Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Children’ Category

LAPA-skrywers by die US Woordfees 2016

 
LAPA het vanjaar weer ’n baie vol program by die US Woordfees. Dit sal lekker wees om julle daar raak te loop!

nullSKRYWERSPROGRAM: Sjef Snoekie laat die potte sing

Marlise Scheepers se treffer “Beige Ford Cortina” is al diep in die 90 000 keer op YouTube gekyk. Sy deel haar resepte en staaltjies met Mariëtta Kruger en sing later wanneer die kuiery lekker raak. Klik hier vir meer inligting oor haar boek.

4 Maart 18:00 | De Vette Mossel | 180min | R220 | R240 by die deur | Bespreek h​ier
 
 

* * * * *

Karla KrullebolWOW: Graad 3: Karla Krullebol – Theresa van Baalen

7 Maart 9:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis
 
 
 
 
 
 

* * * * *

OfferlamMonstersaadSKRYWERSPROGRAM: Die speling tussen spanning- en ontspanningsfiksie

Gaan die spanningsverhaal nog oor die herstel van orde? Madri Victor hoor by Wilna Adriaanse (Eindspel), Chanette Paul (Labirint, Offerlam) en Madelein Rust (Monstersaad) of spanningsfiksie ʼn “feel good” einde moet hê. En wat dink hulle van die nuwe “noir”-neiging by vroueskrywers?
 
 
7 Maart 14:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Marga SKRYWERSPROGRAM: My kind, my memoire

Hoe skryf ’n ma oor die trauma wat haar kind beleef? Is dit ’n manier om sin te gee aan jou kind se lewe en jou struweling? Taalpraktisyn en oud-redakteur Mandi Botha stel dié vrae, en meer, aan Marga van Rooy (My kind is ʼn skisofreen), Juliana Coetzer (Bloedvreemd) en Douwleen Bredenhann (’n Hemelhoë hekkie).

7 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Bravo, LuluWOW: Graad 4-5: Bravo, Lulu – Fanie Viljoen

8 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis
 
 
 
 
 
 

* * * * *

nullSKRYWERSPROGRAM: Kosdemo: Kook saam Kaaps

Kulsum Kamalie en Flori Schrikker het op RSG bekend geword as die twee anties wat wéét hoe om te skep. Hulle kook Kaaps: gesinskos, huiskos. By hierdie demo kan jy jou verkneukel aan die lekkerste spyse, opgetower uit speserygevulde potte.

8 Maart 14:00 | Die Khaya | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

 
 

* * * * *

Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van RaaiselfonteinWOW: Graad 6-7: Sanri Steyn – Theresa van Baalen

9 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditoriuml | 90 min | Gratis
 
 
 
 
 
 

* * * * *

Opdrag van oorkantVandat jy weg isnullSKRYWERSPROGRAM: Beneuk en verlief

Sophia Kapp (Oorlewingsgids vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is.

9 Maart 10:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Immer wesSKRYWERSPROGRAM: Irma Joubert: Immer wes

Irma Joubert gesels met Helene de Kock (Debora en seuns) oor haar nuutste roman, Immer wes, en hoe die skrywer van historiese romans as brugbouer tussen generasies en kultuurgroepe optree. Twee formidabele skrywers aan die woord!

9 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

 
 

* * * * *

Cass Abrahams: 'n Lewe met kosSKRYWERSPROGRAM: Cass Abrahams: ’n Lewe met kos

Marike Bekker gesels met Cass Abrahams oor haar lewe, haar liefde vir kos en die paaie waarop dit haar laat loop het. ‘n Watertand-gesprek met een van die land se grootste kulinêre geeste.

9 Maart 17:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

’n Hart vol sandWOW: Graad 8-10: ’n Hart vol sand – Anzil Kulsen

10 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis

 
 
 
 
 
 

* * * * *

Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboekSKRYWERSPROGRAM: Kosdemo: Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek

Susina Jooste, die direkteur van The Private Hotel School in Stellenbosch, en Henk Stander, ‘n baie ywerige visserman en die algemene bestuurder van Maties se akwakultuureenheid, demonstreer maklike en smaaklike maniere om seekos voor te berei. Jy gaan nêrens anders vir so min so lekker eet nie! Gou spring!

11 Maart 09:00 | Die Khaya | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

 
 

* * * * *

Bloed op haar handeKodenaam IcarusSkuldigVlees en bloedSKRYWERSPROGRAM: Misdaadskrywers: feit of fiksie?

Hoe hanteer skrywers navorsing rondom misdaad? Is die grense wat jy nie mag oorsteek nie dieselfde vir skrywers van nie-fiksie en fiksie? Krimi-skrywers Martin Steyn en Henk Breytenbach gesels met joernaliste Riette Rust en Carla van der Spuy oor feit vs. fiksie wanneer dit my misdaad-skryf kom.

12 Maart 15:30 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier
 
 

* * * * *

Book details


» read article

Waarom hou kinders so baie daarvan om reeksboeke te lees? Jaco Jacobs verduidelik

Professor Fungus en die jelliemonsters van MarsStalmaats 6: Komaan, KarenZackie Mostert en die meisie-molesBastian Blom en die magtige moerasmonster

 
“In die verlede is daar dikwels neergesien op reeksboeke. Dit is beskou as nie ‘literêr’ genoeg nie en daar is selfs beweer dit maak van kinders lui lesers. Deesdae besef baie ouers, onderwysers en bibliotekaresses gelukkig dat ’n lekker boekereeks dikwels die perfekte manier is om ’n huiwerige leser se leeslus te prikkel.”

Só skryf veelbekroonde en gesoute reeksboekskrywer Jaco Jacobs in sy jongste bloginskrywing. Hy verduidelik waarom reeksboeke so gewild is by kinders:

1. Die karakters voel soos ou vriende.
2. Jy kan voorspel of jy van die storie gaan hou.
3. Herhaling is pret.
4. Reeksboeke het versamelwaarde.
5. Dit laat jou naels kou.

Lees Jacobs se artikel vir ‘n omskrywing van hierdie punte:

1. Die karakters voel soos ou vriende.

Eintlik is dit geen verrassing nie. Waarom kyk jy graag na jou gunsteling-TV-reeks? Heel moontlik omdat jy daarvan hou om te sien wat die karakters, met wie jy nou al goed vertroud is, in elke episode aanvang. Wanneer ’n leser byvoorbeeld ’n nuwe Zackie Mostert-boek optel, weet hy reeds wie hy tussen die blaaie gaan teëkom – die ondeunde Zackie en sy beste pel, Vincent, die klaerige mevrou Langenhoven van langsaan met haar nare kat, en Anton die skoolboelie wat sy bes probeer om Zackie se lewe te versuur.

Boekbesonderhede


» read article

Carina Diedericks gesels oor die Thomas@-reeks en die eienskappe van goeie jeugfiksie

Bekendstelling van die Thomas@-reeks op kykNET
Thomas@aksie.netThomas@geraamte.netThomas@sms.netThomas@moord.netThomas@skerpioen.net
Thomas@aqua.netThomas@nagmerrie.netThomas@vrees.netThomas@rock-ster.net

 

Carina Diedericks is die skepper van die immergewilde Thomas@-reeks wat handel oor die manewales van Thomas en sy maats: Alex, Lilian, Hannes, Thabo en Lukas.

Die Thomas@-avonture is in 2013 in ‘n televisiereeks omskep en Thomas@rock-ster.net, die agste boek in die reeks, is in 2011 met ʼn silwer Pendoring Reklametoekenning bekroon.

Books LIVE het met die skrywer gesels oor, onder meer, die prikkels wat aanleiding gegee het tot die reeks, haar skryfproses, die eienskappe van moderne jeugfiksie en die moets en moenies wat jeugboekskrywers liefs in gedagte moet hou.

Lees die onderhoud:

 

* * * * * * * *

 
Waar het jy aan die idee vir die Thomas@-reeks gekom?

LAPA het in 2000 my genader om ’n jeugboek te skryf na aanleiding van kortverhale van my wat gepubliseer is. Ek het gedink dit is ’n maklike opdrag, maar toe ek wou begin, het ek besef ek het nie ’n idee hoe tieners se lewens lyk en werklikheidsverstaan werk nie. Ek het dit toe eers gelos en begin lees. Amper ’n jaar lank. Ek het besef dat reeksboeke geweldig sterk is en dat daar enorm baie ruimte binne die Afrikaanse jeugmark is vir ’n nuwe wending. Ironies genoeg was die bedoeling nie om Thomas ’n reeks te maak nie, maar nadat ek thomas@moord.net geskryf het, was ek nog nie klaar met die karakters nie. Wat die karakters betref is hulle ’n vermenging van my twee ouer broers.

Hoekom is die reekstitel Thomas@ en nie net Thomas nie (soos Trompie, Saartjie ens)?

Ek wou dit kontemporêr maak en tegnologie is so ’n groot deel van my – eintlik almal – se lewens dat dit vir my belangrik was om dit te laat deurskemer. Tegnologie figureer sterk in die reeks. Dis ’n uitdaging, want ek moet dit so skryf dat dit modern bly sonder om te veel detail (soos handelsmerke en weergawes) te gee wat die boek prematuur kan laat verouder.

Wat is die belangrikste eienskappe van moderne jeugfiksie?

Die skrywer se eerlikheid, integriteit en respek vir die leser. Die dae is verby wat skrywers dink hulle gaan “gou” ’n jeugboek skryf en veral waar skrywers hul in ’n posisie bo jongmense plaas en af kyk en af skryf en neersien op hulle. Skrywers soos Barrie Hough en Marita van der Vyver het met hulle jeugboeke daardie weg gebaan vir ons wat op hulle hakke gevolg het.

Watter jeugboeke het jy op skool gelees?

Ek het álles gelees waarop ek my hande kon lê. Gelukkig was boeke en lees groot in ons familie en ons het die drumpel van biblioteke van Johannesburg tot Kaapstad deurgetrap. In daardie dae was daar ook die Daan Retief Boekklub. Elke maand het jy ’n “Japsnoet-boekie” oor ’n interessante onderwerp gekry, ’n aktiwiteitsboek en ’n storieboek. My gunstelinge was beslis die reekse: Maasdorp, Trompie, Saartjie, Jasper, Uile, Groenweide, Bienkie, Mienkie, Meintjie, ens. En dan Engelse reekse soos Famous Five, Secret Seven, Nancy Drew, Hardy Boys, Choose your own adventure … Ek kan baie lank aanhou met my lys van gunstelinge! Later op hoërskool het ek André P. Brink ontdek en ook Etienne van Heerden, Marita van der Vyver, Dalene Matthee, Ingrid Jonker en so aan.

Wat is die grootste verskille tussen destydse jeugboeke en dié van vandag?

Aanvanklik was daar ’n eenvoud en ’n amper onskuldige, lieflike benadering. Ontsnappingsletterkunde. Kyk na Alba Bouwer, Sita (SS de Kock) en MER (Maria Elizabeth Rothmann). Ook die reekse wat al so ver terug as die 1930′s (Maasdorp en Keurboslaan) en die 1950s (Saartjie en Trompie) verskyn het. In die 1970′s en 80′s het daar egter ’n ommeswaai gekom wat die Afrikaanse jeugboek enorme skade berokken het. ’n Handvol akademici het besluit dat boeke “goed” moet wees vir ’n kind. Of die kind van die storie gaan hou al dan nie, was irrelevant. Alle reeksboeke is as ongeskik vir lees verklaar en selfs van biblioteekrakke verwyder. Die boeke was vaal, deprimerend en het ten minste twee geslagte vervreem van Afrikaanse letterkunde. Die akademici het op prys- en voorskryfkommitees gesit en natuurlik het die uitgewers gefokus op wat hulle wou hê. Ek was in ’n Engelse skool en na aanleiding van ’n gruwelike depro voorgeskrywe boek het een van my vriendinne gevra: “M’am, are all Afrikaans people poor and depressed?” I rest my case.

Vertel ons van jou skryfproses – hoe besluit jy op ’n tema en hoe ontwikkel jy jou karakters?

Stories vlieg letterlik om ons rond. Jy moet net weet waar om te kyk. Dit kan ’n brokkie van ’n gesprek wees wat jy afluister. Of iets wat jy sien. Of onthou. Of alles vloei saam en vorm iets nuut. Dieselfde geld vir temas. Dis moeilik om dit mis te kyk. Karakters is sameflansings van mense wat ek ken of gesien of beleef het. Jy speel matchmaker en sien gou dat ’n sekere tema nou ’n sterker storie gaan maak en dat hierdie of daardie karakter pas by die storie. Ek doen nie vreeslike beplanning voor die tyd nie. Ek het ’n basiese idee waaroor die storie moet gaan, die kernkarakters en net daardie eerste sin. Dan spring ek weg. ’n Ent in die boek in sal ek halt roep en navorsing doen of die res van die boek uitlê.

Wat is die moets en moenies wat jeugboekskrywers in gedagte moet hou?

Maklik. Daar is net twee moets: 1. Lees 2. Respekteer jou leser.

Thomas is nie ’n tipiese held nie, hy maak foute en is dikwels die een wat gered moet word. Hoekom het jy hom so geskryf?

Ek dink hierdie James Bonderige hoofkarakters in “realistiese” jeugboeke werk nie. Niemand kan goed wees in alles en ongedeërd uit alle situasies stap nie. Ek wou ’n tipe anti-held skep waarmee lesers kan identifiseer.

Thomas en Alex se verhouding is ’n interessante storielyn. Hoe skryf jy oor romanse in ’n jeugreeks? (En hoekom het Lukas en Lilian nooit bymekaar uit gekom nie?)

Wel, die reeks is nog ver van klaar, so wie bymekaarkom en wie nie, is ’n ope vraag!

Hoe was dit om aan die televisiereeks te werk?

Fantasties. Ek was deel van die skryfspan en dit was heeltemal iets anders gewees om vir TV te skryf as wat jy ’n boek skryf. Skielik het jy die visuele waarmee jy kan speel, maar aan die ander kant moet jy goed soos uitvoerbaarheid van storielyne en tonele, asook kostes in gedagte hou. As jy skryf, is daar geen begroting wat jou kreatiwiteit aan bande lê nie. So het ek byvoorbeeld gedink ’n toneel waarin Thomas aan ’n rotslyn op Tafelberg hang, sal verskiklik cool wees. Maar toe blyk dit dit is nogal duur om helikopters te huur, kameramanne by helikopters te laat uithang, permitte om op die berg te skiet te kry en waaghalse te gebruik vir ’n toneel van hoogstens 10 minute! Who knew?

Boekbesonderhede


» read article

“Dit moet energie hê” – Jaco Jacobs deel vyf eienskappe van ’n goeie jeugboek

“Die Karoo waar ek grootgeword het, is ’n skatkis van stories.”

Só het die geliefde jeugboekskrywer Jaco Jacobs vroeër vanjaar aan Vrouekeur vertel oor waar sy liefde vir stories vandaan kom.

’n Goeie dag vir boomklimHoezit 4: Die wonderwêreld van goggasMoenie die knoppie druk nieOp die punt van my tong: 80 lawwe tongknopersProfessor Fungus en die jelliemonsters van Mars

 
Vrouekeur het tien vrae aan Jacobs gestel oor sy gunsteling skrywer, die boeke wat ‘n indruk op hom as kind gemaak het, die mooiste frase wat hy al ooit gelees het en sy gunsteling storiekarakter.

Jacobs deel ook sy skryfleuse, vyf elemente wat ’n kinder- of tienerboek moet bevat en besin oor die rol wat boeke in jongmense se lewens speel.

Lees die artikel:

6. Wat is jou skryfleuse?

Ek het nie regtig ’n skryfleuse nie, maar as jy my nou sou dwing om een te formuleer, sal dit waarskynlik iets wees soos: Moenie jouself te ernstig opneem nie. Ek is nie mal oor die idee van skrywers as celebrities nie. Skrywers moet stories vertel. Stories is celebrities – dis stories wat die kollig moet steel en die asem wegslaan en die skares vermaak. ’n Skrywer behoort soos Brad Pitt se pa te wees – bloot vaagweg van belang en iewers op die agtergrond.

7. Wat is die vyf elemente wat ’n kinder- of tienerboek moet bevat om suksesvol te wees?

• Dit moet eerlik wees. Kinders weet dadelik as jy probeer “oulik” wees of afpraat na hulle.

• Dit moet in voeling met die teikengroep se leefwêreld wees.

• Daar moet ’n sterk storie wees. Ek glo kinders, nes die meeste volwassenes, lees agter ’n boeiende storie aan.

• Dit moet goed geskryf wees. Ek hou van die aanhaling van Maxim Gorky wat lui: “Jy moet vir kinders skryf op dieselfde manier as wat jy vir grootmense skryf, net beter.”

• Dit moet energie hê – daardie soort knetterende kreatiwiteit wat myns insiens een van die kenmerke van die genre is.

Jacobs se heerlike boek vol tongknopers vir kinders, Op die punt van my tong: 80 lawwe tongknopers, het vanjaar by LAPA verskyn. Loer na ‘n uittreksel:

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Spookstories onder die vergrootglas: Wie was die Spookmeisie van Uniondale?

Beste Suid-Afrikaanse spookstoriesDie beste Suid-Afrikaanse spookstoriesWie hou nou nie van ‘n lekker spookstorie nie?

Suid-Afrika is propvol mites en legendes, en Frances Strooh het ‘n paar spookstories nagevors en op Lekkeslaap gedeel.

Leer meer oor die bekende spookskip, De Vliegende Hollander; die grys dame en die groot swart hond wat in Die Kasteel rondhang; die grusame verhaal van Jan Prinsloo se Kloof en natuurlik, ‘n ou gunsteling, die Spookmeisie van Uniondale. Vind ook uit waarom Nuwejaar nie ‘n goeie tyd is om die Tokai Herehuis te besoek nie.

Vir nog heerlike spookstories, lees gerus Die beste Suid-Afrikaanse spookstories deur Wendy Maartens.

Lees die artikel:

Die Spook van Uniondale

Geen versameling spookstories sal volmaak wees sonder om hierdie bekende duimgooier se verhaal mee te deel nie. Net buite Uniondale op die Nasionale Pad is daar ‘n afdraai na Barendas. Jy sal sukkel om iemand te oortuig om hier ‘n ryloper op te tel – veral nie oor Paasfees nie! Dit is om en by hierdie tyd wat die spook van Uniondale, ‘n meisie met ‘n donker langbroek en hemp sal duimry. Sy het al by menige niksvermoedende motoris ingeklim, maar sy verdwyn altyd skielik en onverklaarbaar 17 km verder by die volgende afdraai na Barendas.

Ons vermoed die spook van Uniondale was ‘n jong verpleegster in Riversdal.

Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Hoe kan jy help? Skenk ’n Babalela aan kinders vir Kersfees

BabalelaKersfees is net om die draai – en wat is dan nou ’n beter geskenk as ’n liefde vir lees?

LAPA Uitgewers en die Vriende van Afrikaans wil graag seker maak dat elke kind vanjaar ’n boek het om te lees tydens die feesseisoen.

Met jou hulp sal die Vriende van Afrikaans eksemplare van Babalela deur Martie Preller aan soveel kinders as moontlik skenk. Die geskenkpakkie sluit in dié gewilde kinderboek, ’n Babala-speelding en ’n rugsak.

Hoe kan jy help?

Teen R120 kan jy een geskenkpak moontlik maak. Besoek LitNet se webwerf vir die bankbesonderhede, en lees meer oor die innoverende projek:

Hoekom Babalela?

Nie net is Babalela een van die suksesvolste kinderboeke ooit nie, dit is ook bewys dat die skenking van hierdie boek ’n verskil maak in kinders se lewens.

In Babalela, die eerste boek in die reeks, word die Babalela deur ’n groot man gevang en in ’n boks gedruk. Uiteindelik is die woede wat binne hierdie diertjie opbou so groot dat dit bulder: “Ek is ’n Babalela, los my uit!”

Boekbesonderhede


» read article

Wendy Maartens se Ek lees self-reeks: 6 nuwe boeke om die jongklomp se leeslus aan te wakker

Wendy Maartens se Ek lees self-reeks is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Ek lees self: skilpad leer vliegEk lees self: plaasmuis en stadsmuisEk lees self: haas en skilpad hardloop resiesEk lees self: wolf dra skaapsklereEk lees self: seekoei en olifant trek touEk lees self: jakkals en kraai en die stuk kaas

 

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee!

Hierdie reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Vind uit wat gebeur as Skilpad op ’n dag besluit hy wil vlieg, lag lekker vir Hasie se slim plan om Olifant en Seekoei te laat toutrek, en ontdek wat gebeur as Wolf op ’n dag skaap-klere aantrek.

Die Ek lees self-reeks bestaan uit ses pragtig geïllustreerde boeke, elkeen met ’n prettige dierestorie wat in eenvoudige taal oorvertel word sodat beginner-lesers dit maklik kan baasraak.

Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

Oor die outeur

Wendy Maartens woon in Table View – ‘n Klipgooi van die groot blou dam, Rietvlei se strandmeer en die Weskus waar alles om die draai van die gety, vroegoggend se vangs en die stories van vroeër jare draai. Sy is ‘n kinderboekskrywer, joernalis, vertaler en dromer vandat sy kan onthou. Sy skilder graag, doen graveerwerk op klip, maak tuin en toets haar kinderstories op haar ganskinders Petunia en Lelieblom (hoewel hul sprokies verkies)!

Kyk gerus na haar webtuiste vir al haar boeke wat reeds verskyn het, asook die vertalings in verskillende inheemse tale en toekennings. Sy het ook `n passie vir essay skryf. Haar essays verskyn gereeld in die tydskrif Leef met hart en siel. Sy doen ook vryskutskryfwerk vir verskeie tydskrifte en uitgewers.

Boekbesonderhede


» read article

Wen een van vier boeke vir kinders, onder meer Hoezit 5: Die wonderwêreld van voëls en Middernagklub

Hoezit 5: Die wonderwêreld van voëlsMiddernagklubGeheime Koninkryk 8: Suikersoet bakkeryGeheime Koninkryk 9: Droomvalle

 
Vier gelukkige lesers kan elk ‘n kans staan om een van vier kinderboeke te wen in Storiewerf se jongste “Oondvars Wedstryd”.

Bederf die jongspan met een van die volgende opwindende kinderboeke: Hoezit 5: Die wonderwêreld van voëls deur Fanie Viljoen en Jaco Jacobs; Middernagklub deur Christien Neser; Geheime Koninkryk 8: Suikersoet bakkery en Geheime Koninkryk 9: Droomvallei deur Rosie Banks.

Om in aanmerking te kom vir die prys, besoek Storiewerf se webtuiste en beantwoord een maklike vraag oor die boek wat jy graag sal wil wen.

Die kompetisie sluit Saterdag, 31 Oktober. Vir meer besonderhede, opwindende kompetisies en nog storienuus, besoek die Storiewerf-webtuiste.
 
Beantwoord die volgende vrae:
 

Hoezit 5: Die wonderwêreld van voëls: Watter voël se oë is groter as sy brein?

 

Middernagklub: Wat moet Elle doen om op die lys van dertig te kom?

 

Geheime Koninkryk 8: Suikersoet bakkery: Wat wil die meisies met die silwer suikerspin maak?

 

Geheime Koninkryk 9: Droomvallei: Waarmee moet die meisies die drake help?

 

Boekbesonderhede


» read article

Nuut vir jong diereliefhebbers – Hoezit 5: Die wonderwêreld van voëls deur Fanie Viljoen en Jaco Jacobs

Hoezit 5: Die wonderwêreld van voëlsHoezit 5: Die wonderwêreld van voëls deur Fanie Viljoen en Jaco Jacobs is nou beskikbaar op LAPA se rakke:

Hoe kry party voëls dit reg om duisende kilometer te vlieg sonder om te verdwaal? Watter voël se oë is groter as sy brein? Hoe groot is die wêreld se kleinste voëlsoort?

Jy sal al die antwoorde in hierdie fantastiese feiteboek kry! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van voëls kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!

Hoezit! is ’n nuttige vriend in die klaskamer – en boonop vet pret. Die tydskrifformaat van Hoezit! het onlangs plek gemaak vir ’n interaktiewe webtuiste propvol inligting en vermaak. En die goeie nuus is dat LAPA nou Hoezit! in bekostigbare boekvorm uitgee – met splinternuwe temas en aktiwiteite wat perfek is vir skooltake en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.

Nog boeke in die Hoezit!-reeks: Hoezit 1: Die wonderwêreld van soogdiere, Hoezit 2: Walvisse en dolfyne, Hoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieë en Hoezit 4: Die wonderwêreld van goggas.

Oor die outeurs

Jaco Jacobs is op Carnarvon in die Karoo gebore. Sy eerste boek, Troetelgedrog, het in 2001 by LAPA verskyn, en sedertdien het meer as honderd boeke vir kleuters, kinders en tieners uit sy pen verskyn. Sy boeke is onder meer bekroon met die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en 19 ATKV-Kinderboektoekennings. Talle van sy boeke word met groot sukses by skole voorgeskryf, en in 2014 is ’n rolprentweergawe van sy gewilde tienerboek Suurlemoen! landwyd vrygestel. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, twee honde, Pippie en Binki, en ’n baie stoute kantoorkat genaamd Lego wat sy bes probeer om Jaco uit die werk te hou. Besoek gerus sy webtuiste.

Trefferboeke soos Betower, BreinBliksem, Onderwêreld en die Nova-wetenskap-fiksiereeks het van Fanie Viljoen ’n huishoudelike naam gemaak. Fanie het in Welkom grootgeword. Afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jong-mense, is hy ook ’n kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm.

Boekbesonderhede


» read article

’n Vreemde seun en brille wat verdwyn: Twee nuwe boeke in Theresa van Baalen se Sanri Steyn-reeks

Superjoernalis Sanri Steyn is terug op LAPA se rakke in nog twee boeke deur Theresa van Baalen:
 

Sanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragte

 
Sanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragteSanri Steyn droom daarvan om eendag ’n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.

Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. En as Sanri se neus kriewel, moet jy sommer weet hier kom ’n storie …

Felix tree baie vreemd op – hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood … en hy het ’n groot geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. ’n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem. Sanri en haar beste vriend, Markus, moet ingryp voor dit te laat is …
 

* * * * * * * *

 

Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein

 
Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van RaaiselfonteinSanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur.

Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.

Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies sal seuns en meisies vasgenael hou!

Nog boeke in die Sanri Steyn-reeks: Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se geheime formule en Sanri Steyn 2: Die aliens oorkant die straat.

Oor die outeur

Theresa van Baalen het haar eerste stories as kind reeds op haar ma se Olivetti tikmasjien getik, en niemand was blyer oor die uitvinding van die rekenaar as sy nie! Sy woon reeds byna twintig jaar in Port Nolloth, waar die omgewing en die mense haar inspireer. Sy is deeltyds huisvrou en ma van twee bedrywige seuns, en werk sommige oggende van die week vrywillig by die Port Nolloth Museum. As sy nie skryf nie, hou sy haarself besig met allerhande soorte handwerk. Sy is versot op kinderboeke omdat daar soveel ruimte is vir kreatiwiteit. Aspris-krokkedis is haar debuut boek.

Boekbesonderhede


» read article