Mishandel, misbruik, misken: Joey Haarhoff se dogter deel haar lewensverhaal met Carla van der Spuy
Mishandel, misbruik, misken: Joey Haarhoff was my ma deur Amor van der Westhuyzen, soos vertel aan Carla van der Spuy, is nou by LAPA beskikbaar:
Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller. Joey het haar enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Joey het as beheervraat vir dekades haar dogter se lewe gemanipuleer en oorheers. Selfs jare nà Joey se dood moes Amor nog ly as gevolg van haar ma se dade.
Maar sy het die trauma danksy pure vasberadenheid oorleef. Amor is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld stopgesit het. Sy wil hoop gee aan ander vroue wat deur hul naastes verniel is.
Mishandel, misbruik, misken is ook in Engels beskikbaar as Battered, abused, shamed.
Oor die outeur
Carla van der Spuy is ’n bekroonde vryskutjoernalis en skrywer van niefiksieboeke, insluitend Mens of monster (2012) en Bloed op haar hande (2015) wat deur Books LIVE gelys is as een van 2015 se mees verbysterende Suid-Afrikaanse ware-misdaad-boeke. Haar ongekompliseerde, openhartige gesprekke en haar gemaklike skryfstyl lei na indiepte, ware lewensverhale wat elkeen van haar lesers se hartsnare sal roer.
Boekbesonderhede
- Mishandel, misbruik, misken: Joey Haarhoff was my ma deur Amor van der Westhuyzen, soos vertel aan Carla van der Spuy
Boek se tuisblad
EAN: 9780799379594
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment