Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Misc’ Category

“Daar is geen kos nie, ook nie verder wes nie” – Lees ’n uittreksel uit Immer wes deur Irma Joubert

Irma Joubert

 
Immer wesIrma Joubert se jongste historiese roman Immer wes, die eerste in ‘n beplande trilogie, was een van die gewildste boeke van 2015, al is dit eers laat in die jaar gepubliseer.

Hierdie aangrypende verhaal strek oor die twee Wêreldoorloë en eindig uiteindelik, via Suid-Afrika, in Namibië. Dit fokus, nes die volgende twee romans, op die lyding van vroue en kinders en vertel van Hildegard, ‘n Oos-Pruisiese adellike dogtertjie wat die verskrikking van oorloë twee maal oorleef – om nie eers te praat van die een wat in haar hart woed nie.

Vir ‘n proestukkie van Joubert se jongste werk, lees ‘n uittreksel uit Immer wes:
 

* * * * * * *

 

Op Woensdag 16 Mei begin die eerste krane weer drup.
  Esther dans in die rondte van vreugde. “Die water kom, die water kom,” sing sy.
  Hulle vang die water drupsgewys op en bêre dit in potte en emmers.
  “Ek wil vandag saamgaan as jy voorrade gaan koop, Andreas,” sê Hildegard die volgende dag. “Jy het gesê dis nou ordeliker. Die weer is goed en ons kan nie vir Esther langer binne hou nie.”
  Hulle stap rustig deur die strate, verby die puin van eens deftige huise, verby die wrakstukke van uitgebrande tenks, gestroopte karre, weermagjeeps vol koeëlgate. “Die bomme het die karre flenters geskiet,” sê Esther.
  Nader aan die stad is die geboue swart gebrand, die vensters aan skerwe. Ou rommel lê in hope, gewone huisafval, stukke beton, verwronge ysterstawe. Oral skarrel rotte.
  Die bome is vol koeëlgate, stukke takke lê afgeskeur.
  “Hoekom wil die bomme die bome doodskiet?” vra Esther.
  Sy en Esther wag in die lang ry voor die bakkery, die geur sê dat daar tog wel weer brood gebak word.
  “Wat weet julle van ons mense wat in Noord-Nederland was?” vra Hildegard.
  Niemand weet iets nie. Behalwe dat Duitsland amptelik oorgegee het en dat Hitler dood is – of so dink hulle.
  Die hele Oos-Pruise, ook Königsberg, val nou onder die Sowjetunie, vertel die mense. Vlugtelinge stroom steeds in, honderde duisende mense.
  “Waar gaan julle heen?” vra die mense.
  “Verder wes, êrens.”
  “Daar is geen kos nie, ook nie verder wes nie.”
  “’n Hongerdood op pad is beter as waar ons vandaan kom,” antwoord die vroue met die doeke om hulle koppe. Hulle stoot hulle waentjies en slof moeisaam voort.
  “Ek weet nie hoe hulle oor die Elberivier gaan kom nie,” skud ’n ou man in die ry kop.
  Andreas het ’n bietjie sout en olie gekry, twee sakke meel en vier blikkies groente. Ook ’n stuk vleis. “Dit kan miskien perdevleis wees, Hildegard,” maak hy verskoning, “maar dis darem skoon en vars.”
  “Ek sal maklik ’n hele perd kan opeet,” sê Esther beslis. Andreas het nog iets uitgevind. “Blykbaar het Noord-Nederland, ook Arnhem, in die hande van die Duitsers gebly tot ’n week of twee gelede. Toe eers het die Geallieerdes daar ingetrek.”
  “En ons magte wat daar was?” vra Hildegard angstig.
  “Niemand weet nie. Dit klink asof hulle ordelik onttrek het, maar niemand weet regtig nie.”
  Sy is oorhaastig om by die huis te kom. ’n Week of twee gelede? Beteken dit dat haar Karl-kind enige tyd by die huis kan aankom?
  Sy is bang dat dit te goed is om waar te wees.
  Hulle wag vir meer as ’n week. Karl daag nie op nie.
  
Sy staan in die broodry toe sy dit hoor. Iemand, soos die stadsroeper met sy klok vanuit die Donker Middeleeue, loop deur die strate.
  Hy gaan staan op elke straathoek en lees dit uit: “Almal tussen vyftien en sestig moet by die Rathaus vergader vir werk.”
  Sy loop met die kos in haar stootwaentjie en die nuwe gedagte in haar kop huis toe. “Ek moet dit probeer, Andreas. Ek het ’n kind om te versorg.”
  “Ek het al gesê ek sal sorg.”
  Sy kan dit nie sê nie, maar hy is oud, die oorlog het hom nog ouer gemaak. En haar kind is nog nie eens ses nie. “Dankie, Andreas, ek waardeer dit opreg. Maar ek moet ook probeer.”
  Hulle val die volgende dag saam in die ry. “Ouderdom?” vra die beampte.
  “Vyf en veertig.”
  Hy trek sy mond skeef. “Kwalifikasies?”
  “Ek praat Russies.”
  “Formele kwalifikasies?” Meester Rosenberg wat in die bedompige skoolkamer vir hulle geskiedenis probeer leer het? Dreikaisersbund, Zweikaisersbund, Dreibund, Berliner Kongress, Entente Cordiale, Triple Entente . . .
  “Geen,” antwoord sy.
  Die amptenaar gooi haar vorm op die groot hoop langs hom neer. Hy bekyk Andreas skepties. “Onder sestig?” vra hy smalend.
  “Ek is ’n mediese dokter, ek het my kwalifikasies hier,” sê Andreas. Sy hand bewe effens toe hy sy papiere uithou.
  Die amptenaar neem nie die papiere nie. “Ouderdom?”
  “Drie en sewentig.”
  Hy kyk nie verder na Andreas nie. “Volgende!”
  Hulle stap stil na die kantore vir oorlogsinligting.
  “Miskien is ons hier gelukkiger,” praat Andreas haar moed in.
  “Ek is vreeslik honger,” sê Esther.
  Hulle vul weer vorms in. Die vrou gee vir hulle papiere met lyste en lyste name. Hulle soek die ganse middag lank, en vind wel die naam Oswald von Stein, Russiese krygsgevangene. Maar die inligting dateer nog uit 1943. Niks daarna nie.
  Nêrens is enige teken van Karl von Stein nie.
  “Hy kon tog nie van die aarde af verdwyn het nie?” pleit Hildegard toe hulle skemeraand terugstap huis toe.
  
  Die elektrisiteit is skielik terug. Nie drupsgewys soos die krane nie. Volsterkte. Dit verdwyn wel met tye weer, maar kom elke keer weer terug.
  Die radio kry ook weer stem. “Dis Maandag 28 Mei en hier volg die nuus . . .”
  Dit is hoofsaaklik plaaslike brokkies. Nuwe rantsoenkaarte is beskikbaar. Benewens kosvoorrade sal sekere rantsoenkaarte ook sakkies sement beskikbaar maak.
  Almal tussen vyftien en sestig kan by die Rathaus aansoek doen vir werk.
  Die elektrisiteit sal op Woensdag 30 Mei onderbreek word vir instandhoudingswerk.
  En tussendeur, asof terloops: Die as van miljoene Jode wat in konsentrasiekampe in die ooste verbrand is, is gebruik vir bemesting.
  Hulle eet brood en geblikte vleis.
  Laat in die nag luister sy en Andreas na die strelende klanke van Beethoven se Klavierkonsert Nommer 5 in E-mol-majeur.
  Hulle gaan byna daagliks na die Rathaus om te hoor van werk: niks.
  Hulle soek deur die nuutste lyste by die inligtingskantoor: niks.
  Hulle weier om moed te verloor.
  Buite in die strate bars die bome oop in nuwe groen blare.
  Die vroue van Berlyn begin die rommel met grafies opruim, sommige werk met die kaal hande. Hulle ry die rommel op stoot- of trekkarretjies weg na die ashope.
  Die vroue kap die murasiestene skoon, stapel dit weer opmekaar. Hulle gee emmers vol nat sement van hand tot hand na mekaar toe aan. Hulle bou skuilings teen die wind en reën.
  Die vroue skoffel die voortuine skoon. Hulle buk en plant groentesaad in die goeie grond.
  Die vroue van Berlyn het uit die gate onder die aarde gekruip. Hulle sing terwyl hulle werk: “Heilig, heilig, heilig, Herr, allmächtiger Gott . . .”

 

* * * * * * *

 

Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Alta Cloete is terug met ’n roman wat nie skroom om moeilike vrae te vra nie – Opdrag van oorkant

Opdrag van oorkantOpdrag van oorkant deur Alta Cloete verskyn hierdie maand op LAPA se rakke:

Wanneer die bejaarde boer, Theresa Beyers se eksman, die geliefde Afrikaanse skrywer Coenraad Beyers sterf, bring die ongewone versoeke in sy testament haar te staan voor die vrou vir wie hy haar verruil het. Vir albei wag daar egter ’n verrassing in die vorm van die jong en swanger Cheryl-Anne Fortuin, wat toe veel meer as Coenraad se persoonlike assistent was. Ook Anna Philander, wat oënskynlik bloot die Beyers-gesin se huishulp was, kom prominent na vore.

Met die strooi van sy as op sy geboorteplaas en die boektoer om sy outobiografie bekend te stel, word die vroue gedwing om hulle verhouding met Coenraad, hulle foute van die verlede en hulle drome vir die toekoms te konfronteer.

Die boekgesprekke word gelei deur Coenraad se uitgewer Anthonie Binedell, self bejaard en klaarblyklik ernstig siek. Aanvanklik dien hy bloot as katalisator, maar hy word spoedig dieper betrek by die vroue se komplekse verhoudings.

Ten spyte van hulle diepgaande verskille word Theresa, Anna, Lisa en Cheryl-Anne in ’n ongemaklike eenheid saamgesnoer deur die wete dat hulle deelname aan die boektoer vir Cheryl-Anne in staat stel om ’n finansiële toekoms vir haar kind te verseker. Beide Theresa en Lisa word opnuut gedwing om hulle kinderloosheid in die gesig te staar en vind ook die rede daarvoor uit.

Die skrywer ondersoek die onregverdige mag wat ’n geliefde uit die dood oor die agtergeblewenes kan hê en stel ook die vraag of almal in die Nuwe Suid-Afrika werklik al so gelyk is soos ons graag wil glo. Die tema van verganklikheid staan ook sentraal in die verhaal.

Jeanette Ferreira skryf oor Opdrag van oorkant: “Cloete se outentieke dialoog en milieuskildering blink hierin uit, so ook haar kundige fokus op die fokaliserende karakter wat tot gevolg het dat die leser uitsluitlik met Theresa identifiseer.”

Enigeen wat Alta se romans al gelees het, sal weet sy slaan kaalvuis, maar dan salf sy ook mildelik.

Daar is bitter min skrywers wat die moed het om die soort goed aan te spreek wat Alta aanspreek. Sy is ’n gloeiende voorbeeld dat lekkerlees en betrokkenheid nie van mekaar verwyderd hoef te wees nie. Die wenteling in hierdie boek kom só onverwags dat ’n mens dit nie hier wil weggee nie: Die leser moet self die openbarings beleef.

Oor die outeur

Alta Cloete is ’n Sutherlander wat al meer as dertig jaar aan die hitte van die Paarl probeer gewoond raak. Sy kon nog nie daarin slaag nie, maar het wel so vasgegroei in die Boland dat loskom amper onmoontlik sal wees. Na jare van voltyds ma-wees en werk as bibliotekaresse en voorskoolse juffrou, is haar nes nou leeg en die tyd eindelik daar om haar skryfdroom voltyds na te jaag. Haar pad het deur tydskrifverhale en romanses geloop tot by die liefdesroman. Die titel inspirerende skrywer het langs die pad ontstaan sonder dat dit haar bedoeling was om enigiemand te inspireer. Maar as dit wel gebeur, is dit natuurlik wonderlik.

Boekbesonderhede


» read article

Karen Adendorff: “Die lekker van hekel is dat dit goedkoop en maklik is om te begin”

Alles oor hekelHekel vir die lekker35 KruisiesteekpatroneHekel nog lekkerder

 
Get It Hartbeespoort het by skrywer Karen Adendorff gaan kuier om meer uit te vind oor wat haar kreatiwiteit krag gee.

Adendorff het al agt boeke geskryf oor hekel en brei, onder andere Alles oor hekel, Hekel vir die lekker, 35 Kruisiesteekpatrone en Hekel nog lekkerder.

Die skrywer het gesê naaldwerk is beslis weer deesdae in die mode: “Daar was ’n tyd toe handwerk uit die mode was en daar half neergesien is op tuisgemaakte produkte, maar soos die tendens wêreldwyd, is daar beslis oor die afgelope paar jaar in Suid-Afrika ook ’n oplewing in die gewildheid van handwerk soos hekel, brei en borduur.”

Adendorff het gesels oor haar skooljare en hoe sy haar huidige loopbaan gevind het:

Karen het haarself as linkshandige van YouTube-videos af leer hekel en reken enigiemand kan leer as hulle wil. “Die lekker van hekel is dat dit goedkoop en maklik is om te begin. Jy het nie duur masjinerie of toerusting nodig nie. Dit is boonop verslawend!,” lag sy.

Sy beveel nuwelinge aan om met ’n dik hekelnaald en dik hekeldraad af te skop. “Al wat jy dan nog nodig het, is ’n goeie gids om die basiese hekeltegnieke en –steke te leer. Daar is vandag wonderlike plaaslike hekeldraad van natuurlike vesels beskikbaar, wat vroeër jare ook nie so geredelik bekombaar was nie.”

Boekbesonderhede


» read article

Karen Adendorff gesels oor die groeiende gewildheid en terapie van hekel

Alles oor hekelKaren Adendorff het besef dat hekel lankal nie meer net ‘n ou-tannie-aktiwiteit is nie en daarom besluit om Alles oor hekel te skryf, ‘n omvattende tegniek- en patroonboek oor hierdie besonderse vorm van handewerk. “Hekel is so gewild en baie mense vra waar hulle kan leer,” sê die outeur.

Karla Janse van Vuuren het met Adendorff gesels oor haar boek, die kuns van hekel en hoe sy self begin haak-en-steek het. “Dit is terapeuties en vir my ’n tyd om my kop skoon te kry. Die lekker ding is ook dat jy dit kan doen terwyl jy met iets anders besig is, soos televisie kyk. Dit is heerlik ontspannend,” sê Adendorff.

Deesdae is handwerk soos brei en hekel “in” en selfs jong mense raak besig met naalde en wol.

“Dit is juis hoekom ek besluit het om die boek te skryf. Hekel is so gewild en baie mense vra waar hulle kan leer. Die boek bevat al die inligting oor basiese tegnieke en steke wat ’n beginner nodig het om aan die hekel te kom,” sê Adendorff.

Boekbesonderhede


» read article

’n Wêreld van ontdekking met nuwe feiteboeke: Motors, Perde en ponies en Dinosourusse

Motors

 
MotorsHoe vinnig ry die blitsigste motor ter wêreld? Hoe groot is ’n monsterbakkie se bande? Perfek vir jong lesers wat mal is oor motors en enige iets met wiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.
 
 
 
 

* * * * * * * *

 

Perde en ponies

 
Perde en ponies’n Wenkombinasie van inligting oor perdry en die versorging van perde, tesame met fassinerende feite oor anatomie, gedrag en die geskiedenis van hierdie pragtige diere. Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.
 
 
 
 

* * * * * * * *

 

Dinosourusse

 
DinosourusseReis terug na ’n tyd toe fantastiese prehistoriese diere die aarde bewandel het. Ontmoet sagmoedige reuse, vreesaanjaende roofdiere en vlieënde reptiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.
 
 
 
 
 

Boekbesonderhede


» read article

Video: Marthie Maré gesels oor Legkaart van jou gesig: Fisionomie in ’n neutedop

Legkaart van jou gesig: Fisionomie in 'n neutedopYour Face Puzzle“Ek het nog nie een persoon gehad, in die agt jaar wat ek al praktiseer, wat terugkom na my toe en sê, ‘Dit is glad nie hoe ek is nie’.” Só het Marthie Maré, fisionoom en skrywer van Legkaart van jou gesig: Fisionomie in ‘n neutedop, vroeër die week aan Bettie Kemp gesê in ‘n onderhoud op kykNET se Dagbreek-ontbytprogram.

Fisionomie, in kort, is die studie van gesigsuitdrukkings en -kenmerke. Deur hierdie wetenskap, wat al meer as vyfduisend jaar toegepas word, kan jy byvoorbeeld meer te wete kom oor die mate waartoe jy iemand kan vertrou, hoe hulle sal reageer op verrassings en hoe hulle konflik hanteer. Kyk na die video om meer uit te vind oor Maré se boek en die wetenskap van gesigsontleding:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Verhale oor vervloë tye in Liefde in die Ou Kaap Omnibus deur Sarah du Pisanie

Liefde in die Ou Kaap Omnibus deur Sarah du Pisanie verskyn eersdaags by LAPA:

Liefde in die Ou Kaap Omnibus Don Poseidon: Dit is die jaar 1790 en die Franse adel moet vlug om die guillotine te ontkom. Vermom as ’n kajuitjonge gaan ’n beeldskone jong edelvrou aan boord van ’n skip wat haar veilig aan die Kaap de Goede Hoop moet besorg. Daar wag die markies Giliomee wat sy nog nooit ontmoet het nie op haar om haar sy vrou te maak. Maar op hierdie reis vol gevare groei sy al hoe nader aan die forse skeepskaptein met sy donker hare en helderblou oë, sy liggaam soepel soos dié van ’n tier.

Lilie: In die Ou Kaap van die vroeë agtienhonderds veg ’n meisie teen haar liefde vir ’n man wat aanvanklik nie van haar as vrou bewus is nie. Dit word ’n liefde wat haar elke uur van die dag pynig want sy is daagliks in sy teenwoordigheid terwyl sy hom sy huis en tuin help regkry vir sy bruid. En in die diep stilte van die sneeu wat hulle oorval, weet sy daar sal nooit weer ’n ander man vir haar wees nie.

Sarah du Pisanie is ’n bekende en geliefde skrywer van verhale oor tye wat verby gegaan het en liefde wat stormenderhand verower.

Oor die skrywer

Sarah du Pisanie het die grootste deel van haar lewe in die ou Suidwes, nou Namibië, gewoon. In 1997 het sy daar afgetree. Dié land is in haar bloed, en sy skryf graag liefdesverhale met die ou Suidwes as agtergrond. Haar eerste romanse, Jakkalswater, het in 1981 verskyn. Sy en haar man, Johan, het hulle vyftigste troudagherdenking in Desember 2008 gevier. Die liefde, glo sy, oorwin inderdaad alles en is die mens se grootste anker. Haar drie kinders en sewe kleinkinders is haar groot vreugde. Haar eerste agterkleinkind is op 25 Januarie 2010 gebore. Johan en Sarah woon deesdae op Olifantshoek in die Kalahari.

Boekbesonderhede


» read article

Ontleed gesigsuitdrukkings met Legkaart van jou gesig deur bekende fisionoom Marthie Maré

Legkaart van jou gesig: Fisionomie in 'n neutedopYour Face PuzzleLegkaart van jou gesig bied ’n inleiding tot Fisionomie (studie van die gesig) wat die teorie agter elke gelaatstrek verduidelik en bevat praktiese wenke oor hoe om jou ware self weer te ontdek, effektiewe kommunikasie te bevorder en verhoudings te versterk.

Die teorie word eenvoudig beskryf en gesteun deur foto’s wat dit maklik maak om nie net jou eie karaktereienskappe te kan herken nie, maar ook dié van jou familie, vriende, kollegas en selfs ’n moeilike skoonma!

Dit is ’n praktiese gids wat in jou persoonlike lewe sowel as in die werksplek gebruik kan word. Leer hoe om jou kliënt se vertroue te wen of hoekom jou kind so rebels is. Ontdek jou talente en uitdagings en die geheime boodskap wat skuil agter ’n skalkse glimlag of ’n kwaai fronsplooi!

Ook beskikbaar in Engels as Your Face Puzzle.

Oor die outeur

Marthie Maré is van die eerste voltydse praktiserende fisionome in Suid-Afrika met reeds meer as sewe jaar ervaring. Sy het in haar beroepslewe meestal met mense gewerk en vorige diens in die vermaaklikheid-, gasvryheid-, verkope en bemarkingsvelde het haar laat besef dat effektiewe kommunikasie van kardinale belang is om goeie verhoudings te smee. Sy deel vandag haar kennis van Fisionomie deur persoonlike- sowel as besigheidskonsultasies, korporatiewe aanbiedings, spanbousessies en opleiding. Sy het persoonlikheidsprofiele van talle Suid-Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaars en ander beroemdes saamgestel en het bekendheid verwerf deur TV- en radio-onderhoude en verskeie koerant- en tydskrifartikels.

Boekbesonderhede


» read article

Resepte en stories deur Riana Scheepers verskyn eersdaags in Die vallei van melk en heuning

Vallei van melk en heuningVallei van melk en heuning word opgedeel in seisoene en die produk wat op daardie tydstip op die plaas en uit die omgewing beskikbaar is. Dit sluit ‘n wye spektrum van resepte in: van geurige elke-dag-kos, tot uithaler gebak om enige gas mee te beïndruk. Maar altyd toeganklik, eerlik en onpretensieus.

Tussendeur die resepte vertel Riana Scheepers stories, en maak dié meer as net ‘n resepteboek, inderwaarheid ‘n inspirerende lekkerlees boek wat jy nie net in die kombuis gaan lees nie.

Oor die outeur

Riana Scheepers is een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans. Uit haar pen het agt kortverhaalbundels, twee romans, ‘n digbundel, twee rubriekbundels, kinderverhale en verskeie akademiese en joernalistieke artikels verskyn. Sy is ook samesteller van vyf bloemlesings wat in Suid-Afrika en in België verskyn het. Haar literêre werk is vertaal in Nederlands, Spaans, Frans en Engels. Sy is reeds bekroon met die Akademie vir Wetenskap en Kuns se Eugène Marais-prys, die ATKV-prosaprys, die FAK-prys en die ATKV Kinderboekprys.

Riana woon op die historiese wynplaas De Compagnie in die Wamakersvallei. Sy is bedags plaasbestuurder en snags skrywer. Sy woon ook op Paternoster in ‘n visserhuis, in Namibië in ‘n spookhuis en in ‘n kliphuis in die Tankwa-Karoo.

Boekbesonderhede


» read article

Onthou daardie spesiale tye met Karen Adendorff se My eerste 5 jaar

My eerste 5 jaarVersamel herinneringe vir jou pienkvoet met My eerste 5 jaar: ’n Babajoernaal.

Hierdie babajoernaal is ’n pragtig-geïllustreerde aandenkingsboek waar elke ouer hulle nuwe kleinding se eerste spesiale oomblikke en mylpale tot en met 5 jaar in plakboekvorm kan verewig.

Oor die outeur

Karen Adendorff “skep haar lewe om” en dit reflekteer ook in boeke wat sy saamgestel het wat almal wegholverkopers by LAPA was en is, byvoorbeeld Brei vir die gesin (2008), Hekel vir die lekker (2009), Naaldwerkinspirasies in samewerking met Tootjie Niemand (2010) en 35 Kruisiesteekpatrone (2012).

Boekbesonderhede


» read article