Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Vyf kinder- en jeugboeke om vandeesmaand te lees

Om te dans
Noreen Nolte

Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet. Toe verander alles.
Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe skool, waar alles onbekend is; en sy moet probeer vrede maak met wat gebeur het. Lisa is nie seker of sy kans sien vir hierdie nuwe begin nie. ’n Mens kan egter nie ’n “delete-knoppie” druk en al die aaklige dinge in jou lewe uitvee nie. Sy is vasbeslote om nóóit weer te dans nie en sy weier om met haar pa te praat, ná wat daardie vreeslike dag gebeur het. Die enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oë. Sal Lisa die moed kan bymekaarskraap om ooit weer alleen op ’n verhoog te stap en die wêreld in die oë te kyk? Om te dans is ’n vars, boeiende debuutroman vir tieners oor die opdraandes én die lekkertes van grootword.

Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo en die Petrolpadda
Henry Ferreira
Illustreerder: Alistair Ackermann

Doer ver op die horison kom ’n stofstreep oor die vlakte nader. Die stofstreep word ’n stofwolk wat vinnig groei en al hoe groter en groter word. Dit is niemand anders nie as Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo wat op sy getroue kameelperd, Shorty, aangery kom! Dit is ’n verbeeldingryke storie oor die avonture van ’n eg Suid-Afrikaanse cowboy wat die skelms laat les opsê. Wanneer gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer die kalmste cowboy in die hele Klein-Karoo!


Die Fantastiese Avonture van Theo die kat
Wendy Hartman
Illustreerder: David Theron

Theo bly saam met sy ma, sy broer en sy suster reg langs die biblioteek. Die ander katte stel net belang in kos, kattekwaad en kattemaai. Nie Theo nie, hy hou van lees. In hierdie omnibus verskyn drie lekkerleesstories oor Theo se avonture. In Theo die biblioteekkat is hy die enigste een wat ’n rot ruik toe die aaklige mevrou Zuurpruim al die katte nooi om by haar te kom woon. In Theo en die kattedief is al die katte in Huis Kietziekatzie dol daaroor wanneer Theo vir hulle stories lees, maar op ’n dag verdwyn die katte skielik spoorloos. Waar kan hulle wees? In Theo en die sirkus is daar op ’n dag ’n plakkaat in die biblioteek opgeplak. Alle diere word genooi om by die sirkus aan te sluit. Almal is opgewonde en oefen om toertjies te doen, maar Theo lees iets wat sy snorbaarde laat kriewel …

Z is vir Zackie 5: Die pretpark
Jaco Jacobs
Illustreerder: Alex van Houwelingen

Zackie en Vincent kan nie wag nie. Hulle gaan vandag pretpark toe! Daar is ’n Groot Wiel, ’n Wilde Wipwa en ’n Spooktrein. Anton, die skool se grootste boelie, is ook by die pretpark. Toe hy vir Vincent begin terg, besluit Zackie om hom ’n les te leer!
 


Z is vir Zackie 6: Die tent-avontuur

Jaco Jacobs
Illustreerder: Alex van Houwelingen

Zackie en Vincent is opgewonde. Hulle gaan saam met Zackie se pa kampeer. Die hele naweek lank gaan hulle visvang, voëls kyk en om die kampvuur kuier. Anton en sy pa gaan ook vir die naweek kampeer. Anton is ’n boelie en hy terg graag ander kinders. Gaan hy dit regkry om Zackie en Vincent se naweek te bederf?
 

Boekbesonderhede

 

 

 

 

 

Please register or log in to comment