Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Art’ Category

Alles oor hekel: Probeer Karen Adendorff se hekelpatroon vir ’n praktiese muurbehangsel

Alles oor hekelCrochet Know HowVrouekeur het ‘n maklike patroon vir ‘n gehekelde kinderkamersak gedeel.

Die patroon is ontwerp deur Alles oor hekel-outeur Karen Adendorff. Haar boek, ook beskikbaar in Engels as Crochet Know How, sluit alles in wat jy moontlik wil weet oor hekel, van hekeldraadsoorte en basiese beginsels tot wenke vir knoopsgate, nate, pars en blok.

Met Adendorff se eenvoudige blokpatroon kan jy ‘n praktiese muurbehangsel maak vir ‘n kinderkamer, of waar jy dit ookal wil hang. Die grootte is op die ou end 71 cm by 18 cm.

Probeer die patroon:

Benodigdhede

• Colours of Grace Aran (50 g-balle): 4 balle Lilac, 1 bal elk Mint, Turquoise en Candy (beskikbaar by www.yarninabarn.co.za of www.btrixdsigns.co.za)
• 4 mm-hekelpen
• 3 knope
• houtstokkie (28 cm lank en 10 mm in deursnee)
• naald vir vaswerk

Boekbesonderhede


» read article

Riana Scheepers en Hannetjie de Clercq span weer saam om Die stilte in myself te skep

Die Stilte in MyselfNa aanleiding van die groot belangstelling in Riana Scheepers se kunsboek oor die lewe en werk van die kunstenaar Hannetjie de Clercq, Purper en kaneel, komyn en smarag, kom ’n tweede kunsboek met nog werke deur dié gewilde kunstenaar en teks deur Scheepers, Die stilte in myself:

Dit is ’n boek wat op treffende wyse die intimiteit, wysheid en die enigmatiese spektrum van emosies van vroue uitbeeld; van die jong meisie wat met ’n rooi mond die wêreld uitdaag, tot die misterie van ’n vrou wat agter ’n masker skuil; van die vrou wat vir die voetstap van haar minnaar wag, tot die aartsmoeder wat haar verbonde voel aan die aarde, en die hemel.

Die stilte in myself is ’n boek wat die leser deurgaans laat wonder of ’n vrou werklik ’n vrou is, of dalk ’n engel?

Oor die outeur

Riana Scheepers is op 9 Desember 1957 op Vryheid in KwaZulu-Natal gebore. Sy matrikuleer in 1975 aan die Hoërskool Vryheid. Sy behaal die grade B.A. Kommunikasiekunde, B.A. Hons en M.A. (Afrikaans) – almal cum laude aan die Universiteit van die Vrystaat. Sedertdien was Riana dosent by die Universiteit van Zoeloeland en Kaapstad, skakelredakteur by Tafelberg Uitgewers en onderwyser by Paul Roos Gimnasium.

In 1997 behaal sy ’n doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad.

Riana debuteer in 1990 met die kortverhaalbundel, Die ding in die vuur, wat met die ATKV- en FAK-prys bekroon word. In 1992 ontvang sy die Eugène Marais-prys vir haar tweede bundel, Dulle Griet. Sedertdien is haar boeke topverkopers, in Suid-Afrika en in die buiteland.

Book details


» read article

Riana Scheepers vertel die storie agter Purper en kaneel, komyn en smarag

Purper en kaneel, komyn en smaragIn haar onderhoud met Laetitia Pople vertel Riana Scheepers hoe sy as student reeds verlief geraak het op Hannetjie de Clercq se kunswerke. Scheepers het net voor De Clercq se 50ste verjaarsdag versoek om dié kunstenaar se lewensverhaal te skryf. Oor potte tee en glase wyn het Purper en kaneel, komyn en smarag gestalte gekry:

Die skrywer Riana Scheepers het die eerste keer die skilder Hannetjie de Clercq ontmoet op die Bloemfonteinse Kunsmark in die vroeë tagtigerjare.

De Clercq se werk was ­geheel en al anders as al die vrolike, goedkoop prentjies van kosmosblommetjies en ­tarentaaltjies wat daar op die mark by die hordes verkoop is, vertel Scheepers.

“Haar werk was broeiend en onrustig – en het my diep ­geraak. Dit was ontstellend, en pragtig. Haar skilderye het ­gespreek van weerloosheid en skoonheid.

Boekbesonderhede


» read article

Riana Scheepers skryf oor kunstenaar Hannetjie de Clercq in Purper en kaneel, komyn en smarag

Purper en kaneel“As ek skilder voel dit asof my siel geborge is in die romantiek van Middeleeuse ikone. Mistieke kleure, ’n nostalgiese verlange na die misterie van die verlede, die ontwykende geheimenisse van vroue…”

Hannetjie de Clercq is ’n kunstenaar wat haarself misterieus agter sluiers versteek. Intens privaat en beskeie is sy, bekend daarvoor dat sy nie oor haar kuns praat nie. “Laat my skilderye self praat,” sê sy. In die onthullende dans van sewe sluiers is hierdie uitsonderlike kunstenaar des te meer verleidelik, veral as die sluierwaas in ’n ligte bries effens lig om aan die buitestaander ’n glimps te gee op haar ryk en geskakeerde wêreld, wat kortstondig sigbaar is.

Vroue met sterk sensuele ondertone, agtergronde wat dikwels meer prominent is as die realistiese voorgrond, illusie en realiteit wat afwissel. Dit alles genereer die energie van die kleurvolle, enigmatiese lewe van Hannetjie de Clercq, ’n wêreld van purper en kaneel, komyn en smarag. Dit is ’n wêreld met vertelde en onvertelde stories, mitiese figure, geheimsinnige maskers en geskiedenisse.

Purper en kaneel, komyn en smarag is die resultaat van ’n jarelange vriendskap, geskep deur twee merkwaardige vroue, ’n skilder en ’n skrywer wat oor dekades mekaar se leefwêrelde wedersyds verryk en verruim het. Riana Scheepers het die teks geskryf in ’n liriese narratief wat aansluit by die mistieke kleure, die nostalgiese verlange na misterie en die ontwykende geheimenisse van vroue… die wêreld van haar kunstenaarsvriendin.

Boekbesonderhede


» read article