Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Academic’ Category

LAPA wen vir kinderontwikkeling

 
Aandag! Twee van LAPA Uitgewers se kleuterboeke het uitgeblink by die Nasionale Ontwikkelingsagentskap se Vroeë-kinderontwikkeling-toekennings (Early Childhood Development Awards) wat Donderdagaand, 26 Maart 2015, tydens ’n glansryke geleentheid by Montecasino, Johannesburg, oorhandig is.

My Eerste WoordeboekParmant

 
Maja Sereda se My eerste woordeboek, ’n baanbreker-kleuterwoordeboek in vier tale (Afrikaans, Engels, isiXhosa en isiZulu), is as wenner in die kategorie Beste Publikasie vir Vroeë Kinderontwikkeling aangewys.

Die illustreerder Alzette Prins is bekroon as Beste Illustreerder vir 2014 met haar illustrasies vir Leon de Villiers se gewilde kleuterboek Parmant (in Engels gepubliseer as Cheeky en in isiXhosa as uTshiki).

Die toekennings word jaarliks gedoen om erkenning te gee aan persone en instansies wat bydra tot die strewe na uitnemendheid op die gebied van vroeë kinderontwikkeling.

Die toekennings is deur die minister van sosiale ontwikkeling, Bathabile Dlamini, oorhandig.

Boekbesonderhede


» read article

Learn How Africa as We Know it Was Shaped in Rob Marsh’s Understanding Africa

Understanding AfricaStarting eight million years ago, Understanding Africa provides an accurate and detailed account of the natural, political and social forces that have created the Africa we know of today and which have shaped the continent’s destiny through the ages.

About the author

Rob Marsh was born and bred in Wolverhampton, England and graduated from Manchester University with a Bachelor of Education degree in 1973. In 1976 he relocated to Zambia in order to take up a teaching post. He moved to Cape Town in 1979, which is where his writing career took off. He currently resides in Johannesburg.

Marsh has been a full-time writer since 1993 and is the author of 22 published books – both fiction and non-fiction – and more than 300 radio programmes. He has a special interest in matters crime-related, and is the author of both Famous South African Crimes (Struik) and With Criminal Intent: the changing face of crime in South Africa (Ampersand Press).

Book details


» read article

Hans du Plessis ondersoek Voortrekkergeskiedenis vir die skryf van Die pad na Skuilhoek

Die pad na SkuilhoekIn Hans du Plessis se nuwe historiese roman, Die pad na Skuilhoek, speel ‘n verhaal van jong liefde teen die geskiedenis van die Voortrekkers in Suid-Afrika af. Du Plessis het spesifiek die geskiedenis van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter se trekgeselskap tussen Mei en Desember 1836 by die roman betrek. Hy verwys na die Liebenbergmoord, die Vaalrivierslag en die slag van Vegkop.

Die bronne oor hierdie tydperk het egter ‘n uitdaging gebied, want dit is volgens Du Plessis “lank na die gebeure self gedokumenteeer en die optekening vorm in ’n groot mate deel van die vestiging van Afrikanernasionalisme”. Du Plessis skryf in ‘n artikel vir LitNet Akademies oor “Die romansier en die verlede: die skrywer se hantering van historiese materiaal in die skep van die historiese roman Die pad na Skuilhoek“:

Hierdie artikel bevat teoretiese aantekeninge oor die skryfpraktyk tydens die skep van my historiese roman Die pad na Skuilhoek (2011). Dit is daarom hoofsaaklik ’n gesprek in die skryfkuns as vakdissipline binne die raamwerk van praktykgebaseerde navorsing. Die historieseroman-skrywer moet die aard van die beskikbare dokumentasie ondersoek, al is dit net om die tyd, ruimte, karakters en gebeure in die roman te kan rekonstrueer. Hierdie artikel ondersoek die betroubaarheid van inligting oor ’n bepaalde stuk Suid-Afrikaanse geskiedenis waaroor dié betrokke roman handel. Die inligting waarom dit in hierdie artikel gaan, is te vinde in bepaalde dokumentasie oor die geskiedenis van die eerste gedeelte van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter se trekgeselskap tussen Mei en Desember 1836 weerskante van die Vaalrivier in die omgewing van die huidige Parys. Aangesien die inligting relatief beperk is en aanvanklik deur die oë van Afrikanernasionalisme opgeteken is, is dit belangrik dat die romansier die aard van die inligting toets voordat dit gefiksionaliseer word. Dit gaan in hierdie artikel om die gebeure rondom die Liebenbergmoord, die Vaalrivierslag, beide in Augustus, en die slag van Vegkop in Oktober 1836, soos wat dit gedokumenteer is in G.S. Preller se Voortrekkermense, J.G.S. Bronkhorst se verslag en die Joernaal van Sarel Cilliers. Hierdie geskiedenis word egter byna sonder uitsondering lank ná die gebeure self gedokumenteer en die optekening vorm in ’n groot mate deel van die vestiging van Afrikanernasionalisme. Om feit en fiksie in die dokumentasie uitmekaar te hou, is moeilik genoeg. Die vraag is egter of die skrywer van ’n historiese roman oor hierdie gebeure die dokumentasie net so as betroubaar kan aanvaar. Die antwoord hierop is nee, want daar is reeds sprake van ’n groot mate van rekonstruksie waarvan die fiksieskrywer bewus moet wees.

Boekbesonderhede


» read article

Sluit aan by romanseskrywers se bewonderaarsbladsye op Facebook

Satynprinses (E-boek)Net jyOnweerstaanbare vreemdelingTussen Jazz en RockAnderkant liefheOnwelkome geskenk

Om Ben lief te hêOm Kobus te kenGeur van genadeGeur van vergifnis

‘n Paar van Lapa se mees gewilde romanse- en liefdesromanskrywers, insluitende Rykie Roux, Elsa Winckler, Madelie Human en Alta Cloete, het nou bewonderaarsbladsye (sogenaamde “fan pages”) op Facebook!

‘n Persoonlike profiel kan net ‘n sekere aantal vriende op Facebook aanvaar en daarom is dit voordelig om só ‘n bewonderaarsbladsy op te stel, wat ‘n onbeperkte aantal aanhangers kan hê, indien jy so bekend soos ons geliefde skrywers is.

Klik op die skakels hieronder om na elk van die skrywers se bewonderaarsbladsye te gaan en klik dan op die “Like” knoppie bo-aan die bladsy. Wanneer die skrywer iets nuuts op haar bewonderaarsbladsy plaas, sal dit outomaties onder jou “nuus”-afdeling op Facebook verskyn. Bly só in kontak met jou gunsteling-skrywers!

Boekbesonderhede


» read article