Twee nuwe Lekker en Gesond-boeke: Glutenvrye gebak en peuselhappies en Slim laekoolhidraat-geregte
LAPA Uitgewers stel bekend twee nuwe boeke in die Lekker en Gesond-reeks deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand:
Gluten is ‘n proteïen wat voorkom in koring, rog, gars en hawermout. Om verskeie redes, onder meer geneties van aard, asook weens ‘n immuunreaksie een leefstylfaktore, word heelwat mense geraak deur glutenverwante siektes.
Mense met glutenverwante siektes kan egter ‘n gebalanseerde eetpatroon volg. Hierdie resepteboek bevat malike, glutenvrye resepte met ‘n hoë veselinhoud, beperkte versadigde vette en natrium (sout), asook ‘n lae glukemiese indeks (GI).
Koolhidrate is die hoofenergiebron van die liggaam. Teen wil en dank leef ons in die kitskos-era – daarom neem ons te veel verfyne koolhidrate en suiker in wat tot oormassa, voedingstoftekorte en leefstylsiektes kan lei. Die antwoord lê nie in die uitskakeling van alle koolhidrate nie, maar eerder in die inname van gebalanseerde hoeveelhede lae glukemiese (GI) koolhidrate, deur die dag versprei om ‘n bestendige bloedglukose te verseker. In hierdie boek word die drie komponente as slim lae koolhidrate beskryf.
Lekker en Gesond: Glutenvrye gebak en peuselhappies en Lekker en Gesond: Slim laekoolhidraat-geregte is ook in Engels beskikbaar as Healthy and Tasty: Gluten-free Baking and Snacks en Healthy and Tasty: Smart Low-carb Recipes.
Oor die outeurs
Janet Wiegand werk reeds vanaf 1994 as dieetkundige en het haar loopbaan as hospitaaldieetkundige begin. As ma van drie kinders ontwikkel sy “SmartEat”, ’n voedingsopleidingsprogram gemik op voorskoolse kinders. Daarna sluit sy by Litchi Living se span dieetkundiges aan, waar sy spesialiseer in die ontwikkeling van gesondheidsprodukte, die gee van demonstrasies en kookklasse, asook die verskaffing van gesonde wegneemetes. As terapeutiese dieetkundige spesialiseer sy in verslanking en sportvoeding.
Martie Hofmeyr is ’n geregistreerde dieetkundige en het ’n privaat praktyk in Pretoria. Haar belangstelling sluit werksplekgesondheid en die voorkoming en bestuur van leefstylsiektes in, asook sport- en kindervoeding. Sy help ook emosionele eters om ’n beter verhouding met kos te hê.
Boekbesonderhede
- Lekker en Gesond: Glutenvrye gebak en peuselhappies deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand
Boek se tuisblad
EAN: 9780799374582
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Lekker en Gesond: Slim laekoolhidraat-geregte deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand
Boek se tuisblad
EAN: 9780799374575
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Healthy and Tasty: Gluten-free Baking and Snacks deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand
Boek se tuisblad
EAN: 9780799374605
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Healthy and Tasty: Smart Low-carb Recipes deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand
Boek se tuisblad
EAN: 9780799374599
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment