Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Nature’ Category

Spesiaal vir jong diereliefhebbers: Hoezit 1: Die wonderwêreld van soogdiere deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen

Hoezit 1: Die wonderwêreld van soogdiereHoezit 1: Die wonderwêreld van soogdiere deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen is nou op LAPA se rakke beskikbaar:

Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van soogdiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!
 
 
 
Oor die outeurs

Jaco Jacobs het op Carnarvon grootgeword en woon deesdae in Bloemfontein. Daar het reeds meer as 30 kinder- en jeugboeke uit sy pen verskyn. Hy is reeds drie keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Sy boek, Suurlemoen, is ook pas deur die Suid-Afrikaanse been van IBBY (The International Board on Books for Young People) aangewys as ereboek in die kategorie Afrikaans. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous.

Fanie Viljoen se eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Vandag is Fanie een van Suid-Afrika se gerekende kinderboekskrywers. Sy werk is bekroon met verskeie toekennings. Hy skryf veral kinder- en jeugboeke omdat daar nie grense is aan kinders se verbeelding nie. Fanie Viljoen woon die afgelope 9 jaar in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.

Boekbesonderhede


» read article

Phyllis Green gesels met Ansie Dippenaar-Schoeman oor haar Suid-Afrikaanse spinnekopgids

Field Guide to the Spiders of South AfricaAnsie Dippenaar-Schoeman se boek Field Guide to the Spiders of South Africa bied beskrywings en foto’s van Suid-Afrikaanse spinnekopfamilies en hul spesies.

Phyllis Green het met Dippenaar-Schoeman gesels oor haar belangstelling in spinnekoppe, die belang van hierdie gids en die teikenmark wat sy in gedagte gehad het toe sy die boek geskryf het. Dippenaar-Schoeman deel ook interessante brokkies oor hierdie agtpotige gediertes: “In al my jare van werk met spinnekoppe het ons geen bevestigde gevalle van sterftes weens spinnekopbyte gehad nie.”

Meeste mense is bang vir spinnekoppe. Waarom moet hulle ’n spinnekop nie summier doodmaak as hulle een sien nie?
Ons vind dat hoe meer mense weet van spinnekoppe en die baie belangrike rol wat hulle speel as natuurlike beheeragente, hoe minder is mense geneig om alles net dood te maak.

Ons is tans besig met die nasionale opname van Suid-Afrikaanse Arachnida (SANSA) en ons het ’n databasis waar ons foto’s oplaai op ons webwerf onder die fotograaf se naam. Vir hierdie virtuele museum het ons reeds meer as 4 000 foto’s ontvang van die publiek wat graag wil meedoen. In die proses gee ons vir hulle inligting oor die spinnekoppe wat hulle afgeneem het. Ons is verbaas hoe graag die mense wil deelneem aan so ’n projek. Al die pragtige foto’s in die boek is ook deur die publiek geneem.

Boekbesonderhede


» read article

Ansie Dippenaar-Schoeman: The Natural and Academic Importance of Spiders Cannot Be Overstated

Field Guide to the Spiders of South AfricaIn her book Field Guide to the Spiders of South Africa Ansie Dippenaar-Schoeman offers an extensive guide to identifying and understanding South African spiders.

Naomi Meyer caught up with Dippenaar-Schoeman to ask her about the book, the South African National Survey of Arachnida, and how we should react when we see a spider approaching.

“Unfortunately spiders are widely feared and much maligned, yet their natural and academic importance cannot be overstated. They compromise one of the largest groups of land animals,” says Dippenaar-Schoeman.

When I see a spider, I want to kill it. Without thinking. Should I?

No, most spiders are harmless and they do play a very important part in nature. We market spiders as the “Farmer’s and gardener’s best friend”. Spiders are very important predators in crops and they prey on a variety of pest species. Of the more than 2 000 known species of South Africa only a few come into contact with humans and when they bite the wound might need some treatment.

Which ones are really dangerous – and how do you know at first glance?

South Africa has a rich fauna of spiders, with about 2 000 known species. A variety of spiders occur in houses and outbuildings and it is inevitable that they will often come into close contact with humans. Most spiders will avoid physical contact, but when they are accidentally touched or squeezed, in self-defence they might deliver a bite. Very few spiders are potentially harmful to people. The spiders can be divided into the ones that produce neurotoxic or cytotoxic venom.

Book details


» read article

Ulrich Oberprieler bied eersdaags ’n swaeltjiekursus by Bergkwagga Nasionale Park aan

Die voëlgids van Suider-AfrikaWil jy graag verskillende swaeltjies kan uitken? Ulrich Oberprieler, outeur van Die voëlgids van Suider-Afrika, bied die naweek van 21 tot 23 Februarie ‘n kursus by die Bergkwagga Nasionale Park naby Cradock aan.

Die koste beloop R500 per persoon en sluit nie verblyf in die Sanpark in nie. Bespreek plek in die kampeerterrein, berghutte of kothuisies deur die park se webtuiste te besoek. Die koste sluit wel Vrydagaandete en Saterdagmiddagete in.

Moenie hierdie geleentheid om by een van Suid-Afrika se grootste voëlkenners te leer, misloop nie!

Besonderhede

  • Datum: Vrydag 21 Februarie tot Sondag 23 Februarie 2014
  • Tyd: 17:30 vir 18:00
  • Plek: Bergkwagga Nasionale Park,
    Cradock,
    Oos-Kaap
  • Verversings: Vrydagaandete, Saterdagmiddagete
  • Koste: R500
  • RSVP: Willem Olivier, 083 702 5218

Boekbesonderhede


» read article

New: Field Guide to the Spiders of South Africa by Ansie Dippenaar-Schoeman

Field Guide to the Spiders of South AfricaField Guide to the Spiders of South Africa by Professor Ansie Dippenaar-Schoeman will be published by Lapa this month:

This is the first-ever field guide to provide information on a vast spectrum of spider species based on their morphology, behaviour and distribution. It’s the first book to introduce all 70 South African spider families including 370 major genera and more than 860 of the more common species. It includes illustrations of all of the families, genera and species as well as more than 2 000 colour photographs and 843 maps.

About the author

Professor Ansie Dippenaar-Schoeman is a specialist scientist at the University of Pretoria‘s Department of Zoology and Entomology and the Agricultural Research Council. Dippenaar-Schoeman often contributes to radio and TV programmes and features as a regular panel member on RSG’s radio talk show, Hoe verklaar jy dit? (How do you explain that?). She is the author and co-author of over 200 articles and five books on the topic of spiders.

Book details


» read article

Ken jou geveerde vriende met Die voëlgids van Suider-Afrika deur Ulrich Oberprieler en Burger Cillié

Die voëlgids van Suider-AfrikaDie voëlgids van Suider-Afrika se unieke kenmerke is:

* ’n Gebruikersvriendelike stelsel met kleurkodes en kruisverwysings om vinnig by die regte voël in die boek uit te kom.

* Meer as 1 200 uitstekende volkleurfoto’s van 809 voëls wat die verskillende kleurvorms illustreer: mannetjie en wyfie, jonge, broeidrag en ander variasies.

* Simbole wat die voël se voorkeur habitat, kos, sosialiteit en nes-tipe uitbeeld.

* Verspreidingskaarte wat die voorkomsdigtheid en migrasiepatrone aandui.

* ’n Stelsel wat al die voëls op uiterlike kenmerke en gedrag in 12 logiese groepe met kleurkodes indeel.

* Volledige teks wat klem lê op identifikasie en gedrag, en ook bruikbare inligting verskaf oor voëlfamilies en kleiner groepe.

Boekbesonderhede


» read article

Ontmoet die natuur se karnivore met Roofdiere in 3D

Roofdiere in 3DMaak van aangesig tot aangesig kennis met die natuur se vreesaanjaendste roofdiere in ongelooflike 3D!

Loer in die skrikwekkende kake van ’n mensvreterhaai. Kyk hoe ’n skerpioen sy prooi met dodelik gif takel en swem saam met ’n skool bloeddorstige piranhas.

’n 3D-bril is ingesluit.
 
Boekbesonderhede


» read article

Met Sterrekunde binne bereik deur Neville Young kan elkeen aan sterrekunde deelneem

Sterrekunde binne bereikAstronomy Within ReachSterrekunde binne bereik (ook beskikbaar in Engels as Astronomy Within Reach) is geskryf vir die leek in n gebruikersvriendelike styl en wys hoe jy met jou eie oë of met n verkyker aktief aan sterrekunde kan deelneem. Die boek verduidelik hoe jy byvoorbeeld Venus in die daglig kan sien en hoe ‘n mens die mane van Jupiter, wat voordurend in die aand van posisie verander, kan dophou.

Sterrekunde binne bereik is ook ideaal om skoliere sowel as onderwysers by te staan as ‘n sterrekunde-hulpbron, en om ‘n belangstelling in algemene wetenskaplike beginsels, soos ellipse, te prikkel. Vrae soos waarom die somer in die suidelike halfrond sewe dae korter is as dié in die noordelike halfrond, en vele meer, word op ’n toeganklike manier en in alledaagse taal verduidelik. Vind ook uit waarom die dae van die week van sterrekunde afgelei is.

Boekbesonderhede


» read article

Nuut: Die Suid-Afrikaanse duikgids deur Al J Venter en John H Visser

Die Suid-Afrikaanse duikgidsDive South AfricaDie Suid-Afrikaanse duikgids (ook beskikbaar in Engels as Dive South Africa) dek die spektrum van duikbesienswaardighede vanaf Hermanus tot by die Wilde kus – selfs Mosambiek.

Hierdie boek is vir enigeen wat die see liefhet, veral diegene wat gefassineer is deur die wêreld onder die water.

Die boek sluit ook in, onder andere:

Interessanthede oor visse, walvisse, haaie en alle eienaardige seediere
Duikers en hulle ervarings
Duikbesienswaardighede sover as Mosambiek
Verskeidenheid volkleurfoto’s

Oor die outeur

Al J Venter is al vir ongeveer 40 jaar ’n oorlogskorrespondent hoofsaaklik vir Jane’s Information Group. Hy is gebore in Suid-Afrika en bevind homself nou in Londen. Hy het al verskeie boeke gepubliseer en dokumentêre films gemaak oor ’n wye veld van onderwerpe. Van sy vorige werke sluit in The Iraqi War Debrief: Why Saddam Hussein Was Toppled, War Dog: Fighting Other People’s Wars en Iran’s Nuclear Option: Tehran’s Quest for the Atom Bomb.

John Visser is werksaam as ‘n besigheidsintelligensiekonsultant in the IT industrie. Hy het ‘n Honneursgraad in Argeologie met spesialisering in Maritiem Argeologie. Hy was werksaam as argeologiese duiker vir Iziko Museums of Cape Town’s Maritime Archaeology Unit asook vir die SA Lotto geborgde Meermin Projek se soeke na die Nederlandse slaweskip, Meermin, in Struisbaai. Hy is ‘n entoesiastiese reisiger en wenner van die 2010 British Airways Horizons Tydskrif se reisigers skryfkompetisie wat gefokus het op sy reise deur Suid-Amerika.

Boekbesonderhede


» read article

Prof Erik Holm, skrywer van Goggagids, bied bosskool-naweek aan

GoggagidsDie bekende entomoloog, en Projek Aardwolf-aanbieder, Prof Erik Holm, is die leermeester by die eerste Rooitrok Bosskool-naweek wat van 9 tot 11 Desember 2011 plaasvind.

Kom kamp saam anderkant Brits, en kry die unieke kans om die veld deur die Prof se oë te leer ken.

Kuier saam met die Projek Aardwolf-span vir ‘n wonderlike interessante naweek!

Program

Vrydagaand, 9 Desember – Braai & kuier
Saterdagoggend, 10 Desember – Lapa-lesing oor insekte van die veld
Saterdagmiddag, 10 Desember – Velduitstappie saam met die Prof
Saterdagaand, 10 Desember – Braai & kuier
Sondagoggend, 11 Desember – Tweede velduitstappie met die Prof

Besonderhede van die bosskool-naweek:

  • Datum: Vrydag, 9 Desember tot Saterdag, 10 Desember 2011
  • Plek: Wildsplaas buite Brits
  • Koste: R1500 per persoon
    (Bring jou eie tent, kos en drinkgoed. En as jy nie lus het vir kamp nie, is daar basiese chalets te huur.)

  • RSVP: info@rooitrok.com

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Rooitrok.com


» read article