Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Health’ Category

Uitpakkos deur Hilda Lategan: Alles wat jy wil weet oor voedsame kospakkies vir die hele gesin

UitpakkosUitpakkos deur Hilda Lategan verskyn eersdaags op LAPA se rakke:

Uitpakkos is geskryf om jou verbeelding te stimuleer met idees vir die maak van aantreklike, smaaklike en voedsame kospakkies vir ontbyt, skool en werk, vinnige aandetes, vir piekniek en selfs vir rugsakreisigers en vragmotorbestuurders.

Oor die outeur

Hilda Lategan is ’n geregistreerde dieetkundige in privaatpraktyk. Sy is ook skrywer van Suid-Afrikaanse kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit, Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid 1 & 2, Versatile vegetarian recipes en medeskrywer van Groot kookboek vir diabete. Sy woon in Pretoria saam met haar man en twee seuns.

Boekbesonderhede


» read article

Video: Dowwe Dolla lees voor uit Sexy medisyne deur dr Heinz Modler

Sexy medisyneDowwe Dolla (Margit Meyer-Rodenbeck) het gaste by die bekendstelling van dr Heinz Mödler se populêre wetenskapboek, Sexy medisyne, verras toe sy in ‘n verpleegsteruniform daar opgedaag het.

Sy het gedeeltes uit die boek, oor die geskiedenis van die kondoom, hoe om ‘n splinternuwe maagdevlies te kry, en Rasputin se groot geslagsorgaan, voorgelees en die gaste met haar skerpsinnigheid laat skater. Kyk ‘n video van haar voorlesing:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Bekendstelling van Sexy Medisyne: Dr Heinz Modler het sy hande vol met Dr Adri en Dowwe Dolla

Dr Heinz Modler

Die definisie van “sexy” is volgens dr Heinz Mödler, skrywer van Sexy medisyne, “enigiets wat ‘n mens daardie gevoel van opwinding gee”.

Sexy medisyneDr Heinz Modler en Dr Adri (Riana Scheepers)Mödler het gisteraand by die bekendstelling van sy boek by Wordsworth Books in die Willowbridge-winkelsentrum aan Huisgenoot se dr Adri (eintlik die skrywer Riana Scheepers) gesê “sexy” is die verskil tussen ‘n vrou wat ‘n vervelige vleeskleurige bra dra en een wat haar bates in ‘n bra met kleur, kant en lintjies vertoon: “Die inhoud bly dieselfde, maar die aanbieding maak jou skielik opgewonde!”

Dít is presies wat Mödler met die mediese wetenskap in sy populêre wetenskapboek, Sexy medisyne, doen. Mediese onderwerpe word interessant, tong-in-die-kies, soms stuitig, en altyd met hope humor in die boek aangebied. “As jy ‘n onderwerp inkleur, kan jy dit sexy maak. Selfs die mediese wetenskap kan sexy wees.”

In die boek se lekkerlees essays skryf Mödler oor die geskiedenis van die kondoom, vreemde seksuele praktyke, hoe om ‘n splinternuwe maagdevlies te kry en Rasputin se indukwekkende geslagsorgaan. Laasgenoemde het Mödler gaan besigtig in die erotiese museum in St Petersburg. “Ek wou sien of dit regtig so groot is…Dit is!”

Selfs onderwerpe wat nie gewoonlik sexy is nie, soos vrypuisies, amputasie, kannibalisme, en mense wat glo hulle is weerwolwe, word deur Mödler se humoristiese skryfstyl opgekikker. “Selfs aan die banaalste onderwerp sal daar iets wees wat snaaks is,” sê hy.

Met Sexy medisyne wou Mödler ‘n boek skryf vir mense wat in mediese aspekte belangstel, maar ook vir enigeen wat hou van lag. “Ek wou graag ‘n boek skryf wat lekker is om te lees.”

Tog is Sexy medisyne nie sonder deernis nie. Een van die redes waarom Mödler so baie van sy werk as dokter hou, is die interaksie wat hy met mense het. “Mense vertel vir jou goed wat hulle nooit vir enigiemand anders sal vertel nie.”

Volgens dr Adri is Mödler se liefde vir mense duidelik in die boek te bespeur. Al wou die “streng” dr Adri Mödler eers voor stok kry oor sy “kar-fetisj” en die feit dat hy altyd in vroulike terme na motors verwys, het sy teen die einde van die gesprek aan Mödler gesê: “Ek dink jy word geprikkel deur kennis en veral deur deernis vir mense – en dís vir mý sexy!”

Die einde van die gesprek was gelukkig nog lank nie die einde van die bekendstelling nie, want Dowwe Dolla het die gaste verras toe sy in ‘n verpleegsteruniform, nes die vrou op die voorblad van Sexy medisyne, daar opgedaag het. Met haar stokkielekker oudergewoonte in die hand het sy die gaste met gedeeltes uit Mödler se boek vermaak. Daarna moes die dokter bontstaan om die menigte gaste se boeke te teken.

Dr Heinz Modler en Dowwe Dolla

* * * * * * * *

Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling getwiet met #livebooks:


Ek is vanaand by die bekendstelling van Sexy Medisyne deur dr Heinz Modler by Wordsworth Books Willowbridge #livebooksThu Feb 02 16:35:34 via Twitter for iPad


Sexy Medisyne is ‘n boek in die populere wetenskap-genre en word uitgegee deur @LAPAUitgewers #livebooksThu Feb 02 16:37:05 via Twitter for iPad


Dr Heinz Modler &”Dr Adri” (Riana Scheepers) tree in gesprek by bekendstelling van Sexy Medisyne http://t.co/mJ0CeuWVThu Feb 02 17:07:43 via Twitter for BlackBerry®


Dr Adri vra vir Dr Modler wat volgens hom die definisie v “sexy” is. Hy se dis enigiets wat jou opwindend laat voel. #livebooksThu Feb 02 17:05:20 via Twitter for iPad


Modler: Dis soos ‘n vrou wat ‘n mooi bra aan het. Die ware is dieselfde, maar skielik is dit sexy! #livebooksThu Feb 02 17:07:37 via Twitter for iPad


Modler skryf in sexy medisyne oor Angelina Jolie se hipotetiese geamputeerde been.Dr Adri vra watter bekende vrou vir hom sexy is #livebooksThu Feb 02 17:09:04 via Twitter for iPad


Modler se amper alle vroue is vir hom sexy. “As ek baie hard moet dink is daar ook ‘n paar mans” #livebooksThu Feb 02 17:10:35 via Twitter for iPad


Een ding van mediese wereld wat Modler nie van hou nie is wanneer pasient slegs belangrik is agv mediese fonds #livebooksThu Feb 02 17:14:01 via Twitter for iPad


“Onthou jou slangvel” oor kondome moet volgens dr Adri vir elke skoolkind voorgeskryf word. Prikkelend, informatief, relevant. #livebooksThu Feb 02 17:17:32 via Twitter for iPad


Modler het na Rasputin se geslagsdeel in die erotiese museum in St Petersburg gaan kyk, om te sien of regtig so groot. “Dit is!” #livebooksThu Feb 02 17:21:30 via Twitter for iPad


Dr Adri: Wie was jy in jou vorige lewe? Dr Modler: Rasputin! #livebooksThu Feb 02 17:23:17 via Twitter for iPad


Dr Modler het vele passies bv fotografie, motors ens #livebooksThu Feb 02 17:24:31 via Twitter for iPad


Dr Modler is besig met doktorsgraad oor skerpioenvergiftiging #livebooksThu Feb 02 17:25:53 via Twitter for iPad


Dr Adri gee haar def van wat Modler in sy boek doen: “Dink jy word geprikkel deur kennis en veral deernis vir mense – dis sexy” #livebooksThu Feb 02 17:27:38 via Twitter for iPad


Dowwe Dolla gaan nou uit die boek voorlees, met haar lollipop en verpleegsteruniform #livebooksThu Feb 02 17:30:06 via Twitter for iPad


Dowwe Dolla het die gaste aan die skater oor die geskiedenis van kondoom & hoe om weer ‘n maagd te word, als uit Sexy Medisyne! #livebooksThu Feb 02 17:41:18 via Twitter for iPad


Op daardie uiters geestige noot kom die gesprek tot ‘n einde. Berig & video more op @BooksLIVESAThu Feb 02 17:42:23 via Twitter for iPad

* * * * * * * *

Facebook galery

Boekbesonderhede


» read article

Bekendstelling van Sexy medisyne deur Heinz Mödler by Wordsworth Books Willowbridge

Uitnodiging: Bekendstelling van Sexy Medisyne

Sexy medisyneLapa-uitgewers nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van Sexy medisyne, dr Heinz Mödler se populêr-wetenskaplike publikasie sonder gelyke.

Dr Mödler en dr Adri van Huisgenoot sal op Donderdag, 2 Februarie, by Wordsworth Books in die Willowbridge-winkelsentrum oor sy boek gesels.

Sien jou daar!

Besonderhede van die bekendstelling

Boekbesonderhede


» read article

Dr Heinz Modler gesels oor Sexy medisyne (Tydens ‘n hartomleiding!)

Sexy medisyneDr Heinz Mödler se boek, Sexy medisyne, ‘n versameling lekkerlees-essays oor mediese en aanverwante sake, kan as “sulke populêre wetenskaplike goeters” beskryf word. Mödler vergelyk dit met Marcus du Sautoy se rubriek “Sexy Science” in The Times of London. “Dis wat ek ook skryf: sexy. Myne net oor medisyne,” sê hy. Daarom dié titel.

In Sexy medisyne kan jy “die glibberige geskiedenis van die kondoom” ontdek, “verneem hoe om ‘n spiksplinternuwe maagdevlies te kry” en uitvind “waarom party mammas van modderkoekies hou”. Rachelle Greeff het met die dokter met die “poeierblou oë” gaan gesels, terwyl hy ‘n hartomleiding by die Panorama Mediclinic gedoen het:

Aan die einde van ’n jaar waarin ons almal hartlik op is vir sotte en dwase en die dood in al sy voorblad-vorme, word die oggend in die harteenheid van die Panorama Mediclinic net buite Kaapstad vir my en die fotograaf Michael Hammond een van 2011 se . . . wel, hartverkwikkendste afsprake.

Vir my en Michael figuurlik gesproke. Maar letterlik vir die 64-jarige man op die teaterbed. Ná tien, twintig jaar van hipertensie en ’n bietjie cholesterol is sy hart verdik en kry dit derhalwe swaar. ’n Hartomleiding is ál uitweg – buiten as hy ’n doodswens het, maar dit het hy allermins.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Beeld


» read article

Nuut: Sexy medisyne deur bekende Kaapse mediese spesialis, Heinz Mödler

Sexy medisyneSexy medisyne is ’n sprankelende, populêr-wetenskaplike publikasie sonder gelyke.

Dr. Heinz Mödler, ’n bekende Kaapse mediese spesialis, ken die mediese wetenskap op die punte van sy vingers – net soos wat hy die aweregse, weerlose aard van mense ken. Daarom skryf hy met gesag en humor oor mense en medisyne.

Sy sketse is uiters toeganklik en die onderwerpe so divers dat dit in die smaak van uiteenlopende lesers val, ongeag ouderdom of geslag.

Hy skryf oor onder meer die geskiedenis van die kondoom, Rasputin se indrukwekkende geslagsorgaan (wat hy in ’n Russiese museum gesien het), vreemde seksuele praktyke (wat veroorsaak dat die geskokte familie agterna maar eerder sê dit was selfmoord), amputasie, aspirien, antibiotika, kannibalisme, kadawers, die verband tussen koeie en pokke, die gevare van petidien (wat uiteindelik tot Michael Jackson se dood gelei het) en gee selfs die allernuutste wenke vir babelaas en mammas met migraine.

Skertsend dus oor die mensdom se kwinte en kwale, maar nooit sonder deernis nie. Elke skets leer mens, dikwels lag-lag, iets nuuts.

Oor die outeur

Alles op aarde interesseer hierdie skrywende dokter van Kaapstad.

Dr. Heinz Mödler neem en ontwikkel sy eie foto’s, skilder, restoureer ou Mercedes’e en het pas sy doktorsgraad oor skerpioenvergiftiging voltooi. Wanneer hy nie in die hospitaalteater is nie, beproef hy sy kookvernuf in die kombuis. Hy het ook ’n hoësorgeenheid op sy wildplaas in die middel van die Namib begin vir die plaaslike bevolking wat driehonderd kilometer van die naaste dokter is.

Hy lewer gereeld rubrieke vir Die Burger se “Wetenskap-vandag”. Hy skryf ook van tyd tot tyd vir Rapport onder sy eie naam en die skuilnaam Dr. Loeloeraai.

Boekbesonderhede


» read article

Nuwe gesondheidsgids: 1000 Kure vir meer as 200 kwale deur Victor S Sierpina

1000 kure vir meer as 200 kwaleTans is daar ’n wye verskeidenheid konvensionele en alternatiewe behandelings beskikbaar, maar wat vir een persoon goed is, is nie altyd goed vir ’n ander persoon nie. 1000 Kure vir meer as 200 kwale bring alles binne jou bereik en stel jou in staat om ’n middel te kies wat jou die beste pas.

Dit is ’n waardevolle geïntegreerde mediese hulpmiddel wat aktuele keuses maklik en vinnig verskaf. Meer as 200 kwale is volgens kenmerke gegroepeer: (byvoorbeeld: toestande wat die vel en hare affekteer of dié kwale wat noodhulp nodig het) en is vir elke groep alfabeties gelys. Vir elke toestand is daar ’n diagnose.

Die algemeenste simptome en die doel van die behandeling word duidelik uiteengesit. Geneesmiddels uit vyf verskillende gesondheidsvelde word dan gegee – konvensionele medisyne, tradisionele Chinese medisyne, naturopatie (natuurgenesing), homeopatie en kruiekennis. Dit stel jou in staat om die benaderings tot dieselfde toestand te vergelyk en die toepaslikste geneesmiddel te kies.

Die afdelings is as volg:

  • Vel en hare
  • Oë en mond
  • Oor, neus en keel
  • Spysverteringstelsel en urieneweg
  • Respiratoriesestelsel en sirkulasie
  • Pyne en kwale
  • Persoonlike kwale
  • Verstand en gemoed
  • Noodhulp

Oor die outeur

Victor S Sierpina is ‘n dokter en kenner van familiegesondheid, wat holistiese en alternatiewe terapieë in behandeling inkorporeer. Hy is die skrywer van boeke soos The Healthy Gut Workbook.

Boekbesonderhede


» read article