Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Lifestyle’ Category

Kom geniet ’n Woord en Wingerd-viering van EK! EK! EK! deur Riette Rust in Pretoria

Uitnodiging na die bekendstelling van EK! EK! EK! Herken en hanteer narsiste deur Riette Rust

 
EK! EK! EK!: Herken en hanteer narsisteLAPA en Graffiti Boeke Menlyn Maine nooi jou graag na die bekendstelling van EK! EK! EK!: Herken en hanteer narsiste deur Riette Rust.

Kom geniet die Woord en Wingerd-viering op Donderdag, 17 November by Graffiti Menlyn Maine in Pretoria. Die geleentheid begin om 18:00 vir 18:30 en kaartjies kos R50 per persoon.

In EK! EK! EK! ondersoek Rust die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en hoe om hulle te hanteer.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

 
Phyllis Green het onlangs met Rust gesels oor haar boek en die narsisme-epidemie. Lees die onderhoud om meer uit te vind oor hoe narsiste met jou kop kan smokkel:

Waarom wou jy ’n boek oor narsisme skryf?

Toe SARIE my in 2013 vra om ’n artikel oor die onderwerp te skryf – as opvolg van ’n leser s’n oor die onhoudbare nagmerrie waarin sy verkeer – het die onderwerp my ingesuig. Sielkunde is juis my passie. Tydens die skryfproses ontdek ek toe dat ek ’n paar narsiste in my lewe het, of gehad het.

Die verligting was onbeskryflik toe ek via my navorsing ontdek dat ek nie die een met die probleem is nie. Narsiste smokkel so met jou kop dat jy dit glo. Ek wou weet hoe om dié moeilike mense te hanteer. (Jy kan tog nie van ’n familielid of summier van jou baas ontslae raak nie.)

Boekbesonderhede


» read article

Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie in EK! EK! EK! Herken en hanteer narsiste

EK! EK! EK!EK! EK! EK! Herken en hanteer narsiste deur Riette Rust is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Ja, dis ’n boek met hoofletters.

Soms is daar mense by die werk, of kerk, wat ook in hoofletters praat. Alles draai om hulle, alles moet volgens hulle program geskik word. Jy is moeg ná ’n vergadering en is nooit goed genoeg nie.

Klink dit bekend?

Wat van verhoudings? Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en julle hang aan mekaar se lippe, maar dan begin dinge verander. Hy vereis voltydse aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te kritiseer, gooi hy ’n woedebui wat ’n tweejarige sal laat skaamkry.

Klink dit bekend?

Talle van ons het al met sulke mense te doene gekry. Hulle is bitter moeilik om te mee saam te werk of te leef. Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en hoe om hulle te hanteer. Sy help veral met die vroeë waarskuwingstekens. Dan delf sy verder: Wat is die eienskappe van ’n narsis? Daar is selfs’n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy wel met ’n narsis te doen het.

Oor die outeur

Riette Rust is ’n skrywer en bekroonde vryskutjoernalis. Haar artikels in verskeie tydskrifte en koerante is met onder meer twee ATKV-Mediaveertjies asook ’n Citadel-prys vir finansiële joernalistiek bekroon. Die volgende boeke het ook uit haar pen verskyn: Lang bene & lipstiek – Gebruik jou seksualiteit en behaal sukses9781920518011 (2011), ’n Lyf onthou (2012) en Die aa tot oe van seks (2013). Sy is met JD, ’n regsadviseur, getroud. Hulle het twee dogters, Cara (23) en Zahn (28).

Boekbesonderhede


» read article

LAPA-skrywers by die US Woordfees 2016

 
LAPA het vanjaar weer ’n baie vol program by die US Woordfees. Dit sal lekker wees om julle daar raak te loop!

nullSKRYWERSPROGRAM: Sjef Snoekie laat die potte sing

Marlise Scheepers se treffer “Beige Ford Cortina” is al diep in die 90 000 keer op YouTube gekyk. Sy deel haar resepte en staaltjies met Mariëtta Kruger en sing later wanneer die kuiery lekker raak. Klik hier vir meer inligting oor haar boek.

4 Maart 18:00 | De Vette Mossel | 180min | R220 | R240 by die deur | Bespreek h​ier
 
 

* * * * *

Karla KrullebolWOW: Graad 3: Karla Krullebol – Theresa van Baalen

7 Maart 9:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis
 
 
 
 
 
 

* * * * *

OfferlamMonstersaadSKRYWERSPROGRAM: Die speling tussen spanning- en ontspanningsfiksie

Gaan die spanningsverhaal nog oor die herstel van orde? Madri Victor hoor by Wilna Adriaanse (Eindspel), Chanette Paul (Labirint, Offerlam) en Madelein Rust (Monstersaad) of spanningsfiksie ʼn “feel good” einde moet hê. En wat dink hulle van die nuwe “noir”-neiging by vroueskrywers?
 
 
7 Maart 14:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Marga SKRYWERSPROGRAM: My kind, my memoire

Hoe skryf ’n ma oor die trauma wat haar kind beleef? Is dit ’n manier om sin te gee aan jou kind se lewe en jou struweling? Taalpraktisyn en oud-redakteur Mandi Botha stel dié vrae, en meer, aan Marga van Rooy (My kind is ʼn skisofreen), Juliana Coetzer (Bloedvreemd) en Douwleen Bredenhann (’n Hemelhoë hekkie).

7 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Bravo, LuluWOW: Graad 4-5: Bravo, Lulu – Fanie Viljoen

8 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis
 
 
 
 
 
 

* * * * *

nullSKRYWERSPROGRAM: Kosdemo: Kook saam Kaaps

Kulsum Kamalie en Flori Schrikker het op RSG bekend geword as die twee anties wat wéét hoe om te skep. Hulle kook Kaaps: gesinskos, huiskos. By hierdie demo kan jy jou verkneukel aan die lekkerste spyse, opgetower uit speserygevulde potte.

8 Maart 14:00 | Die Khaya | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

 
 

* * * * *

Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van RaaiselfonteinWOW: Graad 6-7: Sanri Steyn – Theresa van Baalen

9 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditoriuml | 90 min | Gratis
 
 
 
 
 
 

* * * * *

Opdrag van oorkantVandat jy weg isnullSKRYWERSPROGRAM: Beneuk en verlief

Sophia Kapp (Oorlewingsgids vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is.

9 Maart 10:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Immer wesSKRYWERSPROGRAM: Irma Joubert: Immer wes

Irma Joubert gesels met Helene de Kock (Debora en seuns) oor haar nuutste roman, Immer wes, en hoe die skrywer van historiese romans as brugbouer tussen generasies en kultuurgroepe optree. Twee formidabele skrywers aan die woord!

9 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

 
 

* * * * *

Cass Abrahams: 'n Lewe met kosSKRYWERSPROGRAM: Cass Abrahams: ’n Lewe met kos

Marike Bekker gesels met Cass Abrahams oor haar lewe, haar liefde vir kos en die paaie waarop dit haar laat loop het. ‘n Watertand-gesprek met een van die land se grootste kulinêre geeste.

9 Maart 17:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

’n Hart vol sandWOW: Graad 8-10: ’n Hart vol sand – Anzil Kulsen

10 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis

 
 
 
 
 
 

* * * * *

Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboekSKRYWERSPROGRAM: Kosdemo: Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek

Susina Jooste, die direkteur van The Private Hotel School in Stellenbosch, en Henk Stander, ‘n baie ywerige visserman en die algemene bestuurder van Maties se akwakultuureenheid, demonstreer maklike en smaaklike maniere om seekos voor te berei. Jy gaan nêrens anders vir so min so lekker eet nie! Gou spring!

11 Maart 09:00 | Die Khaya | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

 
 

* * * * *

Bloed op haar handeKodenaam IcarusSkuldigVlees en bloedSKRYWERSPROGRAM: Misdaadskrywers: feit of fiksie?

Hoe hanteer skrywers navorsing rondom misdaad? Is die grense wat jy nie mag oorsteek nie dieselfde vir skrywers van nie-fiksie en fiksie? Krimi-skrywers Martin Steyn en Henk Breytenbach gesels met joernaliste Riette Rust en Carla van der Spuy oor feit vs. fiksie wanneer dit my misdaad-skryf kom.

12 Maart 15:30 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Book details


» read article

Perfekte boek vir ledige oomblikke of algemene pret: Speletjies uit Vrouekeur

Speletjies uit VrouekeurSpeletjies uit Vrouekeur is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Die boek is ’n samestelling van 224 speletjies wat oor die laaste paar jaar in die gewilde gesinstydskrif, Vrouekeur, verskyn het. Die speletjies word verskaf deur XWord wat een van Suid-Afrika se mees bekende spelletjie- en blokraaiselopstellers is.

Speletjies soos Teiken, Sudoku (maklik en moeilik), Koderaai en Woordsoek word in ’n maklik-hanteerbare A4-formaat uitgegee om vashou, skryf en uitvee te vergemaklik.

Groot blanko kantlyne gee gebruikers genoeg spasie vir notas en ’n uitstekende belegging vir vakansiepret.

Boekbesonderhede


» read article

Discover the essence and joy of Cape Malay cuisine with Cass Abrahams: A life with food

Cass Abrahams: A life with foodCass Abrahams: 'n Lewe met kosLAPA is proud to present Cass Abrahams: A life with food, as told to Marike Bekker:

Cass Abrahams, the well-loved and respected chef and entrepreneur from Cape Town, who made Cape Malay food popular throughout South Africa, tells her life story to Marike Bekker with honesty and humour, while spicing it up with her trusted recipes.

Each stage of her journey is interwoven with the fragrances, colours and flavours of the food that she prepares, forming the foundation of her existence and beautifully recounted by Marike.

A Life with Food is a collection of captivating stories about an unusual childhood, a collection of Cass’s best recipes and evidence that food has the ability to stir up memories thought to be long gone.

Cass Abrahams: A life with food is also available in Afrikaans as Cass Abrahams: ‘n Lewe met kos.

About the authors

Cass Abrahams is celebrated as the Queen of Spices. And for good reason! She is an expert on Cape Malay cuisine and culture. Throughout the years she has drawn inspiration from watching her mother-in-law and learning from the rich variety of South African food traditions and cultures.

Marike Bekker is an experienced television producer and freelance journalist who specialises in environmental issues, culture stories and food programmes. She is passionate about researching and reporting on the diverse cultures of South Africa.

Book details


» read article

Uitpakkos deur Hilda Lategan wen ’n Gourmand

UitpakkosSorg dat die kosblikke wat saamgaan vir die werk- of die skoolpouse, gesond én lekker is. Vergeet die kitskoswinkel! Pak die regte kos in!

Uitpakkos is geskryf om jou verbeelding te stimuleer met idees vir die maak van aantreklike, smaaklike en voedsame kospakkies vir ontbyt, skool en werk, ook vir vinnige aandetes, vir ’n lekker piekniek en selfs vir rugsakreisigers en vragmotorbestuurders.

’n Gesonde, ingepakte ete help om die daaglikse kilojoule-, vet- en koolhidraatinname beter te beheer en dra by tot die liggaam se daaglikse voedingsbehoeftes. Dit bevorder ook volgehoue energie en is voordelig vir beter konsentrasie en beter produktiwiteit gedurende die dag, wat op sy beurt help met beter skool- en sportprestasies.

Uitpakkos sal hopelik ’n uitkoms vir menige huishoudings bring. In baie gevalle beteken ’n besige lewe dat ’n mens net nog beter moet beplan en organiseer! Die boek is daar om te help.

Die prys

Uitpakkos is pas aangewys as die Suid-Afrikaanse wenner in die kategorie vir maklike resepte. Die boek gaan nou internasionaal meeding teen die inskrywings van 209 lande.

Die Gourmand

Die Gourmand-toekennings is vir boeke wat ’n Oscar is vir ’n film sal wees.
Die Gourmands word toegeken deur die World Cookbook Fair, wat weer ’n vennoot is van die bekende Boekebeurs in Frankfurt.

Hierdie jaar word die algehele wenners aangewys tydens ’n glansuitstalling van 28 tot 31 Mei 2016 in Yantai, China.

Die skrywer

Hilda Lategan werk sedert 1975 as dieetkundige in verskeie vertakkings van die beroep en praktiseer tans as terapeutiese dieetkundige in Pretoria. Haar belangstelling sluit onder andere diabetes, hiperlipidemie, verslankingsdiëte, voedselallergieë en voedselonverdaagsaamheid, siektes van die spysverteringskanaal en vegetariese eetgewoontes in.

Lees ook:

 
Boekbesonderhede


» read article

Eet gesonder by die skool en werk

Terug werk toe? Terug skool toe?

Sorg dat die kosblikke wat saamgaan vir die werk- of die skoolpouse, gesond én lekker is.

LAPA het in 2015 twee boeke uitgegee wat sal help om vir jouself en vir die res van die gesin gesonder kos in te pak:
 

* * * * * *

 
UitpakkosUitpakkos deur Hilda Lategan
Boek se tuisblad
EAN: 9780799370089
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

Vergeet asseblief die kitskoswinkel! Pak die regte kos in!

Uitpakkos is geskryf om jou verbeelding te stimuleer met idees vir die maak van aantreklike, smaaklike en voedsame kospakkies vir ontbyt, skool en werk, vinnige aandetes, vir piekniek en selfs vir rugsakreisigers en vragmotorbestuurders.

‘n Gesonde ingepakte ete help om die daaglikse kilojoule-, vet- en koolhidraatinname beter te beheer en dra by tot die liggaam se daaglikse voedingsbehoeftes. Dit bevorder ook volgehoue energie en is voordelig vir beter konsentrasie en beter produktiwiteit gedurende die dag, wat op sy beurt help met beter skool- en sportprestasies.

Swak eetgewoontes kan jou eindelik siek – of sieklik – maak. Oorweeg gerus gesonder voedselkeuses ter wille van die instandhouding van jou liggaam en goeie gesondheid!

Uitpakkos sal hopelik ‘n uitkoms vir menige huishoudings bring. In baie gevalle beteken ‘n besige lewe dat ‘n mens net nog beter moet beplan en organiseer! Die boek is daar om te help.

 

* * * * * *

 

Lekker en Gesond: Gesonde kosblikkeLekker en Gesond: Gesonde kosblikke deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand
Boek se tuisblad
EAN: 9780799374193
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

Ons is ál meer tyd weg van die huis af weens ons gejaagde lewenstyl. Die gevolg is ongesonde eetpatrone. Kitskos en energiedrankies word wyd en syd bemark as die antwoord op dié tameletjie.

Helaas, dit dra juis by tot die ontwikkeling van leefstylsiektes weens die hoë inhoud van verfynde koolhidrate (suiker), sout en verwerkte vette, asook kunsmatige kleur-, geur- en preserveermiddels.

Gebalanseerde kosblikkos propvol kleur, geur, voedingswaarde, vesel en stadig vrystellende koolhidrate (lae GI) verskaf volhoubare energie – noodsaaklik vir konsentrasie by die werk, skool en sportveld of gim.

Dié boek is propvol kosblikidees vir elke geleentheid – van skool en werk tot daardie luilekker uitstappie of piekniek – met ’n paar alternatiewe vir voedselallergieë of -onverdraagsaamhede.

’n Gebalanseerde kosblik bestaan uit die volgende:

  • Nodige, gesonde vette (mono-onversadig soos olyf, kanola, makadamia, sesam en avokado)
  • Hidrerende laekoolhidraat-vloeistowwe (water, ystee en verdunde vrugtesap)
  • Vars groente en vrugte (’n verskeidenheid, verkieslik in seisoen)
  • Onverfynde koolhidrate (bruinrys, hawermout, rog, styselgroente soos mielies, patats en jong aartappels met die skil)
  • Proteïen (neute, sade, droëbone en -peule, soja, eier, melkprodukte, vis en laevet-vleisprodukte)

» read article

Inspirasie, weekbeplanner en inkleurboek deur Janine Belovo-Manders: 52 Christelike boodskappe uit Vrouekeur

Inspirasie, weekbeplanner en inkleurboekInspirasie, weekbeplanner en inkleurboek deur Janine Belovo-Manders is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Vrouekeur is ’n populêre gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende artikel deur Ds Janine Bevolo-Manders publiseer. Die artikels het ’n christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die sal bestaan ’n versameling van 52 van Janine se weeklikse boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige weekbeplanner.

Vroue kan dagboek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om elke week ’n nuwe skeut inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige patrone en mandalas in die boek in te kleur. Die weekbeplanner word nie aan ’n spesifieke jaar gekoppel nie, dus is dit meer bruikbaar en het ook ’n langer raklewe.

Die boek het drie doelwitte – inspireer, beplan en leef jou kreatiwiteit uit.

Oor die outeur

Ds Janine Bevolo-Manders is verbonde aan die Nederduitsch Hervormde Kerk Witfontein in Pretoria-Noord en is al vir 17 jaar ’n predikant.

Boekbesonderhede


» read article

Twee nuwe Lekker en Gesond-boeke: Glutenvrye gebak en peuselhappies en Slim laekoolhidraat-geregte

LAPA Uitgewers stel bekend twee nuwe boeke in die Lekker en Gesond-reeks deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand:

 

Lekker en Gesond: Glutenvrye gebak en peuselhappies

 
Lekker en Gesond: Glutenvrye gebak en peuselhappiesHealthy and Tasty: Gluten-free Baking and SnacksGluten is ‘n proteïen wat voorkom in koring, rog, gars en hawermout. Om verskeie redes, onder meer geneties van aard, asook weens ‘n immuunreaksie een leefstylfaktore, word heelwat mense geraak deur glutenverwante siektes.

Mense met glutenverwante siektes kan egter ‘n gebalanseerde eetpatroon volg. Hierdie resepteboek bevat malike, glutenvrye resepte met ‘n hoë veselinhoud, beperkte versadigde vette en natrium (sout), asook ‘n lae glukemiese indeks (GI).

 

* * * * * * * *

 

Lekker en Gesond: Slim laekoolhidraat-geregte

 
Lekker en Gesond: Slim laekoolhidraat-geregteHealthy and Tasty: Smart Low-carb RecipesKoolhidrate is die hoofenergiebron van die liggaam. Teen wil en dank leef ons in die kitskos-era – daarom neem ons te veel verfyne koolhidrate en suiker in wat tot oormassa, voedingstoftekorte en leefstylsiektes kan lei. Die antwoord lê nie in die uitskakeling van alle koolhidrate nie, maar eerder in die inname van gebalanseerde hoeveelhede lae glukemiese (GI) koolhidrate, deur die dag versprei om ‘n bestendige bloedglukose te verseker. In hierdie boek word die drie komponente as slim lae koolhidrate beskryf.

 

* * * * * * * *

 

Lekker en Gesond: Glutenvrye gebak en peuselhappies en Lekker en Gesond: Slim laekoolhidraat-geregte is ook in Engels beskikbaar as Healthy and Tasty: Gluten-free Baking and Snacks en Healthy and Tasty: Smart Low-carb Recipes.
 
 
 
 
Oor die outeurs

Janet Wiegand werk reeds vanaf 1994 as dieetkundige en het haar loopbaan as hospitaaldieetkundige begin. As ma van drie kinders ontwikkel sy “SmartEat”, ’n voedingsopleidingsprogram gemik op voorskoolse kinders. Daarna sluit sy by Litchi Living se span dieetkundiges aan, waar sy spesialiseer in die ontwikkeling van gesondheidsprodukte, die gee van demonstrasies en kookklasse, asook die verskaffing van gesonde wegneemetes. As terapeutiese dieetkundige spesialiseer sy in verslanking en sportvoeding.

Martie Hofmeyr is ’n geregistreerde dieetkundige en het ’n privaat praktyk in Pretoria. Haar belangstelling sluit werksplekgesondheid en die voorkoming en bestuur van leefstylsiektes in, asook sport- en kindervoeding. Sy help ook emosionele eters om ’n beter verhouding met kos te hê.

Boekbesonderhede


» read article

Op soek na ’n nuwe stokperdjie? Kry inkleurkryte en hark Rouge Inkleurboek deur Rina Burger nader

Rouge InkleurboekRina Burger se Rouge Inkleurboek vir grootmense is nou beskikbaar by LAPA:

Inkleur vir grootmense is nou groot! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, dit het ook terapeutiese waarde.

Rouge is anders en trots Suid-Afrikaans! Ons herproduseer nie net prente wat van die internet af kom nie, ons boek bevat 40 oorspronklike, verbeeldingvolle prente met die hand geteken deur ons eie plaaslike kunstenaar, Rina Burger.

Boekbesonderhede


» read article