Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Fiction’ Category

Lizzie de Villiers besef uiteindelik sy het haar man van die afgelope 28 jaar nie meer lief nie. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf?

Die einde van die storie

Apatie het in hulle huwelik ingesluip en ’n sluwe derde huweliksmaat geword. Dit het al hoe groter geword, gevoed deur die stiltes tussen hulle wat langer geword het” (bladsy 8).

 
Lizzie de Villiers besef uiteindelik sy het haar man, Marthinus, nie meer lief nie. Hulle is reeds 28 jaar getroud. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf?

Dié insig bring verdere vrae: Kan die ou liefde weer kan laat ontvlam? Moet hulle in hierdie limbo vasgevang bly? Moet sy haar eie paadjie stap?

Marthinus stem egter nie met Lizzie saam nie. Volgens hom is daar niks verkeerd nie. Hy wil hê Lizzie moet bly, of sy nou lief is vir hom of nie. Lizzie se vertwyfeling bring haar egter nader aan die ander vroue in haar lewe; elkeen bring met ʼn unieke perspektief.

Dit is net hulle dogter, Estelle, wat verder van Lizzie wegdryf. Die konflik tussen haar ouers veroorsaak dat Estelle op die ouderdom van vier en twintig skielik soos ʼn tiener optree.

Wanneer ’n geleentheid opduik om afstand te kry tussen Lizzie en Marthinus, gryp Lizzie dit met albei hande aan. Afstand bring insig, vir albei huweliksgenote. Sal hierdie huwelik die toets deurstaan, of dalk juis nie?

Santie van der Merwe se skryfwerk word gekenmerk deur deurleefdheid en fyn humor. Sy word geloof daarvoor dat haar werk van deernis met die mensdom spreek, gestroop van oordadige beeldspraak of hogere taalgebruik. Die einde van die storie is Santie se vyfde roman. Sy het ook al tydskrifverhale geskryf en in 2017 word haar kortverhaal, “Pers”, opgeneem in die US Woordfees se kortverhaalbundel, Wys.

Pryswoorde
Chanette Paul sê van Ver in die wêreld Kittie: “Santie wurm haar so diep in die weefsel van menswees in, dit kan nie anders as om die leser te affekteer nie. Hierdie manuskrip het ’n soet hartseer by my ontketen en my ontroerd en selfs ʼn klein bietjie ontredderd gelaat. Haar deernis met die mensdom spreek uit haar werk soos min skrywers haar dit kan nadoen.”

Madri Victor sê op Goodreads van Gelyke kans: “Wat ’n lekker debuut! Onvoorspelbare plot, lewendige karakters wat méns is en net genoeg spanning om jou vasgenael te hou. Gelyke kans hanteer die ou tema van egbreuk en mans wat in hulle middeljare groener, jonger weivelde soek, op ’n vars manier.”

Alta Cloete skryf op BooksLive: “Gelyke kans is ’n welkome toevoeging tot Afrikaans se skat van moderne, geloofwaardige liefdesverhale en nog ’n stappie in die proses van lekkerleesboeke (ontspanningslektuur) om hulle regmatige plek langs die letterkunde in te neem.”

’n Leser sê op Goodreads van Vandat jy weg is: “Toe ek die eerste boek, Gelyke kans, klaar gelees het, kon dit nie hoog of laag nie, ek moes onmiddellik die opvolg in die hande kry. Dis ’n vars, nuwe skrywerstem in Afrikaans en ek hoop ons gaan nog vorentoe baie boeke van haar te lese kry. Dis ’n anderste soort liefdesverhaal, wat mens plek-plek hartseer maak, oor verbreekte vertroue en verspeelde kanse. Maar uiteindelik maak jy die boek toe met ‘n tevrede gevoel.”

Yolande Wessels sê op LitNet van Anderkant vergeet: “Santie van der Merwe se jongste roman, Anderkant vergeet, is beslis iets wat meeste liefhebbers van Afrikaanse liefdesverhale in hul versameling sal verwelkom; ’n roman wat ’n indruk op jou sal laat en wat beslis nie vergete sal wees nie.”

Boekbesonderhede


» read article

Splinternuut! Twee e-boek romanzas vir slegs R29, 99 elk

Man met ’n Hart
Marilé Cloete

Jacques het nog nooit ’n moeilike vrou soos Jackie ontmoet nie, maar wegbly kan hy nie. Jackie het ná haar eksverloofde haar gelos het mure om haar hart gebou en sy is nie van plan om dit nou te laat verkrummel nie. Maar Jacques laat hom nie stuit nie en sy besef hy is ’n groot gevaar vir haar hart.

Klik hier om die e-Pub vir ‘n foon of ‘n tablet te koop en hier vir die Kindle-weergawe.
 
 
 
 
 
 
’n Ridder vir Sanna
Sophia Kapp

Met die eerste oogopslag, herken Sanna vir Dewalt as die een wat haar liefde waardig is. Maar albei dra swaar aan hul verlede. Sal hulle die struikelblokke in hul verlede kan oorkom en saam geluk vind?

Klik hier om die e-Pub vir ‘n foon of ‘n tablet te koop en hier vir die Kindle-weergawe.


» read article

Innie skylte vannie Jirre vir die neënde maal herdruk

Innie skylte vannie JirreInnie skylte vannie Jirre is ‘n beduidende uitbreiding van die blitsverkopertjie, Die Griekwapsalms en annerlike goeterse yt die Woord yt.

Nóg meer Bybelgedeeltes word poëties getransponeer, sodat die betekenis van die Woord in die leser opnuut ontroer en binnetoe laat dink.

Boekbesonderhede


» read article

Jojo Richter is terug!

PaaiboelieChanette Paul se ondersteuners sal bly wees om te hoor Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël en Ewebeeld is terug.

Hierdie enigmatiese privaat ondersoeker word gehuur om uit te vind wat werklik sewe jaar gelede in die skatryk Eduard Swiegelaar se studeerkamer gebeur het. Hy is daardie dag, ten aanskoue van sy heelwat jonger, sexy trofeevrou, Zaan Mentz, doodgeskiet.

Zaan het ’n redelike rykdom verkry toe haar ouer man dood is, en daarom trek sy in op Crystal Crags, een van die mees eksklusiewe landgoedere in die land. Haar keuse van dié landgoed hang saam met die puik sekuriteit, want sy weet wat in daardie studeerkamer gebeur het, en sy vrees vir haar lewe.

Dit neem egter nie lank voor Jojo en Zaan agterkom dat vreemde goed ook binne die veilige mure van Crystal Crags gebeur nie. Is dit toe te skryf aan die bonatuurlike? Die plaaslike inwoners vertel graag dat die landgoed binne die Duiwelsdriehoek lê, ’n plek waar dinge en mense sommer wegraak.

Die stories loop dik, en hoe dieper Jojo grawe, hoe meer besef sy iets is nie pluis nie.

Terwyl Jojo die geheim van ’n enkele oggend se gebeure ontrafel, dobber die geheime, wat vir langer as ’n honderd jaar op Crystal Crags verswyg is, geleidelik boontoe. Zaan staan skielik in die brandpunt. Hoe lank sal dit neem voor haar veilige blyplek ’n tronk word waaruit sy nie kan ontsnap nie?

Chanette Paul het reeds in verskeie genres gepubliseer, maar met haar spanningsromans, wat sedert 2007 verskyn, vind sy werklik haar nis. Die storie staan sentraal, maar vir die ernstige leser is daar allerlei weggesteekte lekkernye wat tussen die verweefde storielyne verpak word.

Boekbesonderhede


» read article

Sluit aan by Lapa se RomanzaKlub – jy verdien dit

By LAPA Uitgewers gee ons maandeliks vier lekkerlees-liefdesverhale uit. Dit verskyn onder die reeksnaam, Romanza.

Het jy geweet?
· Wanneer jy ’n romanse lees, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel.
· Dit verlig stres op ’n natuurlike manier.
· Romanzas voer jou weg na ’n plek waar mans ridders is en liefde heel maak.

Bederf jouself met ons liefdesverhale.

Jy verdien dit.

Sluit aan by RomanzaKlub teen R115,00 per maand en ontvang as lid die volgende voordele:

- Ontvang twee Romanzas elke maand vir slegs R115,00

- Bestel jou derde en vierde Romanza vir slegs R45,00 elk

- Jy kry 50% afslag op alle SuperRomanzas

- Ontvang ’n gratis ses-maande subskripsie tot rooi rose

- Jy kry 30% afslag op alle LAPA-boeke (dit sluit Romanza, afgemerkte boeke of enige ander spesiale aanbiedinge uit). Hierdie bestellings kan telefonies geplaas word by 012 401 0700 of via epos by lidav@lapa.co.za. *Slegs vir bestellings, nie vir aansluiting by die klub nie

- Die liefdesverhaal, Droomman, word eksklusief aan nuwe lede gestuur en is geteken deur die skrywer, Magdaleen Walters

Klik hier vir meer inligting.


» read article

Vier romanzas vir die winter

Bernadine en die babawagter
Arien Lubbe

Bernadine stel iemand aan om na haar driejarige seuntjie te kyk. Miké se CV beïndruk haar die meeste so sy kry die pos. Maar dan blyk “Miké” eintlik Michael te wees – ’n onbeskryflik aantreklike en baie manlike ingenieur!
 
 
 
 
 
 
Alles is perfek
Dina Botha

Die weduwee en sterrekundige, doktor Emma Holbrook, se toekomsplanne sluit nie ’n babadogtertjie in nie. Sy wil vir NASA werk en gaan haar kind laat aanneem. Maar die aantreklike dokter Simon Krynauw, wat haar dogtertjie wil aanneem maak haar hart baie deurmekaar.
 
 
 
 
 
 
Die dokter se rare fobie
Trudy Reinhardt

Roseanne se ses-maande-verblyf op die pragtige St Francisbaai word deur haar tydelike kollega, Sean Byrne, ontsier. Sy diagnoseer hom met ’n rare vrees vir velkontak. Maar die vraag is, het Sean werklik ’n vrees vir kontak of hou sy fobie eerder verband met blondines, waarvan Roseanne een is?
 
 
 
 
 
 
Die paartjieknoper
Ida Bester

Annelle is ’n paartjieknoper, maar sy wil nie liefde vir haarself vind nie. Toe sy egter in Christiaan Verwey se oë kyk, is sy nie meer so seker sy wil Kupido se pyl ontwyk nie.

 
 
 
 
 
 

Boekbesonderhede


» read article

“Soet kinders maak nie goeie stories nie” – Fanie Viljoen gesels oor sy jeugromans

Fanie Viljoen het destyds kritici, lesers, ouers, en onderwysers aan die gons gehad oor sy debuutroman BreinBliksem. Sedertien het Fanie uitgebrei na kinderboeke, en romans vir jonger tiener lesers. Hier gesels hy oor die noodsaaklikheid van kwessies soos homoseksualiteit in skole bespreek, die rol wat musiek in sy boeke speel, die subtiele gevare van tegnologie, en faktore wat daartoe lei dat mense gewelddadig optreee.

Buiten jou jeugverhale, skryf jy ook kinderboeke. Hoe verskil die uitdagings wat jy met die skryf van die twee afsonderlike genres ervaar?

Die ontwikkelingsvlak van kinders verskil geweldig van jaar na jaar. ’n Mens moet dus baie versigtig wees vir die tipe stories wat jy vertel en hoe jy dit vertel. Met jeugverhale kan jy meer waag wat temas betref, veral vir ouer tieners.

Die risiko’s wat aan ons maklike/oombliklike toegang tot die internet geheg word, word in jou boeke ondersoek. Brei bietjie uit hieroor?

Tegnologie is baie belangrik vir jongmense, en hulle boeke moet dit weerspieël. Ek hou daarvan om soms die spanning op te jaag as die tegnologie nie werk nie, byvoorbeeld as ’n selfoonbattery pap is wanneer jy hulp wil ontbied. My boeke waarsku ook subtiel teen die gevare van tegnologie, soos die gebruik van sekere apps of kuberkrakery.

Uit handel oor ’n tienerseun wat worstel met sy seksualiteit. Wat is jou opinie oor hoe homoseksualiteit deur Afrikaanse gemeenskappe ontvang word? Dink jy daar word genoeg opbouende, deurdenkte gesprekke daaroor gevoer? Word daar genoeg daaroor geskryf in jeugromans?

Die aanvaarding van homoseksualitiet verskil grootliks in ons land. By sommige skole het die kinders nie ’n probleem daarmee nie, maar by ander skole kan ek sien hoe die atmosfeer dadelik verander as die onderwerp opkom. Daar was al ook ’n skool wat gevra het dat ek nie oor Uit moet praat nie. Dit is juis daardie skole wat dit nodig het. Daar moet gepraat word, want in elke skool is daar ’n paar kinders vir wie die boek bedoel is. Die tieners moet weet hulle staan nie alleen nie. Ons jeugromans begin al hoe meer in die tema delf. Marion Erskine se onlangse jeugroman Vlerke vir Almal vir almal spreek dit ook as subtema aan.

Uit

Een hoofstuk in Pleisters vir die Dooies se titel heet ‘Ultrageweld’; hierdie is ‘n direkte verwysing na die hoofkarakter in Anthony Burgess se Clockwork Orange, Alex, en dié se droogs se gunsteling tydverdryf (“ultra violence”). Die ongure karakters wat die protagonis raakloop herinner ook aan Alex en sy droogs. Beide BreinBliksem en Pleisters vir die Dooies bevat tonele van ultrageweld. Hoe gaan jy teweeg om bloeddorstige tonele te skryf, en wat dink jy ‘veroorsaak’ gewelddadige gedrag in ’n mens? (Die protagonis in PVDD skryf sy geweld-drange aan rekenaarspeletjies toe, maar tog…)

Ek laat my deur my skrywersinstink en die karakters lei wanneer ek so ’n toneel sou skryf. Dit moet getrou wees aan die storie en pas by die karakter se motivering. Daar is verskeie kriminologiese teorieë vir geweld en misdaad. Om net rekenaarspeletjies die skuld te gee, is simplisties. Frustrasie, ouers se onbetrokkenheid, boeliery en toegang tot wapens is van die redes.

Breinbliksem
Pleisters vir die dooies

Verwysings na musiek en musikante verskyn deurlopend in jou romans (van Korn in BreinBliksem tot Foster the People en Leonard Cohen in Pleisters vir die Dooies en selfs jou eie skepping, Koelkop, in Spring). Wat beteken musiek vir jou, en watter rol speel musiek in tieners se lewens?

Musiek word die klankbaan van ’n mens se lewe. Elke jeugverhaal wat ek skryf het ook ’n klankbaan. Dit help my om in die karakters se koppe te klim. Vir Pleisters vir die Dooies het ek byvoorbeeld herhaaldelik na Nick Cave se “Mercy Seat” geluister omdat dit byna soos ’n mantra is.

Swendelaars en groepsdruk steek ook gereeld kop uit in jou boeke. Om watter rede skryf jy oor tieners/jong volwassenes se begeerte om deur hulle portuurgroep en/of ouer, cooler, meer ervare mense aanvaar te word?

Die behoefte om aanvaar te word is steeds ’n kwessie vir die meeste tieners. Dis deel van die grootwordproses, ons wil iewers behoort, selfs al is dit by die groep kinders teen wie jou ouers jou gewaarsku het. Om dan te lees hoe daardie behoefte jou in die moeilikheid laat beland, sorg vir ’n lekkerleesboek. Soet kinders maak nie goeie stories nie, of altans nie die stories wat ek wil lees nie.

Boekbesonderhede


» read article

“Hendrik weet hy het nie die seun geskiet nie, maar hoe bewys hy dit?” Heiliger is ’n aangrypende regsdrama deur Dibi Breytenbach

Hendrik skiet uiteindelik ’n sluwe rondloperhond. Die eerste koeël mis rakelings, maar die tweede is sekuur. Nou is die oud-soldaat in ’n goeie bui. Dit is byna Kersfees en dinge tussen hom en Amalia wil-wil lyk of dit kan uitwerk.

Toe gebeur dit: Die plaaslike speurder, Buthelezi, daag op en slaan Hendrik in boeie. Die klag? Sy buurman se seun is dood en daardie opslagkoeël word verdink.

Dadelik word hierdie insident ’n rasse-voorval, want die seun is swart. Die gemeenskap is woedend en die onbevoegde blanke speurder wil wys dat hy nie ’n wit man sal laat wegkom met moord nie.

Hendrik weet hy het die seun nie geskiet nie, maar hoe bewys hy dit?

Die teks is briljant, want so gereeld gebeur dit dat stinkryk mense wegstap van ’n moordsaak op grond van tegniese punte. Die publiek voel dan verraai. Nou gooi Breytenbach die leser in die diepkant in, want ons het simpatie met Hendrik, maar die redes waarom die reg nou skynbaar onreg pleeg teenoor hom, is presies dieselfde wat ons as gewone sterflinge vra wanneer tegniese detail in hofsake ter sprake kom.

Saam met Hendrik beleef ons magteloosheid in die stinkende tronk- en hofselle terwyl die regslui en die polisie kibbel.

Breytenbach is ’n regsgeleerde en met hierdie boek sleep sy die leser saam met haar. Dit is ’n naelbyter, want natuurlik wil almal weet hoe die seun gesterf het. Gaan Hendrik oud word in die tronk?

Stukkie vir stukkie word die gebeure aanmekaar gelas en die reg se tentakels word beleef soos nog nooit te vore in Afrikaans nie.

Dibi Breytenbach se eerste twee boeke was goed. Hierdie een plaas haar onder die voorste krimiskrywers in ons land. Heiliger sal ewe goed verstaan word in plekke soos die VSA waar die onreg van die regsproses dikwels afhang van ’n mens se geld, aldan nie.

Boekbesonderhede


» read article

Vier romanza titels vir die winter

Liefde vir ’n vlinder
Didi Potgieter

Emma Parker vlug van haar weelderige lewe in New York om as huishoudster vir Pieter Joubert op sy Bosveldplaas te werk. Hy het in die verlede ’n groot bloutjie met ’n rykmansdogter geloop en gaan Emma ten alle koste vermy …
 
 
 
Romanse in rock
Marilé Cloete

Beth kan haar “Groot Liefde” – Bruce Springsteen – se konsert in Noorweë bywoon. Sy moet net eers die vlug soontoe met die aantreklike Etienne Benade aan haar sy oorleef. En nie op hom verlief raak nie, want hy het ’n meisie.
 
 
 
Liefde in die KarooLiefde in die Karoo
Rika du Plessis

Karin verloor haar loopbaan, balletskool en kêrel na ’n ongeluk. Vir ’n nuwe begin trek sy na die Karoo en ontmoet Jaco – die man wat sy verantwoordelik hou vir die ongeluk. Omstandighede gooi hulle keer op keer saam en stadig vind hulle harte mekaar.
 
 
 
Die plaasvervanger
Die plaasvervanger
Magda Schmidt

Linda se suster vra haar om ’n kind by haar man te kry om haar huwelik te red. ’n Verbode liefde vir haar swaer ontwaak in haar hart, terwyl haar eie held geen passie in haar wakker maak nie.

 
 

Boekbesonderhede


» read article

Elsa Winckler se volgende omnibus is hier

Hoe diep die liefde lê
Elsa Winckler

Elsa Winckler se vorige omnibus, Liefde langs die Eersterivier het lesers laat vra vir nog. LAPA het geluister. Hierdie omnibus bestaan weer uit drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas: Waar liefde lê, Want daar’s skoenlappers en Heldergeel dag.

Waar liefde lê: In Lana se kort joernalistieke loopbaan vertrou die redakteur haar net met berigte oor celebs, tot sy die dag ’n kollega moet uithelp toe ’n omgewingskundige ’n lesing gee.

Nie dat dit haar opgewonde het nie, want sy wil oor politiek verslag doen, nie oor “groen aktiviste wat bome loop en omhels” nie.

Niemand het haar egter gesê hierdie groen aktivis is so lenig en het sulke blou oë nie; ook nie dat sy passie veel intiemer kan word nie. Hoe klink ’n klimekspedisie Kilimandjaro toe saam met ’n man wat nie net bome omhels nie?

Die probleem is egter: niemand het vir hóm gesê Lana het ’n doodse vrees vir berge nie.

Want daar’s skoenlappers: Gemma is ’n mediese dokter en Nick ’n oorlogsfotograaf.

Boonop is Gemma se broer met Nick se suster getroud. Hierdie twee aangetroude familielede het die talent om mekaar verkeerd op te vryf, want kort-kort is daar ’n uitval.

Wat hierdie situasie ietwat eienaardig maak, is dat hulle nie hulle hande van mekaar kan afhou nie en gedurig in mekaar se gedagtes is.

Toe Nick saam met ander oorlogsfotograwe in Libië gevange geneem word en Gemma terselfdertyd siek word in Haïti, is dit asof ’n onsigbare mag hulle na mekaar toe aantrek.

Heldergeel dag: Vir ’n wynmaker soos Cara is dit sommer ’n helderblou dag wanneer iets goeds gebeur.

En ’n heldergeel dag wanneer daar nou regtig iets wonderliks gebeur.

Met haar vriendin se broer, Henry, in die omgewing kan die geelste dag egter vaal word. In al die jare sedert sy hom leer ken het, kon hulle mekaar nie verdra nie. Of dink hulle net so omdat hulle eintlik te veel van mekaar hou? Die man se lang lys verskonings help Cara egter net mooi niks!

Boekbesonderhede


» read article