Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Facebook’ Category

Die moets en moenies van boekbemarking op Facebook: Alta Cloete het raad

Sukkel jy om te verstaan of besluit wat jou benadering moet wees ten opsigte van die internetbemarking van jou boek?

Alta Cloete – outeur van die Seisoene-reeks (Seisoen van genade, Seisoen van vergifnis, Seisoen van vervulling en Seisoen van lig en donker) – het raad!

Seisoen van genadeSeisoen van vergifnisSeisoen van vervullingSeisoen van lig en donker

 
Cloete maan, met ‘n tong in die kies, oor die dinge wat jy liefs nie moet doen nie, en deel praktiese raad en wenke oor wat werk – veral waar Facebook ter sprake is.

Die ervare skrywer sluit af deur te skryf: “Hierdie metode waarborg ongelukkig nie verkope nie. Maar dit gaan jou ten minste talle vriende in die sak bring en jou lewe verryk. Want dis waaroor dit eintlik op Facebook gaan: verhoudings.”

Lees die artikel:

Hoe om jou boek (of enigiets anders) op die internet te bemark:

1. Bou oor ʼn lang tydperk (bv. terwyl jy jou boek aan die skryf is) ʼn ondersteunersbasis op op Facebook en/of Twitter of enige ander platform(s).
2. Wees ʼn positiewe teenwoordigheid op die forum(s) wat jy kies. Bou vriendskappe op. Gee voorkeur aan verhoudings, moenie net op jouself en jou werk fokus nie.
3. Ondersteun ander skrywers en gee erkenning aan hulle werk.

Boekbesonderhede


» read article

Word die hoofkarakter van Seisoen van genade se vriend op Facebook

Seisoen van genadeKarla du Preez, die hoofkarakter van Alta Cloete se nuwe roman, Seisoen van genade, is op Facebook! Jy kan die karakter se vriend word, lees wat sy op haar “muur” skryf en met haar kommunikeer.

Mees onlangs het Karla geskryf: “Dit was vandag te koud vir strand toe gaan. Maar Woensdagaand kom eet en draf Chris by my. En die naweek ry hy saam na my geboorteplaas toe. Dis tyd dat ek die spoke uit die verlede in die gesig kyk. En ja, ek dink ek het my in ‘n ding begewe”.

Lees ook wat die skrywer oor haar karakter te sê het:

Karla du Preez is ‘n bondel komplekse. Op die oog af lyk sy nie juis na ‘n geskikte hoofkarakter vir ‘n inspirerende liefdesroman nie.

Sy is pragtig, maar besef dit nie regtig nie (wat dalk ‘n goeie ding is – wie wil nou met ‘n windgat hoofkarakter opgeskeep sit?).

Boekbesonderhede


» read article