Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Green’ Category

Potgooi: Eloise Pretorius gesels met Riaan Garforth-Venter oor omgewingsake

Die groen strookDie “Nutsman” Riaan Garforth-Venter was onlangs in die Vrystaat om aan die Total Economy Run, waar verskeie motors se brandstofverbruik getoets word, deel te neem. Die motors, wat deur die vervaardigers ingeskryf word, het meer as 1000km afgelê.

Garforth-Venter het in ‘n onderhoud met Eloise Pretorius van OFM gesê dat hierdie tog bewys dat as ‘n mens by die spoedgrens hou, jy baie minder brandstof gebruik en jou uitlaatgasse ook minder is. Garforth-Venter en sy vrou Michelle is bekend vir hul omgewingsbewustheid. Hulle het ook onlangs ‘n boek getiteld Die groen strook (beskikbaar in Engels as The Green Line) uitgegee waarin hulle wenke deel oor hoe om meer omgewingsvriendelik te leef.

Luister na die onderhoud:

Boekbesonderhede

Foto te danke aan News24


» read article

Riaan en Michelle Garforth-Venter, skrywers van Die groen strook, as ‘n top paartjie aangewys

Die groen strookRiaan en Michelle Garforth-Venter is onlangs deur die KykNet-program 10 uit 10 aangewys as een van die tien top paartjies in Suid-Afrika. Verskeie bekendes het hul mening oor die paartjie gelug en hulle het uiteindelik tweede op die lys geëindig. Die feit dat die Garforth-Venters “groen” en “handig” is en dat hulle mekaar se loopbane verstaan en saam kan werk, is as redes genoem waarom hierdie paartjie so spesiaal is. Ilza Roggeband sê in die video hieronder dat Michelle “‘n presiese, Engelse TV-aanbieder” was, terwyl Riaan “rugged” is, ‘n kaalkop het en “goed is met ‘n hamer”. Tog wérk hierdie paartjie net!

Die Garforth-Venters bied byvoorbeeld saam die program The Green Line aan en hulle het ook saam ‘n boek geskryf wat op die program gebaseer is, naamlik Die groen strook (ook beskikbaar in Engels as The Green Line).

Kyk die 10 uit 10-video:

Boekbesonderhede


» read article

The Green Line met Riaan en Michelle Garforth-Venter is die kyk werd

Die groen strookGaan jy die naweek snoesig voor die TV spandeer? Ons beveel aan dat jy Sondag om 16:30 op SABC 3 die “groen” leefstylprogram The Green Line met die aanbieders Michelle en Riaan Garforth-Venter kyk.

Lapa het pas ‘n boek, wat deur die Garforth-Venters geskryf en op die program gebaseer is, getiteld Die groen strook (ook beskikbaar in Engels as The Green Line), gepubliseer. In die boek, en op die TV-program, gee die glanspaartjie wenke oor hoe om jou huishouding en leefwyse omgewingsvriendelik aan te pak, met doen-dit-self-projekte en nog vele meer.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Expresso Show


» read article

Carla van Niekerk gesels met Michelle en Riaan Garforth-Venter oor Die groen strook

Die groen strookMichelle en Riaan Garforth-Venter se groen leefstyl program, The Green Line, wat Sondae om 16:30 op SABC 3 uitgesaai word, bevat nie net ‘n wetenskapsgerige insetel en ‘n insetsel oor elektrisiteitsbesparing nie, maar daar word ook na ‘n omgewingsvriendelike leefstyl gekyk, byvoorbeeld hoe om ‘n “groen” partytjie te hou.

Nou het daar ook ‘n boek deur die Garforth-Venters, wat op die program gebaseer is, getiteld Die groen strook (ook beskikbaar in Engels as The Green Line), by Lapa verskyn. Die boek wys onder meer hoe om jou eie skoonmaakmiddels en kosmetiese middels te maak, jou eie komposhoop en wurmplaas te onderhou en hoenders op jou erf aan te hou.

Carla van Niekerk het met die paartjie tussen die hoenders by hul eko-huis gesesls:

Die middele om ’n groen leefstyl te volg is binne elkeen se bereik, het Carla van Niekerkgevind nadat sy met die televisiepersoonlikhede Riaan en Michelle Garforth-Venter gesels het.

Die plan vir die eko-program The Green Line was al sowat sewe jaar lank reg voordat die bekende paartjie Riaan (“die Nutsman”) en Michelle Garforth-Venter dit vervaardig kon kry, sê Michelle waar sy sit en gesels by hul huis in Bryanston, Johannesburg.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Beeld


» read article

Boek & Koek-kuier met Michelle en Riaan Garforth-Venter oor Die groen strook

Die groen strookSluit aan by die glanspaar Michelle en Riaan Garforth-Venter vir ‘n Boek & Koek-kuier by Delano’s in die Kolonnade Sentrum. Die Garforth-Venters sal oor hul boek Die groen strook: ’n Suid-Afrikaanse gids vir ’n groen leefstyl gesels. (Die boek is ook in Engels beskikbaar as The Green Line: A South African Guide to a Green Lifestyle.)

Die koste beloop R60,00 per persoon en sluit verversings in.

Sien jou daar!

Boek & Koek-besonderhede

  • Datum: Woensdag, 25 Mei 2011
  • Tyd: 9:30 vm vir 10:00 vm
  • Plek: Delano’s, Kolonnade Sentrum,
    Hoek van Dr. Van der Merwe Straat en Zambesi Weg,
    Montana Park,
    Pretoria | Padkaart
  • Koste: R60
  • RSVP: Graffiti Kolonnade Sentrum, 012 548 2356

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Show Me South Africa


» read article

Nou beskikbaar: Die groen strook deur glanspaar Michelle en Riaan Garforth-Venter

Die groen strookBegin vandag groener leef! Dit beteken dat jy verantwoordelik leef en dink oor jou interaksie met jou onmiddellike omgewing.

“Natuurlike habitatte en hulpbronne is in ’n krisissituasie en dis te wyte aan onverantwoordelike ontwikkeling, gierigheid en onkunde dat so baie kosbare spesies op die planeet bedreig word. Hierdie feit is vir my hartverskeurend en ek het verplig gevoel om na oplossings te soek – eenvoudige dingetjies wat ek elke dag kan doen om te vergoed vir die wandade wat die mens teen die natuur pleeg.” Met hierdie as haar lewenstaak en passie het Michelle Garforth-Venter die boek Die groen strook – ’n Suid-Afrikaanse gids vir ’n groen leefstyl aangepak.

Tot onlangs toe nog is mense wat oor die omgewing begaan was, uitgekryt as eks-hippies en as deel van die ‘sojaboonbrigade’ beskou. Maar tye verander en deesdae word jy as oningelig beskou as jy nie besef hoe dringend noodsaaklik dit is om jou leefstyl te verander nie. Om groen te leef is nie ’n modegier of groenspoeling (soos breinspoeling!) nie, dit gaan oor die noodsaaklikheid om die natuur te red en uiteindelik die donker toekoms waarmee ons toekomstige generasies belas het, te verander en te verbeter. Maar waar begin ’n mens?

Die groen strook – ’n Suid-Afrikaanse gids vir ’n groen leefstyl skop af met ’n volledige lys van terme wat jou reis tot ’n groener leefstyl maklik sal maak. Die boek word verder in die afdelings ingedeel, nl.

  • Afdeling 1 – Die wereld waarin ons leef skets ons huidige situasie en waarom dit nie meer onderhandelbaar is om ’n groen leefstyl aan te kweek nie.
  • Afdeling 2 – ’n Groener leefstyl word praktiese raad en idees gegee om jou alledaagse lewe groen aan te pak.
  • Afdeling 3 – Die groter prentjie gee inligting oor die probleme wat ons tans het met die lug wat ons inasem, grond, die diereryk, ons flora en die kuslyn en gee praktiese oplossings vir in en om die huis, die kantoor en oral elders vir die onderskeie aspekte.

Deurentyd gee Michelle en Riaan raad oor hoe hul hul eie huishouding en leefwyse groen aanpak. Dit sluit o.a. in hoe om jou eie skoonmaakmiddels en kosmetiese middels te maak, tot jou eie komposhoop, wurmplaas en selfs die voordele om hoenders op jou erf aan te hou.

Oor die outeurs

Michelle en Riaan Garforth-Venter was in 2010 Huisgenoot en You se glanspaar van die jaar. Gedurende 2010 was hul program Love and Mortar op DSTV waar hulle saam ’n groen huis ontwerp en laat bou het. Riaan is bekend as die immer gewilde Die Nutsman van SABC2-faam en Michelle as aanbieder van Wild Ltd en No Reservations wat onderskeidelik op SABC 2 en 3 uitgesaai was.

Boekbesonderhede


» read article

Nuwe stokperdjie-boeke: Hekel vir die lekker en Kruie van tuin tot tafel

Hekel vir die lekker

Hekel vir die lekkerIn Hekel vir die lekker word al die ontwerpe volledig met volkleurfoto’s, diagramme en noodsaaklike hekel-inligting toegelig en word daar hekeldraad gebruik wat algemeen in Suid-Afrika beskikbaar is.

Interessante variasies bied aan die hekel-entoesias kreatiewe opsies om elke skepping uniek te maak. Die moeilikheidsgraad word by elke patroon aangedui en die wye verskeidenheid bied aan die beginner sowel as die gevorderde genoegsame keuses.

Dit sluit die volgende afdelings in:

  • Volledige inleiding oor basiese steke, hekelpenne en hekeldraad
  • Somer- en winterpatrone vir vroue
  • Moderne juwele en bykomstighede
  • Vrolike speelgoed en truie vir babas en kinders
  • Interessante huis- en dekoritems

Oor die outeur

Karen Adendorff is die samesteller van Brei vir die gesin en saam met Tootjie Niemand die samesteller van Naaldwerk-inspirasies.

Kruie van tuin tot tafel

Kruie van tuin tot tafelHalfpad deur die resep en jy besef jy het nie al die nodige kruie nie. Is jy moeg om kruie ten duurste in supermarkte te koop net om by die huis uit te vind dat hulle al aan die onderkant begin swart verkleur?

Kruie van tuin tot tafel bied jou die oplossing.

Jy kan leer om jou eie kruie te kweek en sodoende sorg dat jy nie duur betaal vir kruie nie en ook op ‘n gereelde basis kruie tot jou beskikking het. Die boek wys jou hoe om kruie te verbou en te oes. Van potte tot beddings in jou tuin. Kies uit die kruiekatalogus watter krui jy wil plant en volg die riglyne om jou eie kruie te kweek. Oes en stoor jou kruie uit jou tuin – ontdek wenke oor hoe om kruie te pluk, af te stroop, te kap, rol en op te sny. Leer dat kruie vir kosmetiese, aromatiese en kombuis gebruik is. Maak jou eie kruiebadsakkie of potpourri. Kook heerlike disse uit meer as 60 resepte om van te kies insluitend botter, asyne en olies, marinades, slaaie en slaaisouse en vele meer.

Oor die outeur

Marie Greyvenstein woon in Alexandria , ‘n pragtige klein dorpie oos van Port Elizabeth . Dit is hier waar sy begin belangstel het in alle aspekte van kruie. Sy het nagelees en geëksperimenteer en besef dat ander mense ook mag belangstel daarin om hulle eie kruie te kweek van tuin tot tafel. Kruie van tuin tot tafel is haar tweede boek, haar eerste boek Kook met kruie en speserye het in 1999 verskyn.

Boekbesonderhede


» read article