Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Events’ Category

Kom vier Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek met Susina Jooste en Henk Stander in Stellenbosch

Uitnodiging na die bekendstelling van Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek

 
Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboekSouth African Fish and Seafood CookbookLAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek, ook in Engels beskikbaar as South African Fish and Seafood Cookbook.

Die skemerkelkie vind plaas op Vrydag, 27 November by The Private Hotel School en begin om 17:30 vir 18:00.

Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek haal die vrees uit die voorbereiding van vis en is saamgestel deur twee kenners: Jooste is die direkteur van The Private Hotel School en Stander is ’n ywerige visserman en die algemene bestuurder van die akwakultuureenheid aan die Universiteit Stellenbosch.

Moenie die geleentheid misloop nie!

Besonderhede

 

Invitation to the launch of South African Fish and Seafood Cookbook

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Moenie die Willowbridge-bekendstelling van Offerlam deur Chanette Paul mis nie

Uitnodiging na die bekendstelling van Offerlam

 
OfferlamLAPA Uitgewers en Wordsworth Boekwinkel nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van Offerlam deur Chanette Paul.

Die skrywer is pas terug van België ná die baie suksesvolle bekendstelling van die Nederlandse vertaling van haar nuwe spanningsroman. Offerlam is die eerste boek in ‘n tweeluik en word opgevolg deur Offerande.

Paul sal op Woensdag, 25 November by die Willows Café in die Willowbridge Leefstylsentrum oor Offerlam gesels. Die geleentheid begin om 18:00 vir 18:30.

Kom kuier saam!

Besonderhede

 
Oor die boek

Die Kongo, 1961: ’n Man word koelbloedig vermoor en sy geliefde word vir dood agtergelaat.

Drie en vyftig jaar later kry Caz Colijn ʼn oproep wat haar kluisenaarsbestaan uit mekaar ruk.

In België waar sy haar en haar dogter se herkoms probeer naspoor, word dit duidelik dat dié land se koloniale verlede net so ’n groot impak op haar lewe gehad het soos die apartheidsjare in Suid-Afrika.

Die oproep wat professor Luc DeReu ontvang, is minder traumaties. Ook hy word egter uit sy wentelbaan geruk toe die vrou wat hy kwalik neem oor sy pa se voortydige dood, weer sy jandooilewe betree.

Intussen moet Erevu en sy kleinseun die nkísi wat hulle meer as vyf dekades gelede ontneem is, opspoor om hulle heilige taak uit te voer.

Wanneer hierdie groepie mense se paaie kruis, stuur dit nogmaals op moord af.

Oor die outeur

Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ’n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ’n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.

Boekbesonderhede


» read article

Kom vier die bekendstelling van Immer wes met Irma Joubert en Jan-Jan Joubert in Stellenbosch

Uitnodiging na die bekendstelling van Immer wes

 
Immer wesLAPA nooi jou graag na die bekendstelling van Irma Joubert se jongste historiese roman, Immer wes.

Die skrywer sal eerskomende Saterdag, 14 November, met haar seun Jan-Jan Joubert gesels oor haar nuwe roman, die eerste in ‘n drieluik met die lyding van vroue en kinders as kern.

Die gesprek vind plaas by Protea Boekwinkel Stellenbosch en begin om 10:30 vir 11:00.

Immer wes vertel die verhaal van Hildegard, ’n dogtertjie uit die Oos-Pruisiese adel wat haar lewe lank in ’n westerlike rigting, weg van oorlog, moet vlug.

Moenie die gesprek misloop nie!

Besonderhede

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

“Jy moet nooit ’n goeie storie bederf met feite nie” – Irma Joubert by die bekendstelling van Immer wes

Irma Joubert

 
Irma JoubertImmer wesIrma Joubert, geliefde skrywer, oudonderwyser en geskiedenisliefhebber, hóu daarvan om stories te vertel. Sy het die gaste en haar gespreksgenoot Ilse Salzwedel behoorlik aan haar lippe laat hang by die bekendstelling van haar jongste roman, Immer wes. Die geleentheid het verlede week en Donderdag by Graffiti Lynnwood Bridge in Pretoria plaasgevind.

Immer wes is die eerste boek in haar nuwe trilogie wat fokus op die lyding van vrouens in kinders in oorloë, ’n tema wat Joubert na aan die hart lê.

“Ek kan dit nie anders beskryf as magic nie,” het Salzwedel gesê. Immer wes is Joubert se agtste historiese roman, en sy het ook ’n kortverhaalbundel en twee Romanzas op haar kerfstok. Anders as haar vorige werk handel hierdie nuwe trilogie nie oor die lotgevalle van een familie nie; die stories strek oor verskillende lande en families wat deur oorloë geraak word. In die derde boek (wat nog nie geskryf is nie) kom al die karakters bymekaar, het Joubert beloof.

Immer wes begin in 1905. Hildegard is ’n dogtertjie uit die Oos-Pruisiese adel wat saam met haar familie van die Bolsjewiste af wegvlug en heenkome vind in Duitsland. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog moet Hildegard weer vlug en uiteindelik bevind sy haarself in Namibië. Joubert het twee temas uit die boek belig: Hildegard se lewenslange vrees vir die Bolsjewiste, en die voortdurende vlugtog na die weste.

Ten spyte van die pyn en lyding wat Hildegard ondervind, is Immer wes nie net hartseer nie. Joubert het vertel dat sy die karakter Ester, Hildegard se dogter, geskep het om humor in te bring en die swaarheid van die oorlog teen te werk.

Ter illustrasie het die skrywer ’n uittreksel voorgelees waarin Ester se bekoorlike stem opklink:

 
Joubert het Hildegard se storie gehoor terwyl sy en haar seun Jan-Jan Joubert deur Duitsland getoer het. “Sodra iemand vir my ’n storie vertel, verloor ek sy draad en myne neem oor.” Joubert het na Duitsland en Nederland gereis om navorsing te doen vir haar boek, maar het ook gemaan: “Jy moet nooit ‘n goeie storie bederf met feite nie.”

Oor haar karakterskepping het Joubert vertel dat jy die karakter moet toelaat om jou as skrywer te lei, en nie anders om nie. Hildegard was aanvanklik ’n “poor little rich girl” wat “bietjie liefdeloos” grootgeword het, maar deur die storie verander haar stem van ’n dogtertjie na dié van ’n vrou. “Jy moet luister na jou karakters as jy hulle skryf. As jy hulle probeer dwing, moet hulle in opstand kom as hulle geloofwaardig wil wees.”

Die skrywer was ’n Afrikaans- en Geskiedenisonderwyser aan die Hoërskool Gelofte in Durban, en het eers nadat sy afgetree het begin skryf. Sy het nog ‘n stukkie uit Immer wes voorgelees, en ter afsluiting gesê: “Ek het nooit voorsien dat ek verder sou kom as my Huisgenoot-stories nie. Ek bly verstom.”

Luister na die potgooi:

 

* * * * * * * *

 
Annetjie van Wynegaard (@Annetjievw) het regstreeks vanaf die geleentheid met #livebooks getwiet:


 

 

* * * * * * * *

 
Facebook galery

 

 

Boekbesonderhede


» read article

Kom vier die bekendstelling van Immer wes deur Irma Joubert in Pretoria en Kaapstad

Immer wesLAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Irma Joubert se jongste boek, Immer wes, by verskeie geleenthede in Pretoria en Kaapstad.

Die feesvieringe skop af met ‘n Woord en Wingerd-aand by Graffiti Lynnwood Bridge op Donderdag, 29 Oktober. Die geleentheid begin stiptelik om 18:00 vir 18:30, en teen R50 per persoon sal daar heerlike wyn en versnaperinge bedien word.

Op Saterdag, 31 Oktober sal Joubert verder gesels oor haar boek by Protea Boekwinkel Hatfield. Kom ontmoet die skrywer om 10:30 vir 11:00, en klink ‘n glas wyn (of ‘n koppie koffie) op Immer wes.

In November is dit die Kaap se beurt om Joubert te ontmoet by The Book Lounge. Die geleentheid sal plaasvind op Donderdag, 19 November en begin om 17:30 vir 18:00.

Immer wes is die eerste boek in Joubert se nuwe trilogie. Dié historiese roman speel af teen die agtergrond van die Tweede Wêreldoorlog, en al drie verhale het as kern die lyding van vroue en kinders.

Moenie die geleenthede misloop nie!

Lynnwood

Uitnodiging na die bekendstelling van Immer wes

 

 

Hatfield

Uitnodiging na die bekendstelling van Immer wes

 

 

Kaapstad

Uitnodiging na die bekendstelling van Immer wes

 

 

Boekbesonderhede


» read article

Kom luister na Alta Cloete se gesprek met Madri Victor oor Opdrag van oorkant in Stellenbosch

Opdrag van oorkantJy word hiermee vriendelik uitgenooi na die tweede geleentheid op die US-Woordfees se nuwe leeskringprogram – ‘n opwindende gesprek met Alta Cloete oor haar jongste roman, Opdrag van oorkant.

Madri Victor sal met die skrywer gesels op Donderdag, 29 Oktober om 10:00 by Weltevreden in Stellenbosch. Kaartjies kos R60 per persoon en sluit tee en versnaperinge in.

Opdrag van oorkant vertel die verhaal van vier vroue wat met die afsterwe van die Afrikaanse skrywer Coenraad Beyers in ’n ongemaklike eenheid saamgesnoer word. Die vroue het almal op een of ander stadium ‘n verhouding met Coenraad Beyers gehad, en word gedwing om aan ‘n boektoer deel te neem.

Moenie die gesprek misloop nie!

Besonderhede

  • Datum: Donderdag, 29 Oktober 2015
  • Tyd: 10:00
  • Plek: Weltevreden
    Welgevondenlaan
    Stellenbosch | Padkaart
  • Gespreksgenoot: Madri Victor
  • Verversings: Tee en eetgoed
  • Koste: R60
  • Koop kaartjies: Computicket

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Kom gesels saam met Chanette Paul, Alta Cloete, Kristel Loots en Elsa Winckler in Bellville

Uitnodiging: Kom gesels saam

 

EwebeeldOpdrag van oorkantKaterina se mojoLiefde sonder voorbehoud

 
LAPA Uitgewers nooi jou graag om in September met vier van ons beste skrywers te kom gesels.

Chanette Paul, Alta Cloete, Kristel Loots en Elsa Winckler sal op Donderdag, 10 September by die Bellville-biblioteek byeen kom om meer te vertel oor hul boeke en skrywerslewens.

Hoe het Paul dit reggekry om met Ewebeeld die Lekkerlitprys vir die derde keer in ‘n ry los te slaan? Hoe lank het Cloete gewerk aan aan jongste roman, Opdrag van oorkant? Wat is Loots se geheim om met soveel humor te skryf in Katerina se mojo? Hoe voel Elsa Winckler oor Liefde sonder voorbehoud se benoeming vir die 2015 ATKV-Woordveertjies?

Die gesprek begin om 17:30 vir 18:00 en jy is welkom om al jou vrae aan die skrywers te kom stel.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

 

Boekbesonderhede


» read article

Kom vier Opdrag van oorkant deur Alta Cloete en Katerina se mojo deur Kristel Loots in Potchefstroom

Uitnodiging na die bekendstelling van Alta Cloete en Kristel Loots se boeke

 
Opdrag van oorkantKaterina se mojoATKV-Skryfskool en LAPA Uitgewers nooi jou vriendelik uit na die boekbekendstelling van twee spogpublikasies, Opdrag van oorkant deur Alta Cloete en Katerina se mojo deur Kristel Loots.

Die geleentheid vind plaas op Vrydag, 4 September in die Frans du Toit-gebou op die Potchefstroomkampus van NWU. Die bekendstelling vorm deel van die jaarlikse ATKV-Skryfskool wat vanaf Donderdag, 3 September tot Saterdag, 5 September plaasvind. Almal is welkom by Vrydag se boekgesprek.

Sien jou daar!

Besonderhede

  • Datum: Vrydag, 4 September 2015
  • Time: 18:30 vir 19:00
  • Plek: Noordwes-Universiteit
    Kamer G02 (Transnetlokaal), gebou E9 (Frans du Toit-gebou)
    Potchefstroomkampus
    Hoffmanstraat 11
    Potchefstroom | Padkaart
  • Sprekers: Alta Cloete en Kristel Loots
  • RSVP: Kobie van Aswegen, kobie.vanaswegen@nwu.ac.za, 018 299 1783

Boekbesonderhede


» read article

Kom leer als oor die skryf van liefdesverhale by LAPA en die ATKV se Lenteskool 2015 op Potchefstroom

 
Is jy ‘n toekomstige Romanzaskrywer? Dan is die Lenteskool 2015 net die geleentheid vir jou!

Katerina se mojoOpdrag van oorkantEindelik liefdeEendagmooiHaar grootste geskenk

 
LAPA en die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit nooi jou graag na ‘n slypskool in die skryf van liefdesverhale.

Gesoute skrywers Kristel Loots en Alta Cloete sal hul wenke deel oor die skryf van romanses en liefdesromans. Franci Greyling en Bernard Odendaal van die ATKV-Skryfskool en LAPA se Marlies Haupt en Cliffordene Norton sal as gespreksleiers optree.

Die geleentheid vind plaas vanaf Donderdag, 3 September tot Saterdag, 5 September op die Potchefstroomkampus. Die kursus kos R2 750 en die bedrag sluit deelverblyf en etes in.

Om deel te neem aan die kursus, stuur ‘n kortverhaal van 1 500 woorde of die eerste hoofstuk van ‘n roman (sowat 3 000 woorde) aan Kobie van Aswegen voor Vrydag, 21 Augustus by Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za.

Vir meer besonderhede, besoek die Romanzalesersblog of volg die Romanza-klub op Facebook of Twitter by @romanza_klub.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

Boekbesonderhede


» read article

Join Carla van der Spuy at The Book Lounge for the Launch of Blood on Her Hands: Women Behind Bars

Invitation to the Launch of Blood on Her Hands

 
Blood on Her Hands: Women Behind BarsLAPA and The Book Lounge would like to invite you to the launch of Blood on Her Hands: Women Behind Bars by Carla van der Spuy.

The author will be speaking about the research she conducted in four South African prisons in an attempt to answer the question “What drives women to commit murder?”.

The launch will be taking place on Wednesday, 19 August, at 5:30 PM at The Book Lounge. The Afrikaans edition of this book – Bloed op haar handewill be launched in Tokai on Thursday, 20 August.

Don’t miss it!

Event Details

Related news:

 

Book Details


» read article