Nommer vyftig vir Toperkoper Dina Botha
Dina Botha moet een van die mees suksesvolle Suid-Afrikaanse skrywers wees. Kyk net na hierdie statistiek.
Sedert 1 Maart 2013 het Nielsen BookData 167 weeklikse topverkoperlyste uitgereik. In hierdie 167 weke was Dina Botha 136 keer in die Top 100 vir fiksieverkope in Suid-Afrika. Jip, 136 uit 176! Om op hierdie lys te kom, ding ’n skrywer mee met alle outeurs van reg oor die wêreld, nie net Suid-Afrikaners nie.
Dina het in dié tydperk 60 keer die Top 40 gehaal en was nie minder nie as 24 keer in die top 20.
As kind het sy naarstiglik Ena Murray gelees. Vandag pluk Dina die vrugte. Sy is ongetwyfeld die nuwe koninging van die liefde.
Droom saam met my is Romanza nommer 50 vir Dina Botha.
Dit is vyftig Romanzas in tien jaar.
Dan het sy boonop ses Superromanzas ook al geskryf.
Ons vier haar sukses op Donderdag 30 Junie om 10:30. Sou jy dalk wil inloer? Dit sal lekker wees as jy hierdie wonderlike skrywer saam met ons kom vier.
Besonderhede
- Datum: Donderdag, 30 Junie 2016
- Tyd: 10:30 vir 11:00
- Plek: Alkantrant Biblioteek
Hoek van Lynnburn en Daventryweg
Lynnwood | Padkaart - RSVP: LAPA Uitgewers, marib@lapa.co.za, 012 358 9671
Boekbesonderhede
- Droom saam met my deur Dina Botha
Boek se tuisblad
EAN: 9780799379495
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment