Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Dié boek verklaar als!

Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands?

Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf?

Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans?

Wat is die invloed van townships op Afrikaans?

Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories.

Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard.

Die boeke is moontlik gemaak deur ’n ruim skenking van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en is ’n koproduksie tussen Malan Media en LAPA Uitgewers. Die boek word deur LAPA bemark en versprei.

Oor Van Rensburg se vorige boek, So kry ons Afrikaans, het Dr. Willa Boezak gesê: “Dit het my lewe verander. Dit het van my ’n taalaktivis gemaak.”

Prof. Christo van Rensburg is een van Suid-Afrika se bekendste linguiste. Hy was veral bekend vir sy werk op Afrikaans se dialekte. Hy het afgetree as ’n direkteur by die Eenheid van Taalvaardigheid aan die Universiteit van Pretoria.

Christo Van Rensburg is oorlede die aand toe hy aan die finale bladproewe gewerk het. Prof. Hans du Plessis het die projek verder bestuur namens die gesin.

Hierdie boek is dus ook ’n viering van Christo van Rensburg se bydrae tot Afrikaans. Dit is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment