Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Eet gesonder by die skool en werk

Terug werk toe? Terug skool toe?

Sorg dat die kosblikke wat saamgaan vir die werk- of die skoolpouse, gesond én lekker is.

LAPA het in 2015 twee boeke uitgegee wat sal help om vir jouself en vir die res van die gesin gesonder kos in te pak:
 

* * * * * *

 
UitpakkosUitpakkos deur Hilda Lategan
Boek se tuisblad
EAN: 9780799370089
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

Vergeet asseblief die kitskoswinkel! Pak die regte kos in!

Uitpakkos is geskryf om jou verbeelding te stimuleer met idees vir die maak van aantreklike, smaaklike en voedsame kospakkies vir ontbyt, skool en werk, vinnige aandetes, vir piekniek en selfs vir rugsakreisigers en vragmotorbestuurders.

‘n Gesonde ingepakte ete help om die daaglikse kilojoule-, vet- en koolhidraatinname beter te beheer en dra by tot die liggaam se daaglikse voedingsbehoeftes. Dit bevorder ook volgehoue energie en is voordelig vir beter konsentrasie en beter produktiwiteit gedurende die dag, wat op sy beurt help met beter skool- en sportprestasies.

Swak eetgewoontes kan jou eindelik siek – of sieklik – maak. Oorweeg gerus gesonder voedselkeuses ter wille van die instandhouding van jou liggaam en goeie gesondheid!

Uitpakkos sal hopelik ‘n uitkoms vir menige huishoudings bring. In baie gevalle beteken ‘n besige lewe dat ‘n mens net nog beter moet beplan en organiseer! Die boek is daar om te help.

 

* * * * * *

 

Lekker en Gesond: Gesonde kosblikkeLekker en Gesond: Gesonde kosblikke deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand
Boek se tuisblad
EAN: 9780799374193
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

Ons is ál meer tyd weg van die huis af weens ons gejaagde lewenstyl. Die gevolg is ongesonde eetpatrone. Kitskos en energiedrankies word wyd en syd bemark as die antwoord op dié tameletjie.

Helaas, dit dra juis by tot die ontwikkeling van leefstylsiektes weens die hoë inhoud van verfynde koolhidrate (suiker), sout en verwerkte vette, asook kunsmatige kleur-, geur- en preserveermiddels.

Gebalanseerde kosblikkos propvol kleur, geur, voedingswaarde, vesel en stadig vrystellende koolhidrate (lae GI) verskaf volhoubare energie – noodsaaklik vir konsentrasie by die werk, skool en sportveld of gim.

Dié boek is propvol kosblikidees vir elke geleentheid – van skool en werk tot daardie luilekker uitstappie of piekniek – met ’n paar alternatiewe vir voedselallergieë of -onverdraagsaamhede.

’n Gebalanseerde kosblik bestaan uit die volgende:

  • Nodige, gesonde vette (mono-onversadig soos olyf, kanola, makadamia, sesam en avokado)
  • Hidrerende laekoolhidraat-vloeistowwe (water, ystee en verdunde vrugtesap)
  • Vars groente en vrugte (’n verskeidenheid, verkieslik in seisoen)
  • Onverfynde koolhidrate (bruinrys, hawermout, rog, styselgroente soos mielies, patats en jong aartappels met die skil)
  • Proteïen (neute, sade, droëbone en -peule, soja, eier, melkprodukte, vis en laevet-vleisprodukte)
 

Please register or log in to comment