Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Events’ Category

Kom geniet ’n Woord en Wingerd-viering van EK! EK! EK! deur Riette Rust in Pretoria

Uitnodiging na die bekendstelling van EK! EK! EK! Herken en hanteer narsiste deur Riette Rust

 
EK! EK! EK!: Herken en hanteer narsisteLAPA en Graffiti Boeke Menlyn Maine nooi jou graag na die bekendstelling van EK! EK! EK!: Herken en hanteer narsiste deur Riette Rust.

Kom geniet die Woord en Wingerd-viering op Donderdag, 17 November by Graffiti Menlyn Maine in Pretoria. Die geleentheid begin om 18:00 vir 18:30 en kaartjies kos R50 per persoon.

In EK! EK! EK! ondersoek Rust die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en hoe om hulle te hanteer.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

 
Phyllis Green het onlangs met Rust gesels oor haar boek en die narsisme-epidemie. Lees die onderhoud om meer uit te vind oor hoe narsiste met jou kop kan smokkel:

Waarom wou jy ’n boek oor narsisme skryf?

Toe SARIE my in 2013 vra om ’n artikel oor die onderwerp te skryf – as opvolg van ’n leser s’n oor die onhoudbare nagmerrie waarin sy verkeer – het die onderwerp my ingesuig. Sielkunde is juis my passie. Tydens die skryfproses ontdek ek toe dat ek ’n paar narsiste in my lewe het, of gehad het.

Die verligting was onbeskryflik toe ek via my navorsing ontdek dat ek nie die een met die probleem is nie. Narsiste smokkel so met jou kop dat jy dit glo. Ek wou weet hoe om dié moeilike mense te hanteer. (Jy kan tog nie van ’n familielid of summier van jou baas ontslae raak nie.)

Boekbesonderhede


» read article

Kom gesels met Vita du Preez oor Droomland by ’n Lentetee in Panorama

Lentetee met Vita du Preez

 
DroomlandLAPA nooi jou graag na ’n Lentetee met Vita du Preez, ter viering van haar jongste roman, Droomland.

Die geleentheid sal plaasvind op Saterdag, 10 September in die Panorama NG Kerksaal, en begin om 9:30 vir 10:00.

Kaartjies kos R70 per persoon.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

  • Datum: Saterdag, 10 September 2016
  • Tyd: 9:30 vir 10:00
  • Plek: Panorama NG Kerksaal
    Rembrandtsingel 14
    Panorama
    Kaapstad | Padkaart
  • Koste: R70
  • RSVP: Johanna, 072 039 0668

 
Oor die boek

Ruby se pynlikste begeerte is om te weet wie haar pa was – of is. Nóg haar loopbaan as loopplankmodel, nóg haar gesogte modereeks kan vergoed vir hierdie leegheid in haar lewe. Of dit die oorsaak van haar slaaplopery is, weet sy nie maar toe haar ma sterf, neem sy hierdie geheim saam met haar graf toe.

Ná haar ma se begrafnis vlam die hoop egter onverwags op. Sy moet die welmenende raad van die dorp se gehate ou sedeprediker verduur en haar ma se prokureur oorhandig ’n juwelekissie met ’n sleutel aan haar. En toe ’n jeugkennis weer sy verskyning maak, weet Ruby hierdie man bedreig haar goed bewaarde hart. Dit is ook hy wat haar oortuig om elke leidraad wat sy nou gekry het op te volg en nie nee vir ’n antwoord te neem nie.

Maar elke paadjie waarop sy haar begeef, lei na ’n doodloopstraat. Monsters wat mens uit die verlede gaan haal, moes dalk gebly het waar hulle was – die hede is al wat jy eintlik het en jy moet daarmee woeker.

Oor die outeur

Vita du Preez se eerste romanse As sterre blom het in 1996 verskyn terwyl sy voltyds as argivaris by die WNNR gewerk het. Daarna het verskeie titels uit haar pen die lig gesien. ’n Persoonlike gunsteling was Skuiling van die hart, ’n historiese roman wat tydens die Boereoorlog afspeel. ’n Man vir Mia was ’n finalis vir die LAPA-Liefdesromansetoekenning 2005/2006. Nadat sy in 2002 Kaap toe verhuis het, het sy vryskutvertaalwerk begin doen, wat later ’n heeltydse werk geword het. Sy het meer as sestig Mills & Boon en Harlequin Intrigue-titels vertaal. Ná tien jaar in die bedryf het sy besluit genoeg is oorgenoeg en weer voltyds op haar skryfwerk begin fokus. Sy was lus vir ’n nuwe uitdaging en het besluit om ’n ander genre – liefdesromans – aan te pak. Vita kry haar inspirasie uit die alledaagse, waar goeie en slegte goed met mense gebeur, en wil karakters skep met wie moderne Afrikaanse vroue kan identifiseer. Gelukkige eindes, glo sy, kan ons almal beskore wees as ons ons lewensvreugde en humorsin behou. Deesdae woon Vita saam met haar man Riaan du Plessis in die Strand en wanneer sy nie skryf nie, maak sy tuin, lees en kuier saam met vriende.

Boekbesonderhede


» read article

Play your child healthy: A mini-gathering for parents on the importance of play

Saturday 27 August 2016, 11:00, Bibliophilia, 48 Albert Road, Woodstock

Join us for a brief, fun-filled morning where there is enough space to let the little ones run wild while you listen to three experts on the importance of play. The speeches will be over in 30 minutes.

Suggested programme

11:00 Letting the young ones loose

11:05 Welcome

11:10 Dr Elmarie Malek

Dr Malek is the head of General Paediatric specialist services at Tygerberg Academic Hospital.

She will explain how a baby’s brain develops during pregnancy and why parent interaction and stimulation are critically important. Taking time to be responsive to your baby and playing simple, stimulating games with your child develops important socio-emotional and cognitive skills. The care and stimulation a child receives during the first 1 000 days from conception to being a toddler will build confidence to explore, be curious and learn, and make success at school and employment as an adult much more likely.

11:20 Jacqui Couper

The Precious YearsJacqui is an occupational therapist and author of The Precious Years.

Although child development may seem automatic, each phase is unique and builds on what has gone before. Jacqui explains how to monitor child development, when to ask for expert advice and how to use low-cost material to stimulate your child during the formation of those precious developmental milestones.

The book is ideal for parents with kids between 0 and 3 years. It provides a balanced view on the developmental milestones, helps parents not to panic and teaches us how to play with the little ones.

11:25 Nadia Viljoen

1-2-3 Play to GrowNadia Viljoen is a qualified motor-skills therapist, swimming instructor and the author of 1-2-3 Play to grow, games for motor-skills development.

Ordinary games can help our kids with school-readiness and overcome various obstacles related to development. As a parent we need to make our kids develop both fine and gross motor skills. How? By playing with them!

Nadia’s book is aimed at parents with kids between 2 years and the teen-age years. It employs games like Rotten egg, Darkroom, Hand tennis, I spy, Tip-cat, Red Rover and even Clay-stick! The book also offers information on motor-skill goals for every age group in terms of balance, coordination, spatial orientation, rhythm, swiftness, reaction time and laterality.

11:30 Time for questions

Where?

Bibliophilia, is at 48 Albert Road, Woodstock. We are close to the Old Biscuit Mill, which is a good spot for a family breakfast, and to the Woodstock Brewery which serves a lekker lunch and locally-brewed craft beer.

RSVP: bibliophilia.info@gmail.com or 021 447 1773

Book details


» read article

Nommer vyftig vir Toperkoper Dina Botha

Nommer vyftig vir Toperkoper Dina Botha

 
Droom saam met myDina Botha moet een van die mees suksesvolle Suid-Afrikaanse skrywers wees. Kyk net na hierdie statistiek.

Sedert 1 Maart 2013 het Nielsen BookData 167 weeklikse topverkoperlyste uitgereik. In hierdie 167 weke was Dina Botha 136 keer in die Top 100 vir fiksieverkope in Suid-Afrika. Jip, 136 uit 176! Om op hierdie lys te kom, ding ’n skrywer mee met alle outeurs van reg oor die wêreld, nie net Suid-Afrikaners nie.

Dina het in dié tydperk 60 keer die Top 40 gehaal en was nie minder nie as 24 keer in die top 20.

As kind het sy naarstiglik Ena Murray gelees. Vandag pluk Dina die vrugte. Sy is ongetwyfeld die nuwe koninging van die liefde.

Droom saam met my is Romanza nommer 50 vir Dina Botha.

Dit is vyftig Romanzas in tien jaar.

Dan het sy boonop ses Superromanzas ook al geskryf.

Ons vier haar sukses op Donderdag 30 Junie om 10:30. Sou jy dalk wil inloer? Dit sal lekker wees as jy hierdie wonderlike skrywer saam met ons kom vier.

Besonderhede

  • Datum: Donderdag, 30 Junie 2016
  • Tyd: 10:30 vir 11:00
  • Plek: Alkantrant Biblioteek
    Hoek van Lynnburn en Daventryweg
    Lynnwood | Padkaart
  • RSVP: LAPA Uitgewers, marib@lapa.co.za, 012 358 9671

Boekbesonderhede


» read article

LAPA-skrywers by die US Woordfees 2016

 
LAPA het vanjaar weer ’n baie vol program by die US Woordfees. Dit sal lekker wees om julle daar raak te loop!

nullSKRYWERSPROGRAM: Sjef Snoekie laat die potte sing

Marlise Scheepers se treffer “Beige Ford Cortina” is al diep in die 90 000 keer op YouTube gekyk. Sy deel haar resepte en staaltjies met Mariëtta Kruger en sing later wanneer die kuiery lekker raak. Klik hier vir meer inligting oor haar boek.

4 Maart 18:00 | De Vette Mossel | 180min | R220 | R240 by die deur | Bespreek h​ier
 
 

* * * * *

Karla KrullebolWOW: Graad 3: Karla Krullebol – Theresa van Baalen

7 Maart 9:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis
 
 
 
 
 
 

* * * * *

OfferlamMonstersaadSKRYWERSPROGRAM: Die speling tussen spanning- en ontspanningsfiksie

Gaan die spanningsverhaal nog oor die herstel van orde? Madri Victor hoor by Wilna Adriaanse (Eindspel), Chanette Paul (Labirint, Offerlam) en Madelein Rust (Monstersaad) of spanningsfiksie ʼn “feel good” einde moet hê. En wat dink hulle van die nuwe “noir”-neiging by vroueskrywers?
 
 
7 Maart 14:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Marga SKRYWERSPROGRAM: My kind, my memoire

Hoe skryf ’n ma oor die trauma wat haar kind beleef? Is dit ’n manier om sin te gee aan jou kind se lewe en jou struweling? Taalpraktisyn en oud-redakteur Mandi Botha stel dié vrae, en meer, aan Marga van Rooy (My kind is ʼn skisofreen), Juliana Coetzer (Bloedvreemd) en Douwleen Bredenhann (’n Hemelhoë hekkie).

7 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Bravo, LuluWOW: Graad 4-5: Bravo, Lulu – Fanie Viljoen

8 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis
 
 
 
 
 
 

* * * * *

nullSKRYWERSPROGRAM: Kosdemo: Kook saam Kaaps

Kulsum Kamalie en Flori Schrikker het op RSG bekend geword as die twee anties wat wéét hoe om te skep. Hulle kook Kaaps: gesinskos, huiskos. By hierdie demo kan jy jou verkneukel aan die lekkerste spyse, opgetower uit speserygevulde potte.

8 Maart 14:00 | Die Khaya | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

 
 

* * * * *

Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van RaaiselfonteinWOW: Graad 6-7: Sanri Steyn – Theresa van Baalen

9 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditoriuml | 90 min | Gratis
 
 
 
 
 
 

* * * * *

Opdrag van oorkantVandat jy weg isnullSKRYWERSPROGRAM: Beneuk en verlief

Sophia Kapp (Oorlewingsgids vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is.

9 Maart 10:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Immer wesSKRYWERSPROGRAM: Irma Joubert: Immer wes

Irma Joubert gesels met Helene de Kock (Debora en seuns) oor haar nuutste roman, Immer wes, en hoe die skrywer van historiese romans as brugbouer tussen generasies en kultuurgroepe optree. Twee formidabele skrywers aan die woord!

9 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

 
 

* * * * *

Cass Abrahams: 'n Lewe met kosSKRYWERSPROGRAM: Cass Abrahams: ’n Lewe met kos

Marike Bekker gesels met Cass Abrahams oor haar lewe, haar liefde vir kos en die paaie waarop dit haar laat loop het. ‘n Watertand-gesprek met een van die land se grootste kulinêre geeste.

9 Maart 17:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

’n Hart vol sandWOW: Graad 8-10: ’n Hart vol sand – Anzil Kulsen

10 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis

 
 
 
 
 
 

* * * * *

Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboekSKRYWERSPROGRAM: Kosdemo: Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek

Susina Jooste, die direkteur van The Private Hotel School in Stellenbosch, en Henk Stander, ‘n baie ywerige visserman en die algemene bestuurder van Maties se akwakultuureenheid, demonstreer maklike en smaaklike maniere om seekos voor te berei. Jy gaan nêrens anders vir so min so lekker eet nie! Gou spring!

11 Maart 09:00 | Die Khaya | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

 
 

* * * * *

Bloed op haar handeKodenaam IcarusSkuldigVlees en bloedSKRYWERSPROGRAM: Misdaadskrywers: feit of fiksie?

Hoe hanteer skrywers navorsing rondom misdaad? Is die grense wat jy nie mag oorsteek nie dieselfde vir skrywers van nie-fiksie en fiksie? Krimi-skrywers Martin Steyn en Henk Breytenbach gesels met joernaliste Riette Rust en Carla van der Spuy oor feit vs. fiksie wanneer dit my misdaad-skryf kom.

12 Maart 15:30 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Book details


» read article

“Hoe voel ’n man wat dink sy land is gesteel deur wit diewe?” – Chanette Paul by die Offerlam-bekendstelling

Chanette Paul

 
Ilse Salzwedel, Chanette Paul en Sonja Janse van RensburgOfferlamDie laaste Woord en Wingerd-aand by Graffiti Lynnwood Bridge vir 2015 het begin met ‘n vasvra-kompetisie: Noem drie boeke deur Chanette Paul wat in die afgelope drie jaar verskyn het.

Neem ‘n oomblik, dink daaraan. Watter drie boeke kan jy opnoem?

Die Woord en Wingerd-viering in Pretoria was ter ere van Paul se een en veertigste boek en internasionale deurbraak, Offerlam, ‘n meesleurende roman wat in verskillende ruimtes en op verskeie tydsvlakke afspeel.

Ilse Salzwedel het die skrywer gepols oor haar reis na België om die land se kleure en geure te ervaar, die simboliek van die titels in die tweeluik (Offerande verskyn in Oktober 2016) en die unieke karakters waarom die storie draai.

Offerlam speel af in Suid-Afrika, België en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die storie begin in 1961, net na die onafhanklikheidswording van die Belgiese Kongo, met ‘n afgryslike moord. In die hede in Suid-Afrika ontvang Caz Colijn ‘n oproep van haar vervreemde familie; haar ma is op sterwe en sy moet haas na België as sy ooit die waarheid oor haar herkoms wil uitvind.

“Chanette skets België so goed,” het Salzwedel opgemerk. Die skrywer het ‘n maand in België spandeer waar sy elke dag die stad plat gestap het. “Ek wou daai aarde onder my voete voel, ek wou mense dophou, hul asems voel.” Paul het vertel dat sy geweldig baie boeke gelees het vir haar navorsing oor die geskiedenis van die Belgiese Kongo en die hedendaagse DRK.

Charlene Hougaard en Chanette PaulOor die titel, Offerlam, het Paul gesê: “Die karakters is eintlik gebruik vir ander mense se doeleindes.” Die woord “offerlam” suggereer dus die manier hoe mense nie respek het vir ander se lewens nie. Die opvolg, Offerande, gaan weer oor mense wat hulself, hul eie ideale en doeleindes en selfs hul lewens vir ander offer.

Die boek lewer ook kommentaar op die meerderwaardigheid en hebsug van die Belgiese kolonialiste. Salzwedel wou weet hoe Offerlam in België ontvang is. “Hulle is bewus dat daar baie onregte gepleeg is in die Kongo,” het Paul gesê. “Daar is ‘n groot bewustheid en sensitiwiteit hieroor. Ek het nie doekies omgedraai nie, maar ek het ook nie die mes gedraai nie.”

Die eerste karakter wat haar by Paul aangemeld het was Caz Colijn, ‘n Suid-Afrikaanse vrou wat ‘n band het met België. Sy moes ouer wees, en sy moes in 1961 gebore gewees het, het Paul vertel. “Ek weet wat ‘n drie en vyftigjarige vrou sou beleef het in haar leeftyd.”

Oor die karakter Erevu wou Salzwedel weet hoe moeilik dit was om ‘n man, en boonop ‘n Kongolees, te skryf? “Voor Gys Niemand het ek gesê ek kan nie in ‘n man se kop kom nie,” het Paul vertel. “Ek het my net probeer indink hoe iemand van daardie ouderdom sou wees.”

“Hoe voel ‘n man wat dink sy land is gesteel deur wit diewe?” het Paul gevra. “Sy perspektief is baie kort; hy’t my net vir kort rukkies in sy kop toegelaat.”

Paul het meer vertel oor haar gebruik van terugflitse om ‘n blik te werp op die destydse Kongo. “Met korter tonele voel ek ek kon die storie beter oordra,” het sy gesê. “Caz se tonele is heelwat langer as die ander.” Offerlam word vertel deur vier karakters. “Ek hou daarvan om so min as moontlik karakters te hê deur wie se oë jy moet kyk,” het sy gesê, “maar in die geval het ek al vier nodig gehad”.

“Dis ‘n groot voorreg in Suid-Afrika om die foon op te tel en die uitgewer te kan bel,” het sy gesê en verduidelik dat oorsese skrywers deur ‘n literêre agent moet gaan en nie die uitgewer direk kan kontak nie. Nadat jy die agent genader het moet jy ‘n Query Letter skryf, wat Paul beskryf as die grootste struikelblok in die proses. “Daar’s boeke geskryf oor hoe om ‘n Query Letter te skryf.”

 

* * * * * * * *

 
Annetjie van Wynegaard (@Annetjievw) het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:
 


 

 

* * * * * * * *

 

Facebook galery

 

 
Verwante skakels:

 

Boekbesonderhede


» read article

Kom vier die bekendstelling van Immer wes deur Irma Joubert by NALN in Bloemfontein

Uitnodiging na die bekendstelling van Immer wes

 
Immer wesLAPA nooi jou graag na die bekendstelling van Irma Joubert se jongste roman, Immer wes.

Op Vrydag, 27 November keer Joubert huiswaarts na Bloemfontein waar sy haar historiese roman by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) sal bekend stel. Die geleentheid begin om 18:00.

Immer wes is die eerste boek in Joubert se nuwe trilogie wat fokus op die lyding van vroue en kinders in oorloë. Hierdie eerste roman vertel die verhaal van Hildegard uit die Oos-Pruisiese adel en speel af in onder meer Duitsland en Namibië.

Moet dit misloop nie!

Besonderhede

  • Datum: Vrydag, 27 November 2015
  • Tyd: 18:00
  • Plek: NALN
    Hoek van Elizabeth- en President Brandstraat
    Bloemfontein | Padkaart
  • RSVP: marib@lapa.co.za, 082 750 9177

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Kom geniet ’n Koffie-oggend met Marthie Maré in Pretoria en leer meer oor die Legkaart van jou gesig

Uitnodiging na 'n gesprek oor Legkaart van jou gesig

 
Legkaart van jou gesig: Fisionomie in 'n neutedopYour Face PuzzleLAPA nooi jou graag na ‘n opwindende Koffie-oggend met Marthie Maré, fisionoom en skrywer van Legkaart van jou gesig: Fisionomie in ‘n neutedop.

Kom vind meer uit oor hierdie fassinerende wetenskap op Woensdag, 25 November by Exclusive Books Kolonnade. Die geleentheid begin om 10:00 vir 10:30.

Legkaart van jou gesig, ook in Engels beskikbaar as Your Face Puzzle: Physiognomy simplified, is ’n praktiese gids wat in jou persoonlike lewe sowel as in die werksplek gebruik kan word.

Moenie die gesprek misloop nie!

Besonderhede

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Kom vier die bekendstelling van Offerlam deur Chanette Paul by verskeie geleenthede

OfferlamLAPA nooi jou graag na die bekendstelling van Chanette Paul se jongste roman, Offerlam, by verskeie geleenthede regoor Suid-Afrika.

Kom ontmoet die skrywer op Woensdag, 25 November in Willowbrigde en op Maandag, 30 November by The Book Cottage in Hermanus om 17:30 vir 18:00.

Op Donderdag, 3 Desember trek die gewilde skrywer Noord waar sy om 9:00 vir 9:30 by O’Galito Zambezi Junction sal wees vir ‘n Boek en Koek-viering van Offerlam, gereël deur Graffiti Zambezi Junction. As jy die oggend misloop is daar ook die Woord en Wingerd-geleentheid by Graffiti Lynnwood Bridge om 18:00 vir 18:30.

Let wel, die Boek en Koek-viering kos R65 per persoon en die Woord en Wingerd-geleentheid kos R50 per persoon. Besprekings moet vooraf afgehandel word.

Op Vrydag, 4 Desember om 17:30 sal Paul haar boek by Painted Words in Modimolle bekendstel, en op Saterdagoggend, 5 Desember is die skrywer terug in Pretoria by Protea Boekwinkel om 10:30 vir 11:00.

Wat jy ook al doen, moenie die geleentheid om die Offerlam-skrywer te ontmoet mis nie!

Uitnodiging na die bekendstelling van Offerlam

 
Willowbridge

 

Uitnodiging na die bekendstelling van Offerlam

 
Hermanus

 

Pretoria: Boek en Koek

 

Uitnodiging na die bekendstelling van Offerlam

 
Pretoria: Woord en Wingerd

 

Modimolle

  • Datum: Vrydag, 4 Desember 2015
  • Tyd: 17:30
  • Plek: Painted Words
    Winkel 15, Shoprite-sentrum
    Hoek van Nelson Mandela- en Meiningerstraat
    Nylstroom | Padkaart
  • RSVP: admin@paintedwords.co.za, 014 717 3971

 

Pretoria

 

Boekbesonderhede


» read article

Kom vier Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek met Susina Jooste en Henk Stander in Stellenbosch

Uitnodiging na die bekendstelling van Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek

 
Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboekSouth African Fish and Seafood CookbookLAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek, ook in Engels beskikbaar as South African Fish and Seafood Cookbook.

Die skemerkelkie vind plaas op Vrydag, 27 November by The Private Hotel School en begin om 17:30 vir 18:00.

Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek haal die vrees uit die voorbereiding van vis en is saamgestel deur twee kenners: Jooste is die direkteur van The Private Hotel School en Stander is ’n ywerige visserman en die algemene bestuurder van die akwakultuureenheid aan die Universiteit Stellenbosch.

Moenie die geleentheid misloop nie!

Besonderhede

 

Invitation to the launch of South African Fish and Seafood Cookbook

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article