Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Humour’ Category

Jaco Jacobs: “Tien boeke wat jou kleinding sal laat giggel, kekkel, proes, bulder of snork van die lag”

Jaco Jacobs, die skrywer van onder meer Professor Fungus en die jelliemonsters van Mars, Suzie se superdoeper-sjampoe en My ouma is ’n film-ster, het onlangs tien boeke voorgestel wat die jongspan sal laat skaterlag.

My ouma is ’n film-sterProfessor Fungus en die jelliemonsters van MarsSuzie se superdoeper-sjampoe

 
Op Jacobs se top tien-lysie van “boeke wat jou kleinding sal laat giggel, kekkel, proes, bulder of snork van die lag” is: “Oe la la, Lulu deur Fanie Viljoen, Karla Krullebol deur Theresa van Baalen, Grappe van A-Z deur Maritha Snyman en Wouter en die eienaardige eilandavontuur deur Philip Reeve en Sarah McIntyre.

Oe la la, LuluWouter en die eienaardige eilandavontuurKarla KrullebolGrappe van A-Z

 
Lees die artikel vir die volledige lys van skreeusnaakse kinderboeke:

Een van die groot lekkertes van lees, is wanneer jy ’n boek net nie kan neersit nie omdat die storie en karakters jou elke paar bladsye laat skater van die lag. Ek onthou hoe ek as kind nie kon wag om vir my gesin te vertel watter snaakse dinge karakters soos Pippie Langkous, Trompie of Tyl Uilspieël aangevang het nie.

Daar is een ding wat byna gewaarborg is om selfs die traagste leser te oorreed om aan te hou lees: ’n Boek wat hom/haar laat skater van die lag.

Boekbesonderhede


» read article

LAPA Uitgewers vermaak jonk en oud by Woordfees 2013

Tydens dié jaar se US Woordfees gaan LAPA nie net volwasse gehore aan hul gunsteling-skrywers voorstel nie, maar ook vir die jongklomp ’n kans om in die boekepret te deel. Die Woordfees vind van 1 – 10 Maart in Stellenbosch plaas, en hierdie jaar is die fees se tema “Hemels”. Die feesprogram is op 21 Januaraie bekendgestel en word daar talle produksies van hoë gehalte aangebied. Skrywers van regoor die Suid-Afrikaanse literatuurlandskap kom maak ’n draai.

My pad met engeleSo kry ons AfrikaansDie vloekTrein na KalkbaaiZackie Mostert se groot grapboekZackie Mostert druk 'n drie

Belinda Bras-Nel gesels oor haar boek My pad met engele waarin sy van haar ervarings met hemelwesens vertel en Johan Kruger gesels oor sy spanningsverhaal Die vloek met joernalis Jan-Jan Joubert. Christo van Rensburg bespreek sy boek So kry ons Afrikaans met Michael le Cordeur en Jacques van der Elst.

Ook poësie word nie afgeskeep nie, want LAPA bied saam met Protea Boekhuis “In die sin al om” aan. Tydens hierdie boekgesprek gesels René Bohnen oor haar bundel In die niks al om met mededigter Susan Smith (In die afwesigheid van sin).

LAPA span weereens met Protea saam wanneer hulle “Land van die groot woordfabriek” aanbied. In dié interessante gesprek bespreek Daniel Hugo (Hanekraai), Jaco Jacobs (Bastian Blom en die gillende geraamte en Bastian Blom en die pratende portret), LAPA se kinderboekuitgewer Miemie du Plessis, besturende direkteur van Protea Boekhuis Nicol Stassen en digter Danie Marais (Al is die maan ‘n misverstand) die uitdagings met die publikasie van kinderboeke.

Nova: BloedbroersNog 13 spookstoriesEk was hierPermanente inkBetower

Die jongspan kan ook uitsien na ’n klomp opwindende items. Graham Isaacs neem graad 3-leerlinge op ’n verbeeldingsrit met sy boek Met die trein na Kalkbaai en Jaco Jacobs gesels soor sy karakter Zackie Mostert met graad 4- en 5-leerlinge. Dinge raak rillerig en grillerig wanneer Fanie Viljoen, Francois Bloemhof en Jacobs oor NOVA: Bloedbroers en hul gesamentlike spookstorieboek Nog 13 spookstories gesels. Nanette van Rooyen, wat in 2011 LAPA se tienerromankompetisie gewen het, gesels met jong hoërskoolleerlinge oor haar wenroman, Ek was hier. Vir jong tieners wat graag wil skryf is die gesprek tussen Van Rooyen, Carina Diedericks-Hugo (Permanente ink), Fanie Viljoen (Betower) en Miemie du Plessis die perfekte geleentheid om meer oor dié loopbaan te wete te kom.

Moet nie hierdie wonderlike en opwindende boekgesprekke met LAPA se gewilde skrywers misloop nie. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Meer inligting oor die verskeie LAPA-produksies volg:

Maandag 4 Maart

Graad 3: Met die trein na Kalkbaai – Graham Isaacs
Tyd: 09:30
Plek: Van der Stel-saal
Koste: Gratis

Die skrywer Graham Isaacs neem WOW lesertjies op ’n verbeelde treinrit na Kalkbaai en moedig hulle aan om herinneringe te koester. Daarna beantwoord hy lees-agies se vrae en plant die skryfsaadjie by aspirantskrywers. Dan is dit leerders se beurt om Graham te beïndruk: Elkeen kry ʼn treinkompartement om te teken of in te kleur.

Dinsdag 5 Maart

Graad 4-5: Zackie Mostert – Jaco Jacobs
Tyd: 09:30
Plek: Van der Stel-saal
Koste: Gratis

Jaco Jacobs stel dié onnutsige karakter aan lesers voor en vertel alles oor Zackie se avonture met ongelooflike kulkuns, ʼn (byna) briljante idee, ʼn super-aaklige soen, die gemaskerde groen gevaar, ʼn spokerige storie, ’n rugby-avontuur en skaterlaggrappe. Leerders help vir Zackie met grappe en spookstories. Jaco gee ook Zackie-boeke weg.

My pad met engele
Tyd: 11:00
Plek: Boektent
Koste:R50

Kom luister saam na Belinda Bras-Nel se verhale oor ervarings met hemelwesens. Sy bespreek haar nuwe boek My pad met engele en vertel hoe haar engele haar tot bemagtiging gelei het. Wil jy hoor hoe om ’n engelboodskap te ontvang?

Woensdag 6 Maart

Graad 6-7: Nova: Bloedbroers en Nog 13 spookstories met Fanie Viljoen, François Bloemhof en Jaco Jacobs
Tyd: 09:30
Plek: Van der Stel-saal
Koste: Gratis

Fanie Viljoen neem leerders op ʼn toer deur die hemelse kosmos saam met al die Nova-karakters – Woorde Open Planete! Dan stel hy die skrywers se nuutste versameling spookstories bekend en daag 13 aspirantskrywers uit om self spookverhale te vertel. Pryse word uitgedeel en energieke fasiliteerders help leeskringe stig met ʼn leesprogram wat agterna in skole gevolg sal word.

In die sin al om
Tyd: 10:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R40

René Bohnen se In die niks al om en Susan Smith se debuutbundel In die afwesigheid van sin toon sterk ooreenkomste. Die twee digters delf albei speels in die oorsprong van hul woorde, soek sin en sinne, en vind uit waar hemel en aarde in hul woorde lê. Kom luister wat twee fassinerende nuwe Afrikaanse digters oor hul nuwe bundels sê.

Donderdag 7 Maart

Graad 8-10: Ek was hier – Nanette van Rooyen
Tyd: 09:30
Plek: Van der Stel-saal
Koste: Gratis

Nanette van Rooyen vertel van haar boek wat LAPA se tienerromankompetisie gewen het. Daarna ontsluit sy die geheime, opwindende wêreld van groen graffiti. Wenke oor navorsing vir stories word gedeel voordat leerders saadbomme maak wat agterna in hul gemeenskappe geplant word. Nuwe leeskring-bestuurslede word gekies en lees-jaarprogramme gefinaliseer.

So kry ons Afrikaans
Tyd: 14:00
Plek: Boektent
Koste:R40

Christo van Rensburg se So kry ons Afrikaans vertel die volle geskiedenis van die taal, met die fokus op die mense wat dit praat in al sy variëteite. Michael le Cordeur en Jacques van der Elst pols die skrywer oor hoe almal se stukkies in die legkaart pas.

Vrydag 8 Maart

Graad 7-9: Graffiti, bloed en ʼn tienersprokie
Tyd: 13:30
Plek: Paul Roos Sportsentrum
Koste: Gratis

Met Nanette van Rooyen, Carina Diedericks-Hugo, Fanie Viljoen en gesprekleier Miemie du Plessis. Hoe skryf mens ʼn roman wat vandag se tieners aangryp? Skrywers wat bekroon is in LAPA se Jeugromankompetisie gesels met hoërskoolleerders oor hul witwarm tienerboeke Ek was hier, Permanente ink en Betower. LAPA se Billike Boeke is ook te koop.

Land van die groot woordfabriek
Tyd: 15:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R50

Met Daniel Hugo, Jaco Jacobs, Miemie du Plessis, Nicol Stassen en Danie Marais
Is dit regtig nodig om oorsese kinderboeke in Afrikaans te vertaal? Wat van plaaslike skrywers? Wie besluit wat word vertaal? Watter uitdagings bied ’n kinder- of jeugboek aan vertalers? Luister wat sê dié kundige rolspelers.

Saterdag 9 Maart

Die vloek
Tyd: 13:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R30

Die vloek – sondes van die vaders van Johan Kruger was op die kortlys van die 2010/2011 LAPA Romankompetisie. Riana Scheepers beskryf dit as ’n “verbysterende roman (…) wat een keer in ’n dekade homself aanmeld. Groots, ambisieus, geskakeerd en aangrypend”. Joernalis Jan-Jan Joubert stel die skrywer voor en gesels met hom.

Book details


» read article

Uittreksel: Lees “Die troue” uit Sofia Smit se Sê amen

Sê amenSofia Smit is al vir meer as ’n dekade lank ’n huishoudelike naam in die tuistes van Vrouekeur-lesers. ‘n Versamling van haar skreeusnaakse rubrieke wat in dié tydskrif verskyn het, is pas in boekvorm as Sê amen uitgegee. Maroela Media het hierdie uittreksel uit die boek met lesers gedeel:

Die paartjie was ons dorp se prins en prinses, ’n storieboek-paartjie wat my geloof in “eendag was daar”-sprokies bevestig het. Almal het gesê sy lyk soos Jennifer Aniston, maar sy was nie die soort meisie wat daarop uit was om ’n man te vang en ʼn huisvrou te word wat kinders grootmaak nie.

Boekbesonderhede


» read article

Nuut: Sofia Smit se rubriek nou in boekvorm beskikbaar as Sê amen

Sê amenSofia Smit se gewilde rubriek in Vrouekeur verskyn op lesers se aandrang vir die eerste keer in boekvorm as Sê amen. Die rubriek het al legendariese status bereik, want dis alombekend dat die meeste lesers Sofia Smit se rubriek heel eerste lees voordat hulle na die res van die tydskrif kyk. Die rubriek het aanvanklik “Daarop kan ek amen sê” geheet, maar het verander na “Sê amen” omdat Sofia elke week die laaste woord inkry.

In haar sewe en veertigste lydingsjaar beleef Sofia Smit ’n annus horribilis wat die Britse koningsgesin se veelbewoë jaar na ’n Sondagmiddagpiekniek laat lyk. Sofia se man, Basjan, is ’n slagoffer van regstellende aksie, ’n sepieslaaf en ’n kampioensnorker, haar seun dra lyfjuwele en wil sy naam verander, en haar beste vriendin se sangtalent dreig om die plaaslike polisiediens te mobiliseer. Sofia en Basjan open ’n gastehuis, Blikkantien, op ’n beeldskone Karoodorpie en word weldra opgeneem in die wel en wee van die kleindorpse bestaan.

Deur haar “Sê Amen”-rubriek in die Vrouekeur gee Sofia ’n kostelike blik op die mense wat hul lewe kruis: ’n beroemde “aktrize”, ’n neusoptrekkerige sjef, ’n vreesaanjaende filmresensent, ’n magnaat wat Sofia in ’n vliegrit oor die Karoo neem, en ’n alien wat in ’n gas se kameralens vasgevang word.

In Sofia se ryk herinneringslewe is daar ’n ouwêreldse bioskoopvertoning waartydens ’n meisie met ’n opwiphoedjie en ’n flitslig jou sitplek afslaan en namens jou “Excuse the patrons, ekskuus die patrone” vra. Sofia neem jou op ’n genotvolle en gebeurtenisryke tog deur die “sielsverrykende uitgestrektheid” van die sterreryke Karoo, totdat jy besef haar onrusjaar was bloot ’n wankelende aanloop tot die ondervinding van ’n leeftyd.

Oor die outeur

Sofia Smit skryf reeds jare haar rubriek “Sê amen” vir die gewilde vrouetydskrif Vrouekeur. Sy het reeds twee Caxton-pryse vir haar skryfwerk ingepalm.

Boekbesonderhede


» read article

Nuut in reeks: Zackie Mostert druk ‘n drie en Zackie Mostert se groot grapboek

Zackie Mostert druk ‘n drie

 
Zackie Mostert druk \'n drieZackie en Vincent sien baie uit na die rugbytoer. Selfs al speel hulle nie vir die A-span nie. En selfs al dra hulle span se afrigter lipstiffie! Maar dan word die rugbytoer afgestel, en almal dink dis Zackie se skuld …

Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie… Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends …
 

Zackie Mostert se groot grapboek

 
Zackie Mostert se groot grapboekDie ondeunde Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om ‘n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou sal laat skater.

Oor die outeur

Jaco Jacobs het op Carnarvon grootgeword en woon deesdae in Bloemfontein. Daar het reeds meer as 30 kinder- en jeugboeke uit sy pen verskyn. Hy is reeds drie keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Sy boek, Suurlemoen, is ook pas deur die Suid-Afrikaanse been van IBBY (The International Board on Books for Young People) aangewys as ereboek in die kategorie Afrikaans. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous.

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Christelle Webb-Joubert gesels met Maritha Snyman oor skrywers se inkomste

Projek BoontjierankHeloise die swart tobieLekker lawwe lagboek nr 5Christelle Webb-Joubert het gehoor dat skrywers ‘n baie klein persentasie van die inkomste uit die verkope van hul boeke ontvang.

Voordat sy egter saam met skrywers begin toi-toi, het sy in ‘n onderhoud aan Maritha Snyman, skrywer en besturende direkteur van Lapa, gevra wat met die geld gebeur wat uit boekverkope gemaak word.

Snyman het gesê dit is waar dat skrywers tussen 10% en 14% van die handelsprys kry, maar om te verduidelik waarom, het sy ‘n sommetjie gemaak: As ‘n uitgewer 4 000 kopieë van ‘n roman van 300 tot 400 bladsye druk, kos dit die uitgewer R100 000. Daar moet 1 600 boeke verkoop word om die onkostes te dek. As soveel kopieë verkoop is, het die skrywer reeds R25 000 tot R28 000 verdien, maar die uitgewer het nog net gelyk gebreek. Eers ná 1 600 kopieë verkoop is, begin die uitgewer ‘n wins maak.

Luister na die potgooi deur hieronder te klik:

Boekbesonderhede


» read article