Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Kompetisie! Drie gelukkige lesers kan ’n kopie van Rika Cloete se spanningsroman Doodsroeper wen

Doodsroeper

Dit is Februarie, 1861.

’n Groepie trekboere maak hulle gereed vir die jaarlikse migrasie van die springbokke – een van die merkwaardigste en bekendste tonele in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hulle staning is naby die Gamagararivier in die Kalahari. Die spanning bou op, want hulle verkenners vertel dat die bokke op pad is.

Dan is daar ’n lyk.

Die man is wreed vermoor en die lyk is daarna verder vermink. Die dooie lê in Stilbos – ’n misterieuse plek sonder voëls en die skuilplek van die Doodsroeper, ’n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Soois Bruwer, ’n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel. Soois het rede gehad om homself eenkant te hou, nou moet hy meer spraaksaam wees en só besef hy: Dié groepe mense met wie hy saamtrek, het byna almal iets om weg te steek.

Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met ’n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, want dit wil voorkom asof daar binnekort nog dooies sal wees.
 
 
 
Rika Cloete se obsessie is misdaadfiksie, as dit boonop teen ’n geskiedkundige agtergrond afspeel, soveel te beter. Reeksmoordenaars, passiemoorde, gifmoorde, geestesversteurings – dit is alles al van toentertyd af deel van die mens se bestaan, so ook die vraag om geregtigheid, die drang na die uitlewering van die skuldige en die onwrikbare geloof dat die goeie uiteindelik die bose sal oorwin; dit is alles gewortel in ons menswees. Juis dít gee ons hoop vir die toekoms; daarom is dit noodsaaklik om daaroor te skryf. In 2002 is Cloete se debuutbundel eensaamigheid gepubliseer en in 2004 die avontuurromanse Die Oog van Isis. ’n Hele klompie tydskrifverhale het ook al uit haar pen verskyn. Doodsroeper is Rika se eerste spanningsroman.

Wil jy graag ‘n kopie van dié besonderse roman wen? Besoek ons Facebook-blad en gee vir ons een goeie rede waarom jy graag Doodsroeper wil besit. Inskrywings sluit Woensdag 19 April.

Book details

 

Please register or log in to comment