Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

15 jaar en sowat 7 000 misdaadtonele later: Bloedsusters se verhaal verder vertel in Vlees en bloed deur Riette Rust

Vlees en bloedBloedsustersVlees en bloed, die opvolg van die 2011 topverkoper Bloedsusters, verskyn eersdaags op LAPA se rakke:

“Maar julle is dan vroumense!”

“Dink julle regtig júlle kan bloederige tonele skoonmaak?”

“Baie mense begin sulke besighede, maar dit hou nie lank nie.”

Dít was destyds die reaksie van skeptiese polisiemanne en veiligheidsbeamptes toe hulle met Eileen de Jager (39) en Roelien Schutte (37) te doen gekry het. Maar 15 jaar en sowat 7 000 misdaadtonele later floreer Crime Scene Clean-up, die Bloedsusters se besigheid. Daarby het hulle nog nooit ’n ontevrede kliënt gehad nie.

Eileen en Roelien staan nie net as die Bloedsusters bekend omdat hulle biologiese susters is nie, maar ook omdat hulle daagliks bloederige misdaadtonele skoonmaak. Selfdood. Moord. Die heel wreedste plaasmoorde ook.

Maar daar is nie altyd misdaad betrokke nie. Soms ruim die susters opgaarders se huise op – dikwels tot die plafon toe volgepak, en ander kere help hulle vloedwaters of ’n brand se skade herstel.

In Vlees en bloed het skrywer Riette Rust ook kenners genader om onder meer die volgende te bespreek:

  • Hoekom fassineer misdaad ons so?
  • Hoekom is daar so baie plaasmoorde in Suid-Afrika?
  • Wat loop verkeerd in kinders se lewens dat hulle later misdadigers word?
  • BDSM: Hoe werk ophanging (body suspension) en hoekom doen mense dit?
  • Hoekom wend soveel tieners hulle tot selfdood? En die SA statistieke.

Oor die outeur

Riette Rust is ’n skrywer en bekroonde vryskutjoernalis. Haar artikels in verskeie tydskrifte en koerante is met onder meer twee ATKV-Mediaveertjies asook ’n Citadel-prys vir finansiële joernalistiek bekroon.
Die volgende boeke het ook uit haar pen verskyn: Lang bene & lipstiek – Gebruik jou seksualiteit en behaal sukses (2011), ’n Lyf onthou (2012) en Die AA tot OE van seks (2013). Sy is met JD, ’n regsadviseur, getroud. Hulle het twee dogters, Cara (24) en Zahn (29).

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment