel
EAN: 9780799382914
Find this book with BOOK Finder!
» read article