Vroue van Atlantis vertel die verhale van twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls in Atlantis
Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is ’n moetlees vir alwat wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kan maak.
Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, staan dié twaalf vroue se stories soos fakkels in ’n lang, donker nag. Die twaalf vroue is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson.
Die verhale strek van gemeenskapsdiens aan gestremede persone, bejaardes en kankerlyers, die rehabilitasie van dwelmafhanklikes, MIV/Vigs-voorkoming en -destigmatisering, tot inspirerende vroue wat staan in die onderwys, verpleegdienste, uitsaaiwese, ’n sangeres, ’n atleet en ’n tuinier.
Die opbrengs van dié boek sal deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK) aangewend word as studentebeurse.
Die samestellers en bydraers
Anastasia de Vries is ’n skrywer en dosent aan die Universiteit Wes-Kaapland en Eldridge Jason is ‘n verslaggewer en die skrywer van die bekroonde Gerook (2014). Hulle was aan die stuur van die bydraes tot hierdie bundel wat bestaan uit onderhoude met uitstaande vroue van Atlantis. Die bydraes is geskryf deur De Vries, Jason, Marni Bonthuys, Christa Prinsloo, Chandre Caryn Cloete, Ebenesia Pieters, Geraldine Fortuin en Jolyn Phillips.
Boekbesonderhede
- Vroue van Atlantis: Twaalf verhale van inspirasie saamgestel deur Anastasia de Vries, Eldridge Jason
EAN: 9780799368291
Find this book with BOOK Finder!
Please register or log in to comment