Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Competition’ Category

Kry 50% afslag op Lapa-boeke!

Ter viering van Wêreldboekedag, wat op 23 April plaasvind, bied Lapa Uitgewers vir jou die besonderse geleentheid om 50% afslag op alle gedrukte boeke te kry.

Besoek Lapa se webblad, kies jou boek, klik, en koop!


» read article

Skryf nou in vir Lapa Uitgewers se Jeugromankompetisie 2017!


 
Is jy ‘n jeugroman-liefhebber? Droom jy al sedert jy 13 getref het daarvan om jou eie jeugroman te skryf?

Nou’s jou kans!

Inskrywings vir Lapa Uitgewers se Jeugromankompetisie is tans oop en daar’s prysgeld ter waarde van R50 000 op die spel.

Jeuk jou vingers reeds? Klik hier vir verdere besonderhede.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2017.
 

Asem

Book details

 
 

Uit

 
 

Pleisters vir die dooies

 
 

As ek val


» read article

Stem vir die LAPA Romanza voorblad-held en wen!

LAPA Uitgewers soek ’n hunk vir een van ons nuwe Romanza-boeke se voorblad. Hier is die ses finaliste. Wil jy stem? Doen dit voor Vrydagmiddag.

Onthou ook om aan te sluit by die Romanza-klub! Vir net R115 per maand kry jy elke maand twee boeke in die pos en 30% afslag op alle ander LAPA boeke!

Hier is die manne. Vir wie gaan jy stem?


Alwyn

Etienne

Jaco

Jaun

Riaan

Sean

Ryk en roekeloosAmper 'n bruidBosveldroosWintersprokieEindelose liefdeOnwaarskynlike ridderMan na haar hart

 

Boekbesonderhede


» read article

LAPA is op soek na ’n voorblad-held: Nomineer jou Romanza Ridder en wen!

Romanza Ridder

 
Daar was ’n tyd toe mens ’n ridder so te sê agter elke bos kon uitskop. ’n Dame het skaars voor ’n plas water in die pad te staan gekom of ’n galante heer het reeds sy baadjie oor die poeletjie neergelê. Maar die tye het verander. Moderne dames het waterdigte skoene en ridders op wit perde is bloot net onprakties. Dit beteken egter nie dat die skoner geslag nie steeds na só ’n man hunker nie.

Dís waarom LAPA Uitgewers ’n soektog van stapel stuur om ’n ridder te vind. ’n Moderne ridder, bygesê. Hierdie Ridder het ’n hart van goud, ’n six-pack van staal, en kan enige vrou laat swymel met beide sy looks en sy persoonlikheid.

Die publiek word uitgenooi om mans wat aan hierdie beskrywing voldoen, as die Romanza Ridder te nomineer. (Mans kan hulself ook nomineer, natuurlik!) Daar is groot pryse op die spel, insluitend R15 000 vir die galante heer wat met die titel wegstap.

Nomineer jou ridder by www.romanzaridder.co.za

Ryk en roekeloosAmper 'n bruidBosveldroosWintersprokieEindelose liefdeOnwaarskynlike ridderMan na haar hart

 

Boekbesonderhede


» read article

Wen een van sewe kinderboeke, onder meer Hoezit 4, Breinslym en Bravo, Lulu

Storiewerf bied weereens hul maandelikse “Oondvars Wedstryd” aan waarin jong lesers ‘n kans kan staan om een van sewe kinderboeke te wen.

Op die spel vir September is Hoezit 4: Die wonderwêreld van goggas deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen; Breinslym deur R McGeddon; Nag van die vlieënde piering deur R McGeddon; Bravo, Lulu deur Fanie Viljoen, geïllustreer deur Elsbeth Eksteen; Moenie die knoppie druk nie deur Jaco Jacobs en Chris Venter; Die perfekte werk vir Pappa deur Abie Longstaff en Lauren Beard en Grietjie en die baie honger leeu deur Alex T Smith.

Hoezit 4: Die wonderwêreld van goggasBreinslymNag van die vlieënde pieringBravo, LuluMoenie die knoppie druk nieDie perfekte werk vir PappaGrietjie en die baie honger leeu

 
Om in aanmerking te kom vir een van hierdie wonderlike pryse, besoek Storiewerf se webtuiste en beantwoord een maklike vraag oor die boek wat jy graag sal wil wen.

Die kompetisie sluit op Woensdag, 30 September. Vir meer besonderhede en nog inligting oor kinderboeke en skrywers, besoek Storiewerf se webbladsy.

Beantwoord die volgende vrae:
 
 
Hoezit 4: Die wonderwêreld van goggas: Vir watter gogga gril jy die meeste?

 

Breinslym: Waaraan wil die zombies smul?

 

Nag van die vlieënde piering: Deur wat word die dorpie oorgeneem?

 

Bravo, Lulu: Watter rol gaan Lulu in die konsert speel?

 

Moenie die knoppie druk nie: Watter knoppie druk Tiaan se boetie wat `n bohaai veroorsaak?

 

Die perfekte werk vir Pappa: Hoekom soek Chris en Lisa vir Pappa `n ander werk?

 

Grietjie en die baie honger leeu: Hoekom gaan kuier Grietjie vir haar tannie?

 

Boekbesonderhede


» read article

Voltooi ’n lesersopname en wen ’n vakansie vir vier, of een van drie R500-koopbewyse

 
Wil jy graag ’n vakansie wen? Neem deel aan LAPA se lesersopname en jy kan dalk ’n kans staan om ’n vakansie vir vier mense by die ATKV-oord van jou keuse te wen.

Voor jy besluit of jy Hartenbos, Buffelspoort of Goudini Spa toe wil gaan (om net ’n paar op te noem) vul eers die lesersopname in en vertel ons wie jy is en wat jy graag lees.

Om in aanmerking te kom vir die prys, beantwoord ’n reeks vrae oor jou lesersbehoeftes. Jy kan ook een van drie koopbewyse ter waarde van R500 losslaan!


» read article

Wen ’n kopie van Uit deur Fanie Viljoen

UitEen gelukkige Bloem Nuus-leser kan ’n kans staan om ’n kopie van Fanie Viljoen se jongste jeugroman, Uit, te wen.

In Uit vertel Viljoen die storie van ’n Afrikaanse seun se stryd met sy seksuele identiteit. Brent is gewild, ’n rugbyspeler en hy het boonop ’n meisie, maar hy worstel met vreemde gevoelens teenoor “die ou van Redhill”. Viljoen hanteer die onderwerp met deernis en wys weereens dat hy nie skroom om sensitiewe onderwerpe aan te pak nie.

Die kompetisie sluit Maandag, 3 November 2014 om 09:00 en lesers kan registreer op Bloem Nuus se webtuiste om deel te neem.

Boekbesonderhede


» read article

Wen groot kontantpryse in Vrouekeur se hekel- en breikompetisie

Brei saam met Vrouekeur 1Brei saam met Vrouekeur 2Brei saam met Vrouekeur 3Brei saam met Vrouekeur 4Brei saam met Vrouekeur 5

 
Vrouekeur het pas ’n opwindende nuwe kompetisie geloods waarin ywerige breiers en hekel-liefhebbers groot pryse kan wen. Stuur bloot jou unieke brei- of hekelpatroon in en jy kan een van vyf gelukkige lesers wees wat elk R10 000 en ’n Vrouekeur-geskenkpak wen. Die kompetisie duur van 2 Junie tot 30 Augustus 2013.

Brei en hekel jy vir ’n vale? Nou is jou kans om die penne nader te trek … jy gróót geld wen!

Skryf vir ons opwindende Vrouekeur & Elle-kompetisie in en jy het ’n kans om groot pryse te wen.

Vyf wenners gaan deur ’n paneel beoordelaars gekies word en sal R10 000 elk plus ’n Vrouekeurgeskenkpak wen!

Dié geskenkpak van LAPA Uitgewers bestaan uit vier Vrouekeur-resepteboeke en tien Vrouekeur-breiboeke.

Elke handelaar waar die wenners hul Elle-breidraad of -hekelgaring gekoop het, sal ook R2 000 se prysgeld ontvang.

Boekbesonderhede


» read article

Wen ’n eksemplaar van Kristel Loots se Die ander vrou

Die ander vrouDrie gelukkige lesers kan elk ’n kopie van Kristel Loots se nuutste roman, Die ander vrou, van Get It Pretoria wen.

Al wat jy moet doen om in te skryf, is om die woord “Kristel” en jou naam na 42282 te SMS.

SMSe kos R1,50 en gratis SMSe tel nie. Die kompetisie sluit 5 Julie 2013. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Boekbesonderhede


» read article

Wen vyf Brei saam met Vrouekeur-boeke deur Christa Swanepoel

Brei saam met Vrouekeur 1Brei saam met Vrouekeur 2Brei saam met Vrouekeur 3Brei saam met Vrouekeur 4Brei saam met Vrouekeur 5

 
Vyf gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak met Vroukeur en LAPA se splinternuwe breiboekreeks, Brei saam met Vrouekeur, in wen.

Brei saam met Vrouekeur bied handige wenke en inligting soos algemene benodigdhede, hoe om steke met die duimmetode op te tel, naaldgroottes en afkortings in. Al die items is met Saprotex-breidraad gebrei en is oral beskikbaar.

Om in te skryf, moet jy bloot die woord BREI gevolg deur jou naam en adres voor 20 Mei 2013 na 40955 SMS. SMS’e kos R1,50 en die kompetisie is net vir mense in Suid-Afrika.

Boekbesonderhede


» read article