Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Current Events’ Category

“Hoe lank gaan ons hulle nog entertain?” – Eldridge Jason oor #FeesMustFall-studente

Gerook“Vir baie van die studente wat hul akademiese jaar met lof agter die rug wil kry, is die dinge wat homself by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) afspeel, ‘n hashtag-nagmerrie.”

Só skryf Eldridge Jason in ‘n artikel vir LitNet waarin hy besin oor die langdurende protes op Suid-Afrikaanse universiteitskampusse, met spesifieke verwysing na die UWK. Die bekroonde outeur van Gerook, wat al vir etlike jare as joernalis werk, sê hy verstaan dat dinge vir die studente uiters moeilik is en erken dat hy aanvanklik simpatie gehad het met die #FeesMustFall-beweging, maar hy vra nou:

“Hoe lank gaan ons hulle nog entertain?”

Lees Jason se artikel om sy grief te verstaan:

Hulle bemors eksamenlokale, jaag studente uit koshuise en begin geboue afbrand.

Hulle begin teister diegene wat opvoeding as die sleutel uit hul armoedige omstandighede sien.

Hulle bedek hul gesigte, rand sekuriteitswagte aan en saai vrees onder diegene wat net ‘n gelerentheid agter hul naam wil kry.

Húlle is die educational terrorists. Sonder ‘n education.

En hierdie hashtag hulle, het nie meer my simpatie nie.

Lees ‘n onderhoud met Jason waarin hy meer vertel oor Gerook:

Waarom het jy besluit om Gerook te skryf?

Gerook was ‘n gedagte wat lank in my kop rondgedwaal het. Ek was self jare lank in die dwelmlyne en nie skaam om dit te sê. Die trots lê natuurlik in die wete dat ek nou al vyf jaar lank skoon is. Maar ná ek na soberheid teruggekeer het, het ek gedink, ek sit met al die wonderlike én horrific dinge wat ek deurgemaak en aanskou het. En só baie jongmense val in die dwelmstrik en weet nie hoe om daar uit te kom nie. So ek wou ‘n anderse verhaal skryf, iets wat ver van ‘n preek af is en waar ek veral deur middel van storytelling jong mense kan wys hoe dinge verkeerd kan loop as jy met die dwelmduiwel swaarde kruis.

Wie is die ideale leser vir Gerook?

Die boek is gemik op tieners vanaf die ouderdom van 13 jaar. Maar ek sou dit ook aanbeveel vir veral ouers sodat hulle ‘n blik kan hê op die weë van die dwelmwêreld en waarmee kinders wat met drugs eksperimenteer hul eintlik besig hou. So sonder om op hul kinders te spioeneer, kan hulle Gerook lees!

Boekbesonderhede


» read article

Fanie Viljoen vertel hoe ‘n besoek aan ‘n pottebakkerstalletjie hom geraak het

BetowerNova: BloedbroersIn ‘n onlangse rubriek in Rapport skryf Fanie Viljoen oor ‘n besoek aan die Vrystaat Nasorgsentrum se kunsmark en die stalletjie waar gestremdes se kleikunswerke uitgestal is. ‘n Opmerking deur die vrou wat die stalletjie beman het, het Viljoen diep geraak:

Een Saterdagoggend dwaal ek deur die Vrystaat Nasorgsentrum se kunsmark. Jammer vir die gestremde inwoners en jammer vir my eie swarigheid waarvoor ek woorde soek.

Effens afgetrokke kyk ek na die tafels en rakke waar die handewerk uitgestal word. Breigoed, eetgoed, houtwerk, plante.

Boekbesonderhede


» read article