Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Dié boek verklaar als!

Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands?

Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf?

Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans?

Wat is die invloed van townships op Afrikaans?

Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories.

Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard.

Die boeke is moontlik gemaak deur ’n ruim skenking van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en is ’n koproduksie tussen Malan Media en LAPA Uitgewers. Die boek word deur LAPA bemark en versprei.

Oor Van Rensburg se vorige boek, So kry ons Afrikaans, het Dr. Willa Boezak gesê: “Dit het my lewe verander. Dit het van my ’n taalaktivis gemaak.”

Prof. Christo van Rensburg is een van Suid-Afrika se bekendste linguiste. Hy was veral bekend vir sy werk op Afrikaans se dialekte. Hy het afgetree as ’n direkteur by die Eenheid van Taalvaardigheid aan die Universiteit van Pretoria.

Christo Van Rensburg is oorlede die aand toe hy aan die finale bladproewe gewerk het. Prof. Hans du Plessis het die projek verder bestuur namens die gesin.

Hierdie boek is dus ook ’n viering van Christo van Rensburg se bydrae tot Afrikaans. Dit is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans.

Boekbesonderhede


» read article

Peet Venter se nuwe riller ondersoek of daar perke is aan die wreedheid van mense wat glo hulle is verhewe bo die wet…

Is daar perke aan die wreedheid van mense wat glo hulle is verhewe bo die wet?

“’n Sedelose vrou is soos ’n diep waterkuil. ’n Verleidster is soos ’n put waaruit jy nie kan kom nie. Eers was daar een. Toe was daar twee. Nou is daar drie.”

Die stem wat laatnag met speur-adjudant Jaap Helberg, beter bekend as Boel, oor die foon praat, is skor en die elokusie dik soos iemand met ernstige laringitis en ’n verstopte neus.

Die moordenaar hou van raaiselspeletjies. Hy bel Helberg met die slagoffer se selfoon, vertel hom waar hy haar lyk kan kry en stuur vir hom ’n video van hoe sy vermoor word.

Hierdie is sy derde slagoffer. Volgens die moordenaar is die ander twee “in ’n verlate, stil en skemer plek. In donker water wat nooit son sien nie. Daar is ou masjiene, reuse-bloekombome en ’n groot swart kruis wat met die son kom en gaan.”

In sy ondersoek kom Helberg af op ’n sindikaat wat met diamante smokkel en hoewel die twee sake drasties verskil, is hulle op ’n manier geknoop. In die makabere klimaks waarop dit uitloop skiet iemand vir Boel.

Boekbesonderhede


» read article

SALA 2018: Jaco Jacobs het gewoon geen brieke nie – nog ’n toekenning!

Twee boeke van Jaco Jacobs is gisteraand bekroon by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings, beter bekend onder die Engelse akroniem SALA.

In die splinternuwe kategorie vir kinderboeke is drie boeke bekroon, twee van hulle deur Jaco Jacobs.

Die drie boeke wat gewen het, is die kinderrympiebundel Moenie hierdie boek eet nie!, deur Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers), die prenteboek Daar’s nie ’n krokodil in hierdie boek nie, deur Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) en die geskiedkundige roman There should have been five, deur Marilyn Honikman (Tafelberg Uitgewers).

Die skrywers deel die prysgeld in dié kategorie.

Jacobs sê die toekenning is vir hom ’n groot eer.

“Geletterdheid is regtig ’n groot knelpunt in ons land. Dit is belangriker as ooit dat ons kinders lief moet maak vir lees, en vir hulle goeie, toeganklike, eietydse leesstof moet bied. Ek is daarom regtig dankbaar dat die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings met dié nuwe kategorie erkenning gee aan die belangrike rol wat kinderboeke in ons samelewing én in ons letterkunde speel.”

Wat bekronings betref, was 2018 ’n groot jaar vir Jacobs. Hy het reeds vanjaar die Tienie Holloway-medalje (vir sy boek Grom!) en twee ATKV-Kinderboektoekennings gewen, en is pas vir Brittanje se oudste en mees prestigeryke kinderboektoekenning, die Carnegie-medalje, benoem vir die Engelse vertaling van ’n Goeie dag vir boomklim.

Die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings is gisteraand (6 November) tydens ’n spoggeleentheid in Pretoria oorhandig. Boeke in elf amptelike tale kom vir die toekennings in aanmerking.

Boekbesonderhede


» read article

Jaco Jacobs benoem vir Carnegie-medalje

LAPA Uitgewers kondig met trots aan dat die Engelse vertaling van Jaco Jacobs se bekroonde jeugroman ’n Goeie dag vir boomklim pas benoem is vir die Carnegie-medalje, Brittanje se oudste en mees prestigeryke literêre prys vir kinderboeke.

A Good Day for Climbing Trees is vroeër vanjaar deur Rock the Boat, ’n druknaam van Oneworld Publications, wêreldwyd gepubliseer. Italiaanse vertaalregte is ook intussen verkoop.

Die Carnegie-medalje word al sedert 1936 jaarliks deur die Chartered Institute of Library and Information Professionals (CILIP) toegeken. Vorige wenners sluit wêreldbekende skrywers soos C.S. Lewis, Neil Gaiman, Terry Pratchett, Sharon Creech en Philip Pullman in.

“In die kinderboekbedryf is die Carnegie-medalje een van die héél grotes,” sê Jaco. “Bloot om net daarvoor benoem te word, is vir my ’n byna ondenkbare groot eer. Ek kan nie genoeg dankie sê vir my uitgewer by LAPA en my oorsese uitgewer, Oneworld, wat so hard gewerk het om die boek die wêreld in te stuur nie.”

Miemie du Plessis, tans aan die stuur van produkontwikkeling by LAPA, is minder skalks. Háár opmerking aan kollegas was: “Ek het soos ’n tiener tekere gegaan wat die Beatles in lewende lywe gesien het toe ek die nuus gehoor het. Die Carnegie Medal is ENORM, net so Brits en enorm soos die Beatles.” Du Plessis was Jacobs se uitgewer toe die boek verskyn het.

’n Goeie dag vir boomklim is die verhaal van Marnus, ’n gefrustreerde middelkind, wat hom een Desembervakansie laat ompraat om saam met ’n meisie in ’n boom te klim om te probeer keer dat die plaaslike owerheid dit afsaag.

’n Goeie dag vir boomklim was in 2016 die wenner van die kykNET/Rapport-prys se filmkategorie, en was een van die wenners van die internasionale In Other Words-vertaalprojek. Filmregte vir die boek is sedertdien aan M-Net toegeken.

In Oktober vanjaar het nog een van Jaco se boeke, Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word, oorsee verskyn as A Good Night for Shooting Zombies.

Boekbesonderhede


» read article

Woef! Maak ’n kinderhart bly met hierdie fassinerende boek oor honde

Ontdek alles wat jy nog altyd oor honde wou weet, van verskillende rasse, eienskappe en versorging, tot fassinerende inligting oor hoe honde met ons en met ander honde kommunikeer.

Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van honde hou, of jy nou reeds ’n honde-eienaar is, of daarvan droom om jou eie hond te kry.

Leer wat honde met hul liggaamstaal wys, waarvan hulle droom wanneer hulle slaap, en wat hulle vir ons probeer sê. Kom beleef die wonderlike wêreld van honde met hierdie nuttige gids propvol fantastiese foto’s en skattige feite oor honde.

Vind uit hoe verskillende rasse se unieke eienskappe van mekaar verskil, leer hoe om jou beste vriend te versorg sodat sy stertswaai-gelukkig en gesond bly en verstom jou aan hierdie wonderlike diere se supersintuie en ratse toertjies.

Boekbesonderhede


» read article

Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers!

Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike, ware verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; leer ken ’n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck en skud poot met Just Nuisance, ’n hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories:

1. Seeman Just Nuisance
Het jy al gehoor van ’n hond wat lid van die vloot is? Of ’n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het.

2. Visvriende Big Red en Blackie
’n Ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse.

3. Jock van die Bosveld
Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het.

4. Die ysbeer en die kietsiekat
Die merkwaardige verhaal van ’n katjie wat op ’n dag in die ysbeerpoel by ’n dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlik bere gered is!

5. Gregory Peck die brilpikkewyn
Vind uit hoe ’n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee.

Boekbesonderhede


» read article

News flash! Martin Steyn’s Dark Traces is about to be translated into Turkish

Dark Traces, Lapa Publisher’s first novel to have won a Kirkus Star, is about to be translated into Turkish! Both the English and the Afrikaans (Donker Spoor) titles were written by Martin Steyn.

About the book:

Dark Traces is the English translation of Martin Steyn’s first suspense novel, Donker Spoor.

When a child is murdered, it always seems as if a light has been extinguished in a parent’s eyes.

They find her decomposing body in the veld. A teenager. She was raped and tortured for days. She was hanged. She wasn’t the first.

The South African Police Service’s Warrant Officer Jan Magson, estranged from his son and still grieving for his wife, is assigned to the case. He has to look the mothers and fathers in the eye. He has to answer their questions. And he can’t.

Headlines question the police’s ability to protect the community from this evil. A newspaper prints a mother’s heart-wrenching letter to the killer. A father offers a substantial reward.

And every time another lead reaches a dead end, Magson finds himself looking down at another dead girl.

Winner of the 2015 ATKV Prize for Suspense Fiction, Martin Steyn’s Dark Traces deals with two sides of homicide: sadistic murder and euthanasia: killing for pleasure and killing for love.

Dark Traces

Book details

 
 
Donker spoor


» read article

Gaia Cornwall se Jabari Jumps is pas in Afrikaans as Sizwe spring uitgegee

Sizwe is beslis gereed om van die duikplank af te spring. Sy swemlesse is agter die rug, hy het sy swemtoets met vlieënde vaandels geslaag, en hy kan spring soos min, so hy is glad nie bang nie.

“Dit lyk maklik,” sê Sizwe terwyl hy kyk hoe die ander kinders beurte maak op die duikplank. Maar toe Pappa sy hand ’n drukkie gee, druk hy terug. Hy moet buitendien eers besluit watter spesiale soort sprong hy gaan gee, en hy moet darem seker eers ’n paar strekoefeninge doen voordat hy op die duikplank klim…

In hierdie wonderlike storie oor hoe om jou vrese te bowe te kom, vang Gaia Cornwall ’n roerende oomblik vas tussen ’n geduldige en aanmoedigende pa en ’n vasberade seuntjie wat sommer dadelik jou hart sal steel

Boekbesonderhede


» read article

Madelein Rust se Lam ter slagting vertel ’n verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n kultus

Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elkeen is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeksmoorde is nie.

Die spoor is egter koud.

Identifikasie is onmoontlik vanweë die slagoffers se gesigbeserings en dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae.

Toe ’n outistiese, forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata.

Word iets toegesmeer?

Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol?

Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen?

En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?

Lam ter slagting vertel ’n verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede, ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.

Die lot van die gewone lede van die SAP wat gekniehalter word in die uitvoering van hulle pligte deur hoëlui in die politiek en polisie word oortuigend weergegee.

Bloemfontein is nou eenmaal die teelaarde vir reeksmoordenaars, as ’n mens vir Madelein Rust moet glo! Sy het lank in Bloemfontein gebly en gebruik die straatplanne in haar kop om boeke op te baseer. Haar skrywersloopbaan skop af met die skryf van kortverhale, waarvan verskeie gepubliseer is.

Rust se debuutroman, Die 13de kaart, is in Julie 2014 op die rakke, verskyn kort daarna op Nielsen se topverkoperlys en word benoem vir ’n ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningsliteratuur. Haar drie daaropvolgende romans verkoop nog beter.

Lam ter slagting is die vierde boek waarin doktor Renata Malan die hoofkarakter is, ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim.

Rust is ’n meester in die skep van spanning met humor daarby en skryf heerlik loslittig.

Boekbesonderhede


» read article

Steinhoff en die Stellenbosse Boys #1 na slegs een week!

As julle wonder waarom LAPA met ’n wintie wip in die stap rondloop, wel, ons Steinhoff-boek is nommer 1 na slegs een week!

Die embargo is op 29 Junie gelig en teen 7 Julie plaas Nielsen Bookdata Steinhoff en die Stellenbosse Boys nommer 1 op die algehele niefiksielys, asook op die lys van Suid-Afrikaansvervaardigde boeke.

Boekbesonderhede


» read article