Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Selfies, seksklets & slimfone is die boek wat elke tiener (en hul ouers) móét lees

As ’n tiener in vandag se tegnoverslaafde wêreld van sosiale media en internet dink jy dalk jy is piekfyn en jy weet presies wat jy doen.

Tog: selfs JY weet nie van al die wetlike struikelblokke, verskuilde gevare en toekomstige implikasies van alles wat jy nou aanlyn doen, sien en plaas nie.

Selfies, seksklets en slimfone is die boek wat elke tiener (en hul ouers) móét lees.

Dit dek al die belangrike kwessies wat tieners in die digitale era in die gesig staar, insluitende kuberboelies, seksklets, verslawing, internetveiligheid, pornografie, angstigheid, depressie, veiligheid en reputasie.

Die boek is boonop spesifiek vir die Suid-Afrikaanse konteks geskryf.

Hierdie boek sal jou op ’n verstaanbare, interessante en selfs prettige manier help om ’n gelukkige, bevredigende en – belangrikste van alles – veilige lewe aanlyn te hê.
 
Emma Sadleir is Suid-Afrika se voorste kenner op die gebied van die wetlike aspekte rondom sosiale media. Sy is die stigter van die Digital Law Company, wat spesialiseer in die opvoeding van maatskappye, werknemers, skole, ouers, onderwysers en universiteite rakende die wetlike, dissiplinêre en reputasie-risiko’s van sosiale media. Emma is ook medeskrywer van die boek Don’t Film Yourself Having Sex and Other Legal Advice for the Age of Social Media.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment