Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Internasionale regte van Jaco Jacobs se ’n Goeie dag vir boomklim pas verkoop

LAPA Uitgewers is trots om aan te kondig dat wêreldwye regte vir die Engelse vertaling van Jaco Jacobs se jeugboek ’n Goeie dag vir boomklim pas verkoop is.

Die Londense uitgewery Oneworld Publications het ’n aanbod gemaak om die vertaalregte te bekom nadat ’n gedeeltelike proefvertaling van Jacobs se boek as deel van die internasionale In Other Words-projek aan uitgewers beskikbaar gestel is.

Die bekroonde vertaler Kobus Geldenhuys was vir die Engelse vertaling verantwoordelik.

Uitgewers van regoor die wêreld is genooi om kinder- en jeugboeke wat in ander tale as Engels verskyn het, vir die In Other Words-projek voor te lê.

’n Goeie dag vir boomklim is een van slegs vier boeke wat uiteindelik as eretitels aangewys is.

Die keuring en beoordeling is deur ’n paneel Britse kinderboekvertalers en kenners in die kinderboekbedryf gedoen, en die vier wenboeke is op 4 April tydens ’n spoggeleentheid by die Bologna-kinderboekskou in Italië bekend gestel.
 
 
 

Miemie du Plessis, bestuurder van die kinder-en-jeugboekafdeling by LAPA Uitgewers, sê:

Ons is ongelooflik trots dat Oneworld – ’n uitgewery met ’n uitstekende reputasie en bekend vir sy passie – hul vertroue in LAPA en ons topverkoper-outeur Jaco Jacobs geplaas het. Ongeveer ’n miljoen kopieë van sy boeke is verkoop sedert hy as 21-jarige by LAPA begin publiseer het en hy is geliefd en gerespekteerd onder lesers sowel as die boekgemeenskap in sy geheel. Hy is ’n meesterlike storieverteller en verdien dat sy werk aan ’n groter gehoor bekend gestel word.

Jacobs sê hy is opgewonde oor die vooruitsig om sy boek aan oorsese lesers bekend te stel.

Dit is lekker om te sien hoe ’n storie waaraan jy maande lank alleen by jou lessenaar gesit en timmer het, vlerke kry. Hoewel die boek op universele temas fokus, het dit ’n baie spesifieke Suid-Afrikaanse agtergrond. Dit sal interessant wees om te sien hoe jong lesers oorsee daarop reageer.

Oneworld Publications is ’n onafhanklike uitgewery wie se boeke in 2015 sowel as in 2016 die gesogte Man Booker Prize opgeraap het. Dit is in 2016 as die British Book Awards Independent Publisher of the Year en die IPG Trade Publisher of the Year aangewys, en vanjaar het dit die IPG Diversity Award ontvang. Oneworld fokus sterk op die publikasie van diverse en oorspronklike stories van skrywers van regoor die wêreld.

Geldenhuys sal ook die vertaling van die res van die boek doen.
 
 

’n Goeie dag vir boomklim

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment