Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Misc’ Category

Riana Scheepers en Hannetjie de Clercq span weer saam om Die stilte in myself te skep

Die Stilte in MyselfNa aanleiding van die groot belangstelling in Riana Scheepers se kunsboek oor die lewe en werk van die kunstenaar Hannetjie de Clercq, Purper en kaneel, komyn en smarag, kom ’n tweede kunsboek met nog werke deur dié gewilde kunstenaar en teks deur Scheepers, Die stilte in myself:

Dit is ’n boek wat op treffende wyse die intimiteit, wysheid en die enigmatiese spektrum van emosies van vroue uitbeeld; van die jong meisie wat met ’n rooi mond die wêreld uitdaag, tot die misterie van ’n vrou wat agter ’n masker skuil; van die vrou wat vir die voetstap van haar minnaar wag, tot die aartsmoeder wat haar verbonde voel aan die aarde, en die hemel.

Die stilte in myself is ’n boek wat die leser deurgaans laat wonder of ’n vrou werklik ’n vrou is, of dalk ’n engel?

Oor die outeur

Riana Scheepers is op 9 Desember 1957 op Vryheid in KwaZulu-Natal gebore. Sy matrikuleer in 1975 aan die Hoërskool Vryheid. Sy behaal die grade B.A. Kommunikasiekunde, B.A. Hons en M.A. (Afrikaans) – almal cum laude aan die Universiteit van die Vrystaat. Sedertdien was Riana dosent by die Universiteit van Zoeloeland en Kaapstad, skakelredakteur by Tafelberg Uitgewers en onderwyser by Paul Roos Gimnasium.

In 1997 behaal sy ’n doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad.

Riana debuteer in 1990 met die kortverhaalbundel, Die ding in die vuur, wat met die ATKV- en FAK-prys bekroon word. In 1992 ontvang sy die Eugène Marais-prys vir haar tweede bundel, Dulle Griet. Sedertdien is haar boeke topverkopers, in Suid-Afrika en in die buiteland.

Book details


» read article

Potgooi: Belinda Bras-Nel gesels oor My pad met engele by Woordfees 2013

My pad met engeleBelinda Bras-Nel het by vanjaar se US Woordfees met Izak de Vries oor haar boek My pad met engele gesels. My pad met engele gaan oor Bras-Nel se reis tot bemagtiging met engele wat haar gelei het.

Luister na ‘n potgooi van hul gesprek:

Boekbesonderhede


» read article

Rilette Meyer ondersoek die menslike toestand in Oor mense en hoop

Oor mense en hoopNuut van Lapa is Rilette Meyer se Oor mense en hoop:

Rilette Meyer het onderhoude gevoer met mense wat baie ernstig gestruikel het, hetsy deur eie toedoen, die noodlot of die gemeenskap se blinde vooroordele.

In die meeste van hierdie gevalle is daar hoop, of ten minste begrip. In enkele gevalle helaas nie. Maar hoop is ’n realistiese ding, want uitkoms begin by die mens wat kop aan kop met die noodlot gebots het.

Oor die outeur

Rilette Meyer het aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar gematrikuleer, waarna sy drama aan die Universiteit van Pretoria studeer het. Sy het haar studies later aangevul met sielkunde, antropologie en kommunikasiekunde.

Sowat 17 jaar gelede het sy ’n skryfkursus gedoen, waarna sy aktief betrokke geraak het by die skryf van tydskrifartikels. Haar portefeulje sluit talle voorblaaie en onderhoude met bekende persoonlikhede, beide plaaslik en oorsee, asook mediavrystellings vir die musiekbedryf en artikels oor elke denkbare onderwerp – van aktueel, humor, dekor en sielkundig tot reis, esoteries en geestelik – in.

Meyer was in 2010 redakteur van sewe tydskrifte, maar is deesdae weer voltyds besig as vryskutskrywer.

Boekbesonderhede


» read article

Uittreksel: Lees ’n lekker skinderstorie uit Proe Pretville

Proe PretvilleAs jy dink al die sappige Pretville-skinderstories het in die film uitgekom, moet jy blitsvinnig ’n kopie van Proe Pretville in die hande kry. Nie net is die kookboek vol heerlike resepte uit die vyftigerjare nie, maar is daar ook skinderstories wat jou behoorlik in jou mou sal laat lag. Só kan jy byvoorbeeld meer leer oor die arme Hennie:

Die arme Hennie H..h..hakkel sukkel..
Die storie loop dat hy kleintyd op sy kop geval het, want maak nou nie saak hoe hy probeer nie, die arme mens hakkel tog te verskriklik.

Boekbesonderhede


» read article

Skep ’n feesmaal uit die vyftigerjare met twee heerlike resepte uit Proe Pretville

Proe PretvilleDie musiekfliek Pretville het Afrikaanse gehore einde 2012 aan die gons gehad en die gelyknamige kookboek, Proe Pretville, met heerlik resepte uit die vyftigerjare, hoort op elke Pretville-aanhangers se rak. Maroela Media het onlangs twee resepte uit die boek, vir balsamiese hoender en suurlemoenroomys-sondekoek, met lesers gedeel:

Balsamiese hoender

1 e vars roosmaryn, fyngekap of 1 t gedroogde roosmaryn
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 e olyfolie
6 hoenderborsies of 1 heel hoender

Suurlemoenroomys-sondekoek

1 200g-pak Tennisbeskuitjies, fyngemaak
½ k botter, gesmelt
¾ k kookwater
1 e mielieblom, met ’n bietjie koue water tot ‘n pasta gemeng
1 k suiker

Boekbesonderhede


» read article

Trek jou skoffelskoene aan en leer meer oor dans met My groot boek oor dans

My groot boek oor dansMy groot boek oor dans verskyn vandeesmaand by LAPA Uitgewers:

Maak jou litte los en ontdek die opwinding van dans – betowerende ritmes, passies, musiek, kostuums en dansers!

Maak kennis met wêreldbekende choreograwe, regisseurs, en dansers soos Rudolf Nureyev en Michael Jackson. Vind meer uit oor gewilde dansproduksies – van die klassieke Die Neutkraker tot Broadway- en Bollywood-musiekblyspele.

Verken die wonderwêreld van dans!

Boekbesonderhede


» read article

Kikker jou scrapboekjoernaal op met woorde uit 130 Afrikaanse woordplakkers

130 Afrikaanse woordplakkersMoeg gesoek na eg Afrikaanse woorde vir jou scrapboekjoernale en kaartjies?

Hierdie boekie bied jou 130 deursigtige Afrikaanse plakkers met verskillende temas wat in enige projek handig sal wees!

 

Boekbesonderhede


» read article

Heerlike groenteskottelresep uit Proe Pretville

Proe PretvilleDie Afrikaanse musiekfliek Pretville het Afrikaanse gehore aan die gons. Heerlike melkskommels, skyfies en asbrood is maar net ‘n paar van die resepte uit die vyftigerjare in Proe Pretville, die fliek se eie kookboek.

Maroela Media het ’n resep vir die Pretville-groenteskottel met hul lesers gedeel:

Pretville-groenteskottel

3 k gerasperde murgpampoentjies
1 ui, gekap
4 repe spek, in stukkies gesny
1 k cheddarkaas, gerasper
3 e olie

Boekbesonderhede


» read article

Nuut: Sofia Smit se rubriek nou in boekvorm beskikbaar as Sê amen

Sê amenSofia Smit se gewilde rubriek in Vrouekeur verskyn op lesers se aandrang vir die eerste keer in boekvorm as Sê amen. Die rubriek het al legendariese status bereik, want dis alombekend dat die meeste lesers Sofia Smit se rubriek heel eerste lees voordat hulle na die res van die tydskrif kyk. Die rubriek het aanvanklik “Daarop kan ek amen sê” geheet, maar het verander na “Sê amen” omdat Sofia elke week die laaste woord inkry.

In haar sewe en veertigste lydingsjaar beleef Sofia Smit ’n annus horribilis wat die Britse koningsgesin se veelbewoë jaar na ’n Sondagmiddagpiekniek laat lyk. Sofia se man, Basjan, is ’n slagoffer van regstellende aksie, ’n sepieslaaf en ’n kampioensnorker, haar seun dra lyfjuwele en wil sy naam verander, en haar beste vriendin se sangtalent dreig om die plaaslike polisiediens te mobiliseer. Sofia en Basjan open ’n gastehuis, Blikkantien, op ’n beeldskone Karoodorpie en word weldra opgeneem in die wel en wee van die kleindorpse bestaan.

Deur haar “Sê Amen”-rubriek in die Vrouekeur gee Sofia ’n kostelike blik op die mense wat hul lewe kruis: ’n beroemde “aktrize”, ’n neusoptrekkerige sjef, ’n vreesaanjaende filmresensent, ’n magnaat wat Sofia in ’n vliegrit oor die Karoo neem, en ’n alien wat in ’n gas se kameralens vasgevang word.

In Sofia se ryk herinneringslewe is daar ’n ouwêreldse bioskoopvertoning waartydens ’n meisie met ’n opwiphoedjie en ’n flitslig jou sitplek afslaan en namens jou “Excuse the patrons, ekskuus die patrone” vra. Sofia neem jou op ’n genotvolle en gebeurtenisryke tog deur die “sielsverrykende uitgestrektheid” van die sterreryke Karoo, totdat jy besef haar onrusjaar was bloot ’n wankelende aanloop tot die ondervinding van ’n leeftyd.

Oor die outeur

Sofia Smit skryf reeds jare haar rubriek “Sê amen” vir die gewilde vrouetydskrif Vrouekeur. Sy het reeds twee Caxton-pryse vir haar skryfwerk ingepalm.

Boekbesonderhede


» read article

Schalk Schoombie vra Ilse Salzwedel uit oor Onvertelde stories van Afrikaans

Onvertelde stories van AfrikaansIn ‘n onderhoud met Die Burger se Schalk Schoombie vertel skrywer en joernalis Ilse Salzwedel waarom sy besluit het om Onvertelde stories van Afrikaans te skryf. Schoombie het haar tuis in Alberton besoek en meer geleer oor dié rooikop se loopbaan en hoe sy ná universiteit selfs kok en kelnerin gespeel het om te oorleef:

“Hier kom die Filistyne,” waarsku Ilse Salzwedel (43) oor die viervoetiges wat my stertswaaiend verwelkom. “Ek kleur my hare om te pas by my honde, bont soos ’n Yorkshire-terriër,” skerts sy.

Dié geesdriftige rooikop woon in Alberton saam met drie katte, ses honde, “ papegaai en “ kaketoe. Haar twee spruite, Zoë (13) en Luc (10), is ook groot diereliefhebbers.

Boekbesonderhede


» read article