Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Competitions’ Category

Stem vir die LAPA Romanza voorblad-held en wen!

LAPA Uitgewers soek ’n hunk vir een van ons nuwe Romanza-boeke se voorblad. Hier is die ses finaliste. Wil jy stem? Doen dit voor Vrydagmiddag.

Onthou ook om aan te sluit by die Romanza-klub! Vir net R115 per maand kry jy elke maand twee boeke in die pos en 30% afslag op alle ander LAPA boeke!

Hier is die manne. Vir wie gaan jy stem?


Alwyn

Etienne

Jaco

Jaun

Riaan

Sean

Ryk en roekeloosAmper 'n bruidBosveldroosWintersprokieEindelose liefdeOnwaarskynlike ridderMan na haar hart

 

Boekbesonderhede


» read article

Wie sal in die kunsfliek-weergawe van Opdrag van oorkant deur Alta Cloete speel? (Kompetisie)

Opdrag van oorkant

 
In haar resensie van Opdrag van oorkant was Helen Schöer vol lof vir Alta Cloete se jongste boek:

Die hoofkarakter, Theresa Beyers, is ’n beduiwelde vrou van in die 70, en die enigste mens wat haar op haar plek kan sit, is haar bruin huishoudster, Anna Philander, wat nog vyf jaar ouer is.

Hulle is twee van die lekkerste vrouekarakters wat ek in ’n lang tyd raakgelees het, en daar is niks neerbuigends in hoe hulle geskep en hanteer word nie.

Dié boek sal ’n wonderlike Afrikaanse kunsfliek maak. As ek Katinka Heyns se adres gehad het, sou ek my eksemplaar skelmpies vir haar pos met ’n voorstel om Elize Cawood in die hoofrol te sit. Elize moet net ­ouer word.

Wat Schöer se aanmerking oor ‘n Afrikaanse kunsfliek betref is ons geneig om saam te stem, en daarom het ons besluit om ‘n kompetisie te loods om hierdie gedagte te bevorder.

Om in aanmerking te kom vir ‘n heerlike LAPA-boekpak, beantwoord hierdie vraag:

Gestel ‘n kunsfliek word gemaak van Cloete se nuwe roman, hoe sou die rolverdeling lyk?

Indien jy ‘n verfrisser nodig het, lees hier ‘n opsomming van Opdrag van oorkant:

Sodra jy jou troep akteurs reg het, vul dié vorm in voor 30 November 2015. Bepalings en voorwaardes geld.

Waarvoor wag jy? Skryf in!
 

 

 

Bepalings en voorwaardes

1. Die kompetisie sluit om middernag op Maandag, 30 November 2015. 2. Die wenner sal per e-pos verwittig word. 3. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen kommunikasie daaroor sal gevoer word nie. 4. Die prys is nie oordraagbaar nie en mag nie in kontant omskep word nie. 5. Voorsien asseblief geldige kontakbesonderhede. 6. Die kompetisie word gehou deur Books LIVE as ‘n diens aan sy lesers. 7. Personeellede van die Times Media-groep sowel as hulle advertensie-agentskappe en onmiddellike familielede mag nie inskryf nie. 8. Deelnemers en wenners van hierdie kompetisie vrywaar Books LIVE van enige aanspreeklikheid, skade of verlies wat mag spruit uit deelname en / of wen van pryse. 9. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie stem jy toe om verdere kommunikasie en direkte bemarking van Books LIVE te ontvang. 10. Mense woonagtig buite Suid-Afrika mag inskryf, maar die prys kan slegs binne die grense van Suid-Afrika afgelewer word.

 

* * * * * * *

 

“Dis ’n besonder knap roman wat my telkens, meer as een keer, op die verkeerde voet gevang het.”

Só skryf Izak de Vries in ‘n resensie van Cloete se jongste roman. Dit vertel die verhaal van vier vrouens wat bymekaar gegooi word by die afsterwe van Afrikaanse skrywer Coenraad Beyers. Dié pakkende storie slaan lesers kaalvuis in die strot en streel dan self oor die gewonde deel.

Cloete het verlede maand op die laaste Donderdag in Oktober aan die US Woordfees se nuwe boekklubgesprekke deelgeneem waar sy in gesprek met Madri Victor meer gedeel het oor Opdrag van oorkant. De Vries was daar en het foto’s en ‘n verslag op LitNet gedeel.

Lees die artikel en loer na die pragfoto’s:

Op Donderdag 29 Oktober het die tweede aanbieding van die US Woordfees se Boekklub plaasgevind.

Madri Victor is die gespreksleier.

Die US Woordfees se boekklub het dit ten doel om regdeur die jaar boeke na lesers te bring, en vir lesers om voorstelle te maak aan die bestuur van die fees.

Lees De Vries se resensie van Opdrag van oorkant:

Die plot: Ek beloof hier volg nie spoilers nie – wat ek hier noem sal jy in die eerste tien bladsye raakloop, en daarna raak die boek éérs interessant.

Coenraad Beyers sterf kort na hy ’n plofbare outobiografie geskryf het. En hoe. Deur die loop van die verhaal leer ons Coenraad se lewe ken, en dis baie ná aan ’n plotlyn wat André P. Brink sou kon uitdink.

Om die waarheid te sê, ek twyfel vir geen oomblik dat Coenraad Beyers losweg op Brink geskoei is nie.

Goed. Beyers sterf en rig ’n bisar versoek aan die vier vroue in sy lewe. Hulle moet instem om die boek saam-saam te bemark, anders verskyn dit nie. Die wortel is dat die boek goed sal geld maak.

Aanvanklik wil die vroue nie, maar dan gebeur ’n paar goed wat hulle tog laat saamspan.

Lees self.

Boekbesonderhede


» read article

Martin Steyn is Rooi Rose se skrywer van die maand – Wen een van vyf kopieë van Donker spoor

 
SkuldigDonker spoorMisdaadskrywer Martin Steyn is gekies as Rooi Rose se skrywer van die maand vir November!

Steyn het die nuus op Facebook aangekondig: “Ek het die eer om Rooi Rose se Skrywer van die Maand vir November te wees! Dankie, Ronel Nel.”

Die November-uitgawe van Rooi Rose se tema is “bloed” om aan te sluit by Steyn se opwindende misdaadverhale, Donker spoor en Skuldig. Ter viering van hierdie besonderse geleentheid, is daar natuurlik ook vyf eksemplare van Donker spoor op die spel.

Om in aanmerking te kom vir die prys, besoek Rooi Rose se webtuiste, vul in jou besonderhede en beantwoord vyf maklike vrae oor die November-uitgawe. Moenie vergeet om die onderhoud te lees om meer te leer oor dié merkwaardige skrywer nie!

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Wen een van vyf Jaco Jacobs-geskenkpakke ter viering van sy nuwe tienerboek, ’n Goeie dag vir boomklim

’n Goeie dag vir boomklimJaco Jacobs se jongste tienerboek, ’n Goeie dag vir boomklim, het pas op LAPA se rakke verskyn!

Partykeer doen ’n mens in ’n oogwink iets wat jou hele lewe verander. Soos om agter ’n vreemde meisiekind aan in ’n boom te klim …

’n Goeie dag vir boomklim vertel die verhaal van middelkind-Marnus wat uiteindelik ’n kans kry om raakgesien te word wanneer hy eendag saam met ’n meisiekind bo in ’n boom beland in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word.

Om die vrystelling van Jacobs se splinternuwe boek te vier, plaas ons vandeesweek vier van ons gunsteling-aanhalings uit die boek op ons Facebookblad.

Vyf gelukkige lesers kan elk ’n kans staan om ’n fantastiese Jaco Jacobs-geskenkpak te wen! Om in aanmerking te kom vir dié wonderlike prys, besoek ons op Facebook en like die aanhalings uit ’n Goeie dag vir boomklim.

Loer na die uittreksels op Facebook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Wen een van vier boeke vir kinders, onder meer Hoezit 5: Die wonderwêreld van voëls en Middernagklub

Hoezit 5: Die wonderwêreld van voëlsMiddernagklubGeheime Koninkryk 8: Suikersoet bakkeryGeheime Koninkryk 9: Droomvalle

 
Vier gelukkige lesers kan elk ‘n kans staan om een van vier kinderboeke te wen in Storiewerf se jongste “Oondvars Wedstryd”.

Bederf die jongspan met een van die volgende opwindende kinderboeke: Hoezit 5: Die wonderwêreld van voëls deur Fanie Viljoen en Jaco Jacobs; Middernagklub deur Christien Neser; Geheime Koninkryk 8: Suikersoet bakkery en Geheime Koninkryk 9: Droomvallei deur Rosie Banks.

Om in aanmerking te kom vir die prys, besoek Storiewerf se webtuiste en beantwoord een maklike vraag oor die boek wat jy graag sal wil wen.

Die kompetisie sluit Saterdag, 31 Oktober. Vir meer besonderhede, opwindende kompetisies en nog storienuus, besoek die Storiewerf-webtuiste.
 
Beantwoord die volgende vrae:
 

Hoezit 5: Die wonderwêreld van voëls: Watter voël se oë is groter as sy brein?

 

Middernagklub: Wat moet Elle doen om op die lys van dertig te kom?

 

Geheime Koninkryk 8: Suikersoet bakkery: Wat wil die meisies met die silwer suikerspin maak?

 

Geheime Koninkryk 9: Droomvallei: Waarmee moet die meisies die drake help?

 

Boekbesonderhede


» read article

Wen een van ses kinderboeke, onder meer Hoezit 1, Hoezit 3 en Die beste Suid-Afrikaanse spookstories

Storiewerf het ses wonderlike kinderboeke wat hulle graag aan gelukkige jong lesers wil weggee.

Op die spel is Prinses Nina en die seeponie deur Sarah KilBride; Die beste Suid-Afrikaanse spookstories deur Wendy Maartens; Hoezit 1: Die wonderwêreld van soogdiere en Hoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieë deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen; Wouter en die eienaardige eilandavontuur deur Philip Reeve en Sarah McIntyre; en In die kollig: Speeltekste vir dramaleerders deur Lizz Meiring.

Prinses Nina en die seeponieDie beste Suid-Afrikaanse spookstoriesHoezit 1: Die wonderwêreld van soogdiereHoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieëWouter en die eienaardige eilandavontuurIn die kollig

 
Om in aanmerking te kom vir die pryse, besoek Storiewerf se webtuiste en beantwoord ‘n vraag oor elkeen van die boeke wat jy graag wil wen.

Die kompetisie sluit op Vrydag, 31 Julie. Vir meer besonderhede en nog opwindende kompetisies, besoek die Storiewerf-webtuiste.

Beantwoord die volgende vrae:
 

Prinses Nina en die seeponie: Wat is die seeponie se naam?

 
Die beste Suid-Afrikaanse spookstories: Noem een spookstorie in hierdie bundel.

 
Hoezit 1: Die wonderwêreld van soogdiere: Wat is jou gunsteling soogdier?

 
Hoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieë: Watter speletjie kan jy in hierdie uitgawe van Hoezit! speel?

 
Wouter en die eienaardige eilandavontuur: Noem een van die vriende wat vir Wouter help in sy soektog na sy ouers.

 
In die kollig: Hoekom sou jy graag in die kollig wou wees?

 

Boekbesonderhede


» read article

Wen een van agt kinderboeke, onder meer Raserige Diere en My ouma is ’n film-ster

Storiewerf se splinternuwe oondvars-kompetisie bied iets vir almal – met agt heerlike boeke vir klein en kleiner op die spel!

Professor Fungus en die jelliemonsters van MarsProfessor Fungus en die Breindrein-eksperimentMy ouma is ’n film-sterKom hier, Karnallie!Mooi so, Toffie!
Wilde, woeste woudOu oom Klasie het 'n plaasRaserige Diere

 
Jy kan ‘n kans staan om een van dié kinderboekies te wen:

Professor Fungus en die jelliemonsters van Mars, Professor Fungus en die Breindrein-eksperiment en My ouma is ’n film-ster deur Jaco Jacobs; Kom hier, Karnallie! en Mooi so, Toffie! deur Jenny Oldfield; asook Wilde, woeste woud: ‘n Opwip-storieboek, Ou oom Klasie het ‘n plaas en Raserige Diere deur LAPA Uitgewers.

Om in aanmerking te kom vir die prys besoek Storiewerf se webtuiste en beantwoord ‘n vraag oor die boek wat jy graag wil wen. Die kompetisie sluit Dinsdag, 30 Junie.

Beantwoord die volgende vrae:

Professor Fungus en die jelliemonsters van Mars: Wat is Professor Fungus se nuutste uitvindsel?

Professor Fungus en die Breindrein-eksperiment: Waaroor is Bennie en Jenny opgewonde?

My ouma is ’n film-ster: Wat maak Rikus se ouma anders?

Kom hier, Karnallie!: Watter tipe hondjie is Karnallie?

Mooi so, Toffie!: Wat is Vicki en Tessa se agentskap se naam?

Wilde, woeste woud: Wat is jou gunsteling dier in die woud?

Ou oom Klasie het ’n plaas: Watter soort dier is Arno?

Raserige Diere: Watter soort voertuig is Tommie?

 

Boekbesonderhede


» read article

Wen een van sewe jeugboeke, onder meer Uit deur Fanie Viljoen en ’n Hart vol sand deur Anzil Kulsen

Storiewerf se nuutste “oondvars”-kompetisie bied aan sewe gelukkige lesers die kans om een van die volgende jeugboeke te wen:

Franse vlegsel deur Christien Neser; Wian Verwey het ’n crush op my deur Tania Brink; As ek val deur Jenny Downham, vertaal deur Lydia du Plessis; ’n Hart vol sand deur Anzil Kulsen; Emma en die creepy komplot deur Marianna Brandt; Wraak deur Danielle Bakhuis, vertaal deur Jaco Jacobs en Uit deur Fanie Viljoen.

Franse vlegselWian Verwey het ’n crush op myAs ek val’n Hart vol sandEmma en die creepy komplotWraakUit

 
Om in aanmerking te kom vir die prys besoek Storiewerf se webtuiste en beantwoord ‘n vraag oor die boek wat jy graag wil wen.

Die kompetisie sluit op Vrydag, 29 Mei. Beantwoord die volgende vrae:

Franse vlegsel: Waar bly Elle alleen agter?

Wian Verwey het ’n crush op my: Tania Brink is die alias vir watter skrywer?

As ek val: Noem een ding wat op jou lysie is …

’n Hart vol sand: Wat ontdek die stadsmeisie op die plattelandse dorpie?

Emma en die creepy komplot: Wat doen die skoolhoof met die kinders se DNA?

Wraak: Waarmee kry Kristie vir Henk terug?

Uit: Waaroor handel hierdie boek?

Boekbesonderhede


» read article

“Wat is reis?” Beantwoord die vraag in 1 001 woorde en wen ’n bergfietstoer of ’n vyfster-ervaring

MooiloopLitNet nooi alle skrywers om aan ’n unieke reisskryfkompetisie deel te neem.

Gerrit Rautenbach, die samesteller van Mooiloop: Mooiste reisstories, is die gasredakteur van die kompetisie. Op die spel is ’n Groot Vyf-bergfietstoer van drie dae in die Mthimkhulu-gebied van die Groter Krugerwildtuin of twee nagte in die Coopmanhuijs-vyfsterhotel in Stellenbosch.

Om in aanmerking te kom vir die wonderlike reispryse, skryf presies 1 001 woorde oor enige reiservaring en stuur dit aan reis@litnet.co.za voor Dinsdag, 31 Maart.

Lees die artikel vir meer besonderhede, bepalings en voorwaardes:

Die uitdaging vir skrywers is om LitNet-lesers na enige bestemming op reis te neem en enigiets op die pad daarheen, of by die bestemming, te laat gebeur – van adrenalien of tragedie tot komedie. Of net stilsit en dink om dalk daarna so ietsie meer te verstaan van die lewe. Maar soos die 1 001 Arabiese Nagte het ook jy net 1 001 woorde om jou reis te laat begin, lyf te gee en volsirkel te laat eindig.

“Wat is reis?” sou ’n mens dalk wil vra.

Goeie vraag, want die konsep het so baie dimensies. Om te skryf oor iets soos jou vakansie verlede jaar wildtuin toe is die mees basiese vorm van reisskryf, maar jy kan verder gaan en ’n verbeeldingsvlug in jou storie onderneem.

Boekbesonderhede


» read article

Aandag aspirantskrywers: Skryf ’n kortverhaal “Uit die hart” en wen R5 000

LAPA, Kuier en PEN Afrikaans nooi alle aspirantskrywers om deel te neem aan ’n kortverhaalwedstryd.

 
Skrywers kan stories tussen 1 000 en 1 500 woorde inskryf rondom die tema “Uit die hart”. Die finaliste sal ’n slypskool bywoon vanaf 10 tot 12 Julie 2015 aan die Universiteit van Wes-Kaapland as deel van hul prys.

Tydens die skool sal PEN Afrikaans individue identifiseer om deel te neem aan ’n skrywersmentorskap-program met Danie Marais, Bettina Wyngaard en Rachelle Greeff.

Die wenner ontvang R5 000 en die finaliste R1 000 elk en die kompetisie sluit 31 Maart 2015.

Vir meer besonderhede sien die nuutste uitgawe van Kuier (28 Januarie 2015) of besoek die tydskrif se Facebook-blad.


» read article