Woef! Maak ’n kinderhart bly met hierdie fassinerende boek oor honde
Ontdek alles wat jy nog altyd oor honde wou weet, van verskillende rasse, eienskappe en versorging, tot fassinerende inligting oor hoe honde met ons en met ander honde kommunikeer.
Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van honde hou, of jy nou reeds ’n honde-eienaar is, of daarvan droom om jou eie hond te kry.
Leer wat honde met hul liggaamstaal wys, waarvan hulle droom wanneer hulle slaap, en wat hulle vir ons probeer sê. Kom beleef die wonderlike wêreld van honde met hierdie nuttige gids propvol fantastiese foto’s en skattige feite oor honde.
Vind uit hoe verskillende rasse se unieke eienskappe van mekaar verskil, leer hoe om jou beste vriend te versorg sodat sy stertswaai-gelukkig en gesond bly en verstom jou aan hierdie wonderlike diere se supersintuie en ratse toertjies.
Boekbesonderhede
- My eerste boek oor honde deur Lydia du Plessis
EAN: 9780799390506
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment