Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

’n Riller én ’n romanza vir fiksieliefhebbers

MoordhuisMoordhuis
Madelein Rust

Die sewejarige Gainsford-tweeling word op grusame wyse in ’n skuur op Mooiplaats in die Bloemfontein-distrik vermoor.

Binne die opstal is vier van die welgestelde Therons vermoor, die liggame grusaam uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer.

Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wêreld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings.

Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars.

Wie, behalwe die Therons se erfgenaam, sou voordeel trek uit die gesin se dood?

Hou die Gainsfordseuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore?

Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood?

Was hierdie dalk die perfekte misdaad?

Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil, maak van haar ’n gedugte teenstander en ’n gehate vyand.

 

Wilde klawerWilde klawer
Vita du Preez

Vita du Preez was nog nooit skaam om haar lesers deur ’n mynveld te lei nie en die wilde McKenna Wilde se stewels dit gaan nog eens doen.

Solitaire, Woestynroos, Droomland en Wilde klawer is ’n vierluik oor vier vroue wat deelgeneem het aan ’n Boer Soek ’n Vrou-kompetisie en hulle wedervaringe daarna.

Wilde klawer is die vierde boek in die reeks en gaan oor McKenna Wilde wat ’n spesiale gawe het om deur aanraking te “sien”. Vir hierdie ekstrovert wat verkies om eerder op die ligter sy van die lewe te fokus, is dit eerder ’n vloek as ’n seën.

’n Brief van ’n onbekende vrou lei haar terug na haar geboorteland, Noord-Ierland. Hier word sy gekonfronteer met haar ma se verlede. Die Wildes was betrokke by die IRL (Ierse Republikeinse Weermag) se bloedige stryd teen Britse oorheersing.

Vir McKenna is dit ook ’n reis na selfontdekking. Sy moet leer dat sy nie van haarself en haar herkoms kan vlug nie. Eger nog: in haar soeke na selfaanvaarding, word dit vir haar duidelik dat ’n vrou eers ’n man met haar hart moet, vertrou voor sy hom met haar lyf kan vertrou. Dit ruk haar binneste, want wilde McKenna het nog altyd weggeskram van blywende verhoudings en sien oplaas in dat intimiteit sonder liefde bloot ’n gejaag na wind is.

In Portballintrae, ’n klein hawedorpie aan die Ierse Noordkus, kruis haar pad met verskeie mense en nie almal is haar noodwendig goedgesind is nie.

Toe Tim Els, ’n tandarts wat vir reeds twee jaar in Noord-Ierland werk, haar pad kruis, moet McKenna begin keuses maak waarvan sy niks hou nie.
 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment