Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Film’ Category

Filmverwerking van Jaco Jacobs-roman begin binnekort speel

Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word
“My naam is Martin Retief. Ek is dertien jaar, elf maande en twaalf dae oud. My ma noem my Martin, maar almal by die skool noem my Hoender. Ek hou daarvan om dinge te tel.”

Hoender Retief se hele lewe verander een middag toe sy pa op pad huis toe by ’n winkel stilhou om ’n snoek te koop.

En terwyl sy gesin probeer om hul verlies te verwerk, versorg hy sy Leghorn-hoenders, verkoop eiers aan die mense op die plotte en doen saans wiskunde as hy sukkel om te slaap. Maar op ’n dag ontmoet Hoender vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly wat na iemand vernoem is. Drikus wat daarvan droom om sy eie zombiefliek te maak.

Wat volg, is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.

’n Hartroerende en dikwels humoristiese grootwordverhaal wat ’n ongewone blik bied op gesinne, vriendskap, die hantering van verlies … en langdeelsomme.

Die film Nul is nie niks nie, gegrond op Oor ‘n motorfiets, ‘n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word begin eersdagaags in teaters draai.

Fliekvlooie en boekliefhebbers kan hulle vanaf 7 Julie bioskoop toe wend om dié rolprent, waarvan Morné du Toit die regie behartig, te kyk.

Klik hier om jou kyk-lus met die voorprent aan te wakker.

Boekbesonderhede


» read article

Die ideale rolverdeling vir Opdrag van oorkant deur Alta Cloete – sou dit verfilm word

Na aanleiding van Helen Schöer se resensie van Alta Cloete se roman Opdrag van oorkant – waarin sy sê “dié boek sal ’n wonderlike Afrikaanse kunsfliek maak” – het Books LIVE en LAPA ‘n kompetisie geloods om uit te vind wie dink lesers sal die verskillende rolle vertolk.

 

* * * * * * * *

 

Opdrag van oorkantWanneer die bejaarde boer, Theresa Beyers se eksman, die geliefde Afrikaanse skrywer Coenraad Beyers sterf, bring die ongewone versoeke in sy testament haar te staan voor die vrou vir wie hy haar verruil het. Vir albei wag daar egter ’n verrassing in die vorm van die jong en swanger Cheryl-Anne Fortuin, wat toe veel meer as Coenraad se persoonlike assistent was. Ook Anna Philander, wat oënskynlik bloot die Beyers-gesin se huishulp was, kom prominent na vore.

Met die strooi van sy as op sy geboorteplaas en die boektoer om sy outobiografie bekend te stel, word die vroue gedwing om hulle verhouding met Coenraad, hulle foute van die verlede en hulle drome vir die toekoms te konfronteer.

Die boekgesprekke word gelei deur Coenraad se uitgewer Anthonie Binedell, self bejaard en klaarblyklik ernstig siek. Aanvanklik dien hy bloot as katalisator, maar hy word spoedig dieper betrek by die vroue se komplekse verhoudings.

Ten spyte van hulle diepgaande verskille word Theresa, Anna, Lisa en Cheryl-Anne in ’n ongemaklike eenheid saamgesnoer deur die wete dat hulle deelname aan die boektoer vir Cheryl-Anne in staat stel om ’n finansiële toekoms vir haar kind te verseker. Beide Theresa en Lisa word opnuut gedwing om hulle kinderloosheid in die gesig te staar en vind ook die rede daarvoor uit.

Die skrywer ondersoek die onregverdige mag wat ’n geliefde uit die dood oor die agtergeblewenes kan hê en stel ook die vraag of almal in die Nuwe Suid-Afrika werklik al so gelyk is soos ons graag wil glo. Die tema van verganklikheid staan ook sentraal in die verhaal.

 

* * * * * * * *

 

Die antwoorde het ingestroom, maar ons het die meeste gehou van Danica Gouws se voorstelle en daarom is sy die gelukkige wenner van ‘n LAPA-boekpak. So lyk haar rolverdeling vir Opdrag van oorkant, sou dit verfilm word:

Coenraad Beyers

Dawid Minnaar


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Anna Philander

Sharlene Surtie-Richards


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Theresa Beyers

Antoinette Kellerman


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Lisa Beyers

Heléne Lombard


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Cheryl-Anne Fortuin

Tammy-Anne Fortuin


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Anthonie Binedell

Marius Weyers


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Willem Smit

James Alexander


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Stem julle saam met haar keuse? Laat weet ons op Facebook, Twitter of in die kommentaarspasie hieronder!

Indien jy nog nie Cloete se jongste roman gelees het nie en nou lekker nuuskierig is, hier is ‘n uittreksel uit Opdrag van oorkant:

 

* * * * * * * *

 

   Theresa tel die aand net mooi haar breiwerk op toe die telefoon lui. Dis nog skaars herfs, maar hulle het alreeds die verwarmer uit die gangkas loop haal. Sedert die tyding van Coenraad se dood hier aangekom het, kry sy alewig koud. Dit laat haar teensinnig dink aan daardie eerste winter nadat hy weg is, sy was liggaam en siel deurdrenk van die koue. “Sal jy vir ons kry, Antjie? Dis tog seker maar een van jou kinders.”
   “Is net moeilikheid as hulle so baie bel.” Anna skuif haar hekelwerk eenkant toe, die bont kombersie bly hang in vrolike voue oor die stoel se armleuning. Sy staan swaar uit die leunstoel op. Antjie het onder haar oë oud geword, nog kleiner geword, ’n bietjie krom. Die jare wag inderdaad vir niemand nie. Maar Antjie het vyf kinders en ’n wavrag kleinkinders wat oor haar gaan treur as sy die dag haar twee oë vir ewig sluit. Sy het niemand nie.
   Hoe het dit gebeur dat sy so diep alleen geword het? As Coenraad haar nog ’n kind gegun het . . . Nee.
   “Jou moeilikheid, nie myne nie.” Anna bring die koordlose foon met ’n flikkering in die oë nader.
   “Wie?” vorm sy met haar mond terwyl sy teensinnig die ding aanvat. Sy het nie ’n goeie gevoel hieroor nie. Sy het nie ’n goeie gevoel oor enigiets wat haar lewe in die onmiddellike toekoms kan inhou nie.
   “Hallo.”
   “Theresa? Anthonie hier. Hoe gaan dit?”
   Amper laat val sy die foon. Anthonie Binedell. Die ene hartlikheid, ná soveel jare. Wel, van haar moet hy nie hartlikheid verwag nie. “Jy wil nie regtig weet hoe dit met my gaan nie.”
   “Dis ’n wonderlike geleentheid wat Coenraad julle gee, Theresa.” Ewe sagmoedig, klink nogal nie of hy op die oorlogspad is nie. Dalk het hy ook maar nie ongeskonde deur die jare tussenin gekom nie, het die lewe hom ook intussen ’n bietjie gemaal en die harde kantjies afgeslyt.
   “Geleentheid om te wat? Om my vuil wasgoed in die openbaar te loop was en mooitjies uit te hang vir die hele land om te aanskou? En dit vir geld?”
   “Geleentheid om iets van Coenraad se lewe te leer, om hom van voor af te leer ken. Om vir Lisa en Cheryl-Anne te leer ken en dalk ’n klein bietjie te leer verstaan. ’n Bietjie te toer, in lekker gastehuise te bly, Coenraad se lesers te ontmoet. Genoeg geld te verdien om jou oudag in weelde deur te bring.”
   “En hoekom sou ek nou ’n enkele een van dié goed wou doen? Ek is doodgelukkig waar ek is, dankie.”
   “Wanneer was jy laas van die plaas af weg, Theresa? Wanneer het jy laas mooi aangetrek en iets lekkers gedoen? Die lewe is kort, weet jy?”
   Eeue gelede. Wel, behalwe vir die mooi aantrek, dié het sy een keer vir Coenraad se strooi gedoen en nou is dit verby. Verder as kerk toe, bank en koöperasie toe kom sy nie juis meer nie. “Wat weet jy van my lewe? Dit het niks, maar niks met jou te doen wanneer ek laas wat gedoen het nie.”
   “Coenraad het steeds vir jou omgegee, Theresa. Hy wou vir oulaas vir jou iets besonders doen, vir jou iets gee.” Die man het altyd ’n mooi stem gehad. Dis dieper, growwer nou, maar op ’n manier inniger. Die ouderdom gaan genadiglik niemand verby nie.
   “Coenraad skuld my niks. Hy het my destyds die plaas gegee.” En hy wou haar nie ’n kind gee nie. Een mislukking, en hy – wat nie die skandekind onder sy hart gedra en in die wêreld ingeworstel het nie – het nie kans gesien vir nog ’n keer nie.
   “Hy het al die jare skuldig gevoel omdat julle kinderloos gebly het.” Klink of Coenraad vir Anthonie dinge gesê het wat hy liewer vir sekere ander mense moes gesê het.
   “En toe loop maak hy ’n kind by ’n skepseltjie wat self nog ’n kind is.”
   “Cheryl-Anne is amper dertig, Theresa. En allesbehalwe ’n skepseltjie. Sy is ’n hoogs begaafde vrou wat nog ver gaan kom in die boekbedryf.”
   “Natuurlik, ja, deur vir die res van haar lewe op Coenraad se rug te ry.”
   “Wanneer het jy so ’n ou suur vrou geword, Theresa?” Coenraad het destyds gelag vir Anthonie se reguit manier van doen. He doesn’t call a spade a spade, he calls it a fucking shovel, het hy graag gesê. Destyds was sy geïrriteerd en in die gesig gevat oor die kruheid, dit was jare voor sy self die ontladingskrag van die f-woord ontdek het.
   “Ek is nie ’n suur . . .”
   ’n Sagte laggie wat haar nekhare orent laat staan van irritasie. “Jy is, Theresa, jy klink nie na ’n gelukkige mens nie. Luister na jouself, dink ’n bietjie. Moenie hierdie present van Coenraad van die hand wys nie, ek vra jou mooi.”
   “Jy kyk maar net na jou eie bankbalans, Anthonie.”
   “Natuurlik, ek is ’n besigheidsman. Maar Coenraad was ook my vriend, dit weet jy tog. Hy het al die jare my vriend gebly. Ons het heel dikwels oor jou gepraat, weet jy?”
   Sy wil definitief nie weet nie. “Oor my? Vir wat?”
   “Jy was Coenraad se eerste liefde, Theresa.”
   “Wel, helaas nie sy laaste nie.”
   “Jy sal beter verstaan as jy die boek lees.” Natuurlik ken hy die boek soos die palm van sy hand, hy het die ding help maak. Hy weet wat in Coenraad se kop aangegaan het, hy weet dinge wat sy nie weet nie. En wat sy nie weet of sy dit wil weet nie. Die gevoel van uitgesluit wees, van in die duister wees, is nie ’n lekker gevoel nie.
   “Ek wil nie die boek lees nie. Ek wil nie saam met julle deur die land toer en oor Coenraad praat nie.” Wat natuurlik die keuse van ’n lafaard is. Maar besonder dapper voel sy nou regtig nie. Eerder bang, vrekbang, soos een wat in die donker staan en tas en nie weet waar hy ’n geraamte gaan raakvat nie.
   “Dink weer, Theresa, dink goed.” Ja, daardie stemtoon onthou sy. Baie redelik, as hy reken dis nodig. Vir Coenraad kon hy daardie tyd om sy pinkie draai. Sy onthou vele gesprekke langs die kombuistafel, gesprekke wat uiteindelik daartoe gelei het dat Coenraad kastig tydelik van die plaas af weg is. En kort voor lank het tydelik permanent geword.
   “Tot siens, Anthonie.”
   “Tot wedersiens, Theresa.”
   Sy loop reguit na die drankkas toe, bedink haar toe en gaan skakel maar liewer die ketel aan. Sy sal Coenraad nie toelaat om haar op haar oudag tot drank te dryf nie.

Boekbesonderhede


» read article