Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Madelein Rust se Lam ter slagting vertel ’n verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n kultus

Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elkeen is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeksmoorde is nie.

Die spoor is egter koud.

Identifikasie is onmoontlik vanweë die slagoffers se gesigbeserings en dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae.

Toe ’n outistiese, forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata.

Word iets toegesmeer?

Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol?

Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen?

En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?

Lam ter slagting vertel ’n verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede, ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.

Die lot van die gewone lede van die SAP wat gekniehalter word in die uitvoering van hulle pligte deur hoëlui in die politiek en polisie word oortuigend weergegee.

Bloemfontein is nou eenmaal die teelaarde vir reeksmoordenaars, as ’n mens vir Madelein Rust moet glo! Sy het lank in Bloemfontein gebly en gebruik die straatplanne in haar kop om boeke op te baseer. Haar skrywersloopbaan skop af met die skryf van kortverhale, waarvan verskeie gepubliseer is.

Rust se debuutroman, Die 13de kaart, is in Julie 2014 op die rakke, verskyn kort daarna op Nielsen se topverkoperlys en word benoem vir ’n ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningsliteratuur. Haar drie daaropvolgende romans verkoop nog beter.

Lam ter slagting is die vierde boek waarin doktor Renata Malan die hoofkarakter is, ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim.

Rust is ’n meester in die skep van spanning met humor daarby en skryf heerlik loslittig.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment