Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

“Dankie tog vir gelukkige eindes” – Vita du Preez gesels oor haar skrywersloopbaan

Waar die son omdraaiSolitaireWoestynroosSkuiling van die hart

 
“Skryf verg selfdissipline en alleentyd. Moenie jou stories vir ander mense vertel nie. Skryf hulle.”

Só het Vita du Preez onlangs aan Romanzalesersblog gesê toe hulle haar gevra het om wyse woorde te deel vir voornemende skrywers.

Tydens die gesprek oor haar skrywersloopban verklap Du Preez onder meer wat sy sou wou doen as sy nie ‘n skrywer was nie, hoe haar skryfproses lyk, wat die hoogtepunt van haar loopbaan tot so ver is en watter boeke sy herhaaldelik lees.

Lees die artikel:

Jy is tans besig met die derde boek in jou Vinkel & Koljander-reeks? Watter boek was tot dusver die moeilikste om te skryf? Hoekom?

Droomland (die derde boek wat in 2016 verskyn). In die boek raak ek kwessies aan soos die impak wat ’n buite-egtelike swangerskap jare later steeds op die karakters kan hê. Hoe ’n konserwatiewe kleindorpse gemeenskap ’n ongetroude ma en haar kind verstoot wat deur die biologiese pa in die steek gelaat is. Die invloed wat geheime en leuens op mense se lewe kan hê en hoe selfsug, status en aansien mense se prioriteite kan skeeftrek. Ek het my karakters se pyn gevoel. Dankie tog vir gelukkige eindes.

Wie is jou drie gunstelingskrywers?

’n Ou gunsteling is Roald Dahl se kortverhale sowel as sy kinderverhale. Twee skrywers van kontemporêre vrouefiksie wat in my smaak val, is Sue Monk Kidd en Liane Moriarty.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment