Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Drama’ Category

Rachelle Greef maan voornemende skrywers om te lees vóór hulle begin skryf

Die naaimasjien“Die aanknopingspunt klink altyd min of meer dieselfde: ‘Haai, jy ken my nie, maar ek het ’n boek geskryf en ek wonder of jy daarna kan kyk.’ Kyk? Hoe meen jy nou? Binne sewe sinne is dit duidelik dié ‘skrywer’ weet nie wat hy vra nie,” skryf Rachelle Greeff, outeur van Die naaimasjien.

Greeff is ‘n gesogte teksontwikkelaar en keurder en kry dikwels te make met manuskripte wat, volgens haar, duidelik niks weet van “leestekens, spelling, taal­reëls en -riglyne of skryfkonvensies” nie. Sy skryf hierdie verskynsel toe aan sogenaamde skrywers wat nie regtig lees nie en stel voor: “Lees alles. Nuus, pamflette, brosjures, advertensies en poësie.”

Heelwat van die nuwe stemme in Afrikaans, los van die juk van Die Toekoms van Die Taal en die apartheid tussen hogere literêr en lagere populêr, is verkwikkend.

Dis waarom ek as teksontwikkelaar of keurder elke keer uitsien na ’n nuwe manuskrip op pad na my.
Die groot legkaart van Afrikaans kry al hoe meer stukke by. So ’n nuwe “stuk” is Simon Bruinders se roman Die side­board (hierbo is ’n uittreksel).

Boekbesonderhede


» read article

Rachelle Greeff gesels oor kortverhale as genre en die hoop en wanhoop van skryf

Die naaimasjienGevierde dramaturg en kortverhaalskrywer Rachelle Greeff het onlangs met LitNet se Gerdus Senekal gesels oor die kortverhaal as literatuurgenre. Greeff meen dat die beste skryfraad is om sonder hoop of wanhoop te skryf:

Hoe het jy begin (kortverhale) skryf – van waar die inspirasie? Wat was jou eerste gepubliseerde storie en waar het dié verskyn?

Ek is waarskynlik tot die lees en die skryf van kortverhale aangetrokke weens my kort aandagspan.

Boekbesonderhede


» read article

Die Naaimasjien deur Rachelle Greeff keer terug na die Suidoosterfees

Die naaimasjienRachelle Greeff se bekroonde drama Die Naaimasjien, vertolk deur Sandra Prinsloo, het teatergangers gaande gehad toe dit in 2009 by die Suidoosterfees gedebuteer het. Intussen is die toneelstuk met groot sukses by al wat ‘n fees is regoor die land opgevoer en is dit ook in Engels vertaal, waarna dit in 2012 by die prestigeryke Edinburgh-fees in Skotland te sien was. LAPA-uitgewers het die drama verlede jaar in boekvorm uitgegee.

Ter viering van die Suidoosterfees se tiende bestaansjaar is Die Naaimasjien weer op die program. Dit sal op Vrydag 1 Februarie en Sondag 3 Februarie by die Fugard Teater te sien wees.

Besonderhede

  • Datums en tye: 1 Februarie, 15:30 en 3 Febraurie, 11:00
  • Plek: Fugard Teater,
    H/v Caledon- en Buitenkantstraat,
    Kaapstad | Padkaart

Boekbesonderhede


» read article

Engelse weergawe van Rachelle Greeff se Die naaimasjien goed ontvang by Edinburgh-fees

Die naaimasjienRachelle Greeff se bekroonde drama Die naaimasjien, wat met groot sukses by feeste in Suid-Afrika opgevoer is en in boekvorm deur LAPA-uitgewers uitgegee is, is onlangs in Engels vertaal en ook by die prestigeryke Edinburgh-fees in Skotland opgevoer.

In ‘n resensie in The Edinburgh Guide word The Sewing Machine beskryf as “an extraordinarily moving and affecting piece of theatre”. ‘n Resensent skryf ook in The Stage die volgende oor die toneelstuk: “Originally written in Afrikaans, this provides a far more complex understanding of the reality of South African life than the slogans of popular politics can ever hope to give.”

In ‘n video wat die KykNET-program Bravo by die première van The Sewing Machine opgeneem het, sê Greeff dat dit ‘n eg-Afrikaanse verhaal is, maar ook ‘n universele storie, omdat dit gaan oor temas soos oudword, verlies en afskeid. Bravo het ook by die aktrise Sandra Prinsloo, wat die hoofrol in die stuk vertolk, gaan kuier.

The Sewing Machine sal vanaf 23 Oktober by die Baxter-teater in Kaapstad te sien wees.

Tailors have had a tendency to be men, but it is generally women who do the sewing at home; the making and the mending. Sewing machines are thus intrinsically feminine.

Rachelle Greeff’s one woman play, based on one of her short stories and part of the 2012 Fringe South Africa Season, is set in the present day and in a retirement home in South Africa where 81 year old Magdaleen now lives.

There’s a universal and a particular to Rachelle Greeff’s slow-building Sewing Machine, set in a South African old people’s home. Sandra Prinsloo does a magnificent job in portraying the octogenarian Magdaleen, saying good-bye to her beloved Bernina sewing machine before it is taken away for charity.

In Prinsloo’s delicately built character, in her pauses and jumps of logic, her memories of her own children and the reality of their current interactions, there is a portrayal of ageing that is recognisable across the world. Equally so in her relationship with her now dead son Will – picked out and developed with devastating accuracy through her memories.

Boekbesonderhede


» read article

Rachelle Greeff bied skryfkursus by Afrikaanse Taalmonument in Paarl aan

Die naaimasjienRachelle Greeff, veral bekend vir haar kortverhale en die toneelstuk Die Naaimasjien wat in 2009 die Nagtegaal-teksprys ontvang het, bied van 14 tot 15 September ‘n skryfkursus by die Afrikaanse Taalmonument in Paarl aan.

Die koste beloop R2000 per persoon en sluit ligte vingermiddagetes en tee en koffie in.

Moenie die kans misloop om by dié bekroonde skrywer te leer nie. Die kursus word tot 12 mense beperk en inskrywings sluit reeds 14 Augustus.

Kursusgangers sal ‘n maand voor die kursus elk ’n kortverhaal asook ‘n koerantrubriek of tydskrifskets ontvang as wegspringplek vir die eerste sessie. Die tweede sessie fokus op taalglipse en stylduiwels.

As opsionele ekstra het kursusgangers agterna ‘n maand waarin hulle óf ‘n rubriek (620 woorde) óf ‘n kortverhaal (nie langer nie as 2 000 woorde) kan skryf. Dit word eenmalig elektronies en vertroulik deur die kursusleier geredigeer en aan die kursusganger terugbesorg. Dié aanbod word by die kursusfooi ingesluit.

Besonderhede van die kursus

  • Datum: Vrydag, 14 September – Saterdag, 15 September 2012
  • Tyd: 9:00vm tot 4:00nm
  • Plek: Afrikaanse Taalmonument,
    Gabbema Doordriftstraat,
    Paarlberg,
    Paarl | Padkaart
  • Koste: R2000 per persoon, sluit ligte vingermiddagetes en tee en koffie in
  • RSVP: Teen 14 Augustus 2012 by Amira Clayton, kommunikasie@taalmuseum.co.za, 021 863 4809

Boekbesonderhede


» read article

Video: Leon van Nierop gesels oor die rolprent Wolwedans in die skemer

InsomniaLeon van Nierop moes ‘n aantal aanpassings aan sy radiodrama uit die tagtigerjare, Wolwedans in die skemer, maak sodat dit in ‘n rolprent omskep kon word wat later vanjaar sal verskyn.

Van Nierop het op die televisieprogram Pasella vertel dat die speurder in sy verhaal aanvanklik maande lank probeer uitvind het wie die geheimsinnige karakter Sonja Daneel is. “Maar deesdae tik jy Sonja Daneel op Google en daar kom haar jaarboek en waar sy was, ensovoorts. So, dit moes alles aangepas word. Alles is gemoderniseer.”

Pasella gesels ook met ‘n paar van die akteurs wat rolle in Wolwedans in die skemer vertolk en hulle sit almal aan vir ‘n maaltyd wat deur die rolprent geïnspireer is. Van Nierop se onderhoud kom 4:30 minute na die begin van die video aan die beurt:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Lapa-uitgewers se skrywers by Woordfees 2012

Niklaas van Rensburg: Die SienerDonker plekkeDryfhoutSout en peperSexy medisyneDie geheime kamerWilhelmina Radebe kom tuisDie naaimasjien

Die US Woordfees, wat vanjaar die tema “Groen” het, vind van 2 tot 11 Maart op Stellenbosch plaas en sal oudergewoonte talle gehalteproduksies soos boekgesprekke, etes, musiekvertonings, kunsuitstallings en toneelstukke insluit. Daar is selfs vanjaar ‘n paar natuurstaptogte en dies meer om by die tema aan te sluit.

Die program vir die Woordfees is eergister bekendgemaak en Lapa-uitgewers is by ‘n hele paar items betrokke. Kom luister na gesprekke met ons skrywers Andries Raath (Niklaas van Rensburg: Die Siener), Heinz Mödler (Sexy medisyne), Corlia Fourie (Die geheime kamer) en Marinda van Zyl (Wilhelmina Radebe kom tuis).

‘n Gesprek wat nie misloop moet word nie, is die een tussen Karin Brynard, François Bloemhof (Donker plekke), Chanette Paul (Dryfhout) en Deborah Steinmair, getiteld “Waarom misdaad?”. Steinmair se nuwe boek, Poppekas, word ook by vanjaar se Woordfees bekendgestel, sowel as ‘n boek deur Lili en Adeline Radloff.

Rachelle Greeff se toneelstuk Die naaimasjien wat voorheen met sukses by die Woordfees opgevoer is, het vanjaar in boekformaat by Lapa-uitgewers verskyn. Kom luister by Woordfees 2012 ook na ‘n gesprek met Greeff oor Die naaimasjien en haar volgende uitdagings.

Dan is daar ook ‘n heerlike maaltyd saam met Niel Stemmet by Towerbosch. Stemmet sal oor sy kookboek, Sout + Peper en sy liefde vir erfeniskos gesels.

Onthou om die outeurs se boeke saam te bring (of by die Woordfees te koop) as jy dit geteken wil hê. Sien julle by die fees!

Besonderhede oor die aanbiedinge volg hieronder:

Maandag, 5 Maart

DIE SIENER SE VISIOENE
Tyd: 11:00
Plek: Boektent
Koste: R40

Martiens van Bart gesels met Andries Raath oor sy omvattende studie, Niklaas van Rensburg – die Siener, wat strek van die heldersiende se voorgeslagte tot en met sy dood. Siener word geplaas teen die agtergrond van sy gesinslewe, godsdienstige omgewing, veldslae tydens die Anglo-Boereoorlog en sy verbintenis met generaal De la Rey.

Dinsdag, 6 Maart

WAAROM MISDAAD?
Tyd: 15:00
Plek: Boektent
Koste: R40

Die aanvraag na misdaadfiksie neem wêreldwyd toe. Ook in Afrikaans kan lesers nie genoeg kry nie. Karin Brynard gesels met drie Afrikaanse misdaadskrywers: Chanette Paul, François Bloemhof en Deborah Steinmair oor dié verskynsel, en oor die ontlading wat spanning kan bring.

Donderdag, 8 Maart

SOUT+PEPER
Tyd: 12:00
Plek: Towerbosch
Koste: R180

In dié verrykende driegesprek gesels Sonja met Niël oor sy nostalgiese debuutboek, sout+peper, wat sy eie lewensreis deur landskappe van stories en kos vertel. Renata Coetzee, erfeniskos-doyen, hou ʼn wakende oog. Wyn uit Knorhoek se privaat kelder word geskink en ʼn verruklike driegangmaal word voorgesit.

SEXY MEDISYNE
Tyd: 12:00
Plek: Boektent
Koste: R40

Sexy medisyne is ‘n mediese handboek geskryf deur Die Burger-rubriekskrywer Heinz Mödler. Hierdie boek is nie die een wat op jou dokter se eikehout-lessenaar lê en oopgeslaan word wanneer jy hom vra hoeveel longe mens het nie. Hier lees jy van mense wat goeters hoor, sien en doen wat jy nie sommer gaan glo nie. Rachelle Greeff vra die vriendelike dokter uit.

CORLIA FOURIE
Tyd: 16:00
Plek: Erfurthuis
Koste: R40

Die bekroonde Corlia Fourie is tuis in verskeie genres: artikels, verhoog- en radiodramas, kortverhale, romans en kinderverhale. In ‘n gesprek met Amanda Lourens lig sy die sluier oor Die geheime kamer, ‘n naelkou-riller oor ‘n psigopaat wat ‘n joernalis ontvoer en aanhou in sy superskoon huis.

Saterdag, 10 Maart

DIE TUISKOMS VAN WILHELMINA RADEBE
Tyd: 10:00
Plek: Erfurthuis
Koste: R40

Steward van Wyk, Diana Ferrus en E.K.M. Dido bespreek Marinda van Zyl se roman Die tuiskoms van Wilhelmina Radebe, waarin op deernisvolle wyse en met historiese korrektheid stem gegee word aan die onvertelde stories van Afrikaanse township-moeders. Aangrypend!

EEN STAD, DRIE ROOIKOPPE, SEWE DAE
Tyd: 12:00
Plek: Protea Boekwinkel
Koste: GRATIS

Fey, ’n ontkleedanseres, raak saam met die geskeide Heleen en die voormalige model Saskia deurmekaar met ’n moordlustige groep kriminele. Dié aweregse stadsriller oor sewe dae in die lewe van dié vroue bied ’n vars en skreeusnaakse blik op die lewe in Kaapstad. Lili en Adeline Radloff lig die sluier oor dié opwindende verhaal.

POPPEKAS
Tyd: 14:00
Plek: Boektent
Koste: GRATIS

Poppekas, Deborah Steinmair se nuwe boek, is ʼn spanningsverhaal met skop. Kom luister hoe vertel dié bekroonde skrywer oor moord in die Moederstad en van een vreeslose vrou wat net mooi genoeg gehad het. Die heldin durf die korporatiewe reuse kaalvuis aan, koes vir die koeëls en stoei met bestaanskwessies.

NA DIE NAAIMASJIEN
Tyd: 15:00
Plek: Boektent
Koste: R40

Met ʼn speelvak wat oor jare gestrek het, het Rachelle Greeff se bekroonde drama Die naaimasjien min gelyke. Dié suksesverhaal word voortgesit met ʼn Engelse vertaling wat vanjaar in Engeland opgevoer word. In dié bespreking vertel die dramaturg, vertaler, aktrise en regisseur van hul ervaringe met hierdie stuk.

Boekbesonderhede


» read article

Die naaimasjien deur Rachelle Greeff nou in boekformaat

Rachelle Greeff se drama, Die naaimasjien, wat in 2009 die Nagtegaal-teksprys gewen het, en met groot sukses deur Sandra Prinsloo op verskeie feeste opgevoer is, word nou in boekformaat deur Lapa-uitgewers uitgegee.

Die naaimasjienHierdie eenvrouvertoning lei ons met deernis, humor en wysheid deur die lewe van die 81-jarige Magdaleen, op die dag waarop haar geliefde naaimasjien verkoop word. In haar ouetehuiskamer maak Magdaleen seker Miss Muffet, soos sy haar Bernina noem, is skoon genoeg en al die ekstra gare, naalde en voetjies is netjies gepak vir die vrou wat die masjien kom haal. En so tussen die skoonmakery en pakkery dink sy terug aan vervloë dae: dae van kouse met nate, melk wat in glasbottels afgelewer word, ’n kinderlewe op die plaas.

Oor die outeur

Rachelle Greeff is ’n voltydse vryskutskrywer wat bydraes gelewer het tot publikasies Sarie, Wynboer, De Kat, Mail & Guardian en was van 2006 tot 2010 Rapport se boekeredakteur. Rachelle behaal ’n MA vir Kreatiewe Skryfwerk onder die toesig van Etienne van Heerden aan die Universiteit van Kaapstad. Haar kortverhale kan gevind word in verskeie antologieë en sommige van haar werk is vertaal in Duits, Engels, Nederlands en die Deense.

Boekbesonderhede


» read article

Spesiale aanbod! 30% af op plaaslike e-boeke van LAPA Uitgewers

lapakala

Kalahari.net en LAPA Uitgewers bied tans 30% af op alle plaaslike LAPA e-boeke!

Die Onbekendes13 SpookstoriesDie Rebellie van Sloet SteenkampKoshuiskoffieSpoorloosVirusKook Afrikaans!Die OoreenkomsLiefde is ...Afrika

Die boeke is slegs vir ‘n beperkte tyd op Kalahari.net beskikbaar en kan op enige e-leser, soos die Kindle, iPad, PC of Mac afgelaai word.

Besoek Kalahari.net se LAPA promosiebladsy om jou keuse te maak. Kliek dan eenvoudig en laai dit af om 30% afslag op jou aankope te kry!

Kliek op enige van die individuele boeke hierbo om die e-boek te bekom, of bestel die gedrukte weergawe deur die BOOK Finder-skakel hieronder te gebruik.

Boekbesonderhede

Fotos te dank aan LAPA en Isic


» read article