Vyf wonderlike Romanza’s om vandeesmaand te geniet
Bewustelik joune
Elsa Winckler
Bruce Fordyce, die beroemde Comrades-atleet, het jare gelede al gewaarsku dat langafstandhardopers nie goeie troumateriaal maak nie…
Kris se lewe is weer op koers. Dit was vyf jaar van harde bene kou ná die aanval. Die letsel op haar gesig is steeds daar, die nagmerries ook. Haar verbreekte verlowing? Dit is iets van die verlede. Haar aanvallers is agter tralies.
Dit was ’n lang, lang pad waartydens sy baie van haarself geleer het. Om hierdie rede breek sy soms weg uit haar haar fisioterapiepraktyk om ander te help om bewustelik te lewe, mindfulness word dit in Engels genoem.
Tydens een van die kursusse kruis haar en Luca se paaie. Hy is ’n ultra-atleet wat nog verder hardloop as Bruce Fordyce. In sy wêreld daar nie plek is vir enigiets anders as hardloop nie, laat staan ’n vrou, veral nie een met issues nie. Daarvan het hy genoeg gehad.
Hoe gemaak as jy skielik ’n huis deel met iemand wat bewustelik dáár is? Wat doen jy as jy haar nagmerries nie kan ignoreer nie?
Luca moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.
Liefde vir ’n ridder
Didi Potgieter
Annabel en haar klein Ami moet vir drie maande in New York saam met Jack Parker in sy suite bly. Hy sal dit oorleef. Hy is tog immers nie die troutipe nie. Maar hoekom voel sy hart deesdae so snaaks?
Bêre my soen
Dina Botha
Jaybee en Maxwell moet met mekaar trou want die eenwording van hul twee familiename sal ’n ongeëwenaarde sakeryk skep. Ai, maar sy is verlief op ’n ander man, Will, wat sy pas ontmoet het… Hoe gaan haar hart dit oorleef?
Maskerdans
Frenette van Wyk
Loiselle is by Angelique Parfumeurs om die geur van Afrodite – die godin van liefde – in ’n bottel parfuum vas te vang. Nie om haar hart te verloor nie! Nie op haar baas Francois Valour of die geheimsinnige Kenzo wat sy by die maskerdans ontmoet nie.
Vonkelwyn en liefde
Madelein Stoltz
Anouk se hardkoppige ouma veil haar in ’n e-pos aan haar gunstelingskrywer, Dexter Buys, op. Gelukkig sal sy nooit die man ontmoet nie. Maar Dexter is haar vriendin se nuwe swaer. Waarom voel Anouk afgehaal omdat hy haar nie herken nie?
Boekbesonderhede
- Bewustelik joune deur Elsa Winckler
EAN: 9780799386080
Find this book with BOOK Finder!
- Liefde vir ‘n ridder deur Didi Potgieter
EAN: 9780799385960
Find this book with BOOK Finder!
- Bêre my soen deur Dina Botha
EAN: 9780799385991
Find this book with BOOK Finder!
- Maskerdans deur Frenette van Wyk
EAN: 9780799386028
Find this book with BOOK Finder!
- Vonkelwyn en liefde deur Madelein Stoltz
EAN: 9780799386059
Find this book with BOOK Finder!
Please register or log in to comment