Uitpakkos deur Hilda Lategan wen ’n Gourmand
Sorg dat die kosblikke wat saamgaan vir die werk- of die skoolpouse, gesond én lekker is. Vergeet die kitskoswinkel! Pak die regte kos in!
Uitpakkos is geskryf om jou verbeelding te stimuleer met idees vir die maak van aantreklike, smaaklike en voedsame kospakkies vir ontbyt, skool en werk, ook vir vinnige aandetes, vir ’n lekker piekniek en selfs vir rugsakreisigers en vragmotorbestuurders.
’n Gesonde, ingepakte ete help om die daaglikse kilojoule-, vet- en koolhidraatinname beter te beheer en dra by tot die liggaam se daaglikse voedingsbehoeftes. Dit bevorder ook volgehoue energie en is voordelig vir beter konsentrasie en beter produktiwiteit gedurende die dag, wat op sy beurt help met beter skool- en sportprestasies.
Uitpakkos sal hopelik ’n uitkoms vir menige huishoudings bring. In baie gevalle beteken ’n besige lewe dat ’n mens net nog beter moet beplan en organiseer! Die boek is daar om te help.
Die prys
Uitpakkos is pas aangewys as die Suid-Afrikaanse wenner in die kategorie vir maklike resepte. Die boek gaan nou internasionaal meeding teen die inskrywings van 209 lande.
Die Gourmand
Die Gourmand-toekennings is vir boeke wat ’n Oscar is vir ’n film sal wees.
Die Gourmands word toegeken deur die World Cookbook Fair, wat weer ’n vennoot is van die bekende Boekebeurs in Frankfurt.
Hierdie jaar word die algehele wenners aangewys tydens ’n glansuitstalling van 28 tot 31 Mei 2016 in Yantai, China.
Die skrywer
Hilda Lategan werk sedert 1975 as dieetkundige in verskeie vertakkings van die beroep en praktiseer tans as terapeutiese dieetkundige in Pretoria. Haar belangstelling sluit onder andere diabetes, hiperlipidemie, verslankingsdiëte, voedselallergieë en voedselonverdaagsaamheid, siektes van die spysverteringskanaal en vegetariese eetgewoontes in.
Lees ook:
Boekbesonderhede
- Uitpakkos deur Hilda Lategan
Boek se tuisblad
EAN: 9780799370089
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment