Offerande, die volgende boek in Chanette Paul se tweeluik, is nou beskikbaar!
Offerande deur Chanette Paul is nou beskikbaar op LAPA se rakke:
Is Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy César, die moordenaar, se gene?
Dié kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en só die Kongolese wat haar tot in Suid-Afrika gevolg het, van haar spoor af kry. Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, maar hoe kry sy die diamante daar? En as sy eers daar is, waarheen neem sy dit?
Oor die outeur
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ’n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ’n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Lees ook:
Boekbesonderhede
- Offerande deur Chanette Paul
Boek se tuisblad
EAN: 9780799381320
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment